1915
Kalenders
|
|
Oostenrykse gevangenes in Rusland
|
|
Die jaar 1915 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 15de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- Henry James, Amerikaanse skrywer en literêre kritikus word 'n Britse burger uit protes teen Amerika se weiering om by Eerste Wêreldoorlog betrokke te raak.
Geboortes
- 16 Februarie – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys († 2007).
- 23 Maart – Wasili Zaitsef, bekende Sowjet-sluipskutter († 1991).
- 10 April – Harry Morgan, Amerikaanse akteur († 2011).
- 5 Mei – Alice Faye, Amerikaanse aktrise († 1998).
- 10 Mei – Beyers Naudé, Suid-Afrikaanse dominee en anti-apartheidsaktivis († 2004).
- 12 Junie – David Rockefeller, Amerikaanse beleggingsbankier († 2017).
- 25 Junie – Peter Lind Hayes, Amerikaanse akteur († 1998).
- 11 Julie – Yul Brynner, Amerikaanse akteur († 1985).
- 16 Julie – Barnard Hughes, Amerikaanse akteur († 2006).
- 29 Augustus – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise († 1982).
- 22 Oktober – Yitzhak Shamir, Israelse politikus (eerste minister) († 2012).
- 27 Oktober – Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur († 2010).
- 25 November – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus (president-diktator) († 2006).
- 27 November – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter († 2010).
- 2 Desember – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) († 2007).
- 9 Desember – Elisabeth Schwarzkopf, Duits-Britse sopraan en operasangeres († 2006).
- 12 Desember – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur († 1998).
- 12 Desember – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke († 2013).
- 13 Desember – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) († 1983).
- 19 Desember – Édith Piaf, Franse sanger († 1963).
Sterftes
- Sampson Richard Stuttaford, 'n Suid-Afrikaanse afdelingswinkeleienaar (* 1833)
- 13 Maart – Sergei Witte, staatsman in tsaristiese Rusland (* 1849)
- 1 April – Catharina van Rees, Nederlandse skryfster van die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1831).
- 23 April – Rupert Brooke, Engelse digter (* 1887)
- 7 Mei – Hugh Lane, Ierse kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur (* 1875).
- 9 Mei – Flippie Snyman, Gereformeerde predikant en hoogleraar (* 1875).
- 30 Mei – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener (* 1851).
- 26 Augustus – Dr. John Medley Wood, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1827).
- 23 Oktober – W.G. Grace, 'n Engelse mediese doktor en krieketspeler (* 1848)
|
|