Die Arktiese Oseaan, wat ook as die Noordelike Yssee of Noordpoolsee bekend staan, is hoofsaaklik in die Noordpoolstreek geleë. Dit is die kleinste en vlakste van die wêreld se vyf oseane.[1] Groot dele van die oseaan word vir dele van die jaar of die hele jaar deur see-ys bedek. Alhoewel die Internasionale Hidrografiese Organisasie dit as 'n oseaan erken, verwys sommige oseanoloë daarna as die "Arktiese Middelandse See" of slegs die "Arktiese See".[2] Alternatiewelik kan dit ook as die mees noordelike deel van die hele Wêreldoseaan gesien word.
Die Arktiese Oseaan se temperatuur en soutgehalte verskil seisoenaal, soos die boonste yslae smelt en weer vries.[3] Dit het die laagste soutgehalte van die vyf oseane, as gevolg van die lae verdamping, hoë hoeveelhede varswater wat afkomstig is van riviere en strome en die beperkte verbinding met die omliggende oseaniese waters wat hoër soutgehaltes het.
Geografie
Die Arktiese Oseaan beslaan 'n ronde bekken en dek 'n oppervlak van ongeveer 14 090 000 vierkante kilometer (5 440 000 myl²), effens minder as 1,5 keer die grootte van die Verenigde State. Die kuslynlengte is 45 389 km. Die diepste punt in die oseaan is die Frambekken teen 5 450 m (17 881 voet).[4]
'n Onderwater mid-oseaanrif, die Lomonosow-rif, verdeel die diepsee Noord-polêre Bekken in twee bekkens: die Eurasiese-, of Nansenbekken, (vernoem na die Noorse ontdekker Fridtjof Nansen) wat tussen 4 000 en 4 500 m (13 000 en 15 000 voet) diep is, en die Noord-Amerikaanse, of Hiperborese Bekken, wat omtrent 4 000 m diep is. Die topografie van die oseaanbodem word gekenmerk deur skeurblokriwwe, diepseevlaktes, oseaandieptes en bekkens. Die gemiddelde diepte van die Arktiese Oseaan is 1 038 m (3 407 voet), deels toegeskryf aan die grootte van die vastelandplaat aan die Eurasiese kant.[4]
Die hoofwatertoevoer is uit die Atlantiese Oseaan deur middel van die Noorweëstroom, wat dan langs die Eurasiese kus verder vloei. Water vloei ook uit die Stille Oseaan in deur die Beringseestraat. Die Oos-Groenlandstroom vorm die belangrikste uitloop.
Temperatuur en soutgehalte wissel volgens seisoen soos die ysbedekking smelt en vries. Ys bedek die grootste deel van die oseaanoppervlak, wat vir groot dele van die jaar benede vriespunt is. Daar is aansienlike seisoenale wisseling in die hoeveelheid pakys wat die oseaan bedek. Dit word vir omtrent 10 maande in die jaar deur sneeu bedek. Die maksimum sneeubedekking is in Maart of April—omtrent 20 tot 50 cm bo-op die bevrore oseaan.
Yseilande breek nou en dan van noordelike Ellesmere-eiland weg en ysberge wat deur die gletsers in westelike Groenland en die heel noordoostelike deel van Kanada veroorsaak verteenwoordig. Ysgrond kom op die eilande in die oseaan voor en die oseaan is so te sê deur ys ingesluit van Oktober tot Junie.
Verkenning
Verkenning van die Arktiese Oseaan het waarskynlik begin met pogings om 'n Noordelike Seeroete tussen die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan langs die Siberiese kus van Rusland te vestig. Wikings het reeds in die eerste millennium hulle gebied in die oseaan uitgebrei opsoek na pels en ivoor. Russiese setlaars en handelaars het dele van die roete langs die kus van die Witsee reeds in die 11de eeu verken. Die idee van 'n Noordelike Seeroete is in 1525 deur die Russiese diplomaat Dmitri Gerasimof voorgestel. Teen die 17de eeu is 'n aaneenlopende seeroete van Archangelsk tot sover oos as die mond van die Jenisejrivier gevestig.
Westelike dele van die deurgang is gelyktydig deur Noord-Europese lande soos Engeland, Nederland, Denemarke en Noorweë verken, opsoek na 'n alternatiewe seeweg na China en Indië. Mees noemenswaardig is die 1596-ontdekkingstog gelei deur die Nederlandse seevaarder Willem Barentsz wat Jan Mayen, Spitsbergen, Bjørnøya en Nowaja Zemlja ontdek het. In 1872 ontdek die Oostenryks-Hongaarse Noordpoolekpedisie Franz Josef-land. In 1878 slaag die Fins-Sweedse ontdekker Nordenskjöld vir die eerste keer daarin om die hele Noordoos-deurvaart van wes na oos te navigeer en in 1915 voltooi 'n Russiese ontdekkingstog onder leiding van Boris Wilkitski die deurvaart van oos na wes.
Dele van die oseaan is ook verken opsoek na die Noordwesdeurgang om 'n roete tussen die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan deur die Kanadese Arktiese Argipel te vestig. Tussen die einde van die 15de eeu en die 20ste eeu het verskeie Europese verkenners gepoog om 'n kommersiële seeroete noord en wes om die Amerikaanse kontinente te vind.
In 1539 stuur die Spaanse markies Hernán Cortés die ontdekkingsreisiger Francisco de Ulloa op 'n vaart langs die Neder-Kalifornië-skiereiland om na die deurvaart te soek. Tussen 1576 en 1578 onderneem die Engelse seevaarder Martin Frobisher drie reise na die Kanadese arktiese gebied om die deurgang te vind. Hy word in 1583 deur Sir Humphrey Gilbert (wat Newfoundland vir die Engelse kroon eis) gevolg en daarna deur John Davis wat die Cumberland Sont en Baffin-eiland in 1585 binnevaar. In 1609 seil Henry Hudson op in die rivier wat nou sy naam dra en verken later die Kanadese Arktiese gebied en Hudsonbaai. In die eerste helfte van die 19de eeu word dele van die Noordwesdeurgang afsonderlik deur verskillende ekspedisies verken insluitende die ontdekkingsvaarte van John Ross, William Edward Parry, James Clark Ross en oorland ekspedisies deur John Franklin, George Back, Peter Warren Dease, Thomas Simpson en John Rae. Toe die 1845-tog deur Franklin om kaarte van die laaste 500 km onbekende dele van die deurgang op te stel nie terugkeer nie, lei dit tot 'n aantal reddingsendings en soekgeselskappe wat die Kanadese Arktiese gebied genoegsaam verken om 'n moontlike deurgang te bepaal.
Tydens die soektog na Franklin voltooi 'n span onder leiding van Robert McClure die Noordwesdeurgang van wes na oos tussen 1850 en 1854 – deels per skip en deels per slee. Die deurgang is egter eers in 1906 ter see oorwin toe die NoorRoald Amundsen 'n drie jaar tog in die aangepaste 47-ton haring boot, die Gjøa, daarin slaag om. Die roete was egter nie ekonomies lewensvatbaar nie a.g.v. van die lang tyd wat dit geneem het en omdat dit op plekke baie vlak was. Die eerste enkelseisoendeurgang is eers in 1944 onder leiding van Henry Larsen voltooi.
'n Derde motivering vir verkenning van die Arktiese Oseaan was om die Noordpool te bereik. Die Polaris-ekspedisie van 1871 was 'n mislukte Amerikaanse poging onder leiding van Charles Francis Hall. In April 1895 bereik Fridtjof Nansen die 86° 14´ N breedtegraad. Nansen oorkruis dan ook vir die eerste keer in 1896 die Arktiese Oseaan ter see.
In 1897 onderneem die Sweed Salomon August Andrée 'n rampspoedige lugballonvaart na die Noordpool. Andrée en sy twee mede-ontdekkers kom op Kvitøya (Witeiland) in Svalbard om, nadat hulle suid moes trek toe die lugballon neergestort het as gevolg van waterstoflekkasie.
In die lente van 1908 onderneem Frederick Cook 'n reis na die Noordpool saam met slegs twee Inuïet mans, Ahwelah en Etukishook. Cook beweer dat hy die pool op 21 April 1908 bereik het nadat hy noord gereis het van Axel Heiberg-eiland. Die bewering is egter deur Robert Peary in twyfel getrek en Cook kon nie dokumentasie verskaf wat sy besoek aan die pool bo alle twyfel bevestig nie. Daar word algemeen aanvaar dat die eerste suksesvolle tog na die Noordpool op 6 April1909 deur die Anglo-Amerikaner Robert Edwin Peary, die swart Amerikaner Matthew Henson en vier Inuïetmans genaamd Ootah, Seegloo, Egingway, en Ooqueah onderneem is. Geen van die spanlede het egter opleiding in navigasie gehad nie, wat dus onafhanklik kon bevestig dat die pool wél bereik is en die afstande en snelhede wat Peary beweer hy bereik het, grens aan die ongelooflike.
Op 9 Mei1926 onderneem Richard Evelyn Byrd en vlieënier Floyd Bennett 'n vlug oor die Noordpool. Hulle beweer dat hulle die pool bereik het, maar kon nie geloofwaardige navigasiedata voorlê wat die bewering sou staaf nie. Die eerste onbetwiste waarneming van die Noordpool is op 12 Mei1926 deur Roald Amundsen en sy Amerikaanse borg Lincoln Ellsworth met die lugskip Norge bereik. Op 3 Mei1952 land die Verenigde State se luitenant-kolonel Joseph O. Fletcher en luitenant William P. Benedict met 'n vliegtuig by die geografiese Noordpool. Op 3 Augustus1958 seil die Verenigde State se USS Nautilusduikboot onder die Noordpool deur en op 17 Maart1959 kom die USS Skate (SSN-578) by die pool na die oppervlak om die eerste vaartuig te word wat die pooloppervlak bereik.
Die Amerikaanse Ralph Plaisted onderneem die eerste bevestigde landelike reis na die Noordpool op 19 April1968. Die eerste landelike kruising oor die oppervlak van die oseaanys word in 1969 deur Wally Herbert gelei, in 'n hondeslee met lugsteun van Alaska tot by Svalbard.
Die Sowjetse kernaangedrewe ysbreker, die Arktika, voltooi op 17 Augustus1977 die eerste suksesvolle vaart op die oppervlak van die oseaan na die Noordpool.
Klimaat
Die Poolklimaat word gekenmerk deur voortdurende koue en relatief min verskil tussen die jaarlikse maksimum- en minimumtemperatuur. In die winter is die oseaan in donkerte gehul wat gepaard gaan met koue stabiele weerstoestande en oop lug. In die somer is dit permanent dag met vogtige en mistige weer met swak siklone wat reën en sneeu teweegbring.
Die Arktiese Oseaan is 'n groot bron van baie koue lug wat onvermydelik na die ewenaar beweeg en warmer lug in die middel breedtegrade ontmoet en reën en sneeu veroorsaak.
Ekonomie
Hawens en see- en lugroetes
Die oseaan se belangrikste hawens is die Russiese stede Moermansk en Archangelsk. Die Arktiese Oseaan verteenwoordig die kortste lugroete tussen die Stille Oseaan-kus van Noord-Amerika en Europa. Dit is ook die korste seeverbinding tussen die heel oostelike en westelike Rusland deur die Noordelike Seeroete. Die Arktiese Oseaan bevat 'n groot smoorpunt in die suidelike Tsjoekotkasee, wat noordelike toegang tot die Stille Oseaan via die Bering Seestraat tussen Noord-Amerika en Rusland moontlik maak.
Daar is 'n aantal drywende navorsingstasies in die Arktiese Oseaan wat deur die Verenigde State en Rusland bedryf word.
Die Arktiese Oseaan bevat olie- en gasvelde, spoelertsafsettings, mangaanniere, sand en gruismassas. Die oseaan is ryk aan vislewe en ook seesoogdiere soos robbe en walvisse kom voor.
Die gebied naby die middel van die see is die onderwerp van 'n geskil tussen die Verenigde State, Rusland, Kanada, Noorweë en Denemarke. Die gebied word as belangrik beskou aangesien dit moontlik tot 'n kwart van die wêreld se olie- en gashulpbronne bevat.[5]
Politieke geskille
Die eerste Kanadese soldate is reeds in 1898 in die Arktiese gebied ontplooi en het destyds as vrywilligers wet en orde gedurende die plaaslike goudstormloop gehandhaaf. 'n Moderne militêre basis is egter eers in 1970 in Yellowknife in die Noordwes-Gebiede opgerig.
Kanada maak aanspraak op die Arktiese Argipel, maar veral die Verenigde State het die soewereiniteit van sy noordelike buurland ná die ontdekking van olievelde naby die Prudhoebaai van Alaska in 1968 betwis. Vanweë die hoë koste wat aan lugvervoer vir die benodigde boorgereedskap of die bou van pypleidings vir die vervoer van ru-olie verbonde sou wees, het die Amerikaanse oliemaatskappy Humble Oil Company uit Houston (Texas) in die somer van 1969 probeer om met die tenkskip S.S. Manhattan, wat tot 'n ysbreker omgebou is, deur die Noordwesdeurvaart te navigeer. Weens die onbruikbaarheid van kompasse digby die magnetiese noordpool het die Manhattan met behulp van satelliete navigeer.
Met hul navigasie deur die Noordwesdeurvaart het die Amerikaners Kanada se aanspraak op die soewereiniteit oor die seestraat betwis en dit as internasionale waters beskou. Hierdeur is 'n presedent vir die gebruik van die seeroete deur ander lande se skepe en duikbote, veral Sowjet-skepe, geskep, wat destyds ook 'n groter bedreiging vir Noord-Amerika ingehou het as die Sowjetunie se interkontinentale missiele. Twaalf Kanadese parlementslede het na Resolute op die Arktiese Cornwallis-eiland gevlieg om in die lig van die Manhattan-insident Kanada se aanspraak op die gebied en seeroete te bevestig.
In die somer van 2007 het 'n Russiese navorser met sy duikboot die oseaanbodem bereik en hier op 'n diepte van 4 261 meter die Russiese vlag gehys – moontlik hoop ook lande soos die Russiese Federasie dat hulle 'n rol by die ontginning van die ryk Arktiese ruolie- en aardgasvelde sal kan speel wat volgens beramings sowat 'n kwart van die wêreldwye reserwes behels. Ook Groenland, 'n selfregerende Deense gebied, maak amptelik aanspraak op sowat 1,2 miljoen vierkante kilometer van die Noordpoolgebied.
Die Kanadese eerste minister, Stephen Harper, het kort na hierdie gebeure in die Noord-Kanadese dorp Iqaluit aangekondig dat Kanada die eerste diepseehawe, 'n nuwe militêre basis in die gebied en 'n opleidingsentrum vir wintergevegte aan die mees noordelike punt van Baffin-eiland, sal bou. Vir die diepseehawe in Nanisivik sal die plaaslike lood- en sinkmyne se hawe uitgebou en dieper gemaak word, sodat Kanada se nuwe Arktiese patrollieskepe hier kan aandoen. Naas die bou van die opleidingsentrum in Resolute sal ook Inuïet-patrollies Kanada se aanspraak op die gebied bevestig.
As gevolg van aardverwarming word daar verwag dat die Noordwesdeurvaart in 2050 as 'n seestraat tussen die Stille en Atlantiese Oseane dwarsdeur die jaar vir skepe toeganklik sal wees.
Omgewing
Hoewel daar gemeen word dat die Arktiese gebied ongeskonde en skoon is, is besoedeling uit aanliggende gebiede soos die hoogs-geïndustrialiseerde Europa 'n toenemende probleem.[6] Aanvanklik is gemeen dat Arktiese besoedeling grootliks as gevolg van chemiese lekkasies plaasvind en dat dit klein en plaaslik is. Die konsensus is egter nou dat besoedeling van oor die wêreld deur riviere, seestrome en atmosferiese sirkulasie noord gedryf word. Die verminderde sonlig, uitgebreide ysbedekking en lae temperatuur beteken dat smetstowwe baie stadiger afbreek as in warmer klimate.[6]
In die 1950's het vlieëniers misbande begin waarneem wat nou as die "Arktiese mis" of "Arktiese waas" bekend staan. Teen 1972 is teorieë voorgestel wat die oorsprong van die waas terugspoor na besoedeling wat ver van die Arktiese gebied veroorsaak word. Die besoedelde lug is nou 'n bekende kenmerk van die laat-winter in die Arktiese gebied. Dit blyk dat die lug al hoe meer besoedel word soos besoedeling van fossielbrandstof, versmelting en ander nywerheidsaktiwiteit in die digte koue lug in die donker Arktiese winter opbou. Voorvalle van bruin of swart sneeu is teruggespoor na woestyne en landbougebiede in Asië.
Smelting van die arktiese ysbedekking word nou op sowat 9% per dekade gereken.[7] Teen die tempo sal standhoudende ys oor 'n paar dekades reeds in die 21ste eeu verdwyn. 'n Vermindering in die oppervlak wat deur seeys bedek word sal 'n impak hê op die planeet se weerkaatsingsvermoë of albedo, wat moontlik 'n invloed op aardverwarming sou hê. Die ligte kleur van die Arktiese Oseaan-ys het 'n hoë weerkaatsingsvermoë wat help om sonligenergie van die aarde af weg te weerkaats en dus as 'n natuurlike lugversorger vir die aarde optree. 'n Vermindering in ys kan dus lei tot 'n versnelling in aardverwarming.[8]
Die grootste vermindering in seeys het tot dusver in die Barentzs-see, Kara-see en Oos-Siberiese seë noord van Rusland plaasgevind, sowel as in die See van Ochotsk noordwes van Japan in die Stille Oseaan. Seeys het terselfdertyd in die Davis-seestraat en die Labrador-see tussen Kanada en Groenland merkbaar toegeneem. Die verwarming van meer as 0,5 grade Celsius per dekade oor die afgelope dertig jaar oor die landmassas in Siberië, Alaska en Westelike Kanada, gekoppel met 'n swakker verkoelingsneiging in westelike Groenland en die Labrador-see, is oënskynlik een van die twee hooffaktore in die verandering in seeys verspreiding. Die ander hooffaktor is 'n groot verandering in die Arktiese lugsirkulasiepatrone. Gemiddelde seevlak lugdruk het oor die sentrale Arktiese Oseaan begin val, met gepaardgaande vermeerdering in storms. As gevolg van die veranderings kan betreklik warm lente- en somerlugmassas van die Arktiese kus diep in die Arktiese Oseaan indring wat lei tot smelting van die ys.[8]
Wetenskaplikes is tans bekommerd dat die stygende temperatuur in die Arktiese gebied kan veroorsaak dat groot hoeveelhede vars Arktiese Oseaan smeltwater in die Noordelike Atlantiese Oseaan kan invloei wat moontlik die wêreldwye seestroompatrone kan versteur, wat aansienlike veranderinge in die Aarde se klimaat tot gevolg kan hê. Die gemiddelde temperatuur in die arktiese gebied styg tans teen 1,2 grade Celsius per jaar.[7]
Ysbere is afhanklik van seeys vir hulle oorlewing word slegs in en om die Arktiese Oseaan aangetref. Ysbere verloor gewig soos hulle jagvelde krimp as gevolg van die smelt van seeys en dit moeiliker word om robbe te jag. Die wêreldwye ysbeerbevolking het tussen 1994 en 2004 met 14% gedaal.[9] Ander bedreigings wat ysbere moet trotseer sluit in besoedeling, wettige en onwettige jag en versteurings as gevolg van nywerheidsaktiwiteite.[10] Blywende organiese besmetting deur stowwe soos PCB's en DDT wat in koue ekostelsels in hoë konsentrasies vergader lei tot verlaagde geboortesyfers onder ysbere wat as 'n indikatorspesie in die Arktiese gebied gesien word as gevolg van die spesie se posisie bo-aan die voedselketting.[11] Daar word gevrees dat ysbere in die 21ste eeu kan uitsterf en dat wetgewing benodig word om die diere te beskerm.[12]
Die ontginning van gas en olie in die Arktiese Oseaan bring 'n nuwe bedreiging tot die ekologie in die gebied. Bo en behalwe vir die impak wat verdere gebruik van fossielbrandstof op aardverwarming het, verteenwoordig die projekte groot gevare vir die plaaslike omgewing vir die delikate en ongerepte Arktiese omgewing. Tevore het die ongunstige weersomstandighede in die Arktiese Oseaan en die geweldig krag van die bewegende ysbedekking verhoed dat olie- en gasbronne daar ontgin word en veroorsaak dit dat ontdekking en veral produksie uiters gevaarlik sal wees. Een van die eerste pogings om Arktiese olie te ontgin is deur BP begin met die oprig van die Northstar-projek. Die projek word omtrent ses myl noord van Punt Storkersen in die Beaufort-see wes van Prudhoe-baai opgerig deur 'n bestaande gruiseiland, Seal-eiland, te vergroot. Die oliepyplyn wat warm olie van die oliemyn sal wegvoer word in onstabiele ysgrond 2 m tot 3 m onder die seebodem begrawe. Daar word gevrees dat soliede en los stukke ys wat die gebied vir tot tien maande van die jaar bedek 'n hoë risiko van oliestortings verteenwoordig en sal opruimingsoperasies bemoeilik of onmoontlik maak. Die Amerikaanse regering raam dat die waarskynlikheid van 'n groot oliestorting so hoog soos een in vier is.[13]
Bedreigde marinespesies sluit die walrusse en walvisse in. Die reeds bedreigde walvisbevolking loop verdere gevaar van oliestortings. In die verband is daar veral kommer oor Shell se planne vir 'n olie en gas projek in die verre ooste van Rusland. Dit sou baie moeilik wees om op oliestortings in die gebied te reageer waar golwe in die lente en winter gereeld vyf keer hoër is as vlakke waaronder huidige opruimings- en herwinningsmetodes gebruik kan word. Daar is ook 'n beduidende moontlikheid dat onherwinde olie die voedselvelde van die laaste bekende bevolking van westelike gryswalvis kan besoedel.[14]
Aardverwarming bedreig ook die Arktiese voëllewe. Klimaatmodelle voorspel probleme met beide habitatverlies en belemmering van broeivermoë. Soos die klimaat verwarm sal die boomgrens verder noord beweeg en woude die toendra vervang waar miljoene watervoëls broei.[15]
Die delikate ekostelsel van die Arktiese Oseaan verander stadig en herstel stadig wanneer dit versteur of beskadig word. Die poolysmassa is besig om dunner te word as gevolg van aardverwarming. Daar is ook 'n seisoenale gat in die osoonlaag bo die Noordpool.
Verwysings
↑(en) Michael Pidwirny (2006). "Introduction to the Oceans". www.physicalgeography.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020. Besoek op 7 Desember 2006.
↑(en) Matthias Tomczak, J. Stuart Godfrey. Regional Oceanography: an Introduction. 2003. Delhi: Daya Publishing House. Tweede Uitgawe. ISBN 81-7035-306-8.
↑ 8,08,1(en) Greenpeace[5] Climate Change and Arctic Sea Ice, besoek op 13 Mei 2006
↑(en) PlanetArk [6] Greenpeace Arctic Mission to Spotlight Polar Bears. Besoek op 13 Mei 2006
↑(en) Polar Bears International [7] Polar Bear FAQ. Besoek op 13 Mei 2006
↑(en) Greenpeace[8] The Threat of Climate Change to Arctic Wildlife, besoek op 13 Mei 2006
↑(en) Center for Biological Diversity [9]Geargiveer 10 Augustus 2006 op Wayback Machine Endangered Species Act Listing Process for Polar Bears Underway. Besoek op 13 Mei 2006
↑(en) Greenpeace[10] Northstar Campaign Summary, besoek op 13 Mei 2006
↑(en) WWF[11] Shell poses unacceptable oil spill threat. Besoek op 13 Mei 2006
↑(en) BBC[12] Climate change 'threatens Arctic birds', besoek op 13 Mei 2006
Bronnelys
(en) Neatby, Leslie H., Discovery in Russian and Siberian Waters 1973 ISBN 0-8214-0124-6
(en) Ray, L., and Stonehouse, B., eds., The Arctic Ocean 1982 ISBN 0-333-31017-9
(en) Thorén, Ragnar V. A., Picture Atlas of the Arctic 1969 ISBN 0-8214-0124-6
Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Maret 2016. SMA Negeri 1 WonotunggalInformasiDidirikan8 Mei 2007AkreditasiBNomor Pokok Sekolah Nasional20337813MaskotBlue GaneshaKepala SekolahMuch. Kuntoaji, S.Pd,.M.Pd.B.IJurusan atau peminatanIPA, dan IPSRentang kelasX, XI IPA, XI IPS, XII IPA, XII IPS,Kurik...
Waturumpuk. Waturumpuk (Jawa: ꦮꦠꦸꦫꦸꦩ꧀ꦥꦸꦏ꧀, translit. Waturumpuk) adalah tumpukan batu yang terletak di pinggir Jalan Patimura, Kelurahan Kauman Kidul, Kecamatan Sidorejo, Kota Salatiga, Provinsi Jawa Tengah. Tumpukan batu ini dapat ditemui dengan berjalan sejauh dua kilometer ke arah utara dari Tugu Jam Tamansari. Selain Prasasti Plumpungan, tumpukan batu tersebut juga dijadikan sebagai motif batik khas Kota Salatiga. Salah satu cerita mistis yang mengirinya, ya...
Island in Hong Kong Magazine IslandNative name: 火藥洲Magazine IslandMagazine IslandGeographyCoordinates22°14.6′N 114°8.377′E / 22.2433°N 114.139617°E / 22.2433; 114.139617Administration Hong KongDistrictsSouthern District Former Magazine Building. Magazine Island (Chinese: 火藥洲; Fo Yeuk Chau), originally known as One Tree Island (一木島)[citation needed], is an island of Hong Kong, located off the southwest coast of Hong Kong Island...
Voce principale: Ghetti nazisti. Ghetto di VilniusGhetto Wilna Una strada del ghetto di Vilnius Stato Lituania CittàVilnius Data istituzione1941 Abitanti40 000 ab. (30 agosto 1941 - 23 settembre 1943) Coordinate: 54°41′N 25°19′E / 54.683333°N 25.316667°E54.683333; 25.316667 Il Ghetto di Vilnius, in lingua tedesca Ghetto Wilna, fu uno dei maggiori tra i ghetti nazisti istituiti nel corso della seconda guerra mondiale dal Terzo Reich nei territori occupati de...
لمعانٍ أخرى، طالع جيمس ويب (توضيح). جيمس ويب معلومات شخصية اسم الولادة (بالإنجليزية: James Ruffin Webb) الميلاد 4 أكتوبر 1909 [1] دنفر[1] الوفاة 28 سبتمبر 1974 (64 سنة) نيويورك[2]، ولوس أنجلوس[3] مواطنة الولايات المتحدة الحياة العملية المدرسة الأ...
Bulgarian politician and economist Not to be confused with Kristina Georgieva. In this Bulgarian name, the patronymic is Ivanova and the family name is Georgieva-Kinova. Kristalina GeorgievaКристалина ГеоргиеваOfficial portrait, 201912th Managing Director of the International Monetary FundIncumbentAssumed office 1 October 2019DeputyDavid LiptonGeoffrey OkamotoGita GopinathPreceded byChristine LagardePresident of the World Bank GroupActing1 February 2019 – ...
Decryption of the cipher of the Enigma machine The Enigma machine was used commercially from the early 1920s and was adopted by the militaries and governments of various countries—most famously, Nazi Germany. The Enigma cipher machine Enigma machine Enigma rotors Breaking Enigma Polish Cipher Bureau Doubles Grill Clock Cyclometer Bomba Zygalski sheets Bletchley Park Banburismus Herivel tip Crib Bombe Hut 3 Hut 4 Hut 6 Hut 8 PC Bruno Cadix Related Ultra vte Cryptanalysis of the Enigma cipher...
Dragon or serpent monster in Nordic mythology For the popular motif found on runestones in 11th-century Sweden, see Runic animal. LindwormSwedish lindworm drawn by Swedish illustrator John Bauer, 1911. The Swedish lindworm lacks wings and limbs.GroupingMonsterSub groupingDragonFamilyWhiteworm, Guivre, Vouivre, Wyvern, Sea serpentsFolkloreMythical creature, legendary creatureFirst attestedViking Age[1]Other name(s)Lindwurm, lindwyrm, lindormRegionNorthern Europe, Western Europe, Centra...
Budi Setiawan (polisi) Karo Multimedia Divhumas PolriMasa jabatan13 Agustus 2018 – 1 Mei 2020PendahuluRikwantoPenggantiMuharrom Riyadi Informasi pribadiLahir1 Juni 1963 (umur 60)CimahiAlma materAkademi Kepolisian (1987)Karier militerPihak IndonesiaDinas/cabang Kepolisian Negara Republik IndonesiaMasa dinas1987–2021Pangkat Brigadir Jenderal PolisiSatuanIntelSunting kotak info • L • B Brigjen. Pol. (Purn.) Drs. H. Budi Setiawan, M.M.[1] (lahir J...
Not to be confused with SEAT Arosa. Motor vehicle SEAT Arona (KJ7)OverviewManufacturerSEATProduction2017–presentAssemblySpain: Martorell, Catalonia[1]DesignerJulio Lozano under Alejandro Mesonero-Romanos[2]Body and chassisClassSubcompact crossover SUV (B)Body style5-door SUVLayoutFront-engine, front-wheel-drivePlatformVolkswagen Group MQB A0RelatedSEAT Ibiza Mk5Volkswagen T-CrossVolkswagen Polo Mk6Škoda KamiqPowertrainEnginePetrol:1.0 L 95 TSI I31.0 L 115 TSI I31.5 L 1...
Body of laws and procedures governing members of the armed forces This article is about legal jurisdiction over military personnel. For military jurisdiction over civilians, see martial law. Part of a series onWarOutline History Prehistoric Ancient Post-classical castles Early modern pike and shot napoleonic Late modern industrial fourth-gen Military Organization Command and control Defense ministry Army Navy Air force Marines Coast guard Space force Reserves Regular / Irregular Ranks Special...
Village in Warmian-Masurian Voivodeship, PolandNawiadyVillageNawiadyCoordinates: 53°43′N 21°19′E / 53.717°N 21.317°E / 53.717; 21.317Country PolandVoivodeshipWarmian-MasurianCountyMrągowoGminaPiecki Nawiady [naˈvjadɨ] is a village in the administrative district of Gmina Piecki, within Mrągowo County, Warmian-Masurian Voivodeship, in northern Poland.[1] It lies approximately 4 kilometres (2 mi) south-west of Piecki, 17 km (11 mi) ...
Artikel ini perlu dikembangkan agar dapat memenuhi kriteria sebagai entri Wikipedia.Bantulah untuk mengembangkan artikel ini. Jika tidak dikembangkan, artikel ini akan dihapus. Sebuah pH meter PH meter adalah sebuah alat elektronik yang berfungsi untuk mengukur pH (derajat keasaman atau kebasaan) suatu cairan (ada elektrode khusus yang berfungsi untuk mengukur pH bahan-bahan semi-padat). Sebuah pH meter terdiri dari sebuah elektrode (probe pengukur) yang terhubung ke sebuah alat elektronik ya...
Nahum 3Denah sederhana kota kuno Niniwe, menggambarkan tembok kota dan gerbang-gerbangnya. Digambar oleh Fredarch.KitabKitab NahumKategoriNevi'imBagian Alkitab KristenPerjanjian LamaUrutan dalamKitab Kristen34← pasal 2 Habakuk 1 → Nahum 3 (disingkat Nah 3) adalah bagian terakhir dari Kitab Nahum dalam Alkitab Ibrani dan Perjanjian Lama di Alkitab Kristen. Kitab yang memuat nubuat yang disampaikan nabi Nahum ini termasuk dalam kumpulan kitab nabi-nabi kecil.[1][2] T...
See also: 2010 United States gubernatorial elections 2010 Nevada gubernatorial election ← 2006 November 2, 2010 2014 → Nominee Brian Sandoval Rory Reid Party Republican Democratic Popular vote 382,350 298,170 Percentage 53.36% 41.61% County results Sandoval: 40–50% 50–60% 60–70% 70–80% Governor before election Jim Gibbons Republican...
ITU-T Recommendation for telephone numbering Recommendation ITU-T E.164The international public telecommunication numbering planStatusIn forceYear started1984Latest versionJune 2020OrganizationITU-TCommitteeStudy Group 2Related standardsE.123, E.163DomaintelephonyWebsitehttps://www.itu.int/rec/T-REC-E.164/ E.164 is an international standard (ITU-T Recommendation), titled The international public telecommunication numbering plan, that defines a numbering plan for the worldwide public switched ...
Mountainous hill in Edinburgh, Scotland For other uses, see Arthur's Seat (disambiguation). Arthur's SeatHighest pointElevation251 m (823 ft)Prominencec. 186 m (610 ft)Isolation6.93 km (4.31 mi) ListingMarilynCoordinates55°56′39″N 3°09′43″W / 55.94417°N 3.16194°W / 55.94417; -3.16194GeographyArthur's SeatArthur's Seat in ScotlandShow map of EdinburghArthur's SeatArthur's Seat (the City of Edinburgh council area)Show m...
مشروع 22160- فئة سفينة دورية النوع سفينة دورية الجنسية روسيا تاريخ الطلب 2014 الشركة الصانعة Zelenodolsk Shipyard Zalyv Shipbuilding yard المشغل البحرية الروسية المشغلون الحاليون وسيط property غير متوفر. المشغلون السابقون وسيط property غير متوفر. التكلفة وسيط property غير متوفر. منظومة التعاريف الاَلية ل...