Pous Honorius II is gebore as Lamberto Scannabecchi ongeveer in 1060 in die gehuggie Fiagnano van die dorp Casalfiumanese naby Imola, Italië.[1] Voor sy verkiesing was Lamberto eers aartsdeken van Bologna en later kardinaal-biskop van Ostia en Velletri (vanaf 1117) en pouslike legaat van Pous Callixtus II aan die hof van keiser Hendrik V (vanaf 1119). Op 21 Desember1124 volg hy Pous Callixtus II op en regeer tot sy dood op 13 Februarie1130. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus II.
Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbaar'.
Pontifikaat
By die pousverkiesings in 1124 is Teobaldo Boccadipecaora tot Pous Celestinus II verkies, maar Roberto Frangipani het die verkiesing versteur met gewapende mag en het Scannabecchi as pous uitgeroep.[2] Na 'n paar dae het Honorius bedank omdat hy nie deur geweld aan die mag wou kom nie. Die kardinale wat Celestinus gesteun het, het dit goed ontvang. Celestinus het na 'n baie kort pontifikaat bedank en Honorius is op 21 Desember1124 regmatig tot pous verkies.
Tydens sy pontifikaat word die kloosterorde van die Norbertyne goedgekeur op 26 Februarie1126 en ook die Orde van die Tempeliers.
Honorius het graaf Willem van Normandië in die ban gesit weens sy huwelik met die dogter van graaf Fulco van Anjou omdat sy naby familie was. Graaf Roger van Sisilië is ook in die ban gesit weens sy aansprake op dele van Italië, wat deel was van die pouslike staat.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.