7 Oktober
7 Oktober is die 280ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (281ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 85 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Vlag van die eertydse DDR
1272 – Pous Gregorius X bevestig die regte van Jode in 'n pouslike bul.
1391 – Pous Bonifatius IX verklaar Sint Birgitta van Swede heilig.
1571 – Die Ottomaanse Ryk word vir die eerste keer in 'n geveg deur die Christelike Weste verslaan, toe 'n vloot wat deur Don Johan van Oostenryk gelei is, die Ottomaanse vloot naby die golf van Korinte tydens die Slag van Lepanto verslaan.
1595 – Pous Clemens VIII publiseer die bul Ex Supernae Dispositionis Arbitro waarin die Universiteit van Mexiko gestig word.
1624 – Pous Urbanus VIII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Antonio Barberini senior, sy broer.
1647 – Pous Innocentius X stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Fabrizio Savelli, aartsbiskop van Salerno.
1919 – KLM word gestig.
1949 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) word in Oos-Berlyn in die lewe geroep.
1956 – Pous Pius XII verklaar Pous Innocentius XI salig.
1959 – Die Sowjet -ruimtetuig Luna 3 neem die eerste foto's van die agterkant van die Maan .
1985 – Die passasierskip Achille Lauro word in die Middellandse See deur Palestynse Bevrydingsfront-terroriste gekaap, terwyl dit vanaf Alexandria na Port Said onderweg is.
2000 – Henri van Luxemburg word Groothertog van Luxemburg nadat sy pa, Jean, vrywillig afstand van die troon doen.
2001 – Die Verenigde State se inval van Afghanistan begin teen 16:30 UCT met 'n lugaanval op die Taliban en Al-Kaïda .
2003 – Die kiesers van Kalifornië vervang in 'n stemming die sittende goewerneur, Gray Davis, met die filmster Arnold Schwarzenegger . Daar was 135 kandidate.
2012 – Wes-Indië wen die eindstryd van die vierde T20I-wêreldbeker in Sri Lanka met 36 lopies teen Sri Lanka .
2023 – Hamas het 'n grootskaalse offensief teen Israel van stapel gestuur vanaf die Gasastrook , met missielaanvalle en deur magte wat deur Gasa-Israel-versperring gebreek het en toegang tot Gasa-grensoorgange, nabygeleë Israeliese stede, aangrensende militêre installasies en burgerlike nedersettings te bekom.
Geboortes
1663 – Abraham Bogaert Nederlandse digter († 1727 ).
1854 – Christiaan de Wet , boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1922 ).
1885 – Niels Bohr , Deense fisikus, Nobelpryswenner († 1962 ).
1889 – Robert Z. Leonard , Amerikaanse akteur en vervaardiger, († 1968 ).
1900 – Heinrich Himmler , Nazi-Duitse bevelvoerder en politikus († 1945 ).
1901 – Wollie Bronkhorst , argitek van kerkgeboue, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise. († 1970 ).
1906 – Nic Potgieter , Afrikaanse skrywer († 1985 ).
1913 – Simon Carmiggelt , Nederlandse joernalis en skrywer († 1987 ).
1914 – Alfred Drake , Amerikaanse akteur en sanger († 1992 ).
1923 – Irma Grese , Duitse SS-offisier († 1945 ).
1927 – Al Martino , Amerikaanse akteur en sanger († 2009 ).
1927 – R. D. Laing , Skotse psigiater en skrywer († 1989 ).
1931 – Desmond Tutu , Suid-Afrikaanse kerkleier en anti-apartheidaktivis († 2021 ).
1940 – Stephen Kovacevich , Amerikaanse dirigent .
1943 – Oliver North , Amerikaanse kolonel, joernalis en skrywer.
1950 – Jakaya Kikwete , Tanzaniese kolonel, 4de president van Tanzanië .
1952 – Wladimir Poetin , Russiese president .
1955 – Yo-Yo Ma , Chinese tjellis .
1959 – Dylan Baker , Amerikaanse akteur.
1968 – Thom Yorke , Engelse sanger-liedjieskrywer.
1969 – Bobbie Brown , Amerikaanse akteur en model.
1986 – Bree Olson , Amerikaanse aktrise en pornoster .
1999 – Jan Bloukaas , Suid-Afrikaanse musikant († 2024 ).
Sterftes
336 – Pous Markus , 34ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
1849 – Edgar Allan Poe , Amerikaanse skrywer (* 1809 ).
1898 – Carl Otto Hager , Duitse argitek en ontwerper van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1813 ).
1943 – Paul Nel , leraar van die NG Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk (* 1867 ).
1943 – Gustav Preller , joernalis, redakteur en geskiedskrywer (* 1875 ).
1959 – Mario Lanza , Amerikaanse tenoor en akteur (* 1921 ).
1994 – Niels Kaj Jerne, Deens-Engelse geneeskundige en immunoloog, Nobelpryswenner (* 1911).
2005 – Charles Rocket , Amerikaanse akteur en komediant (* 1949 ).
2011 – Paul Kent , Amerikaanse akteur (* 1930 ).
2014 – Iva Withers , Kanadese aktrise (* 1917 ).
2018 – Theuns Briers , Springbokrugbyspeler (* 1929).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Feesdag van Pous Markus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 Oktober .