Kalenders
|
|
Lüderitz
|
|
Die jaar 1886 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
Geboortes
- 8 Februarie – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige († 1976).
- 27 Maart – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek, († 1969).
- 14 April – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder († 1973).
- 23 April – Iva Shepard, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 26 Mei – Al Jolson, Amerikaanse akteur en komponis († 1950).
- 1 Junie – Daisy de Melcker, moordenares wat haar twee mans en seun vergiftig het († 1932).
- 20 Junie – Robert Schuman, Franse staatsman († 1963).
- 25 Junie – Henry H. Arnold, Amerikaanse generaal in beide die Amerikaanse Leër en Amerikaanse Lugmag († 1950).
- 5 Julie – Felix Timmermans, Vlaamse skrywer († 1947).
- 5 Julie – Willem Drees, Nederlandse eerste minister († 1988).
- 6 Julie – Annette Kellermann, Australiese aktrise († 1975).
- 13 Augustus – Jacob Hendrik Pierneef, Suid-Afrikaanse skilder († 4 Oktober 1957).
- 8 September – Siegfried Sassoon, Engelse digter, skrywer en soldaat († 1967).
- 25 September – Nobutake Kondō, admiraal in die Japannese Keiserlike Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953).
- 6 Oktober – Edwin Fischer, Switserse pianis en dirigent († 1960)
- 16 Oktober – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis († 1978).
- 26 Oktober – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië († 1961).
- 1 Desember – Pierre Kemp, Nederlandse digter († 1967).
Sterftes