a 20 770 is Israel binne die Groen Lyn. 22 072 sluit in die geannekseerde Golanhoogtes en Oos-Jerusalem.
Israel, ook Israël (Hebreeus: יִשְׂרָאֵל, Yisrā'el; Arabies: إِسْرَائِيل, Isrāʼīl), amptelik die Staat Israel (Hebreeus: מְדִינַת יִשְׂרָאֵל, Medīnat Yisrā'el, [mediˈnat jisʁaˈʔel], luister(hulp·inligting); Arabies: دولة إسرائيل, Dawlat Isrāʼīl, [dawlat ʔisraːˈʔiːl]), is 'n demokratiesegrondwetlikerepubliek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset).[1] Die sentrum van ekonomiese en tegnologiese aktiwiteit is Tel Aviv; hier is ook die meeste ambassades gesetel. Dit is die mees ontwikkelde land in die Midde-Ooste en een van die mees ontwikkelde in die wêreld. Dit is 29ste in die wêreld in die BBP en 13de in die BBP per capita.[15][16][17]
Geskiedenis
As gevolg van Zionisme, wat 'n Joodse tuisland in die destydse Britse mandaat van Palestina geëis het, is die moderne staat Israel op 14 Mei 1948 uitgeroep en feitlik onmiddellik deur Arabiese lande aangeval.
Die geskiedenis van dié land tot op hede was en bly omstrede en die vroeë jare van die 21ste eeu word gekenmerk deur aanvalle op Israeli burgers deur Palestynse vegters en 'n gepaardgaande determinasie van die regering van Israel om 'n totale skeiding in die alledaagse lewe tussen die Palestyne, wat grotendeels nie Israeli burgers is nie, en die burgers van Israel te bewerkstellig. Nie-Joodse burgers van Israel, waaronder sowat een miljoen Arabiessprekende mense, geniet wel burgerskap en stemreg.
Israel strek oor 'n lengte van 470 kilometer in noord-suidelike rigting, terwyl dit tussen 15 en 135 kilometer wyd is. Die land word in die noorde deur Libanon, in die ooste deur Sirië en Jordanië, en Egipte in die suidweste begrens. Die land het 'n kuslyn langs die Middellandse See in die weste en aan die suide die Golf van Eilat, wat ook as die Golf van Akaba bekend staan. In die ooste vloei die Jordaanrivier.
Alhoewel die land baie klein is, is daar verskillende klimaatsones. Die beboste noorde het 'n gematigde klimaat, terwyl die suide baie warm en woestynagtig is. Sowat die helfte van Israel se oppervlak word deur woestyne soos die Negev beslaan. Die kusgebiede langs die Middellandse See en die Jordaanvallei is subtropiese gebiede. Die Dooie See aan die Israel-Jordaanse grens is die laagste plek onder seespieël ter wêreld.
Gedurende die Sesdaagse Oorlog het Israel in 1967 die Wesoewer (Engels: West Bank) van die Hasjemitiese Koninkryk van Jordanië, die Golanhoogtes van Sirië en die Sinai-skiereiland van Egipte verower. Israel het sy troepe en setlaars op die Sinai-skiereiland in 1982 en dié in die Gasastrook tot 12 September 2005 onttrek. Die toekomstige status van die Wesoewer, die Gasastrook en die Golanhoogtes is tans nie duidelik nie.
Die totale oppervlak van Israel, sonder die gebiede wat in 1967 verower is, beslaan 20 770 vierkante kilometer. Een persent hiervan is wateroppervlaktes.
Die totale oppervlak van alle gebiede wat tans deur Israel beheer word, ook Oos-Jerusalem en die Golanhoogtes, is 22 145 vierkante kilometer. As die Wesoewer ingesluit word, wat reeds gedeeltelik selfregerende status verkry het, beslaan Israel se oppervlak 28 023 vierkante kilometer.
Met 'n bevolking van sowat 9,6 miljoen is Israel tans die 92ste mees bevolkte land in die wêreld.
Sowat 91 persent van die bevolking is verstedelik. Die Joodse godsdiens en Westerse modernisme oefen die grootste invloede op die huidige Israelse samelewing uit, alhoewel ook ander godsdienste en kulture van die Midde-Ooste 'n rol speel. Israelse burgerskap kan deur geboorte of inburgering verkry word. Ook dubbele burgerskap word erken, onder meer in die geval van Amerikaanse Jode, wat hulle in Israel gevestig het en ingeburger is.
Die reg op godsdiensvryheid word in die Israelse grondwet gewaarborg, en die groot aantal heilige plekke in die land word deur die betrokke godsdienstige gemeenskappe beheer. Vrye toegang daarin en beskerming teen ontwyding daarvan word deur 'n aantal wette beheer.
Amptelike statistiek verdeel die bevolking in burgers van Joodse en nie-Joodse afkoms. In die jaar 2004 was 81 persent van alle Israelse burgers van Joodse afkoms (uitgesluit die bevolking van die besette gebiede).
Die Joodse bevolking word verdeel in:
die sogenaamde Watikim of bewoners van die Jisjoef, dit wil sê die ou Joodse nedersettings, wat reeds voor die stigting van die Staat Israel bestaan het, en burgers, wat voor die stigting van die staat geïmmigreer het;
die sogenaamde Olim, dit wil sê mense wat hulle ná die stigting van die Staat Israel in die land gevestig het; en
die sogenaamde Tsabarim, dit wil sê burgers wat in Israel gebore is.
26 persent van alle nie-Arabiese burgers het ten minste een ouer wat in Israel gebore is, 37 persent is Israeli's van die eerste generasie, 27 persent is immigrante uit Westerse lande en 42 persent het vanuit Asië of Afrika na Israel gekom.
Daar is ook klein minderhede Droese (1,5 persent), Armeniërs, Baha’i, Alawiete, Ahmadi en Sirkassiërs. Meer as die helfte van die 170 000 Arabiese Bedoeïene het tans 'n vaste woonplek, terwyl die ander die tradisie van 'n nomadiese leefwyse bewaar het. Hulle bly egter in bepaalde gebiede van die land.
Sowat een miljoen immigrante het uit die gebiede van die voormalige Sowjetunie gekom, waarvan meer as 'n driekwart miljoen in die tydperk tussen 1989 en 1999.
Meer as 220 000 Israeli's het hulle in nedersettings in die Wesoewer-gebied gevestig. In 2005 het sowat 7 500 setlaars hulle aan die Gasastrook onttrek.
Hebreeus en Arabies was reeds in die tydperk van die Britse mandaat van Palestina naas Engels die amptelike tale. Ivrit, die moderne Hebreeus, is die huistaal van die meeste Israelse burgers, terwyl sowat een miljoen Arabies as moedertaal praat. Arabiese skole gebruik Arabies as onderwystaal, en die taal is naas Engels ook 'n belangrike vak in Hebreeuse skole. Amptelike dokumente soos wette is in Hebreeus en Arabies beskikbaar.
Mense in Israel het een van die hoogste lewensverwagtings ter wêreld, met 80,9 jaar vir vroue en 76,7 jaar vir mans.
Godsdiens
In Augustus 2013 was 75,1 persent van Israel se bevolking Joods; dit maak van Israel die enigste land ter wêreld met 'n Joodse meerderheid. Van die Joodse bevolking beskou ses persent hulself as Charedim of ultra-ortodokse Jode; nege persent as vrome Jode; 34 persent as Joodse tradisionaliste en 51 persent as sekulêre Jode.
Sowat 2 persent van Israel se bevolking is Christene, 17 persent Moslems, 1,4 persent Droese en 4,1 persent andere. Die Rooms-Katolieke Kerk is die grootste Christelike kerk in Israel met sowat 75 000 lede. 'n Klein minderheid Jode – na ramings sowat 4 000 lidmate in 80 gemeentes – is Messiaanse Jode, wat die Joodse kultuur en die meeste leerstellings van die Joodse godsdiens aanvaar, maar nogtans Jesus van Nasaret as Messias beskou. Hulle word deur ander Jode meestal as Christene beskou.
Van die sowat 20,7 persent Israelse Arabiere is 14,6 Soennise Moslems. 'n Klein minderheid van Moslems behoort tot die Ahmadiyyah-hervormingsbeweging, wat tolerante en vreedsame aspekte van die Islamitiese geloof beklemtoon. Daar is ook 'n klein minderheid van enkele honderd Bahá'í, veral in Haifa en omgewing, waar ook sommige van hulle belangrikste heiligdomme te vinde is. Daar bestaan 'n klein Samaritaanse gemeente van sowat 800 lidmate wat in Israel en op die besette Wesoewer woon.
Sendingwerk is in Israel verbode.
Ekonomie
Ekonomiese geskiedenis
Toe die onafhanklikheidsoorlog in 1948 uitbreek, is die Joodse bevolking in die Britse mandaatgebied Palestina op sowat 600 000 beraam. Nogtans het hierdie minderheid 'n besliste invloed op die land se ekonomie uitgeoefen. Dit was veral omdat ondernemings in Joodse besit die Britse leër en ander geallieerde magte, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Midde-Ooste gestasioneer was, van benodigde basiese goedere voorsien het. In 'n tyd, toe miljoene Joodse burgers in Europa slagoffers van die Nasionaalsosialistiese verdelgingsbeleid geword het, het die Britse mandaatgebied ekonomiese voorspoed ervaar wat later die materiële basis vir Israel se ontwikkeling sou vorm.[18]
Die tydperk tussen 1948 en 1972 was 'n periode waartydens immigrasie van Joodse burgers uit alle wêrelddele tot vinnige bevolkingsgroei gelei het. Terwyl kapitaal in groot hoeveelhede uit die buiteland ingevoer is, het die totale Bruto nasionale produk (BNP) en die BNP per capita buitengewoon sterk groei getoon. Die BNP het in hierdie tydperk jaarliks met 'n gemiddeld van 10,4 persent toegeneem.
Hierdie groei het in die volgende periode tussen 1973 en 1986 verstadig tot sowat twee persent. Die BNP per capita het selfs gestagneer, en terwyl die periode tussen 1948 en 1972 nog deur 'n enkelsyfer-inflasiekoers gekenmerk is, het dié koers dramaties versnel tot 'n maksimum van 445 persent in 1984. In enkele jare – 1975, 1983 en 1984 – is Israel se bronne van korttermynfinansiering byna volledig uitgeput om die tekort op die betalingsbalans te dek.
Die regering het in Julie 1985 ekonomiese noodmaatreëls toegepas om die hiperinflasie, wat die ekonomiese oorlewing van die land bedreig het, te bowe te kom. Laat in 1985 het die inflasiekoers skerp gedaal tot 20 persent. Nog merkwaardiger was die sukses wat met die vermindering van die begrotingstekort behaal is. Teen die begin van die 1986 fiskale jaar was dit byna nul.
Die noodmaatreëls het 'n einde gemaak aan 'n periode van veerien jaar waartydens die ekonomie deur stygende inflasie, waardeverlies van Israel se geldeenheid en groot begrotingstekorte ontwrig is. Ekonomiese stabiliteit is ook verseker wat benodig is om alle strukturele tekortkominge, wat die groei van die ekonomie sedert 1973 bemoeilik het, uit die weg te ruim.
Kenmerke
Israel het sedert sy stigting in 1948 van 'n agrariese ekonomie met sosialistiese elemente (met kibboetsim of kollektiewe gemeenskappe en die invloedryke vakbondvereniging Histradoet as belangrikste rolspeler in sosiaal-politiese opsig) tot 'n uitvoergerigte ope markekonomie met 'n sterk hoëtegnologiebedryf ontwikkel. Met die Europese Unie, die Verenigde State en die Volksrepubliek China as belangrikste handelsvennote is Israel volledig in die wêreldekonomie geïntegreer en het in 2010 by die OESO aangesluit.[19]
Israel beskik oor min natuurlike hulpbronne en beperkte watervoorrade, maar het ongeag sy relatief klein oppervlakte 'n gediversifiseerde ekonomie. In die groot metropolitaanse gebiede van Tel Aviv, Haifa en Jerusalem het 'n moderne dienste- en hoëtegnologiebedryf ontstaan waar talle globale ondernemings filiale gestig het. Israel is die derde belangrikste land van oorsprong na die VSA en die Volksrepubliek China van tegnologiemaatskappye waarvan die aandele aan die New YorkseNASDAQ-aandelebeurs genoteer word. Die twee grootste aanlegte van die Amerikaanse mikroskyfie-vervaardiger Intel buite die VSA is in Jerusalem en Kirjat Gat gesetel.[20]
Israel is 'n geïsoleerde nywerheidsland temidde van onderontwikkelde Arabiese lande en afhanklik van invoere van ru-olie, steenkool, voedsel, ongeslypte diamante en wapentuig. Sy hoofsaaklike uitvoere is geslypte diamante, hoëtegnologie-produkte, wapentuig, sagteware, artsenymiddels, chemiese produkte, sagtevrugte, groente en blomme. Die belangrikste nywerhede is metale, elektroniese en biochemiese toerusting, halfgeleiers, verwerkte voedsel, chemiese en verwante produkte en vervoertoerusting. Die land se dienstesektor is hoogs ontwikkel, en sy diamantenywerheid is een van die belangrikste verskaffers van geslypte en gepoleerde diamante ter wêreld. Israel is een van die internasionale sentrums van sagtewareontwikkeling en 'n gewilde toeristebestemming.
Nywerheidstreke in die sentrum van die land kontrasteer met periferiese gebiede in die noorde en suide van die land wat op 'n hoogs ontwikkelde landbousektor en kleiner nywerhede steun. Kenmerkend vir die landboubedryf in hierdie landsdele is dat daar nog steeds kollektiewe ondernemings soos kibboetsim en mosjawim bestaan. Die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) het egter tot sowat twee persent gedaal.
In Israel vorm hoogs opgeleide en globaal georiënteerde spesialiste saam met meer behoudende godsdienstige bevolkingsgroepe en etniese minderhede, wat dikwels slegs 'n marginale rol in die ekonomiese lewe speel, 'n heterogene bevolking wat uitdagings aan die sosioekonomiese beleid van die land bied. Terwyl die per capita-BBP tans sowat 84 persent van die gemiddeld vir alle OESO-lidlande beloop, is die persentasie arm huishoudings dubbel so groot.
Bruto geografiese produk, buitelandse handel en betalingsbalans
Israel se bruto geografiese produk het in 2004 145 miljard VSA-dollar beloop, wat gelykstaan aan 'n per capita-inkomste van sowat 20 000 VSA-dollar. Ná die einde van die Koue Oorlog het Israel se ekonomie voordeel getrek uit die immigrasie van talle wetenskaplikes en ander akademies opgeleide werkers uit die voormalige Sowjetunie en die uitbreiding na nuwe markte. Die ekonomiese groeikoers het sedert 1996 weens die dalende aantal nuwe immigrante en die regering se streng monetêre beleid effens verstadig. Die inflasiekoers het in 1999 skerp begin daal.
Israel se lopende rekening van die betalingsbalans is vroeër deur 'n permanente tekort gekenmerk wat goed gemaak is deur die invloei van kapitaal uit die buiteland en staatslenings. Sowat die helfte van Israel se buitelandse skuldlas is van Amerikaanse oorsprong. Die Verenigde State verskaf finansiële en ekonomiese hulp aan Israel en waarborg saam met lande soos byvoorbeeld Duitsland Israelse lenings of verskaf self lenings teen 'n lae rentekoers. Dié twee lande is waarborge vir die soewereiniteit van die Staat Israel, en hulle bystand werk ook die negatiewe gevolge van die Arabiese boikotte en sanksies teen.
Weens die lae vlak van ekonomiese integrasie met die omliggende Arabiese buurlande bestaan handelsbande hoofsaaklik met oorsese lande. In- en uitvoere beloop respektiewelik 43 en 40 persent van die BBP. In die afgelope jare was daar 'n merkwaardige oorskot op die lopende rekening van die betalingsbalans. Israel se ekonomie het in 2010 en 2011 met respektiewelik 4,6 en 4,8 persent sterker gegroei as dié van ander nywerheidslande. Die groeikoers het in 2012 verswak tot 2,9 persent, maar sal in 2013 volgens ramings van die Internasionale Monetêre Fonds weer versnel tot 3,3 persent. Die werkloosheidsyfer het in Julie 2013 ses persent beloop – die laagste persentasie in twintig jaar.
Die Europese Unie is tans die belangrikste handelsvennoot vir Israel. Die belangrikste bilaterale handelsvennote is die Verenigde State en die Volksrepubliek China. Daarnaas word die meeste goedere uit Duitsland, België, Switserland en Italië ingevoer, die belangrikste bestemmings vir uitvoere is België, Indië, die Verenigde Koninkryk, Nederland en Duitsland.
Toerisme
In 2010, 2011 en 2012 het rekordgetalle besoekers in Israel aangekom. In 2012 het die getal toeriste met 0,6 persent toegeneem tot meer as 3,5 miljoen.
Rang
Land
Getal besoekers in 2012
Styging teenoor 2011
1
Verenigde State
610 000
+4%
2
Russiese Federasie
590 000
+20%
3
Frankryk
300 000
0%
4
Duitsland
230 000
+4%
5
Verenigde Koninkryk
208 000
-6%
Kultuur
Israel se uiteenlopende kultuur spruit uit die verskeidenheid van sy bevolking. Jode uit diaspora-gemeenskappe dwarsoor die wêreld het hul kulturele en godsdienstige tradisies met hulle saamgebring, wat 'n smeltkroes van Joodse gebruike en gelowe geskep het.[21] Arabiese invloede is in baie kulturele sfere aanwesig,[22][23] soos argitektuur,[24] musiek,[25] en kookkuns.[26] Israel is die enigste land ter wêreld waar die lewe om die Joodse kalender wentel. Werk- en skoolvakansies word bepaal deur die Joodse vakansiedae, en die amptelike rusdag is Saterdag, die Joodse Sabbat.[27]
↑(en) "Czech Republic announces it recognizes West Jerusalem as Israel's capital". Jerusalem Post. 6 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op 6 Desember 2017. The Czech Republic currently, before the peace between Israel and Palestine is signed, recognizes Jerusalem to be in fact the capital of Israel in the borders of the demarcation line from 1967." The Ministry also said that it would only consider relocating its embassy based on "results of negotiations.
↑(en) Mendel, Yonatan; Ranta, Ronald (2016). From the Arab Other to the Israeli Self: Palestinian Culture in the Making of Israeli National Identity. Routled. p. 137. ISBN978-1-317-13171-7. early settlers found it useful and suitable to imitate, adopt, adapt and later appropriate local customs, traditions, symbols and words. This was the principal process that we have unearthed in the book, and which changed in style, volume and recognition with time and with the shifting political environment in Palestine/Israel, yet was kept in the DNA of what Jewish-Israelis perceive as 'Israeliness'. It was an ongoing love-hate tango with the Arab-Palestinian 'other', which on the one hand represented the opposite of the 'self', and on the other hand, its presence was a mandatory ingredient in the creation of many of the customs, traditions and practices considered as local and as Israeli […] the line of thinking according to which the Arab-Palestinian influence on Hebrew culture has been dramatically reduced following the creation of Israel as an independent state in 1948, is simply inaccurate and does not reflect the reality of Jewish-Arab-Palestinian relations. Not only were the early relations between settlers and Arab-Palestinians important – we would say essential – to our understanding of modern life in Israel and to Jewish-Israeli identity and culture, but the fascination leading to adaptation of Arab and Arab-Palestinian cultures did not end in 1948, it is in fact an ongoing process […] many of the customs and traditions, which Jewish-Israelis define as belonging to the Israeli way of life and that represent 'Israeliness', are based on those early relations and cultural appropriations.
↑(en) Mendel, Yonatan; Ranta, Ronald (2016). From the Arab Other to the Israeli Self: Palestinian Culture in the Making of Israeli National Identity. Routledge. pp. 140–141. ISBN978-1-317-13171-7. Jewish-Israeli identity and culture […] have had a wide range of influences, among these were also Arab and Arab-Palestinian elements. When we looked at them in greater detail through Israeli food, Israeli dance, Israeli music, or Israeli symbols, we found – somewhere in their very root – also an Arab component. This is a unique influence not only because the Arab-Palestinian influence is common in different cultural fields, but because it seems that these influences are the least noted […] Arab and Arab-Palestinian influence is much more important in understanding Jewish-Israeli identity and culture than given credit or recognised, and that it had an effect – at times basic and at times more profound – on the deferent cultural fields that constitute what Jewish-Israelis perceive as 'Israeliness' and the Israeli way of life. We believe that due to political reasons, the Arab influence on Israeli culture has been underestimated and overlooked […] presentation of the Jewish and Arab identity and culture as two binaries is misleading. The two identities should be viewed more accurately as a scale with overlapping points, while acknowledging that – despite the conflict and at times because of the conflict – it is hard to admit that at the end of many Hebrew sentences sits an Arab smoking a 'nargilah' and that the Arab-Palestinian 'Other' is actually at the very heart of the Jewish-Israeli 'Self'… Jewish-Israelis and Arab-Palestinians share a number of similarities and points of contact that allow for easier diffusion of culture and symbols. These include, for example the presence of large communities of Jews who have originated in Arab countries and the increasing visibility and involvement of Arab-Palestinians in Israeli politics, economy and society. It is therefore expected that this proximity will result in constant cultural diffusion.
1. Land deels in Afrika. 2. Land deels in Europa. 3. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.