Teenpous Albertus
|
|
Geboortenaam
|
Albertus van Sabina
|
Geboorteplek
|
Atella, Melfi
|
Sterfplek
|
Klooster van S. Lorenzo, Aversa
|
Teenpous van
|
Pous Paschalis II
|
Begin van pontifikaat
|
Februarie 1101
|
Einde van pontifikaat
|
na 105 dae in 1101
|
Teenpous Albertus[1][2] gebore Albertus van Sabina was 'n teenpous teen Pous Paschalis II in die begin van die jaar 1101. Hy was naas Teenpous Clemens III en Teenpous Theodoricus die derde teenpous in die investituurstryd.
Biografie
Albertus was 'n pseudo-kardinaal-biskop van Silva Candida, aangestel omtrent op 4 November 1084 deur Teenpous Clemens III.
In Januarie 1101 is Teenpous Theodoricus wat deur die keiserlike party in die investituurstryd as pous aangestel was, gevange geneem deur die troepe van sy teenstander Pous Paschalis II. Theodoricus se aanhangers benoem toe Albertus van Sabina as pous. Soos sy voorganger behou Albertus sy eie naam as pousnaam. Na 'n pontifikaat van slegs 'n paar maande word hy deur een van sy eie aanhangers verraai en val hy in die hande van Paschalis. Paschalis set Albertus gevange in die Laurentius-klooster in Aversa.
Die keiserlike party het nie dadelik 'n opvolger vir Albertus gekies nie, maar wel geweier om Paschalis as die wettige pous te erken. In 1105 kies die keiserlike party toe Teenpous Silvester IV as pous.
Verwysings