Argeologiese bewyse dui op ’n tegnologiese verbintenis tussen die landboukulture van die suide (Suidoos-Asië en Melanesië) en die eerste terreine van die vasteland van China wat bekend was. ’n Kombinasie van argeologiese en linguistiese getuienis is al vertolk as ’n bewys van die teorie dat die taalfamilie in die noorde (die Suid-Chinese vasteland en Taiwan) ontstaan het.
Dit is teoreties moontlik dat Austronesiessprekende volke duisend jaar voor die suidelike uitbreiding van die Han-dinastie en Viëtnam teen die kus van Suid-China af beweeg het, verby Taiwan tot so ver as die (Golf van Tonkin). Mettertyd het die verspreiding van ander taalgroepe soos die Austro-Asiatiese en Chinees-Tibettaanse groepe gelei tot die samesmelting van al die proto-Austronesiessprekende bevolkings wat op die vasteland gebly het.[14]
In ’n onlangse behandeling is alle Austronesiese tale in 10 subfamilies ingedeel, met alle tale buite Taiwan in een groep en die ander nege groepe wat net in Taiwan bekend is.[15] Daar word geredeneer dat dié patrone die beste verduidelik kan word aan die hand van die verspreiding van ’n landbouvolk uit Taiwan na Suidoos-Asië en Melanesië, en eindelik na die verre Stille Oseaan. Hoewel dié model, wat die "sneltrein na Polinesië" genoem word,[16][17] rofweg in ooreenstemming is met beskikbare data, is kommer ook daaroor geopper.[18]
Alternatiewe modelle stel voor die Austronesiese tale het in Melanesië of Suidoos-Asië ontstaan.[19][20][21][22]
↑About 13.6% of Singaporeans are of Malay descent. In addition to these, many Chinese Singaporeans are also of mixed Austronesian descent. See also "Archived copy"(PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 4 July 2007. Besoek op 2007-04-25.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
↑Blust R (1999). "Subgrouping, circularity and extinction: some issues in Austronesian comparative linguistics". In Zeitoun E; Jen-kuei Li, P (reds.). Selected papers from the Eighth International Conference on Austronesian Linguistics. Taipei: Academia Sinica. pp. 31–94. ISBN9576716322. OCLC58527039.
↑Isidore Dyen (1965). "A Lexicostatistical Classification of the Austronesian Languages". Internationald Journal of American Linguistics, Memoir. 19: 38–46.