1 Mei is die 121ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (122ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 244 dae.
Gebeure
2004 – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië sluit by die Europese Unie aan
Jaarliks: Die Suiderkruis bereik sy hoogste punt aan die hemelruim om tien uur saans.
305 – Diocletianus en Maximianus bedank uit die diens van die Romeinse keiser.
752 – Pepyn die Korte word as die eerste koning van die Franke gekroon; waarskynlik deur Sint Bonifatius.
1045 – Pous Gregorius VI volg Pous Benedictus IX op.
1274 – Tweede konsilie van Lyon begin.
1328 – Verdrag van Edinburgh-Northampton - Engeland erken Skotland as ’n onafhanklike volk na die Oorloë van Skotse Onafhanklikheid.
1551 – Die tweede sessie van die konsilie van Trente begin.
1579 – Pous Gregorius XIII stig die Engelse seminarie in Rome .
1585 – Pous Sixtus V word gekroon deur kardinaal Ferdinando De’Medici.
1672 – Pous Pius V word salig verklaar deur Pous Clemens X .
1699 – Pierre Le Moyne d’Iberville stig die eerste Europese vesting in die Mississippirivier vallei.
1707 – Die Uniewet verbind Engeland en Skotland om saam om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.
1714 – George I van die Huis van Hannover is verkies om die troon van die Koninkryk van Groot-Brittanje op te volg na die dood van Koningin Anna .
1753 – Publikasie van Species Plantarum deur Carolus Linnaeus , en die formele begindatum van plant -taksonomie aanvaar deur die International Code van Botanical Nomenclature .
1776 – Adam Weishaupt stig die Illuminati in Ingolstadt , Duitsland .
1786 – Openingsaand van die opera Die huwelik van Figaro deur Wolfgang Amadeus Mozart in Wene .
1790 – Die Verenigde State se eerste sensus word voltooi.
1798 – In die Slag van Rothenthurm verslaan 4 000 burgerlikes uit Schwyz onder Alois Reding 'n Franse aanvalsmag van 12 000 soldate.
1840 – Die Penny Black-posseël word verkoop in die Verenigde Koninkryk .
1851 – Die Great Exhibition open in Londen .
1863 – Amerikaanse Burgeroorlog : Die Slag van Chancellorsville begin.
1869 – Die Folies-Bergere open in Parys .
1873 – Die 1873 Vienna World Fair open in Wene .
1876 – Colorado word as staat verklaar.
1884 – Proklamasie van die aandring van die agt-uur werksdag in die Verenigde State .
1886 – Die begin van die algemene staking wat uiteindelik lei tot die agt-ure werksdag in die Verenigde State . Dit word deesdae gevier as May Day of Werkersdag in die meeste industriële lande.
1883 – Buffalo Bill se eerste Wild West Show.
1893 – Die World Columbian Exposition open in Chicago (Illinois ).
1894 – Japan verklaar oorlog teen China as gevolg van Korea .
1894 – Coxey se Weermag, die eerste noemenswaardige Amerikaanse protes optog, arriveer in Washington, D.C.
1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog : die Slag van Manilabaai en die Verenigde State Vloot verwoes die Spaanse Stille Oseaan vloot.
1901 – Die Pan American Exposition word geopen in Buffalo , New York .
1931 – Die Empire State Gebou open in New York Stad .
1940 – Die 1940 Somer Olimpiese Spele word gekanselleer.
1941 – Orson Welles se Citizen Kane premier in New York Stad .
1941 – Tweede Wêreldoorlog : Duitsland val Tobruk aan.
1944 – Die NG gemeente Johannesburg-Wes stig af van die NG gemeente Brixton .
1948 – Die Demokratiese Republiek van Korea (Noord-Korea ) word gestig, met Kim Il-sung as president.
1950 – Guam word georganiseer as ’n Verenigde State gemeenskapslid.
1954 – Taku, ’n stad in Japan , word gestig.
1956 – Die polio -entstof ontwikkel deur Jonas Salk word beskikbaar gemaak aan die publiek.
1960 – Benin verkry onafhanklikheid as Dahomey.
1960 – Francis Gary Powers, in ’n U-2 spioenasievliegtuig , word afgeskiet oor die Sowjetunie en die U-2-krisis begin.
1967 – Elvis Presley trou met Priscilla Beaulieu .
1978 – Japan se Naomi Uemura word die eerste persoon om die Noordpool alleen te bereik.
1982 – Die 1982 World’s Fair open in Knoxville , Tennessee .
1983 – Edwin El Chapo Rosario wen die WBC wêreldliggewigbokstitel deur Jose Luis Ramirez te verslaan in San Juan , en word Puerto Rico se 14de wêreld-bokskampioen.
1994 – Die Brasilaanse Formule 1 -renkampioen Ayrton Senna sterf gedurende die San Marino Grand Prix .
2004 – Estland , Hongarye , Letland , Litaue , Pole , Slowakye , Slowenië en Tsjeggië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en sluit met Malta en Siprus aan by die Europese Unie .
2010 – Geskeduleerde vlugte begin by die nuwe Koning Shaka Internasionale Lughawe noord van Durban.
2011 – Pous Johannes Paulus II word salig verklaar deur sy opvolger Pous Benedictus XVI .
Geboortes
1218 – Rudolph I von Habsburg, Keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 1291 ).
1769 – Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington , Britse veldmaarskalk en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1852 ).
1772 – Sir Galbraith Lowry Cole , die vyfde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1842 ).
1859 – Willem Johannes Leyds , 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1940 ).
1909 – Kate Smith , Amerikaanse sangeres († 1986 ).
1916 – Glenn Ford , Kanadese akteur († 2006 ).
1923 – Joseph Heller , Amerikaanse skrywer († 1999 ).
1925 – Scott Carpenter , Amerikaanse ruimtevaarder († 2013 ).
1937 – Una Stubbs , Britse aktrise en danseres († 2021 ).
1950 – Rodoljub Vulović , Bosniese musikant.
1952 – Pierre van Pletzen , Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
1958 – Patrice Talon sakeman, politikus en president van Benin .
1975 – Neil Sandilands , Suid-Afrikaanse akteur en sanger.
1978 – Gina Grad , Amerikaanse aktrise.
Sterftes
408 – Arcadius , keiser van die Bisantynse Ryk (* ± 377 ).
1555 – Pous Marcellus II , die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1501 ).
1572 – Pous Pius V , die 225ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1504 ).
1841 – Sir Rufane Donkin , 'n waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie en die grondlegger van Port Elizabeth (* 1772 ).
1904 – Antonín Dvořák , Tsjeggiese komponis (* 1841 ).
1945 – Joseph Goebbels , Duitse politikus (* 1897 ).
1945 – Hans Krebs , Duitse generaal (* 1898 ).
1978 – Felix du Plessis , Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein (* 1919 ).
1991 – Jack Cope , Suid-Afrikaanse skrywer , digter asook ’n redakteur (* 1913 ).
1994 – Ayrton Senna , Brasiliaanse renjaer (* 1960 ).
2007 – Emgee Pretorius , Afrikaanse akteur (* 1923 ).
2017 – Karel Schoeman , Afrikaanse skrywer (* 1939 ).
2021 – Olympia Dukakis , Amerikaanse aktrise († 1931 ).
Vakansiedae
Information related to 1 Mei