België (Nederlands: België, [ˈbɛlɣijə], luister(hulp·inligting); Frans: Belgique, [bɛlʒik], luister(hulp·inligting); Duits: Belgien, [ˈbɛlɡi̯ən], luister(hulp·inligting)), amptelik die Koninkryk België (Nederlands: Koninkrijk België; Frans: Royaume de Belgique; Duits: Königreich Belgien),[7] is 'n land in Noordwes-Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van amper 11,7 miljoen (in 2023) in 'n gebied meer as dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die GermaanseEuropa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nie-amptelik Vlaams genoem – in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, die Brusselse Hoofstedelike Gewes, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel.[8] Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis.
België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, die Belgae, 'n groep van meestal Keltiese stamme, en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallië, wat as Gallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van die Lae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidige Benelux-stategroep gedek het. Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium die Suidelike Nederlande genoem, die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede en is die "die vegkamp van Europa" genoem.
België was in 1951 'n stigterslid van die Europese Unie en huisves die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos die NAVO. België se strydmag is volledig in NAVO geïntegreer en neem aan internasionale vredesendings (Libanon, Afghanistan) deel.[9]
Etimologie
Volgens Julius Caesar het die Belgae die noordelikste deel van Gallië bewoon. Hulle het in 'n gebied geleef wat gestrek het van Parys tot by die Ryn en heelwat groter was as die huidige België. Caesar het eerder spesifiek die Latynse woord Belgium gebruik om na 'n polities dominante deel van die gebied te verwys wat nou in Noord-Frankryk is.[10][11][12] Ná Caesar se veroweringe het Gallia Belgica die Latynse benaming geword vir 'n groot Romeinse provinsie wat die grootste deel van Noord-Gallië ingesluit het.
Oor die afgelope twee millennia het die gebied beduidende demografiese, politiese en kulturele skommelings ondergaan. Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur die Romeinse Republiek in die 1ste eeu v.C.
Die GermaanseFranke het in die vyfde eeu die Merowingiese koninkryk gevestig wat in die 8ste eeu met Pepijn die Korte en Karel die Grote die Karolingiese Ryk geword het. Tydens die Middeleeue is die Lae Lande verdeel in menige klein feodale state (Vlaandere, Brabant, Henegouwen, Holland, Luxemburg, ensovoorts). Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die Boergondiese hertoë Filips die Stoute, Jan sonder Vrees en Filips die Goeie in die Boergondiese Nederlande verenig. Die state het 'n mate van selfbestuur in die 15de eeu bereik en is in die 16de eeu die Sewentien Provinsies genoem.
Die geskiedenis van België kan vanaf 1585 (val van Antwerpen) onderskei word van die van Holland. 'n Burgeroorlog, die Tagtigjarige oorlog (1568–1648), het die Sewentien Provinsies in die Verenigde Provinsies in die noorde en die Spaanse Suidelike Nederlande in die suide verdeel. Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur die Spaanse en OostenrykseHabsburgers oorheers.
Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans-Spaanse en Frans-Oostenrykse oorloë tydens die 17de en 18de eeue. Na die Veldtogte van die Franse Rewolusionêre Oorloë in 1794, is die Oostenrykse Nederlande – insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgse beheer was nie, soos die Bisdom van Luik – deur Frankryk oorrompel, wat 'n einde gebring het aan die Oostenrykse heerskappy.
Die Franse oorheersing sou twintig jaar duur, vanaf 1794 tot 1814. Napoleon Bonaparte sou 'n kragtige verfransingspolitiek toepas en gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans. Franse amptenare, onderwysers, regters en advokate het die land binnegestroom, en Nederlands was verbode verklaar. Alle moontlike maatreëls is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei. Nederlands is uit die stadsbestuur, gereg en die leer verban. Daarby is die Nederlandstalige pers ook vervolg (Picard 1963:87). In die groot stede Gent, Antwerpen en Brussel, waar die stadsbesture Nederlands gebruik het, was verplig om slegs Frans te gebruik. Die hereniging van die Lae lande as die Verenigde Koninkryk van die Nederlande het in 1814 plaasgevind.
Die moderne staat België ontstaan in 1830, toe Nederland se suidelike provinsies afstig. Die Belgiese Rewolusie van 1830 lei tot die vestiging van 'n onafhanklike, Rooms-Katolieke en neutrale België onder 'n voorlopige regering. Sedert die inhuldiging van Leopold I van België as koning in 1831, is België 'n grondwetlike monargie en parlementêre demokrasie. Tussen onafhanklikheid en die Tweede Wêreldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van 'n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye, die Katolieke en die Liberale, tot 'n algemene stemregstelsel wat 'n derde party, die Belgiese Arbeidersparty insluit en 'n sterk rol vir die vakunies. Oorspronklik was Frans, wat die aangenome taal van die adelstand en die bourgeoisie was, die enigste amptelike taal. Die land het sedertdien 'n tweetalige Nederlands-Franse stelsel ontwikkel.
Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen met die oorhandiging van die Kongo deur koning Leopold II as sy private besitting, die "Kongo-Vrystaat", aan die Belgiese staat. In 1908 is dit as 'n kolonie aan België gesedeer, hierna "Belgies-Kongo" genoem. België se neutraliteit is in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog geskend toe die Duitse Keiserryk België as deel van die Schlieffen-plan ingeval het. Die voormalige Duitse kolonies Ruanda-Urundi – nou bekend as Rwanda en Burundi – is in 1916 deur Belgies-Kongo beset. Die gebiede is in 1924 deur die Volkebond aan België as mandaatgebiede toegeken. België is in 1940 weer tydens die blitzkrieg-offensief deur Nazi-Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval. Belgies-Kongo het sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongokrisis verkry en Ruanda-Urundi het in 1962 onafhanklik geword.
Na die Tweede Wêreldoorlog het België by NAVO aangesluit en het die land saam met Nederland en Luxemburg die Benelux-nasiegroep gevorm. België was ook een van die stigterslede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap. België huisves die hoofkantore van NAVO en 'n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede, insluitend die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement. Gedurende die 20ste eeu, en in besonder sedert die Tweede Wêreldoorlog, is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe. Die tydperk word gekenmerk deur 'n styging in tussen-gemeenskap spanning en die eenheid van die Belgiese staat is op die voorgrond.[13] Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970's en 1980's, het regionalisering van die unitêre staat tot die daarstel van 'n drievlakstelsel van federalisme, linguistieke gemeenskap en streeksregerings gelei, 'n kompromis wat daarop gemik was om taalspanning te minimaliseer. Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement.
Politiek
België is 'n grondwetlike populêre monargie en parlementêre demokrasie wat ná die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het van 'n unitêre staat tot 'n federasie. Die tweekamerparlement bestaan uit 'n senaat en 'n Kamer van Verteenwoordigers. Die eersgenoemde is 'n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van die gemeenskappe en geweste; terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in 'n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig. België is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wêreld het.[14]
Die federale regering, voorheen deur die koning benoem, moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers hê. Dit word deur die eerste minister gelei. Die aantal Nederlands- en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet.[15] Die koning of koningin is die staatshoof. Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe. Werklike mag is gevestig in die eerste minister en die verskillende regerings wat die land regeer. Die regstelsel is gegrond op siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode. Die appèlhof is een vlak laer as die Hof van Cassatie, 'n instelling gegrond op die Franse Cour de cassation.
België se politieke instellings is kompleks; politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die hooftaalgroepe. Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig. Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families: die regtervleuel Liberale, die sentristiese Christen Demokrate, en die linkervleuel Sosiaal-Demokrate. Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en, veral in Vlaandere, die nasionaliste en verregse partye. Politiek word beïnvloed deur drukgroepe, soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings (Frans: Fédération des Entreprises de Belgique; Nederlands: Verbond van Belgische Ondernemingen).
In 1999 het die eerste minister Guy Verhofstadt van die VLD 'n ses-party Liberaal-Sosiaal-Demokrate-Groen koalisie, baie keer "die reënboog-regering" genoem. Dit was die eerste regering sonder die Christen-Demokrate sedert 1958.[16] In die 2003-verkiesings het Verhofstadt 'n tweede termyn in die amp gewen en 'n Liberaal-Sosiaal-Demokrate koalisie van vier partye gelei.[17]
'n Beduidende prestasie van die twee opeenvolgende Verhofstadt-regerings is die behaal van 'n begroting wat klop; België is een van slegs 'n paar lidlande van die EU wat dit kon regkry. Die beleid is in die 1990's onder druk van die Europese Raad deur opeenvolgende regerings toegepas. Die val van die vorige regering word hoofsaaklik toegeskryf aan die dioksienkrisis,[18] 'n groot voedselvergiftigingskandaal in 1999 wat gelei het tot die vestiging van die Belgiese Voedselagentskap.[19] Die voorval het uitgeloop op 'n ongewoon groot verteenwoordiging deur die Groenparty in die parlement, en groter klem op omgewingspolitiek in die eerste Verhofstadtregering. Een Groenbeleid het byvoorbeeld gelei tot die kernkraguitfaseringwetgewing, wat moontlik aangepas sal word. Die afwesigheid van Christen-Demokrate in die regering het dit vir Verhofstadt moontlik gemaak om sosiale aangeleenthede uit 'n meer liberale oogpunt aan te pak en om nuwe wetgewing oor die gebruik van sagte dwelms, gay huwelike en die genadedood deur te voer. Tydens die twee mees onlangse parlementsittings het die regering aktiewe diplomasie in Afrika aangemoedig,[20] militêre ingryping in die Irakontwapeningskrisis teëgestaan, en wetgewing aangaande oorlogsmisdade deurgevoer. Beide van Verhofstadt se termyne is gekenmerk deur dispute tussen die Belgiese gemeenskappe. Die hoofgeskilpunte is die nagtelike lugverkeer by Brussellughawe en die status van die verkiesingsdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde.
Konflikte tussen die liggame word deur die Arbitrasiehof besleg. Die reling maak voorsiening vir 'n kompromis wat verskillende kulture toelaat om vreedsaam met mekaar te lewe.
Die Vlaamse Gemeenskap het in 1980 met die Vlaamse Gewes saamgegaan om die regering van Vlaandere te vorm.[21] Die oorvleuelende grense van die geweste en gemeenskappe het twee noemenswaardige eienaardighede te weeg gebring: die Brusselse Hoofstedelike Gewes word ingesluit in beide die Vlaamse en Franse gemeenskappe, en die gebied van die Duitstalige Gemeenskap lê geheel en al in die Waalse Gewes (Wallonië). Die Vlaamse en Waalse geweste word verder onderverdeel in administratiewe entiteite, die provinsies.
Op die hoogste vlak van die drievlak-opstelling is die federale regering wat omsien na buitelandse sake, ontwikkelingsteun, verdediging, leër, polisie, ekonomiese bestuur, welsyn, maatskaplike sekuriteit, vervoer, energie, telekommunikasie en wetenskaplike navorsing, beperkte vermoëns in onderwys en kultuur, en die toesig van belasting deur streeksowerhede. Die federale regering beheer meer as 90 persent van alle belasting. Die gemeenskapregerings is verantwoordelik vir die bevordering van taal, kultuur en onderwys – hoofsaaklik in skole, biblioteke en teaters. Die derde vlak is die gewesregerings, wat hoofsaaklik grond- en eiendomverwante sake soos behuising, vervoer, ens. hanteer. Byvoorbeeld, vir die bou van 'n skool word die boupermit vir 'n skoolgebou in Brussel wat aan die openbare skoolstelsel behoort deur die gewesregering van Brussel toegeken. Die skool as 'n inrigting val onder die regulasies van die Vlaamse regering as die primêre onderrigtaal Nederlands is, maar onder die Franse gemeenskapregering as die primêre taal Frans is.
Die Vlaamse Gewes bestaan uit 300, die Waalse Gewes uit 262 en die Brusselse Hoofstedelike Gewes uit 19 munisipaliteite, in totaal 581 munisipaliteite.
Geografie
België, met 'n oppervlakte van 30 689 vierkante kilometer, het drie geografiese streke: die laagliggende kusvlakte in die noordweste, wat deel uitmaak van die Noordseebekken, die sentrale plato met heuwels, en die bergagtige Ardenne-hooglande in die suidooste. Die kusvlakte bestaan hoofsaaklik uit sandduine en polders. Polders is drooggemaakte gebiede, naby seevlak of onder seevlak wat van die see herwin is, waarteen dit beskerm word met dyke of verder in die binneland, deur velde wat met kanale gedreineer word.
Die tweede geografiese streek, die sentrale plato, lê verder in die binneland. Dit is 'n golwende gebied wat geleidelik styg en baie vrugbare valleie het.
Die derde geografiese gebied, genaamd die Ardenne, is meer ru as die eerste twee. Dit is 'n digbeboste plato, baie rotsagtig en nie juis geskik vir boerdery nie, wat tot in die noorde van Frankryk strek. Dit is waar meeste van België se wild aangetref word. Daar is ook dele wat meer gebroke is met grotte.
België se hoogste punt, die Signal de Botrange in die Hoë Vene-gebergte, teen slegs 694 meter (2 277 voet) is in die gebied geleë.
Die klimaat is maritiem-gematig, met 'n beduidende neerslag in al die seisoene (Köppen klimaat klassifikasie: Cfb). Die gemiddelde temperatuur is 3 °C (37 °F) in Januarie, en 18°C (64°F) in Julie; die gemiddelde neerslag is 65 millimeter (2,6 duim) in Januarie, en 78 millimeter (3,1 duim) in Julie).[23] In die Ardenne neem die maritieme invloed geleidelik af, en hier word jaarliks meer as 120 dae met temperature benede vriespunt aangeteken.
Ekonomie
Oorsig
As 'n hoogs ontwikkelde markekonomie was België in 1961 een van 19 stigterslande van die OESO, 'n groep van leidende geïndustrialiseerde westerse demokrasieë. Met 'n bevolking van sowat 11,5 miljoen en 'n geskatte bruto binnelandse produk (BBP) van €550 miljard in 2019 het België een van die hoogste BBP per capita ter wêreld. Die BBP-groei vir 2011 is op 2,5 persent gereken. Die openbare skuldlas, wat teen die einde van 2011 96,8 persent van die BBP beloop het, is nogtans relatief hoog.
As 'n digbevolkte land trek België voordeel uit sy geografiese ligging in een van die wêreld se mees geïndustrialiseerde streke. Dit was die eerste land op die Europese vasteland waar 'n nywerheidsomwenteling in die vroeë 19de eeu plaasgevind het. België het 'n uitstekende infrastruktuur van vervoergeriewe met seehawens, kanale, spoorweë en paaie ontwikkel om sy ekonomie met dié van sy buurlande te integreer. As een van die stigterslede van die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap (tans die Europese Unie) is België 'n groot voorstander van verdere ekonomiese integrasie in Europa.
Die land het 'n baie oop ekonomie waar in- en uitvoere min of meer gelykstaan aan die BBP. België is sodoende heeltemal afhanklik van die wêreldmark en trek naas sy ligging digby belangrike markte soos Duitsland, Frankryk, Nederland en die Verenigde Koninkryk ook voordeel uit sy menslike hulpbronne van hoogs opgeleide, meertalige en produktiewe werknemers.
Die Belgiese nywerheidsektor steun veral op die verwerking en veredeling van ingevoerde grondstowwe en halfvervaardigde goedere wat dan as verwerkte goedere uitgevoer word. Behalwe vir steenkool, wat nie meer teen mededingende koste ontgin kan word nie, beskik die land nie oor noemenswaardige natuurlike hulpbronne nie. Nogtans is die meeste tradisionele nywerheidsektore in België se ekonomie verteenwoordig, waaronder staal- en tekstielvervaardiging, raffinaderye, chemiese nywerhede, voedselverwerking, farmaseutiese nywerhede, motorvervaardiging (Renault in Vilvoorde), elektroniese nywerhede en masjienbou. Ondanks die sterk nywerheidsektor het dienste 77,4% van die totale BBP in 2009 opgelewer. Die landbousektor se aandeel het tot sowat een persent gedaal.
Ekonomiese ontwikkeling in die 20ste eeu
Sowat twee eeue lank, van die begin van die Belgiese nywerheidsomwenteling tot in die tyd van die Eerste Wêreldoorlog, was Franssprekende Wallonië die tegnologies mees gevorderde landsdeel waar swaar nywerhede uit die plaaslike mynbouaktiwiteite, veral die ontginning van steenkoolvoorrade, ontwikkel het. Vlaandere het daarenteen hoofsaaklik 'n landboustreek gebly.
Hierdie prentjie het eers in die tyd tussen die twee wêreldoorloë begin verander. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is België se nywerhede en infrastruktuur nouliks deur oorlogshandelinge geraak, om sodoende die basis vir 'n vinnige na-oorlogse ekonomiese groei te vorm waaruit veral Vlaandere voordeel kon trek. Hier het ligte nywerhede op groot skaal hoofsaaklik in die korridor tussen Brussel en Antwerpen ontstaan. In Antwerpen, die tweede grootste seehawe in Europa ná Rotterdam, is belangrike petrochemiese aanlegte gekonsentreer.
In dieselfde tydperk het Wallonië se tradisionele nywerhede soos staalvervaardiging hul mededingendheid op die wêreldmark verloor. Aanvanklik is die uitwerkings van hierdie ekonomiese agteruitgang nog deur die algemene groei van die wêreldekonomie versag, maar uiteindelik het die sterk verhoging in energiepryse gedurende die oliekrisisse van 1973 en 1979 die ekonomie in 'n langdurige resessie gedompel. In die 1980's en 1990's het die ekonomiese sentrum van België geleidelik noordwaarts na Vlaandere begin verskuif.
Buitelandse beleggings
Die ekonomiese groei wat België in die 1960's ervaar het, het sterk op buitelandse beleggings gesteun. Veral Amerikaanse ondernemings het 'n sentrale rol by die uitbreiding van ligte en petrochemiese nywerhede in die 1960's en 1970's gespeel. Die Belgiese regering bevorder steeds buitelandse beleggings om die skepping van nuwe werkgeleenthede te verseker. Vlaandere, die Hoofstedelike Gewes van Brussel en Wallonië geniet intussen 'n groot mate van outonomie wat die werwing van beleggers betref.
Die kumulatiewe buitelandse beleggings het in 2009 $705 miljard beloop. Amerikaanse en ander buitelandse ondernemings in België verteenwoordig sowat 11% van alle werkgeleenthede (die Amerikaanse aandeel is 6%). Amerikaanse maatskappye het groot belange in die chemiese bedryf, motorvervaardiging, olieraffinaderye en farmaseutiese nywerhede. Industriële beleggings het uiteindelik ook 'n groot aantal Amerikaanse ondernemings uit die dienstesektor na België gelok, waaronder banke, regskantore, PR- en advertensiemaatskappye, rekeningkundige firma's en personeeladviseurs. Tans woon meer as 20 000 Amerikaanse deskundiges in België. Die Europese Unie se program om 'n geïntegreerde gemeenskaplike mark te skep, het vanaf 1989 die vestiging van talle Amerikaanse regsondernemings en advokate in Brussel bevorder.[24]
Buitelandse handel
Die Belgiese ekonomie is sterk gefokus op buitelandse handel, veral in hoë waardetoegevoegde goedere. Die belangrikste invoere is voedselprodukte, masjinerie, ongeslypte diamante, petroleum en petroleumprodukte, chemikalieë, klere en bybehore, en tekstiel. Die hoofuitvoere is motors en motoronderdele, voedsel en voedselprodukte, yster en staal, geslypte diamante, tekstiel, plastiek, petroleumprodukte, en nie-yster-metale. Sedert 1922 het België en Luxemburg 'n enkele handelsmark binne 'n aksyns- en monetêre unie – die België-Luxemburg Ekonomiese Unie. Die grootste handelsvennote is Duitsland, Nederland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Italië, die Verenigde State en Spanje.
2010
Invoere
Uitvoere
Geldeenheid
Nederland
50,7
28,0
miljard €
Duitsland
34,7
35,2
miljard €
Frankryk
26,8
34,8
miljard €
Suid-Afrika
8,398
12,449
miljard ZAR
Bronne: Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid[25] en die Duitse Departement van Buitelandse Sake[26]
Monetêre beleid
Op 1 Mei 1998 het België een van die lidstate van die Europese Monetêre Unie geword. Op 1 Januarie 2002 het die Euro die Belgiese frank (BFR) as geldeenheid en wettige betaalmiddel vervang.
Mannekrag en welsynstelsel
Die welsynstelsel, wat in die 1950's en 1960's gedurende 'n lang fase van ekonomiese groei en stabiliteit uitgebrei is, sluit werkloosheidversekering, kinderonderhoudstoelaes, pensioene vir invaliedes en ander toelaes in. Met die resessie in die 1970's het die welsynstelsel 'n groeiende finansiële las vir die ekonomie geword en tot begrotingstekorte gelei.
Die nasionale werkloosheidstatistieke versluier die verskille tussen Vlaandere en Wallonië. Die suidelike Franssprekende landsdeel ly hoofsaaklik aan strukturele werkloosheid, terwyl dit in Vlaandere eerder siklies van aard is.
Die nasionale werkloosheidsyfer het in November 2011 7,0% beloop. Die totale Belgiese mannekrag is 4,47 miljoen, waarvan 73% in die dienstesektor, 25% in die nywerheidssektor en 2% in die landbousektor werksaam is.
Demografie
Die bevolkingsdigtheid (381 per vierkante kilometer in 2023) is een van die hoogstes in Europa, na Nederland en sommige klein lande soos Monaco. Die gebiede met die hoogste bevolkingsdigtheid is die Brussel-Antwerpen-Gent-Leuven agglomerate, ook bekend as die Vlaamse Diamant, sowel as belangrike stedelike sentra soos Liège (Luik), Charleroi, Kortryk (Courtrai), Brugge (Bruges), Hasselt en Namur (Namen). Die Ardenne het die laagste digtheid. Teen 2023 het die Vlaamse Gewes 'n bevolking van omtrent 6 775 000 gehad, die Waalse Gewes omtrent 3 682 000 en die Brusselse Gewes omtrent 1 241 000.[27] Byna die hele bevolking is stedelik (97,3% in 1999).[28] Die belangrikste stede en hulle bevolking in 2023 is Brussel (194 000), Antwerpen (539 000), Gent (268 000), Charleroi (204 000), Luik (195 000) en Brugge (120 000).[27]
Die laïque grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid, en die regering respekteer dit in die algemeen in praktyk. Volgens die 2001 Opname en Studie van Geloof,[29] identifiseer omtrent 47% van die bevolking hulleself as behorende tot die Katolieke kerk. Volgens die syfers is die Moslembevolking die tweede grootste geloofsgemeenskap teen 3,5%. Sedert onafhanklikheid het Katolisisme, met sterk vryedenke en veral vrymesselaarbewegings as teengewig, 'n belangrike rol gespeel in België se politieke lewe, in besonder deur die Christen vakunie (CSC/ACV) en die Christen Demokrate partye (CD&V, CDH).
Die oorgrote meerderheid van Belge is Vlaams en Waals. Saam verteenwoordig hulle 'n bietjie meer as 85%. Daar is baie ander Europese bevolkings wat 'n groot en groeiende deel vorm soos Italiaanse, Franse, en Duitse, wat ongeveer 11,1% beslaan. Arabiese immigrante, meestal uit Marokko en Algerië, saam met immigrante uit Turkye tel sowat 3% van die totale bevolking.
98% van die volwasse bevolking is geletterd.[30] Onderwys is verpligtend van die ouderdom van ses tot 18, maar baie Belge hou aan studeer tot die ouderdom van omtrent 23. In 1999 het België teen 42% in verhouding die derde hoogste aantal 18–21-jariges onder die OESO-lande gehad wat vir na-sekondêre opvoeding geregistreer was.[31] Nogtans styg kommer in die afgelope aantal jare oor seker vorm van ongeletterdheid soos funksionele ongeletterdheid. In die tydperk 1994–98, ontbreek 18,4% van die bevolking funksionele geletterdheidvermoëens.[28] In 'n spieëlbeeld van die historiese politiese konflikte tussen die vryedenke en Katolieke segmente van die bevolking is die Belgiese onderwysstelsel verdeel in 'n laïque tak wat deur die gemeenskappe, die provinsies en die munisipaliteite beheer word en 'n gesubsidieerde godsdienstige – meestal Katolieke – tak wat deur beide die gemeenskappe en die godsdienstige owerhede beheer word – gewoonlik die bisdomme. Daar moet daarop gelet word dat – ten minste vir die Katolieke skole – die godsdienstige owerhede baie beperkte mag oor die skole het.
Met die verowering van Antwerpen in 1585 is 'n politieke en kulturele proses ingelei waardeur die status van Nederlands in die Suidelike Nederlande beperk was tot sy rol as omgangstaal van die laer klasse van die bevolking, terwyl die hoogs opgeleide bourgeoisie die voorkeur aan die wêreldtaal Frans gegee het. Alhoewel die Vlaminge reeds in 1830, die jaar waarin die huidige Koninkryk België as 'n selfstandige staat gestig is, die meerderheid gevorm het, het hulle vanweë die sterk verfransing van die openbare politieke en kulturele lewe tot by die 19de en 20ste eeu 'n sosiologiese minderheid gebly. Frans is in 1830 ook tot die amptelike taal van België verklaar.
As 'n literêre taal was Suid-Nederlands, wat uit die Vlaams-Brabantse skryftaal van die 16de eeu ontwikkel het, slegs gebruiklik vir minder hoogstaande genres soos die volksliteratuur en het naas plaaslike dialekte veral onder die sterk invloed van die Franse kultuurtaal gekom, waardeur sy woordeskat en sinsbou duidelik van dié van Noord-Nederlands, die amptelike taal van Nederland, verskil het.
Vanaf omtrent 1850 het egter 'n nuwe literêre taal begin ontwikkel wat Noord-Nederlands as sy voorbeeld geneem het, en dit het van 'n onvolkome Vlaamse streeksvariant gedurende die 20ste eeu uiteindelik tot 'n gelykwaardige Nederlands verander, wat behalwe vir klein leksikale en sintaktiese verskille grootliks met die taal van Nederland ooreenkom.
Vandag is omtrent 60% van die land Nederlandssprekend, 40% Franssprekend en 1% Duitssprekend. Brussel is amptelik Frans-Nederlands tweetalig, maar meestal Franssprekend; dit het van 'n Nederlandsprekende plek ontwikkel tot 'n tans oorheersend Franse karakter.
Beide die Nederlands wat in België gepraat word en die Belgiese Frans verskil effens in woordeskat en semantiese klem van die variëteite wat in Frankryk en Nederland gepraat word. Baie mense praat nog steeds dialekte van Vlaams en Waals. Die dialekte, saam met ander soos Pikardies of Limburgs,[30] word nie in die openbare lewe gebruik nie.
Sport
Sedert die 1970's word sportklubs en -federasies in België deur die Taalgemeenskappe apart georganiseer.[33]Sokker is die gewildste sportsoort in albei dele van België; fietsry, tennis, swem, judo[34] en basketbal is ook gewild.[35] Onder die bekende fietsryers het Eddy Merckx die Tour de France vyf keer gewen en Tom Boonen een keer. België het ook twee huidige vroue-tenniskampioene: Kim Clijsters en Justine Henin. 'n Ander bekende voormalige Belgiese atleet is Jacques Rogge, die agste President van die Internasionale Olimpiese Komitee tussen 2001 en 2013.
Die Belgiese kultuurlewe neig om binne elkeen van die gemeenskappe gefokus te wees. Gedeelte elemente is minder belangrik aangesien daar geen tweetalige universiteite is nie, behalwe die koninklike militêre akademie, geen gemene media, en geen enkele groot gemene kulturele of wetenskaplike organisasie waar beide hoofgemeenskappe verteenwoordig is nie. België is wel bekend vir die land se skone kunste en argitektuur.
Die gebied wat ooreenkom met vandag se België het die vooruitgang van belangrike kunsbewegings wat 'n reuse invloed op Europese kuns gehad het ondervind. Die Mosankuns, die vroeë Nederlandse skilderkuns, die Vlaamse Renaissance- en Barokskilderkuns, en belangrike voorbeelde van Romaanse, Gotiese, Renaissance- en Barokargitektuur, en die Vlaamse polifonie het in die suidelike deel van die Lae Lande ontwikkel en is mylpale in kunsgeskiedenis.
Die ryk kuns-uitset, baie keer in geheel na verwys as Vlaamse kuns, het in die tweede helfte van die 17de eeu geleidelik agteruitgegaan. Baie oorspronklike kunstenaars het egter gedurende die 19de- en 20ste eeue te voorskyn gekom. In musiek het Adolphe Sax die saxofoon in 1846 uitgevind. Eugène Ysaÿe was 'n belangrike 19de- en 20ste eeuse Belgiese violis. In argitektuur was Victor Horta 'n belangrike inisieerder van die Art Nouveau-styl. België het beroemde vorms van romantieke, ekspressionistiese en surrealistiese skilders opgelewer; dit sluit Egide Wappers, James Ensor, Constant Permeke en René Magritte in. Op 8 November 1948 het die Belgiese skrywers Christian Dotremont en Joseph Noiret die stigting van die vereniging van skilders en literatore genaamd "CoBrA", na die naam van die 3 nasionale hoofstede van die lande waaruit die aanvanklik betrokke kunstenaars kom: Copenhagen, Brussel, Amsterdam) gelei. Dotremont en Noiret het later ook die skrywers Marcel Havrenne en Hugo Claus en die skilders Pol Bury, Pierre Alechinsky, Louis Van Lint, die etnoloog Luc de Heusch en die musikant Jacques Calonne in Brussel by die beweging betrek.
In letterkunde het België verskeie bekende outeurs opgelewer soos die digters Emile Verhaeren, Guido Gezelle, Herman de Coninck, Myriam Vanhee, Tom Lannoye, Jacques Brel en roman skrywer Hendrik Conscience, Willem Elsschot en Georges Simenon. Die digter en toneelskrywer Maurice Maeterlinck het die Nobelprys vir Letterkunde in 1911 ontvang. Die bekendste Frans-Belgiese strokiesverhale is Die avonture van Kuifie deur Hergé maar baie ander belangrike outeurs van strokiesverhale is Belgies, insluitend Edgar P. Jacobs, Marc Sleen, Willy Vandersteen en André Franquin.
Meer onlangs het vername filmregisseurs verskyn, meeste van hulle sterk beïnvloed deur Franse filmkuns. Die gebrek aan 'n groot Belgiese filmmaatskappy het hulle gedwing om te emigreer of in lae-begroting produksies deel te neem. Belgiese regisseurs sluit Stijn Coninx, Luc en Jean-Pierre Dardenne in; akteurs sluit Jan Decleir, Veerle Baetens en Marie Gillain in. Films sluit in Man Bites Dog en The Alzheimer Affair. In die 1980's het Antwerpen se Koninklike Akademie van die Skone Kunste belangrike mode toonaangewers, die Antwerpse Ses opgelewer.
België het ook bygedra tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie. Die wiskundige Simon Stevin, die anatomis Andreas Vesalius en die kartograaf Gerardus Mercator is onder die meer invloedryke wetenskaplikes uit die begin van die Vroeë Modernisme in die Lae Lande. Meer onlangs, teen die einde van die 19de eeu, in toegepaste wetenskap, het die chemikus Ernest Solvay en die ingenieur Zenobe Gramme die Solvayproses en die Grammedinamo uitgevind. Georges Lemaître is 'n beroemde Belgiese kosmoloog aan wie die voorstel van die oerknalteorie van die begin van die heelal in 1927 toegeskryf word. Drie Nobelpryse vir Fisiologie of Geneeskunde is aan Belge toegeken: Jules Bordet in 1919, Corneille Heymans in 1938 en Albert Claude en Christian De Duve in 1974. Ilya Prigogine is in 1977 die Nobelprys vir Chemie toegeken.
Op 1 Desember 2005 is Vader Damien deur die Vlaminge as die Grootste Belg van alle tye gekies terwyl die WaleJacques Brel gekies het.
'n Mens kan nie België se kultuurlewe verstaan sonder om die volksfeeste in ag te neem nie. Voorbeelde sluit die Karnaval van Binche, die Ducasse van Ath, die optog van die Heilige Bloed in Brugge, die 15de-Augustusfees in Liège, en die Waalse fees in Namur in. 'n Belangrike nie-amptelike feesdag is Sint Nicholasdag op 6 Desember, wat die fees vir kinders herdenk en in Liège van die studente.
Baie hoogsaangeskrewe restaurante kan in hoë-impak gastronomiese gidse soos die Michelingids aangetref word. Belgiese sjokolade handelsmerke soos Neuhaus, is wêreldbekend en word wyd verkoop; selfs die goedkoopste en gewildste handelsmerk, Leonidas, het 'n reputasie verwerf vir hulle kwaliteit.
België produseer meer as 500 bier (alebiere, pils) variëteite). Belge het 'n reputasie vir 'n voorliefde vir wafels en pommes frites (Belgiese aartappelskyfies), beide oorspronklik uit België; die nasionale kos is biefstuk of mossels met skyfies.
↑(en) Task, Marijke; Renson, Roland; van Reusel, Bart (1999). Klaus Heinemann (red.). Organised sport in transition: development, structures and trends of sports clubs in Belgium. pp. 183–229. ISBN3-7945-2038-6. {{cite book}}: |work= ignored (hulp); Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)
↑(en) Wingfield, George (2008). Charles F. Gritzner (red.). Belgium. Infobase Publishing. pp. 94–95. ISBN978-0-7910-9670-3.
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die Kanaaleilande.
Laveno-Mombello commune di Italia Tempat categoria:Articles mancats de coordenades Negara berdaulatItaliaRegion di ItaliaLombardyProvinsi di ItaliaProvinsi Varese NegaraItalia PendudukTotal8.353 (2023 )GeografiLuas wilayah23,53 km² [convert: unit tak dikenal]Ketinggian205 m Berbatasan denganCaravate Cittiglio Sangiano Castelveccana Leggiuno Verbania Ghiffa (en) Stresa (en) SejarahPembuatan1927 Informasi tambahanKode pos21014 Zona waktuUTC+1 Waktu Eropa Tengah UTC+2 Kode telepon033...
Russian politician Konstantin ZatulinКонстантин ЗатулинMember of the State Duma for Krasnodar KraiIncumbentAssumed office 5 October 2016Preceded byconstituency re-establishedConstituencySochi (No. 50)Member of the State Duma (Party List Seat)In office24 December 2007 – 21 December 2011In office11 January 1994 – 22 December 1995Member of the State Duma for MoscowIn office29 December 2003 – 24 December 2007Preceded byAndrey NikolaevSucceeded...
Syrian politician (1912-1980) This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Salah al-Din al-Bitar – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February...
American college basketball season 2011–12 Detroit Titans men's basketballHorizon League tournament championsNCAA tournament, Round of 64ConferenceHorizon LeagueRecord22–14 (11–7 Horizon)Head coachRay McCallum (4th season)Assistant coaches Carlos Briggs Jay Smith Derek Thomas Home arenaCalihan HallSeasons← 2010–112012–13 → 2011–12 Horizon League men's basketball standings vte Conf Overall Team W L PCT W L PCT Valparaiso 1...
English association football player (born 1980) Not to be confused with Martin Lancaster. Martyn Lancaster Lancaster with the Atlanta Silverbacks in 2007Personal informationFull name Martyn Neil Lancaster[1]Date of birth (1980-11-10) 10 November 1980 (age 43)[1][2]Place of birth Billinge, Greater Manchester, EnglandHeight 6 ft 1 in (1.85 m)[2]Position(s) Centre-back[1][2]Full-back[3]Youth career1997–2000 Chester Cit...
У этого термина существуют и другие значения, см. 10-я дивизия. У этого термина существуют и другие значения, см. 13-я дивизия. У этого термина существуют и другие значения, см. 17-я дивизия. 10-я пехотная дивизия Годы существования 5 февраля 1806 — 1918 Страна Российская империя Под�...
Alicia Gräfin von RittbergAlicia von Rittberg di Deutscher Fernsehpreis pada tahun 2018Lahir10 Desember 1993 (umur 30)Munich, JermanKebangsaanJermanPekerjaanAktrisTahun aktif2000–sekarang Alicia Gräfin (Countess) von Rittberg (lahir 10 Desember 1993)[1] adalah seorang aktris Jerman. Mengikuti berbagai peran dalam film dan serial televisi Jerman, ia mendapat perhatian di luar Jerman karena peran singkatnya sebagai Emma dalam film tahun 2014, Fury. Rittberg berperan s...
Australian football club This article is about the men's senior team. For the women's team, see Brisbane Roar FC (A-League Women). This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (September 2023) Football clubBrisbane RoarFull nameBrisbane Roar Football ClubNickname(s)The Roar, The LionsShort nameBRFCFounded1957, 65 years ago as Queensland Lions FC...
Multi-sport event in Delhi, India XIX Commonwealth GamesLogo of the 2010 Commonwealth GamesHost cityDelhi, IndiaMottoCome out and playNations71 Commonwealth TeamsAthletes4,352Events272 events in 21 disciplines[1]Opening3 October 2010Closing14 October 2010Opened byCharles, Prince of Wales and Pratibha Patil, President of IndiaClosed byPrince Edward, Earl of WessexAthlete's OathAbhinav BindraQueen's Baton Final RunnerSushil KumarAnthemJiyo Utho Badho Jeeto (AR Rahman)Main venueJawaharla...
راب ني بانا دي جوديरब ने बना दी जोड़ी (بالهندية) ملصق الفيلممعلومات عامةالصنف الفني القائمة ... فيلم كوميدي[1][2] — فيلم موسيقي[2][1][3] — فيلم رومانسي — فيلم دراما — كوميديا رومانسية تاريخ الصدور 11 ديسمبر 2008[4] (ألمانيا)12 ديسمبر 2008[2] مدة ال...
Questa voce o sezione sull'argomento scrittori è priva o carente di note e riferimenti bibliografici puntuali. Sebbene vi siano una bibliografia e/o dei collegamenti esterni, manca la contestualizzazione delle fonti con note a piè di pagina o altri riferimenti precisi che indichino puntualmente la provenienza delle informazioni. Puoi migliorare questa voce citando le fonti più precisamente. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Delio Tessa Delio Tessa (Milano, 18 novembre...
Disambiguazione – Bengali rimanda qui. Se stai cercando l'omonimo blocco Unicode, vedi Bengali (Unicode). Bengali, Bengaleseবাংলা (Bangla)Parlato in Bangladesh IndiaComunità significative: Regno Unito Stati Uniti Pakistan Arabia Saudita Malaysia Singapore Emirati Arabi Uniti Australia Birmania Canada RegioniAsia meridionale LocutoriTotale272,7 milioni (Ethnologue, 2022) Classifica6 (2021) Altre informazioniScrit...
This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Approaching Silence – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (February 2016) (Learn how and when to remove this message) 1999 compilation album by David SylvianApproaching SilenceCompilation album by David SylvianReleased5 October 1999RecordedTrac...
American mathematician David EisenbudEisenbud in 2008Born8 April 1947 (1947-04-08) (age 77)New York City, New YorkNationalityAmericanAlma materUniversity of ChicagoAwardsLeroy P. Steele Prize (2010)Scientific careerInstitutionsUniversity of California, Berkeley, and Mathematical Sciences Research InstituteThesis Torsion Modules over Dedekind Prime Rings (1970)Doctoral advisorSaunders Mac LaneDoctoral studentsCraig HunekeMircea MustaţăIrena PeevaFrank-Olaf Schreyer David...
Stadio dei Fiori - Roberto Anzolin Informazioni generaliStato Italia UbicazioneVia Carducci, 536078 Valdagno (VI) Proprietario Comune di Valdagno Informazioni tecnichePosti a sedere6 000 Strutturarettangolare CoperturaTribune coperte Pista d’atleticano Mat. del terrenoErba/Sabbia Uso e beneficiariCalcio Valdagno (fino al 2012 e dal 2017) Trissino-Valdagno (2012-2014) AltoVicentino (2014-2017) Mappa di localizzazione Modifica dati su Wikidata · Manuale Lo Stadi...
Emperor of the Western Liao dynasty KuchlugХүчлүг屈出律 (Qū chū lǜ)Emperor of the Western Liao dynastyReign1211–1218PredecessorYelü ZhiluguSuccessorDynasty collapsedKhan of NaimansReign1204–1218PredecessorTaibuqa and Buyruq khanSuccessorMongol conquest of the Qara KhitaiDied1218BadakhshanSpousePrincess Hunhu (渾忽公主)IssueLinqgun KhatunEra name and datesTiānxī (天禧): 1178–1218DynastyWestern LiaoFatherTaibuqaReligionNestorianism, then Buddhism Kuchlug (al...
Erosionsrinne in einem Kornfeld im Nordwesten der USA. Wind weht die feinen Bestandteile der Ackerkrume des Feldes (rechts) in eine benachbarte Baumschule (links). Fife-Halbinsel, Schottland. Bodenerosion ist die übermäßige Erosion von Böden, verursacht durch unsachgemäße menschliche Landnutzung, zum Beispiel Entfernung der schützenden Vegetation durch Überweidung oder Abholzung, sowie zu kurze Brachezeiten. Besonders problematisch ist hierbei der Verlust des Oberbodens, das heißt de...
Questa voce o sezione sull'argomento politica non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Questa voce sull'argomento Croazia è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Voce principale: Presidente del Governo della Repubblica di Croazia. I capi di governo d...