Latyn

Latyn
Lingua Latina
Gepraat in: Latium, Romeinse Monargie, Romeinse Republiek, Romeinse Ryk, Middeleeuse Europa en Vroeë moderne Europa, Armeense Koninkryk van Kilikië
Flag of the Vatican City Vatikaanstad 
Gebied: Middellandse See
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Latyns-Faliskies
   Latyn 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of the Vatican City Vatikaanstad
Gereguleer deur: Opus Fundatum Latinitas
Taalkodes
ISO 639-1: la
ISO 639-2: lat
ISO 639-3: lat 
Geskatte verspreiding van tale in Italië in die Ystertydperk.

Latyn (Lingua Latina) was 'n taal wat oorspronklik in die streek Latium, wat Rome insluit, gepraat is. Dit het baie aansien en belang verwerf as die amptelike taal van die Romeinse Ryk. Belangrike Latynse skrywers was Cicero, Tacitus, Vergilius, Horatius en Ovidius.

Latynse taalimperium

Die Latynse taalimperium van die Romeinse Ryk kan om verskillende redes beskou word as een van die vreedsaamstes in die geskiedenis. Die verowerdes is naamlik toegelaat om hul taal en godsdiens te behou. Ook is gepoog om die oorwonne volkere se lojaliteit te win deur hulle goed te behandel, korrupsie en uitbuiting teë te gaan, maar ook paaie, besproeiingskanale en ander bouwerke op te rig en die gebiede ekonomies te ontwikkel. Die Romeine was nie die ander tale binne die ryk vyandiggesind nie, maar het dit ook nie bevorder nie. Tog het uitsonderings voorgekom: in Egipte is amptenare afgedank wat nie Latyn magtig was nie (Egipties is ook nie erken nie, maar wel Grieks). Sekere vermaarde Grieke kon ook nie burgerregte verwerf as hul Latyn te swak was nie.

In die meerderheid gevalle was die taaldwang op subtiele wyse toegepas. Soos te vinde by die oorwonne Galliërs (waar die huidige Frankryk tans staan), is daar in aanraking gekom met 'n beskawing wat hulle én die Romeine as beter en as hoër beskou het. Vir 'n burger om sekere betrekkings te kon kry en as "beskaafd" deur te gaan, moes die persoon Latyn ken. Die Galliese aristokrasie wat hul voorregte wou behou, het hul kinders na Rome toe gestuur om Latyn goed te leer praat en skryf. Selfs in die tyd van die hoogbloei van die Romeinse Ryk het die Romeine en Grieke egter steeds die Griekse taal as superieur beskou. 'n Romein wat as "beskaaf" wou deurgaan, het Grieks geleer, gepraat en geskryf.[1]

Invloed

Hy praat Latyn
Latyn gepraat

Al die Romaanse tale het hul oorsprong in Latyn, en talle woorde in moderne tale soos Afrikaans is gebaseer op Latyn. (Omtrent 80% van wetenskaplike woorde in Engels wortel in Latyn.) Latyn was die lingua franca, die taal wat geleerdes gebruik het vir wetenskaplike en politieke sake, vir meer as 'n duisend jaar in die Westerse wêreld. In die agtiende eeu is dit begin vervang deur Frans en dan deur Engels laat in die negentiende eeu. Kerklatyn bly vandag nog die formele taal van die Rooms-Katolieke Kerk, en dit is die amptelike nasionale taal van die Vatikaanstad, alhoewel Italiaans die voertaal is. Dié kerk het Latyn aanhou gebruik as sy liturgiese taal tot die 1960's. Dit word steeds gebruik, saam met Grieks, om die name wat in die wetenskaplike klassifikasie van alle lewende dinge gebruik word, te verskaf. Vandag is die naaste verwante taal daaraan Italiaans. Lees meer oor Latyn se invloed op vandag se tale.

Hoofeienskappe

Latyn is 'n sintetiese of inflektiewe taal: aanvoegsels word aangeheg aan 'n vaste stam om geslag, getal en vorm aan te dui in byvoeglike naamwoorde, selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde. Hierdie proses word verbuiging (declinatio) genoem. Vir werkwoorde gee die aanhangsels persoon, getal, tyd, vorm, en wys weer en dié proses word vervoeging (coniugatio) genoem. Daar is vyf verbuigngs van selfstandige naamwoorde, en vier vervoegings van werkwoorde.

Naamwoorde

Die ses naamwoordvorme is:

  • nominatief (gebruik wanneer die onderwerp van die sin aangetoon word),
  • genitief (gebruik om 'n verhouding of besit aan te toon),
  • datief (gebruik om die indirekte voorwerp van die werkswoord, dikwels verteenwoordig deur "vir" of "aan" aan te toon)
  • akkusatief (gebruik om die direkte voorwerp van die werkwoord aan te toon),
  • vokatief (gebruik vir die persoon of voorwerp wat aangespreek word),
  • ablatief (gebruik om die oorsaak, oorsprong, instrument, verwydering van die werkwoord aan te toon, dikwels met voorsetsels soos "deur", "met" en "vanaf").

Daarby het sommige naamwoorde 'n lokatiewe vorm om 'n plekverhouding uit te druk (wat gewoonlik deur die ablatiewe vorm, tesame met 'n voorsetsel soos "in", gedek wou wees), maar hierdie argaïese gebruik van die Indo-Europese dae word slegs in die name van mere, stede, dorpe, soortgelyke plekke, en in 'n paar nader woorde gevind.

Werkwoorde

Die werkwoord het bepaalde en onbepaalde vorme. Die bepaalde vorme kry aparte aanvoegsels vir die drie persone en die twee getalle. Die onbepaalde vorme word nie vir persoon en getal vervoeg nie.

Daar is vier wyse: die onbepaalde (infinitivus), die aantonende (indicativus), die aanvoegende (coniunctivus) en die gebiedende wys (imperativus). Die infinitivus is onbepaald na vorm. Die ander drie wyse word vir persoon en getal vervoeg.

Infinitivus vocare (om te) roep
Indicativus voco, vocas ek roep, jy roep en so meer
Coniunctivus vocem dat ek mag roep; ens.
Imperativus voca! vocate! roep! (meervoud)

Die coniunctivus druk hoop, wens of twyfel uit en word dikwels in 'n bysin gebruik.

Talle van werkwoorde het aparte aanhangsels vir die bedrywende (activus) en die lydende vorm (passivus).

voco -- ek roep
vocor -- ek word geroep.

Daar is ook werkwoorde wat net in die lydende vorm gebruik word (deponentia). Die vertaling kan in baie gevalle 'n aktiewe betekenis het.

loquor -- ek spreek

Latyn en die Romantiek

Ná die val van die Romeinse Ryk, het Latyn in verskeie ander tale ontwikkel. Vir baie eeue lank was hierdie tale slegs gepraat, en Latyn is steeds gebruik vir skryf. ('n Voorbeeld hiervan: Latyn was die amptelike taal van Portugal tot 1296, toe dit eers vervang is deur Portugees.)

Die Romaanse tale is inderdaad nie afgelei vanaf klassieke Latyn nie, maar eerder van die gesproke Volkslatyn. Latyn en die Romaanse tale verskil onder meer deurdat die Romaanse tale 'n kenmerkende beklemtoning ontwikkel het, teenoor Latyn se kenmerkende verskil in die lengte van die klinkers. Italiaans het vandag albei aspekte daarvan, terwyl Spaans nog net die beklemtoning oorhet, en Frans nie een van die twee nie.

Nog 'n ander groot verskil tussen die Romaanse tale en Latyn is dat eersgenoemde, met die uitsondering van Roemeens hulle vormeindes in meeste woorde verloor het, behalwe in die geval van sommige voornaamwoorde. Roemeens het nog steeds vyf naamwoordvorme, maar gebruik nie meer die ablatiewe vorm nie.

Latyn en Engels

Engelse grammatika is nie 'n direkte nasaat van Latynse grammatika nie. Pogings om Engelse grammatika in dieselfde vormpie in te giet as wat Latynse grammatikareëls dikteer — soos die aansitterige verbod op die opgebreekte infinitief — het nie sy beslag gekry in die alledaagse gebruik nie. Aan die ander kant ontspring goed die helfte van Engelse woorde uit Latyn, insluitend baie woorde wat van die argaïese Grieks af kom en toe deur die Romeine ingespan is, om nie eers te praat van die duisende Franse, Spaanse en Italiaanse woorde van Latynse herkoms wat Engels ook verryk het nie.

Vanaf die sestiende tot in die agtiende eeu het Engelse skrywers enorme getalle nuwe woorde geskep van die Latynse en Griekse wortels. Hierdie woorde is "inkpotwoorde" gedoop (asof hulle gestort is uit 'n potjie ink) en was ryk in geur en betekenis. Die meeste van die woorde is eenmalig deur 'n skrywer gebruik en het toe vergete geraak, maar 'n paar het bly voortbestaan. Imbibe, extrapolate, en inebriation is almal inkpotwoorde, uitgekerf uit Latynse en Griekse woorde.

Latyn en Afrikaans

Afrikaans en Latyn verskil op grammatikale gebied baie sterk van mekaar. Afrikaans ken min vervoegings (soos ek – my – myne; lank – lang – die lange – iets lanks; kind – kinders; spreek – gespreek – sprekende). In Latyn het die meeste woorde 'n groot getal vorme waarvan die gebruik vir Afrikaanssprekendes dikwels moeilik is om te verstaan.

Onderrig van Latyn

Vir meer inligting, besoek die artikel Latynonderrig

Latynonderrig geskied in verskeie lande van dwarsoor die wêreld. In Suid-Afrika was Latynse skole reeds in 1714 gestig, hoewel die Britse Ryk eers in 1822 die Latynse taal op eie bodem, saam met Engels, verpligtend gemaak het. Latyn se status as verpligte universiteitstoelatingsvak loop egter teen die middel van die 20ste eeu ten einde. As verpligte regstaal word Latyn van sy status in 1994 gestroop.

Afrikaanse handboeke

Verwysing

  1. Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal: die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. p. 30,31,41

Sien ook

Eksterne skakels

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Latyn


Read other articles:

Untuk naskah terjemahan yang memakai abjad ini, lihat Mazmur Pahlavi. Abjad Pahlavi MazmurContoh tulisan yang diambil dari Salib HeratJenis aksara Abjad BahasaPersia PertengahanPeriodeabad ke-6 M–abad ke-7 MArah penulisanKanan ke kiriAksara terkaitSilsilahHieroglif MesirAbjad Proto-SinaiAbjad FenisiaAbjad AramAbjad PahlaviAbjad Pahlavi MazmurISO 15924ISO 15924Phlp, 132 , ​Psalter PahlaviPengkodean UnicodeRentang UnicodeU+10B80–U+10BAF Anda mungkin harus memiliki d...

 

Teluk Meksiko dengan 3D Cantarell Teluk Meksiko (Inggris: Gulf of Mexicocode: en is deprecated ; Spanyol: Golfo de Méxicocode: es is deprecated ) adalah bagian dari Laut Karibia yang dibatasi oleh Meksiko di sebelah barat dan selatan serta Amerika Serikat di sebelah utara dan barat. New Orleans dan Houston merupakan kota pelabuhan utama di teluk ini. Di Amerika Serikat, negara bagian yang melintasi teluk ini adalah Florida, Alabama, Mississippi, Louisiana, dan Texas serta di Meksiko, negara ...

 

Headstone for Douglas Frank Springhall on the Babaoshan Revolutionary Cemetery in Beijing. Douglas Frank Springhall (28 March 1901 – 2 September 1953), known as Dave Springhall, was a British communist activist. Born in Kensal Green, Springhall joined the Royal Navy at the age of fifteen, during World War I. In 1920, he wrote Discontent on the Lower Deck, an article for the communist publication Workers' Dreadnought, leading to his dismissal from the Navy for associating with extremist...

North Wilkesboro SpeedwayBerkas:GLayout sirkuitLokasiWilkesboro Township, Wilkes County, near North Wilkesboro, North CarolinaKapasitas40,000PemilikSpeedway Motorsports, Inc.Broke ground1945DibukaMay 18, 1947[1]Acara besarWilkes 200 (1949–1953 and 1961) Wilkes 160 (1953–1959) Wilkes 320 (1960 and 1962) Wilkes 400 (1963–1976) Gwyn Staley 160 (1959–1960) First Union 400 (1961–1996) Tyson Holly Farms 400 (1979–1996) Lowe's 250 (1995-1996) King's Ransom 300 (2010) PASS Labor D...

 

Vous lisez un « article de qualité » labellisé en 2012. Saison 2010-2011du LOSC Lille Métropole Les joueurs du LOSC Lille Métropole défilant à la suite de leur victoire en Ligue 1.Généralités Couleurs Blanc et rouge Stade Stadium Lille Métropole18 154 places Président Michel Seydoux Entraîneur Rudi Garcia Résultats Championnat Champion 76 points (21V, 13N, 4D)(68 buts pour, 36 buts contre) Coupe de France VainqueurContre le Paris Saint-Germain (1-0) Coupe de la ...

 

Republik Makedonia UtaraJulukanЦрвени Лавови, Crveni Lavovi, Macan MerahЦрвено-Жолти, Crveno-Žolti, Merah-KuningAsosiasiFederasi Sepak Bola Makedonia UtaraKonfederasiUEFA (Eropa)Pelatih Blagoja MilevskiKaptenEnis BardhiPenampilan terbanyakGoran Pandev (122)Pencetak gol terbanyakGoran Pandev (38)Stadion kandangToše Proeski ArenaKode FIFAMKDPeringkat FIFATerkini 69 1 (4 April 2024)[1]Tertinggi46 (Oktober 2008)Terendah166 (Maret 2017)Peringkat EloTerkini73 Warna ...

South Korean politician (born 1978) In this Korean name, the family name is Lee. Lee Tahney이탄희Lee TahneyMember of the National AssemblyIncumbentAssumed office 30 May 2020Preceded byPyo Chang-wonConstituencyYongin 4th Personal detailsBorn (1978-11-03) 3 November 1978 (age 45)Seoul, South KoreaCitizenshipSouth KoreanPolitical partyDemocraticSpouseOh Ji-wonAlma materHarvard UniversityOccupationJudge, lawyer, politicianReligionRoman Catholic(Christian name : Paul) Lee Tahney (...

 

Yoshimasa Hayashi林 芳正Potret resmi, 2021 Menteri Luar NegeriMasa jabatan10 November 2021 – 13 September 2023Perdana MenteriFumio KishidaPendahuluToshimitsu MotegiFumio Kishida (pelaksana tugas)PenggantiYōko KamikawaMenteri Pendidikan, Budaya, Olahraga, Ilmu Pengetahuan dan TeknologiMasa jabatan3 August 2017 – 2 October 2018Perdana MenteriShinzō AbePendahuluHirokazu MatsunoPenggantiMasahiko ShibayamaMenteri Pertanian, Kehutanan dan PerikananMasa jabatan23 Februari ...

 

Кораклы на реке Тайви, западный Уэльс, 1972 год[1] Коракл (валл. cwrwgl, англ. Coracle) — небольшая традиционная лодка, используемая в основном на реках Уэльса, но также местами в западной и юго-западной Англии, Ирландии (особенно на реке Бойн[2]) и Шотландии (особенно �...

HDTV/DVR add-on unit for the PlayStation 3 This article is about the Sony PlayStation 3 accessory PlayTV. For other uses, see Play TV. This article contains content that is written like an advertisement. Please help improve it by removing promotional content and inappropriate external links, and by adding encyclopedic content written from a neutral point of view. (July 2022) (Learn how and when to remove this message) PlayTVPlayTV tuner deviceManufacturerSony Computer EntertainmentTypeDVB-T t...

 

STAB1 المعرفات الأسماء المستعارة STAB1, CLEVER-1, FEEL-1, FELE-1, FEX1, STAB-1, SCARH2, stabilin 1, FEEL1 معرفات خارجية الوراثة المندلية البشرية عبر الإنترنت 608560 MGI: MGI:2178742 HomoloGene: 9035 GeneCards: 23166 علم الوجود الجيني الوظيفة الجزيئية • protein-disulfide reductase activity• low-density lipoprotein particle receptor activity• scavenger receptor activity• ‏GO:0001948، �...

 

1745 Battle of the Austrian Succession Not to be confused with Battle of Fontenoy (841). Battle of FontenoyPart of the War of the Austrian SuccessionThe Battle of Fontenoy by Pierre L'EnfantDate11 May 1745 (1745-05-11)LocationFontenoy, Antoing, Austrian Netherlands50°34′10″N 3°28′30″E / 50.5694°N 3.4750°E / 50.5694; 3.4750Result French victoryBelligerents  France  Great Britain  Dutch Republic  Hanover  Holy Roman Emp...

Saint-Germain-des-PrésQuartier administratifQuartier Saint-Germain-des-PrésBiara Saint-Germain-des-PrésKoordinat: 48°50′47″N 2°19′25″E / 48.84639°N 2.32361°E / 48.84639; 2.32361Koordinat: 48°50′47″N 2°19′25″E / 48.84639°N 2.32361°E / 48.84639; 2.32361Negara PrancisRegionÎle-de-FranceKomuneParisArondisemenke-6Luas • Total0,861 km2 (0,332 sq mi)Populasi (2016)[1] •...

 

TBPL1 المعرفات الأسماء المستعارة TBPL1, MGC:8389, MGC:9620, STUD, TLF, TLP, TRF2, TATA-box binding protein like 1 معرفات خارجية الوراثة المندلية البشرية عبر الإنترنت 605521 MGI: MGI:1339946 HomoloGene: 3577 GeneCards: 9519 علم الوجود الجيني الوظيفة الجزيئية • ربط دي إن إي• ‏GO:0001105 transcription coactivator activity• ‏GO:0001948، ‏GO:0016582 ربط بروتيني• ‏...

 

Plan of the Retiro and Fortifications made by the French in 1808, 1809, 1810, 1811, 1812 y 1813 (c. 1813) The citadel of Madrid was a star fort with three fortified enceintes[1] constructed by the French Army during the Peninsular War, in the grounds of the Palacio del Buen Retiro, on the Retiro heights,[note 1] outside the eastern gate of the city of Madrid.[1] Origins Napoleon, on approaching Madrid, considered the vantage-ground of the heights of the Retiro key to t...

  لمعانٍ أخرى، طالع بيدرو (توضيح). بيدرو   معلومات شخصية الميلاد 19 أكتوبر 1712(1712-10-19)لشبونة  الوفاة 29 أكتوبر 1714 (2 سنة)لشبونة  مكان الدفن البانثيون الملكي لبيت براغانزا  مواطنة مملكة البرتغال  الأب جواو الخامس ملك البرتغال  الأم ماريا آنا من النمسا  إخوة و...

 

Municipality in Rhineland-Palatinate, GermanyLaubach Municipality Coat of armsLocation of Laubach within Rhein-Hunsrück-Kreis district Laubach Show map of GermanyLaubach Show map of Rhineland-PalatinateCoordinates: 50°03′20″N 7°30′38″E / 50.05556°N 7.51056°E / 50.05556; 7.51056CountryGermanyStateRhineland-PalatinateDistrictRhein-Hunsrück-Kreis Municipal assoc.Simmern-Rheinböllen Government • Mayor (2019–24) Karl Heinz Bohn[1]Are...

 

Royal palace in Patiala , India Not to be confused with Qila Mubarak in Bathinda. Qila MubarakNative name Fort of Baba Ala SinghTypeRoyal palace of Patiala StateLocationPatiala, Punjab, India Qila Mubarak is a fortress of Sikh architecture in Patiala, Punjab, India.[1] History Mural painting of Maharaja Karam Singh in the Audience Hall of Qila Mubarak, Patiala Qila Mubarak was first built as a 'Kachigarhi' (Mud fortress) by Sidhu Jat ruler Baba Ala Singh in 1763,[2] who was th...

Weekly tabloid newspaper based in South Florida This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: South Florida Gay News – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2013) (Learn how and when to remove this message) South Florida Gay NewsTypeAlternative weeklyFormatTabloidPublisherNorm KentFounded2009He...

 

Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (octobre 2023). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section « Notes et références ». En pratique : Quelles sources sont attendues ? C...