Melanesië (afgelei van Grieks: μέλας mélas vir "swart" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "eilande van swartes" of "eilande van swart mense") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van die Filippyne, in die ooste van Indonesië, in die noordooste van Australië en in die noorde van Nieu-Seeland. Melanesië beslaan 'n oppervlakte van 940 000 km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.[1]
Die term Melanesië (in Frans: Mélanésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Mikronesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig.
↑(en) "Oceania". 2005. The Columbia Encyclopedia, 6de uitgawe. Columbia University Press.
Verdere leesstof
(en) Kirch, Patrick Vinton (2001). On the Road of the Winds: An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact. University of California Press. ISBN978-0-520-92896-1. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
(en) Lal, Brij V.; Fortune, Kate (2000). The Pacific Islands: An Encyclopedia. University of Hawaii Press. ISBN978-0-8248-2265-1. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Melanesië.