Pous Honorius III

Pous Honorius III
Geboortenaam Cencio Savelli
Pontifikaat begin 18 Julie 1216
Pontifikaat eindig 18 Maart 1227
Voorganger Innocentius III
Opvolger Gregorius IX
Gebore 1148
Rome, Italië
Sterf 18 Maart 1227
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Honorius

Honorius III was die 177ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1216 tot 1227.

Biografie

Pous Honorius III[1] is gebore as Cencio Savelli in 1148 in Rome, Italië, die seun van Aimerico. Daar bestaan twyfel of die familienaam Savelli korrek is.[2] Aan die begin van sy loopbaan was hy kanunnik van Santa Maria Maggiore en word kamenier van die Roomse Kerk in Desember 1189. Op 20 Februarie 1193 benoem Pous Celestinus III hom as kardinaal-diaken van St. Lucia in Sisilië. Onder Pous Clemens III en Pous Celestinus III was hy skatmeester van die kerk en skryf hy die "Liber Censuum" 'n opname van die vaste bates van die Kerk. Van 1194 tot 1198 was hy vise-kanselier. In 1197 word hy tutor van die toekomstige keiser Frederik II wat die pleegseun was van Pous Innocentius III. Hy word kardinaal-priester op 13 Maart 1200 met die titel van Heilige Johannes en Paulus. Op 18 Julie 1216 volg hy Pous Innocentius III op en regeer tot sy dood op 18 Maart 1227. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius IX. Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbare'.

Pontifikaat

Verkiesing

Pous Honorius III deur Giotto di Bondone.

Op 18 Julie 1216 het al die kardinale wat by Pous Innocentius III se dood teenwoordig was [3] in Perugia bymekaar gekom om 'n nuwe pous te kies. Weens die staatsprobleme in Italië, die bedreiging van die Tartare en die moontlikheid van kerkskeuring aanvaar die kardinale 'n kompromie-oplossing. Kardinale Ugolino van Ostia (later Pous Gregorius IX) en Guido van Praeneste is aangestel om die nuwe pous te kies. Hulle kies toe Cencio "Camerario" wat die keuse onwillig aanvaar het en die naam Pous Honorius III[4] aanneem. Hy is bevestig in Perugia op 24 Julie 1216, in Rome gekroon op 31 Augustus 1216 en neem sy intrek in die Lateraanse paleis op 3 September 1216.

Die vyfde kruistog

Honorius III: detail van 'n mosaïek in die apsis van die basiliek St. Paulus buite die mure. (1220) Rome, Italië

Die vyfde kruistog is aangekondig deur die vierde Lateraanse konsilie van 1215 en Honorius het voorbereidings getref om die kruistog in 1217 te laat begin. Om genoeg geld te bekom sou die pous en die kardinale 'n tiende en alle ander geestelikes 'n twintigste deel van hulle inkomste vir die doel bydra. Hoewel die bedrag wat sodoende bekom is, aansienlik was, was dit geensins genoeg nie. Dit het gelyk of die kruistog 'n sukses sal word toe die pous vir Pierre de Courtenay as Latynse keiser van Konstantinopel kroon in April 1217, maar die nuwe keiser is gevange geneem op sy reis na die Ooste en sterf in gevangeskap. Die keiser Frederik II se deelname was noodsaaklik om die kruistog 'n sukses te maak. Hoewel die keiser 'n eed gesweer het om na die Heilige Land te vertrek in 1217, het Frederik getalm en die pous moes die kruistog keer op keer uitstel. Op 22 November 1220 is Frederik gekroon as keiser van die Heilige Romeinse Ryk, maar die keiser het steeds nie op kruistog vertrek nie. Damietta het op 8 September 1221 geval, maar die meeste Europese vorste het hulle eie oorloë gehad om te voer en kon nie lank hulle eie lande verlaat nie. Andries II van Hongarye en 'n vloot van kruisvaarders van die Benede-Ryn vertrek uiteindelik na die Heilige Land. Hulle herower Damietta, maar as gevolg van interne struwelinge misluk die kruistog uiteindelik. Uiteindelik word op 24 Junie 1225 besluit as die datum waarop Frederik na die Heilige Land sou vertrek en Honorius het die keiser se huwelik met Isabella, erfgenaam van die koninkryk van Jerusalem bespoedig. Die verdrag van San Germano in Julie 1225 het egter vir nog twee jaar vertraging gesorg. Honorius is uiteindelik dood voordat die kruistog vertrek het.

Die situasie in Engeland

Sedert Pous Innocentius III was Engeland 'n vassaalstaat van die pous. Koning Jan sonder Land sterf op 16 Oktober 1216 en sy tienjarige seun Hendrik III is sy opvolger. Die Engelse baronne was in opstand teen koning Jan en het die kroon aan Lodewyk, seun van die Franse koning Philip aangebied. Honorius het sy legaat Gualo opdrag gegee om by die baronne aan te dring dat hulle hulle wettige koning moet ondersteun en het hom (Gualo) die mag gegee om enigiemand wat aanhou om Lodewyk te ondersteun, te ekskommunikeer. Op 19 Januarie 1217 skryf die pous aan William, hertog van Pembroke, wat die jong koning se voog en regent was, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne en prins Lodewyk. Hierdie maatreëls het daartoe gelei dat Hendrik as onbestrede koning van Engeland erken is op 11 September 1217. Toe Pembroke in Mei 1219 sterf, het Honorius self die de facto regering van Engeland geword deur sy legaat Pandulf wat Gualo opgevolg het. Die situasie het voortgeduur solank as wat Hendrik minderjarig was.

Verdere werk

Behalwe vir die herowering van die Heilige Land het die pous die Kathare vervolg. Hy het Simon de Montfort bevestig as die heerser oor die gebied van Raymond VI van Toulouse en het dit reggekry om die Franse koning by die konflik te betrek. Avignon is verower in weerwil van Frederik II se aansprake op die stad.

Franciscus van Assisi preek tot Honorius III (deur Giotto di Bondone, 1296-98)

Honorius III het die orde van die Dominikane goedgekeur in die bul "Religiosam vitam" op 22 Desember 1216 en die Franciskane in die bul "Solet annuere" op 29 November 1223. In 1221 keur hy die Orde van die Franciskane Sekuliere (O.F.S.) goed in die bul "Memoriale Propositi" en op 30 Januarie 1226 die orde van die Karmeliete met die bul "Ut vivendi normam". Hy gee ook goedkeuring aan die "Val des Ecoliers", 'n groep gevorm deur vier vrome professore in die teologie aan die Universiteit van Parys.

Pous Honorius III het aangedring daarop dat die geestelikheid behoorlik opgelei moet wees. In die geval van 'n sekere Hugo, wat verkies is tot biskop van Chartres, het hy sy goedkeuring weerhou in 'n brief op 8 Januarie 1219 weens "quum pateretus in litteratura defectum" (tekortkoming in die kennis van die literatuur). Om die studie van die teologie aan te moedig in die platteland het hy in die bul "Super specula Domini" die bevel gegee dat talentvolle jong mans na teologiese skole gestuur moet word, met die doel dat hulle na voltooiing van hulle studie teologie in hulle eie gebiede sal doseer.

In 1217 verleen Honorius die titel van koning aan Stefan I van Serwië. Op 17 Mei 1218 verklaar hy William, aartsbiskop van Bourges heilig, op 18 Februarie 1220 Hugo, biskop van Lincoln, op 21 Januarie 1224 William, ab van Roschild in Denemarke en op 18 Maart 1226 William, aartsbiskop van York.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. Honorius III. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. "The Cardinals of the Holy Roman Church - Biographical Dictionary". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2013. Besoek op 17 Augustus 2008.
  3. Die aantal word verskillend as tussen 19 [1] en 27 [2] aangegee, maar 25 of 27 lyk die mees waarskynlike.
  4. Ott, Michael. "Pope Honorius III." The Catholic Encyclopedia. Vol. 7. New York: Robert Appleton Company, 1910. 17 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm>.

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Innocentius III
Pous (Pontifex Maximus)
12161227
Opgevolg deur
Gregorius IX

Read other articles:

Paravarபரவர்ReligionsChristianity, HinduismLanguagesTamil, MalayalamCountryIndia, Sri LankaPopulated statesTamil Nadu, KeralaRegionSouth IndiaRelated groupsBharathasMaritime community in South India Paravar (also known as Bharathar or Bharathakula Kshatriyar and sometimes colloquially as 'Fernando') is a Tamil maritime community, mainly living in the state of Tamil Nadu, Kerala, and in Sri Lanka. Early Pandyas were believed to be Parathavars, due to several similarities of profile.&...

 

International MaxxPro MRAP MaxxPro Jenis MRAP Category 1 & 2 Sejarah pemakaian Digunakan oleh See operators Pada perang Iraq war–War in Afghanistan Sejarah produksi Perancang International Truck/Plasan Tahun 2007 Produsen International Truck Diproduksi 2007-Present Jumlah produksi 9,000[1] Spesifikasi Berat CAT I:28,000-29,500 lbs (12,7 - 13,4 t)CAT II:30,000-32,000 lbs (13,6 - 14,5 t)[2] Panjang 21.17- 23.5 ft(6.5 - 7.2 m) Lebar 8.25 ft(2.5 m) Tinggi 10 ...

 

Canadian cross-country mountain biker (born 1988) Emily BattyBatty in 2013Personal informationBorn (1988-06-16) June 16, 1988 (age 35)Brooklin, Ontario, CanadaHeight1.60 m (5 ft 3 in)[1]Weight48 kg (106 lb)[1]Team informationCurrent teamCanyon MTB Racing TeamDisciplineMountain bikeRoleRiderRider typeCross-countryProfessional teams2010–2011Trek World Racing2011–2020Subaru-Trek2021–Canyon Major winsPanAmGames (2015; 1st place) Medal ...

2002 filmGone Nutty: Scrat's Missing AdventureFilm posterDirected byCarlos SaldanhaWritten byWilliam H. Frake III Dan Shefelman Moroni TaylorProduced byJohn C. DonkinStarringChris WedgeEdited byTim NordquistMusic byMichael A. LevineProductioncompaniesBlue Sky Studios20th Century Fox AnimationDistributed by20th Century FoxRelease dates November 26, 2002 (2002-11-26) (VHS/DVD release) June 11, 2004 (with Garfield: The Movie)Running time4 minutes, 31 secondsLanguageEnglish (Dialog...

 

1937–1956 American comic book publisher For the United Kingdom comic book publisher formed in 1982, see Quality Communications. Quality ComicsGenreSuperhero, war, humor, romance, horrorPredecessorComic Favorites, Inc.Founded1937FounderEverett M. Busy ArnoldDefunctDecember 1956HeadquartersNew York City, U.S.Key peopleEisner & IgerProductsComic booksParentComic Magazines, Inc. Quality Comics was an American comic book publishing company which operated from 1937 to 1956 and was a creative,...

 

جامع جهرم إحداثيات 28°30′12″N 53°33′10″E / 28.503333333333°N 53.552777777778°E / 28.503333333333; 53.552777777778   معلومات عامة الموقع جهرم[1][2][3]  القرية أو المدينة جهرم، فارس خراسان رضوي الدولة  إيران تاريخ الافتتاح الرسمي 1673[3]  أبعاد المبنى التفاصيل التقنية المواد �...

Un genio, due compari, un polloTerence Hill in una scena del filmPaese di produzioneItalia, Francia, Germania Ovest Anno1975 Durata120 min Rapporto2,35:1 Generewestern, commedia RegiaDamiano Damiani e Sergio Leone (non accreditato) SoggettoErnesto Gastaldi e Fulvio Morsella SceneggiaturaErnesto Gastaldi, Damiano Damiani e Fulvio Morsella ProduttoreFulvio Morsella e Claudio Mancini Produttore esecutivoClaudio Mancini e Sergio Leone (non accreditato) Casa di produzioneRafran Cinemat...

 

American racing driver (1898–1980) Peter DePaoloDePaolo in 1925BornPeter DePaolo(1898-04-06)April 6, 1898Philadelphia, Pennsylvania, U.S.DiedNovember 26, 1980(1980-11-26) (aged 82)Laguna Hills, California, U.S.Championship titlesAAA Championship Car (1925, 1927) Major victories Indianapolis 500 (1925)Champ Car career55 races run over 10 yearsBest finish1st (1925, 1927)First race1922 Beverly Hills 250 #1 (Beverly Hills)Last race1930 Indianapolis 500 (Indianapolis)First win1925 Raisin Da...

 

Pour les articles homonymes, voir Hayek. Friedrich HayekFonctionPrésidentSociété du Mont-Pèlerin1947-1961Wilhelm RöpkeBiographieNaissance 8 mai 1899Vienne (Autriche-Hongrie)Décès 23 mars 1992 (à 92 ans)Fribourg-en-BrisgauSépulture Neustifter Friedhof (d)Nom dans la langue maternelle Friedrich August HayekNationalités britannique (à partir de 1938)autrichienneDomicile Fribourg-en-Brisgau (1977-1992)Formation Université de Vienne (1918-1923)Université de Vienne (doctorat) (19...

Sporting event delegationTunisia at the2000 Summer OlympicsIOC codeTUNNOCTunisian Olympic CommitteeWebsitewww.cnot.org.tn (in French)in SydneyCompetitors47 (40 men and 7 women) in 10 sportsFlag bearer Omrane AyariMedals Gold 0 Silver 0 Bronze 0 Total 0 Summer Olympics appearances (overview)19601964196819721976198019841988199219962000200420082012201620202024 Tunisia competed at the 2000 Summer Olympics in Sydney, Australia. 47 competitors, 40 men and 7 women, took part in 34 events ...

 

Football tournament season 1909 German championshipDeutsche FußballmeisterschaftReplica of the Viktoria trophyTournament detailsCountryGermanyDates2–30 MayTeams8Final positionsChampionsPhönix Karlsruhe1st German titleRunner-upViktoria 89 BerlinTournament statisticsMatches played7Goals scored54 (7.71 per match)Top goal scorer(s)Willi Worpitzky (7 goals)← 19081910 → The 1909 German football championship, the seventh edition of the competition, was won b...

 

Charles X của PhápQuốc vương nước Pháp và NavarraTại vị16 tháng 9 năm 1824 – 2 tháng 8 năm 18305 năm, 320 ngàyĐăng quang29 tháng 5 năm 1825Tiền nhiệmLouis XVIII của Pháp Kế nhiệmDe jure: Henry V De facto: Louis-Philippe I Thủ tướngBá tước VillèleTử tước MartignacCông tước PolignacThông tin chungSinh9 tháng 10 năm 1757Cung điện Versailles, Vương quốc PhápMất6 tháng 11 năm 1836 (79 tuổi)Gorizia, Đế quốc Á...

Coup d'état staged by Louis-Napoléon Bonaparte This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (April 2021) (Learn how and when to remove this message) Coup d'état of 2 December 1851Louis-Napoléon Bonaparte (right), with the bust of Napoleon I behind him, delivers instructions to his conspirators in the night of 1 to 2 December. Depicted, from left to righ...

 

Green SwizzleCocktailTypeMixed drinkBase spirit Rum ServedFrozen: blended with iceStandard drinkware Collins glassCommonly used ingredientsfalernum, carypton A Green Swizzle is an alcohol-containing cocktail of the sour family. It was popular in Trinidad at the beginning of the 20th century but got lost during the course of the Second World War. Today's recipes usually constitute an often distinct divergence from the original. History The earliest written evidence for the existence of the Gre...

 

إنانا   معلومات شخصية الزوج دوموزيد الراعيأنوزبابا  الأب سين،  وأنو  الأم نينغال  إخوة وأخوات أوتو،  وارشكيجال  أقرباء غشتينانا (نسيبة)  تعديل مصدري - تعديل   إنانا أو نينا هي إلهة بلاد الرافدين القديمة المرتبطة بالحب والجمال والجنس والرغبة والخصوبة �...

Questa voce sull'argomento dipartimenti dell'Argentina è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Partido di MaipúdipartimentoPartido de Maipú LocalizzazioneStato Argentina Provincia Buenos Aires AmministrazioneCapoluogoMaipú TerritorioCoordinatedel capoluogo36°52′S 57°52′W36°52′S, 57°52′W (Partido di Maipú) Altitudine6 m s.l.m. Superficie2 640 km² Abitanti10 193[1] (2001) Densità3,86 ...

 

中國茶藝 中國茶藝須使用特有的茶具 茶艺指儀式化的泡茶與饮茶技艺在中国已经存在很长一段时间,目前,开设茶艺馆在东亚文化圈已经蔚为潮流。 歷史 茶藝萌芽於魏晉南北朝,但早於西漢就有文獻記載當時人已有較為講究的品茶方式,王褒的《僮約》就有提到當時人烹茶已有專門的一套用具,品茶完畢就會好好貯存,雖然沒有詳細的品茶程序,但對茶具的重視已反映出�...

 

Type of traditional narrative This article is about a folklore genre. For other uses, see Myth (disambiguation). Mythology Mythologies Albanian Arabian Armenian Aboriginal Australian Berber Baltic (Latvian - Lithuanian - Prussian) Basque Bantu Brazilian Buddhist Catalan Cantabrian Celtic Breton Cornish Irish Scottish Welsh Chinese Efik Egyptian English Estonian Etruscan Finnish French Georgian Germanic Frankish Continental Germanic Norse Anglo-Saxon Gothic Greek Guanche Hindu Hittite Hungaria...

Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article doit être actualisé (mai 2018). Des passages de cet article ne sont plus d’actualité ou annoncent des événements désormais passés. Améliorez-le ou discutez-en. Vous pouvez également préciser les sections à actualiser en utilisant {{section à actualiser}}. La politique en Arménie, une république caucasienne, se caractérise depuis 2018 par un régime parlementaire. Système gouvernement...

 

Structure or element placed on or behind an altar or communion table This article is about elements placed either on or immediately behind the altar. For devotional paintings, see Retablo. Look up retable in Wiktionary, the free dictionary. A simple shelf retable in Yorkshire On one strict definition, this French 17th-century construction is a retable rather than a reredos, as it is all one construction A retable is a structure or element placed either on or immediately behind and above the a...