16 Oktober
16 Oktober is die 289ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (290ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 76 dae in die res van die jaar.
Gebeure
456 – Magister militum Ricimer verslaan Keiser Avitus by Piacenza en word hoof van die Wes-Romeinse Ryk . Hy bestee die res van sy lewe as die patrisiër , en regeer deur 'n aantal marionetkeisers.Marie Antoinette, Koningin van Frankryk
1311 – Die konsilie van Vienne begin onder leiding van Pous Clemens V .
1367 – Pous Urbanus V keer terug na Rome vanuit Avignon .
1471 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II ) word biskop van Carpentras.
1499 – Koning Lodewyk van Frankryk verower Lombardië en marsjeer Milaan binne.
1665 – Pous Alexander VII publiseer die bul Ad Sacram waarin die Janseniste weer veroordeel word.
1672 – Pous Clemens X laat die studente van die Duitse Kollege sweer dat hulle na Duitsland sal terugkeer nadat hulle studies afgehandel is.
1689 – Pous Alexander VIII word gekroon deur kardinaal Francesco Maidalchini.
1690 – Pous Alexander VIII verklaar vyf mense heilig, waaronder Johannes van God en Giovanni van Capistrano.
1756 – Pous Benedictus XIV publiseer "Ex Omnibus" oor die bul Unigenitus.
1793 – Marie Antoinette word per guillotine tereggestel by die Place de la Révolution in Parys tydens die hoogtepunt van die Franse Revolusie .
1813 – Die Sesde koalisie val Napoleon en die eerste Franse Ryk aan in die Slag van Leipzig, die grootste konflik in die Napoleontiese Oorloë .
1830 – Pous Pius VIII bekragtig die besluite van die konferensie van biskoppe in Baltimore , VSA.
1836 – Die Voortrekkers verslaan die Matabele's tydens die Slag van Vegkop .
1910 – Duitsland verloor sy eerste internasionale sokkerwedstryd op tuisbodem met 1-2 teen Nederland in Kleef .
1940 – Tweede Wêreldoorlog : Hans Frank rig die Warskou Ghetto op, die grootste Joodse ghetto in besette Pole .
1964 – Die Volksrepubliek China ontplof sy eerste atoombom .
1978 – Karol Józef Wojtyła, 'n Kardinaal van Kraków , Pole , word Pous Johannes Paulus II , die eerste nie-Italiaanse pous sedert die 16de eeu en die eerste ooit van 'n Slawiese land.
1995 – Louis Farrakhan van die "Nation of Islam" koördineer die Million Man March in Washington, D.C.
2002 – Bibliotheca Alexandrina in Alexandrië in Egipte , 'n herdenking van die Groot Biblioteek van Alexandrië wat met die tyd verlore gegaan het, word geopen.
Geboortes
1811 – Adam Kok III , leier van die Griekwas († 1875 ).
1813 – Carl Otto Hager , Duitse argitek beroemd vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 1898 ).
1854 – Oscar Wilde , Anglo-Ierse skrywer in Dublin , Ierland († 1900 ).
1861 – Groothertog Michail Michailowitsj van Rusland , die tweede oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1929 ).
1886 – Armin Wegner , Duitse skrywer en menseregte-aktivis († 1978 ).
1896 – M.S.B. Kritzinger , Afrikaanse letterkundige en leksikograaf († 1977 ).
1910 – Misha Black , Britse argitek en ontwerper († 1977 ).
1920 – Gert van den Bergh , Suid-Afrikaanse akteur († 1968 ).
1923 – Linda Darnell , Amerikaanse aktrise († 1965 ).
1927 – Günter Grass , Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar († 2015 ).
1929 – Fernanda Montenegro , Brasiliaanse aktrise .
1952 – Touriya Jabrane , Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus († 2020 ).
1972 – Jacques Nienaber , Springbokafrigter .
1975 – Jacques Kallis , Suid-Afrikaanse krieketspeler.
1979 – Erin Brown , Amerikaanse aktrise, regisseuse, rolprentvervaardiger.
1997 – Charles Leclerc , Monegaskiese Formule Eenberoepsrenjaer .
1997 – Naomi Osaka , Japannees-Amerikaanse tennisspeler .
Sterftes
1333 – Teenpous Nicolaas V (*ongeveer 1275 ).
1553 – Lucas Cranach die Ouere , Duitse skilder en grafiese kunstenaar van die Renaissance (* 1472 ).
1591 – Pous Gregorius XIV , die 229ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1535 ).
1700 – Patriarg Adriaan van Moskou , die tiende en laaste Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland (* 1627 ).
1791 – Grigori Potjomkin , Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote (* 1739 ).
1909 – Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan), in Londen , enkele dae voordat hy na sy vaderland sou terugkeer (* 1845 ).
1939 – Charlotte Maxeke , Suid-Afrikaanse godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis (* 1874 ).
1946 – Alfred Jodl , Duitse generaal (* 1890 ).
1946 – Arthur Seyss-Inquart , Oostenrykse Nazi-politikus (* 1892 ).
1946 – Wilhelm Keitel , Duitse veldmaarskalk (* 1882 ).
1959 – George C. Marshall , Amerikaanse vyfster-generaal (* 1880 ).
1981 – Moshe Dayan , Israeliese politikus (* 1915 ).
2005 – Tryna du Toit , Afrikaanse skrywer (* 1910 ).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 Oktober .