Pous Sixtus V

Pous Sixtus V
Geboortenaam Felice Peretti da Montalto
Pontifikaat begin 24 April 1585
Pontifikaat eindig 27 Augustus 1590
Voorganger Gregorius XIII
Opvolger Urbanus VII
Gebore 13 Desember 1521
Grottammare, Ancona
Sterf 27 Augustus 1590
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Sixtus

Sixtus V was die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1585 tot 1590.

Biografie

Pous Sixtus V [1] is gebore as Felice Peretti da Montalto op 13 Desember 1521 in Grottammare by Ancona. Sy familie het uit Kroasië gekom en gevlug vir die Turke. Felice was die seun van Piergentile ("Peretto") Di Giacomo en Marianna da Frontilo Di Camerino. Hy was die 4de van sewe kinders en het armoedig groot geword. Hy het die pes oorleef ten spyte daarvan dat sy broer daaraan dood is. In 1551 tree hy toe tot die Franciskaner klooster waar sy oom aan moederskant, Salvatore, monnik was. In 1540 begin hy wysbegeerte studeer in Ferrara en in 1543 teologie in Bologna. In 1544 verhuis hy na Rimini en vandaar in 1546 na Sienna. Op 26 Julie 1548 voltooi hy die magistergraad in teologie aan die universiteit in Fermo. Vanaf 1548 gee hy klas aan die seminarie van Macerata en in 1551 word hy regent van die seminarie in Sienna. In 1553 neem Felice deel aan die generale kapittel van die Franciskanerorde en word in dieselfde jaar regent van die San Lorenzo seminarie in Napels. In 1556 word hy deur Pous Paulus IV as inkwisiteur na Venesië gestuur. Op 16 Julie 1560 word hy konsulent van die Roomse Inkwisisie. Hy neem deel aan die konsilie van Trente en word in 1561 benoem tot prokureur-generaal van die Franciskane. Danksy kardinaal Chislieri (later Pous Pius V) word Felice teologies adviseur van kardinaal Boncompagnie (later Pous Gregorius XIII). Op 15 November 1566 maak Pous Pius V hom biskop van Santa Agata dei Goti. Felice word kardinaal-priester op 17 Mei 1570 en in 1571 word hy aartsbiskop van Fermo. Na die dood van Pous Pius V kom kardinaal Montalto in botsing met Pous Gregorius XIII en word sy pensioen gestop. Deur die steun van Francesco De'Medici bly hy egter 'n belangrike prelaat. Op 24 April 1585 volg hy Pous Gregorius XIII op en word gekroon op 1 Mei 1585 deur kardinaal Ferdinando De'Medici. Hy regeer tot sy dood op 27 Augustus 1590. Hy word opgevolg deur Pous Urbanus VII.

Die naam ‘Sixtus’ beteken ‘die sesde’ in Latyn, maar die Grieks Xystus beteken ‘die beskaafde‘.

Pontifikaat

Een van die eerste handelinge van Pous Sixtus V [2] was om sy kleinneef Alessandro Damasceni, die toe veertien jaar oud was, tot kardinaal te bevorder. Die pous het 'n duidelike visie oor die Kerk en Rome as die spirituele sentrum van die wêreld. Hy onderneem stappe om die posisie van die Kerk in Europa te verbeter deur die mag van die Kerk in Frankryk te vergroot en die planne van die Hugenote om die Protestantisme te verbrei te vernietig. Hy bestry ook die bandiete in die Pouslike Staat met 'n yster hand. Op die dag van sy kroning het hy gevange bandiete tereggestel en hulle lyke op die brug van die Engeleburg ten toon gestel. Hy stel die doodstraf in vir egskeiding, homoseksualiteit en inses. Hy verbeter die lewenskwaliteit van die inwoners van Rome deur verbetering aan die infrastruktuur en stabilisering van die voedselvoorsiening. Met sy pouslike bul "Postquam verus" van 3 September 1586 stel hy die maksimum aantal kardinale vas op 70. Eers in 1958 sou Pous Johannes XXIII die aantal verhoog. Sixtus het die werking van die kurie verander deur op 11 Februarie 1588 15 "kongregasies" (eintlik kerklike staatsdepartemente) te stig. Hulle het voortaan onder voorsitterskap van die pous die kerklike sake bestuur en dit is vandag nog die geval, hoewel die aantal en spesifieke kongregasies verander het. Die kongregasies wat Sixtus gestig het was:

  1. Die Inkwisisie
  2. Die Segnatura
  3. Kerkstigting
  4. Rites en seremonies
  5. Indeks van verbode boeke
  6. Konsilie van Trente
  7. Kloosterordes
  8. Biskoppe
  9. Vatikaanse Pers
  10. Voorsiening van Rome
  11. Die vloot
  12. Publieke welvaart
  13. Wetenskap
  14. Paaie, brûe en waterweë
  15. Buitelandse Sake

Op 1 Augustus 1589 stig hy 'n kollege vir elf Slawiese priesters met sy bul "Sapientiam Sanctorum". Sixtus V verhoog die belasting sterk en teen die einde van sy kort pontifikaat was hy een van die rykste vorste van Europa.

Stadsverbeterings van Rome

Toe Sixtus V aan die bewind gekom het, was Rome in 'n verwaarloosde toestand. Slegs een derde van die ou stad was bewoon. Die akwadukte het nie meer gewerk nie en die paaie was in baie slegte toestand. Pelgrims het groot moeite gehad om die sewe hoofkerke van Rome te besoek. Sixtus het dadelik begin met die hervorming van die stadsbestuur en nuwe stadsbeplanning gedoen. Hoewel sy plan nie volledig voltooi is tydens sy pontifikaat nie, het sy plan Rome se ontwikkeling vir die volgende eeue bepaal. Sy beplanning getuig van 'n baroktendens met twee fokale punte en lang lane. Hy het vier obeliske laat oprig waaronder die een wat tans nog staan op die Sint Pietersplein.

Die kollege van kardinale

Pous Sixtus V het 33 kardinale aangestel in agt konsistories.

Die kongregasie van 13 Mei 1585
  • Alessandro Damasceni Peretti, kardinaal-nepoot, priester van Rome.
Die kongregasie van 18 Desember 1585
  • Enrico Caetani, patriarg van Alexandrië.
  • György Draskovics, aartsbiskop van Kalocza-Bacs, Hongarye.
  • Giovanni Battista Castrucci, aartsbiskop van Chieti.
  • Federico Cornaro, senior, O.S.Io.Hieros., biskop van Padua.
  • Ippolito de' Rossi, biskop van Pavia.
  • Domenico Pinelli, senior, voormalig biskop van Fermo.
  • Decio Azzolini, senior, sekretaris van die pous, biskop van Cervi.
  • Ippolito Aldobrandini, senior, ouditeur van die Heilige Romeinse Rota (later Pous Clemens VIII).
Die konsistorie van 16 November 1586
  • Girolamo della Rovere, aartsbiskop van Turyn.
  • Philippe de Lénoncourt, raadgewer van die Franse koning, voormalig biskop van Auxerre, Frankryk.
  • Girolamo Bernerio, O.P., biskop van Ascoli-Piceno.
  • Antonio Maria Galli, biskop van Perugia.
  • Costanzo da Sarnano O.F.M.Conv.
  • Girolamo Mattei, ouditeur van die Apostoliese Kamer.
  • Benedetto Giustiniani, skatmeester van die pous.
  • Ascanio Colonna, ab van Santa Sofia, Benevento.
Die konsistorie van 7 Augustus 1587
  • William Allen, Engelse priester aan die Vatikaan.
Die konsistorie van 18 Desember 1587
  • Scipione Gonzaga, patriarg van Jerusalem.
  • Antonmaria Sauli, aartsbiskop van Genua.
  • Giovanni Evangelista Pallotta, pouslike assistent, aartsbiskop van Cosenza.
  • Pierre de Gondi, biskop van Parys, Frankryk.
  • Stefano Bonucci, O. Serv., biskop van Arezzo.
  • Juan Hurtado de Mendoza, aartsdeken van die katedraal van Toledo, Spanje.
  • Hughes de Loubenx de Verdalle, grootmeester van die Orde van Sint Johannes van Jerusalem.
  • Federico Borromeo, senior, kamerling van die pous.
Die konsistorie van 15 Julie 1588
  • Gian Francesco Morosini, biskop van Brescia.
Die konsistorie van 14 Desember 1588
  • Agostino Cusani, apostoliese protonotarius.
  • Francesco Maria Bourbon del Monte Santa Maria, referendaris van die Apostoliese Tribunaal vir Geregtigheid en Genade.
Die konsistorie van 20 Desember 1589
  • Mariano Pierbenedetti, biskop van Martorano.
  • Gregorio Petrocchini, O.E.S.A., prior generaal van sy orde.
  • Charles III de Lorraine-Vaudémont, verkose biskop van Metz, Frankryk.
  • Guido Pepoli, skatmeester van die pous.

Heiligverklarings

  • 1588 – Sint Didacus

Bulle, Ensiklieke en Dekrete

  • 3 Januarie 1586 – "Postquam verus" – Stel die maksimum aantal kardinale op 70.
  • 11 Februarie 1588 – " Immensa aeterni Dei" – Stigting van die regeringskongregasies.
  • 14 Maart 1588 – "Triumphantis Hierusalem" – St. Bonaventure word doktor van die Kerk verklaar.
  • 1 Augustus 1589 – "Sapientiam Sanctorum" – Stigting van die Slawiese Kollege.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. Sixtus V. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Ott, M. (1912). Pope Sixtus V. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Maart 29, 2010 by: http://www.newadvent.org/cathen/14033a.htm

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Gregorius XIII
Pous (Pontifex Maximus)
1585 – 1590
Opgevolg deur
Urbanus VII

Basis URL: nl:Paus Sixtus V

Read other articles:

Harbi, daerah musuh Darul Harbi merupakan daerah wilayah, atau negara musuh.[1] Istilah ini merujuk pada suatu daerah yang sedang dalam situasi perang di sebuah negara Islam.[1] Rakyat dan pemerintah daerah musuh ini mengancam, memengaruhi, memaksa agar orang-orang Islam di sana meninggalkan agamanya.[1] Kaum Muslim menganggap orang-orang yang berada di daerah Harbi adalah musuh.[1] Maka, kaum Muslim diizinkan untuk melawan dan berperang dengan mereka sampai me...

 

This article is about Chicago Landmarks designated by the city government. For National Register places in Chicago, see National Register of Historic Places listings in Chicago. Glessner House, designated on October 14, 1970, was one of the first official Chicago Landmarks. Night view of the top of The Chicago Board of Trade Building at 141 West Jackson, an address that has twice housed Chicago's tallest building Chicago Landmark is a designation by the Mayor and the City Council of Chicago ...

 

Defunct Chinese restaurant in Portland, Oregon, U.S. The PagodaExterior of a bank building in 2014; previously, the structure housed The PagodaRestaurant informationEstablished1940 (1940)Closed2008 (2008)Owner(s) Louis Lee (1946–2008) Sunny Chan (2008) Food typeChineseStreet address3839 Northeast Broadway StreetCityPortlandStateOregonCountryUnited StatesCoordinates45°32′7.3″N 122°37′23.6″W / 45.535361°N 122.623222°W / 45.535361; -122.623222 The ...

Jabalpur merupakan sebuah kota di India. Kota ini letaknya di bagian tengah. Tepatnya di negara bagian Madhya Pradesh di distrik Jabalpur. Pada tahun 2001, kota ini memiliki jumlah penduduk 1.117.200 jiwa dan memiliki luas wilayah 10.000 km². Kota ini memiliki angka kepadatan penduduk 110 jiwa/km². JabalpurMetropolisDari atas: Kuil Shiva city kachnar, Pengadilan Tinggi MP, Jabalpur Engineering College & Air Terjun DhuandharJulukan: Sanskaar Dhaani, Tripur TirthJabalpurLocation...

 

Pour les articles homonymes, voir Angell. Cet article est une ébauche concernant les relations internationales, une personnalité anglaise et le libéralisme. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Norman AngellNorman AngellFonctionMembre du 35e Parlement du Royaume-Uni35e Parlement du Royaume-Uni (d)Bradford North (en)30 mai 1929 - 7 octobre 1931BiographieNaissance 26 décembre 1872Mansion House (d)D�...

 

PT Kawasan Industri MedanJenisPerseroan terbatasIndustriKawasan industriDidirikan7 Oktober 1988; 35 tahun lalu (1988-10-07)KantorpusatDeli Serdang, IndonesiaWilayah operasiIndonesiaTokohkunciNgurah Wirawan[1](Direktur Utama)Muhyan Tambuse[1](Komisaris Utama)JasaPenyewaan dan penjualan lahan dan bangunanPergudanganDepo peti kemasPusat Logistik BerikatPenyediaan air bersihPengolahan limbahPengembangan fasilitas pendukungPendapatanRp 200,487 milyar (2020)[2]Laba bers...

Artikel ini adalah bagian dari seriPembagian administratifIndonesia Tingkat I Provinsi Daerah istimewa Daerah khusus Tingkat II Kabupaten Kota Kabupaten administrasi Kota administrasi Tingkat III Kecamatan Distrik Kapanewon Kemantren Tingkat IV Kelurahan Desa Dusun (Bungo) Gampong Kute Kalurahan Kampung Kalimantan Timur Lampung Papua Riau Lembang Nagari Nagori Negeri Maluku Maluku Tengah Negeri administratif Pekon Tiyuh Lain-lain Antara III dan IV Mukim Di bawah IV Banjar Bori Pedukuhan Dusun...

 

Синелобый амазон Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:ЗавропсидыКласс:Пт�...

 

British actor (born 1994) Nicholas GalitzineGalitzine in 2020BornNicholas Dimitri Constantine Galitzine[1] (1994-09-29) 29 September 1994 (age 29)Hammersmith, London, EnglandOccupationActorYears active2011–present Nicholas Dimitri Constantine Galitzine (born 29 September 1994) is an English actor. He is best known for starring in the romantic films Purple Hearts (2022) and Red, White & Royal Blue (2023), and the comedy Bottoms (2023). After appearing in an episode of t...

Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (août 2018). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section « Notes et références ». En pratique : Quelles sources sont attendues ? Com...

 

This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help improve this article by introducing more precise citations. (November 2018) (Learn how and when to remove this template message) You can help expand this article with text translated from the corresponding article in German. (September 2012) Click [show] for important translation instructions. View a machine-translated version of th...

 

Interstate Highway in Florida Interstate 275I-275 highlighted in redRoute informationAuxiliary route of I-75Maintained by FDOTLength60.237 mi[1] (96.942 km)Existed1973–presentNHSEntire routeMajor junctionsSouth end I-75 near PalmettoMajor intersections US 19 in Terra Ceia I-175 in St. Petersburg I-375 in St. Petersburg SR 60 in Tampa US 92 in Tampa I-4 in Tampa US 92 in Tampa North end I-75 near Wesley Chapel LocationCountryUnited StatesS...

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

 

Desde antiguo las formaciones geológicas inusuales han incitado la imaginación humana, creándose en torno a ellas fábulas y leyendas. Tal es el caso para diversas sociedades de las inexplicables rocas errantes, de origen glaciar. La mitología (del latín tardío mythologĭa, y éste del griego μυθολοɣία) es un conjunto de mitos relativamente cohesionados o paralelamente adheridos: relatos que forman parte de una determinada religión o cultura. También se les denomina mitos a l...

 

Employment and Training Administration (ETA)Agency overviewFormed1975JurisdictionFederal government of the United StatesHeadquartersWashington, D.C.Employees1,000Agency executiveJosé Javier Rodríguez[1], Assistant Secretary of Labor for Employment and TrainingWebsitewww.dol.gov/agencies/eta The Employment and Training Administration (ETA) is part of the U.S. Department of Labor. Its mission is to provide training, employment, labor market information, and income maintenance services...

Vignoble de Santa Cruz. Vignoble de vallée de Casablanca, Chile. Vignoble Aquitania Peñalolén, Santiago, Chile. La viticulture au Chili est issue de la colonisation espagnole. Bordé par l'océan Pacifique à l'ouest et la chaîne des Andes à l'est, le Chili a de nombreux atouts pour être un pays de grands terroirs : de bonnes terres bien situées, de l'eau, un climat favorable, une main d'œuvre qui connaît la viticulture. La viticulture chilienne date de l'époque des conquistado...

 

PerbankanSeri tentang jasa keuangan Jenis bankBank sentral Bank penyaran · Bank komersial Bank pembangunan masyarakat Bank koperasi · Serikat kredit Bank kustodian · Bank deposito Lembaga kredit ekspor Bank investasi · Bank industri Bank pedagang · Bank simpanan bersama Bank nasional · Bank luar negeri Sistem simpanan pos Bank swasta · Bank ritel Asosiasi simpan pinjam Bank simpanan · Bank universal lainny...

 

County in South Dakota, United States County in South DakotaBrown CountyCountyBrown County Courthouse in fall FlagLocation within the U.S. state of South DakotaSouth Dakota's location within the U.S.Coordinates: 45°36′N 98°21′W / 45.6°N 98.35°W / 45.6; -98.35Country United StatesState South DakotaFoundedJuly 6, 1881[1]SeatAberdeenLargest cityAberdeenArea • Total1,731 sq mi (4,480 km2) • Land1,713 sq&...

1999 National Assembly for Wales election 6 May 1999 2003 → All 60 seats to the National Assembly for Wales31 seats needed for a majorityTurnout46.3%   First party Second party   Leader Alun Michael Dafydd Wigley Party Labour Plaid Cymru Leader's seat Mid & West Wales Caernarfon Seats won 28 17 FPTP Vote 384,671 290,572 Percentage 37.6% 28.4% List Vote 361,657 312,048 Percentage 35.4% 30.5%   Third party Fourth party   Leader Rod Richard...

 

List of events ← 1785 1784 1783 1786 in the United States → 1787 1788 1789 Decades: 1770s 1780s 1790s 1800s See also: History of the United States (1776–1789) Timeline of the American Revolution List of years in the United States 1786 in the United States1786 in U.S. states States Connecticut Delaware Georgia Maryland Massachusetts New Hampshire New Jersey New York North Carolina Pennsylvania Rhode Island South Carolina Virginia List of years in the United States by state or ter...