Die Pitcairneilande (Engels: Pitcairn Islands, Pitkern: Pitkern Ailen, amptelik die Pitcairn Group of Islands) is 'n groep van vier eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Die vier eilande het 'n totale oppervlak van 47 vierkante kilometer met 'n bevolking van 47 mense en die hoofstad, Adamstown, het 'n bevolking van 39 mense.