Noord-Europa of Noordelike Europa is 'n term wat verwys na die noordelike deel van Europa waarvan die grense op 'n paar verskillende manier gedefinieer kan word. Die Nordiese Lande:
Voor die 19de eeu is die terme "Nordies" of "Noordelik" algemeen gebruik om Noord-Europa te bedoel in 'n sin wat die Nordiese lande Europese Rusland, die Baltiese lande (op daardie stadium Lyfland en Koerland) en Groenland ingesluit het.
Selfs vroeër toe Europa deur die Middellandse Seegebied oorheers is (i.e. die Romeinse Ryk), is alles wat nie naby die See was nie as Noord-Europa gesien, insluitend Duitsland, die Lae Lande en Oostenryk. Hierdie betekenis word vandag not in sekere omstandighede gebruik soos wanneer daar van die Noordelike Renaissance gepraat word.