Louis Botha

Louis Botha
Louis Botha

Ampstermyn
31 Mei 1910 – 27 Augustus 1919
Monarg George V
Goewerneur-generaal Herbert John Gladstone
Sydney Charles Buxton
Voorafgegaan deur Homself
as eerste minister van Transvaal
Opgevolg deur Jan Christian Smuts

Minister van Landbou
Ampstermyn
20 Desember 1912 – 22 September 1913
Voorafgegaan deur J.W. Sauer
Opgevolg deur H.C. van Heerden
Ampstermyn
31 Mei 1910 – 24 Junie 1912
Opgevolg deur J.W. Sauer

Eerste Minister van Transvaal
Ampstermyn
4 Februarie 1907 – 31 Mei 1910
Monarg Edward VII
George V
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Homself
as eerste minister van Suid-Afrika

Minister van Naturellesake
Ampstermyn
23 September 1913 – 26 Augustus 1919
Voorafgegaan deur J.W. Sauer
Opgevolg deur Jan Smuts

Persoonlike besonderhede
Gebore 27 September 1862
Greytown, Natalkolonie
Sterf 27 Augustus 1919 (op 56)
Pretoria, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Party (1910–1919)
Het Volk (1907–1910)
Eggenoot/-note Annie Emmett
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk
Handtekening

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Britse Statebond
Jare in diens 1899–1902 (Transvaalse kommando's)
Rang Generaal
Eenheid Boer, Zuid-Afrikaansche Republiek
Oorloë/Veldslae Tweede Vryheidsoorlog

Eerste Wêreldoorlog

Genl. Louis Botha (1862–1919) was 'n Boeregeneraal van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy het tydens die laaste twintig jaar van sy lewe 'n baie belangrike rol in die politiek van Suid-Afrika gespeel, onder meer as een van die grondleggers daarvan,[1] en van 1910 tot 1919 die eerste eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.[2]

Vroeë lewe

Kommandantgeneraal Louis Botha omtrent 1900.
Louis Botha op Colenso, 17 Desember 1899.
John X. Merriman by genls. Louis Botha (staande links) en genl. Jan Smuts (staande regs) tydens die Nasionale Konvensie omtrent 1909.
Huisgenoot plaas in September en Oktober 1957 'n reeks voorblaaie van Suid-Afrikaanse leiers. Botha s'n het op 7 Oktober verskyn.

Louis Botha is op 27 September 1862 in die omgewing van Greytown in die teenswoordige KwaZulu-Natal gebore. Sy ouers was Voortrekkers wat in die grensgebied tussen die nuutgestigte Zuid-Afrikaansche Republiek en Natal gevestig het. Hy was die negende van dertien kinders. Hy had 'n jonger broer Christiaan Botha en sy oudste broer was Philip Botha. Die gesin het hulle kort na sy geboorte in die Vrystaat gevestig.[1]

As jongman het hy in 1880 in die geheim aan die Eerste Vryheidsoorlog deelgeneem, hoewel dié oorlog nie die Vrystaat betrek het nie.[1]

In 1884 het hy aan 'n ekspedisie onder leiding van Lucas Meyer deelgeneem om die hoofkaptein van Zoeloeland, Dinuzulu, op sy troon te herstel. Dinizulu het uit dankbaarheid 'n stuk grond aan hulle gegee, waarvan Botha se deel die plaas Waterval naby Vryheid was.

Teen 1894 was hy 'n vooraanstaande lid van die gemeenskap en in 1899 is hy tot die Parlement verkies. In Oktober van daardie jaar het hy die uitreiking van die ultimatum aan die Britse regering, wat tot die Tweede Vryheidsoorlog aanleiding gegee het, teengestaan.

Toe die oorlog kort daarna uitbreek, het Botha egter wel kommandant van die Vryheid-kommando geword onder aanvoering van dieselfde Lucas Meyer, toe 'n generaal, en hy is self ook later tot generaal bevorder.

Tweede Vryheidsoorlog

Uit die staanspoor was dit duidelik dat Botha 'n goeie oog vir militêre strategie gehad het en binne weke is hy tot veggeneraal bevorder.[1]

In 1900 is hy as kommandant-generaal van die Transvaal aangestel en was hy leier van die Transvaalse afvaardiging by die kongres wat op die Vrede van Vereeniging uitgeloop het. In 1906 is koloniale bestuur aan die eertydse Zuid-Afrikaansche Republiek toegeken. Botha het as leier van die Het Volk-party in 1907 eerste minister geword en met Uniewording in 1910 is hy tot leier van die pasgestigte Suid-Afrikaanse Party verkies, wat hom toe ook eerste minister van die land gemaak het.

Laaste jare

In sy hoedanigheid as kommandant-generaal van die Unieweermag het hy in Junie 1915, tydens die Eerste Wêreldoorlog, die oorgawe van die Duitse magte in Suidwes-Afrika bewerkstellig. Hy was ook die leier van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die vredeskonferensie in Parys, Frankryk in 1919, wat die Vrede van Versailles tot gevolg gehad het. Hy is kort daarna op 27 Augustus 1919 oorlede.

Nalatenskap

Botha het nou met lord Alfred Milner saamgewerk om Uniewording te bewerkstellig, waartoe sy matige sienswyse veel bygedra het. Sy pogings om die breuk wat weens die oorlog tussen die Afrikaners en die Engelssprekendes ontstaan het, te herstel, het grotendeels geslaag. Sommige lede van die eerste Uniekabinet, veral genl. J.B.M. Hertzog, was van mening dat hy Afrikanerbeginsels opgeoffer het. Toe Hertzog teen die einde van 1912 weier om te bedank, het Botha self bedank en sy kabinet opnuut saamgestel, maar sonder Hertzog. Hertzog en sy ondersteuners het daarna die Nasionale Party gestig.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 15 Desember 2015.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Bronne

  • Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Sentrale Nuusagentskap (Edms.) Bpk., Johannesburg, 1981
  • Albertyn, C.F. dr. (hoofred.), Die Afrikaanse Kinderensiklopedie, Nasou, Kaapstad, 1972
  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Eerste Minister van Transvaal
1907–1910
Opgevolg deur
Amp afgeskaf
Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Eerste Minister van Suid-Afrika
1910–1919
Opgevolg deur
Jan Christian Smuts

Read other articles:

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber...

 

Cet article est une ébauche concernant une chanson, le Concours Eurovision de la chanson et l’Allemagne. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Für zwei Groschen Musik Margot Hielscher lors des répétitions du Concours Eurovision de la chanson en 1958 à Hilversum. Chanson de Margot Hielscher au Concours Eurovision de la chanson 1958 Sortie 1958 Langue Allemand Auteur Friedrich Meyer (de)...

 

Finnish cross-country skier Eero MäntyrantaMäntyranta at the 1964 OlympicsFull nameEero Antero MäntyrantaBorn(1937-11-20)20 November 1937Turtola, Lapland, FinlandDied29 December 2013(2013-12-29) (aged 76)Oulu, Northern Ostrobothnia, FinlandHeight170 cm (5 ft 7 in)Ski clubPellon Ponsi Medal record Men's cross-country skiing Representing  Finland Olympic Games 1960 Squaw Valley 4 × 10 km relay 1964 Innsbruck 15 km 1964 Innsbruck 30 km 1964 Innsbruck 4 × 1...

Call of Duty: Modern Warfare 2 adalah permainan video penembak orang pertama yang dikembangkan oleh Infinity Ward dan diterbitkan oleh Activision. Dirilis di seluruh dunia pada 10 November 2009, itu menimbulkan beberapa kontroversi. Salah satu kontroversi yang paling bisa dibilang terkenal ini ditemukan di level keempat permainan, No Russian, di mana pemain mengontrol agen CIA yang menyamar yang berpartisipasi dalam penembakan massal di bandara Moskow untuk mendapatkan kepercayaan dari kelomp...

 

Letak Vanua Levu di Fiji Vanua Levu merupakan sebuah pulau di Fiji. Pulau ini terletak di bagian Samudera Pasifik. Pulau ini memiliki jumlah penduduk sebanyak 130.000 jiwa dan memiliki luas wilayah 5.587,1 km². Pulau ini memiliki angka kepadatan penduduk sebesar 23,27 jiwa/km². Kota terbesar di pulau ini ialah Labasa dengan jumlah penduduk 25.000 orang. Pranala luar Wikivoyage memiliki panduan wisata Vanua Levu. Koordinat: 16°35′S 179°11′E / 16.583°S 179.183°E&#...

 

Town in Prince George's County, Maryland, US Town in MarylandCheverlyTownTown of Cheverly FlagSealLocation of Cheverly, MarylandCoordinates: 38°55′28.12″N 76°54′48.56″W / 38.9244778°N 76.9134889°W / 38.9244778; -76.9134889Country United States of AmericaState MarylandCounty Prince George'sIncorporatedApril 18, 1931Government • MayorKayce MunyenehArea[1] • Total1.32 sq mi (3.41 km2) • Land1...

Iranian actor and director (born 1982) Javad Ezzatiجواد عزتیEzzati at the 2020 Fajr Film FestivalBornMohammad Javad Ezzati (1982-01-10) January 10, 1982 (age 42)Tehran, IranAlma materSoore UniversityOccupationsActordirectorYears active1993–presentSpouse Mahlagha Bagheri ​(m. 2006)​WebsiteIMDb profile Mohammad Javad Ezzati (Persian: محمد جواد عزتی; born January 10, 1982) is an Iranian actor and director. He has received critical...

 

Азиатский барсук Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:СинапсидыКласс:Мле�...

 

此條目可参照英語維基百科相應條目来扩充。 (2021年5月6日)若您熟悉来源语言和主题,请协助参考外语维基百科扩充条目。请勿直接提交机械翻译,也不要翻译不可靠、低品质内容。依版权协议,译文需在编辑摘要注明来源,或于讨论页顶部标记{{Translated page}}标签。 约翰斯顿环礁Kalama Atoll 美國本土外小島嶼 Johnston Atoll 旗幟颂歌:《星條旗》The Star-Spangled Banner約翰斯頓環礁�...

Запрос «Борки (станция)» перенаправляется сюда. На эту тему нужно создать отдельную статью. Крушение императорского поезда Последствия крушения поезда Подробные сведения Дата 17 (29) октября 1888 Время 09:10 MSK (06:10 UTC) Место Борчанская волость, Змиевской уезд, Харьковск�...

 

2016年美國總統選舉 ← 2012 2016年11月8日 2020 → 538個選舉人團席位獲勝需270票民意調查投票率55.7%[1][2] ▲ 0.8 %   获提名人 唐納·川普 希拉莉·克林頓 政党 共和黨 民主党 家鄉州 紐約州 紐約州 竞选搭档 迈克·彭斯 蒂姆·凱恩 选举人票 304[3][4][註 1] 227[5] 胜出州/省 30 + 緬-2 20 + DC 民選得票 62,984,828[6] 65,853,514[6]...

 

North Korean politician (1925–2022) In this Korean name, the family name is Ri. Ri Yong-muKorean nameChosŏn'gŭl리용무Hancha李勇武Revised RomanizationRi Yong-muMcCune–ReischauerRi Yong-mu Ri Yong-mu (Korean: 리용무; 25 January 1925 – 27 January 2022) was a North Korean senior official who was a member of the Politburo of the Workers' Party of Korea, vice-chairman of the National Defence Commission of North Korea and vice-marshal of the Korean People's Army.[1]...

Open problem on 3x+1 and x/2 functions Unsolved problem in mathematics: For even numbers, divide by 2;For odd numbers, multiply by 3 and add 1.With enough repetition, do all positive integers converge to 1? (more unsolved problems in mathematics) Directed graph showing the orbits of small numbers under the Collatz map, skipping even numbers. The Collatz conjecture states that all paths eventually lead to 1. The Collatz conjecture[a] is one of the most famous unsolved problems in mathe...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: List of major power stations in Xinjiang – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (January 2017) (Learn how and when to remove this message) This page lists the major power stations located in Xinjiang. Non-renewable Coal-based Station Name in Chinese Coo...

 

Disambiguazione – Zvonimir rimanda qui. Se stai cercando il nome proprio di persona, vedi Zvonimir (nome). Questa voce o sezione sull'argomento sovrani non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Demetrio ZvonimiroRe di CroaziaIn carica1074 - 20 aprile 1089 PredecessorePietro Cressimiro IV S...

Harry MarkowitzLahirHarry Max Markowitz(1927-08-24)24 Agustus 1927Chicago, Illinois, A.S.Meninggal22 Juni 2023(2023-06-22) (umur 95)San Diego, California, A.S.InstitusiPerusahaan Harry MarkowitzSekolah Manajemen Rady di Universitas California, San DiegoBaruch CollegeRAND CorporationKomisi CowlesBidangEkonomi keuanganMazhabSekolah Ekonomi ChicagoAlma materUniversitas Chicago (Ph.B., A.M, and Ph.D.)[1]PembimbingdoktoralMilton FriedmanJacob MarschakDipengaruhiTjalling Koopmans...

 

Marcus Frank Harelik Marcus Frank Harelik (Hamilton, 5 giugno 1951) è un attore e commediografo statunitense. Indice 1 Carriera 2 Filmografia parziale 2.1 Attore 2.1.1 Cinema 2.1.2 Televisione 2.2 Doppiatore 3 Riconoscimenti 4 Doppiatori italiani 5 Altri progetti 6 Collegamenti esterni Carriera Al cinema, Harelik è apparso nel 1999 nel film Election e più tardi, nel 2006, in una commedia intitolata For Your Consideration.Altro impiego di minore importanza è stato quello come doppiatore, q...

 

Gallic tribe Map of ancient Gaule. The Gabali (Gaulish: *Gabli) were a Gallic tribe dwelling in the later Gévaudan region during the Iron Age and the Roman period. Name They are mentioned as Gabalos or Gabalis by Caesar (mid-1st c. BC),[1] as Gabalei͂s (Γαβαλεῖς) by Strabo (early 1st c. AD),[2] as Gabales by Pliny (1st c. AD),[3] and as Tábaloi (Τάβαλοι) by Ptolemy (2nd c. AD).[4][5] The ethnonym Gabali is a Latinized form of Gaulish ...

Glisollescomune (dettagli) Glisolles – Veduta LocalizzazioneStato Francia Regione Normandia Dipartimento Eure ArrondissementÉvreux CantoneConches-en-Ouche TerritorioCoordinate48°59′N 1°01′E48°59′N, 1°01′E (Glisolles) Altitudine83 e 158 m s.l.m. Superficie10,99 km² Abitanti872[1] (2009) Densità79,34 ab./km² Altre informazioniCod. postale27190 Fuso orarioUTC+1 Codice INSEE27287 CartografiaGlisolles Sito istituzionaleModifica dati su Wikida...

 

English poet and playwright (1745–1833) Hannah MoreMore in 1821Born(1745-02-02)2 February 1745Fishponds, Bristol, EnglandDied7 September 1833(1833-09-07) (aged 88)Clifton, Bristol, EnglandResting placeWrington, Somerset, EnglandOccupationsPoetplaywrightauthoreducatorKnown forPoetrydramaphilanthropySignatureThis article is part of a series onConservatismin the United Kingdom Ideologies British nationalism Burkean Cameronism Muscular liberalism Civic Compassionate Green Liberal That...