Transkontinentale land

Kaart van Transkontinentale lande: ██ Lande met 'n aangrensende gebied op twee kontinente ██ Lande met 'n nie-aangrensende gebied op twee kontinente ██ Lande wie se transkontinentale status afhang van die regstatus van hul eise of die definisie van kontinentale grense wat gebruik word

'n Transkontinentale land is 'n land wat oor meer as een kontinent streek.

Voorbeelde van transkontinentale lande

Afrika en Asië

Afrika en Europa

Asië en Europa

Die konvensionele grens tussen Europa en Asië, groen Europa en pers Asië.
  • Armenië – lê in Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa.
  • Azerbeidjan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa.
  • Siprus – lê in Asië, maar is geopolities en kultureel Europees.
  • Georgië – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies, Eurovisie sangfees en is 'n lid van die Raad van Europa.
  • Kasakstan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is 'n kandidaat-lid van die Raad van Europa.
  • Rusland – lê in Europa en Asië.
  • Turkye – lê in Europa en Asië, geskei deur die Bosporus.

Asië en Oseanië

  • Indonesië – lê in Asië, oostelike deel is volgens sommige definisies deel van Oseanië.
  • Oos-Timor – lê in Asië, maar kultureel geassosieer met Oseanië.

Europa en Noord-Amerika

Noord- en in Suid-Amerika

  • Chili – lê in Suid-Amerika en Oseanië (Paaseiland), maak ook aanspraak op 'n deel van Antarktika.
  • Guyana – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.
  • Panama – lê in Noord- en Suid-Amerika, is geskei deur die Panamakanaal.
  • Suriname – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.

Globaal