Staal

'n Staalbrug.

Staal is 'n legering wat hoofsaaklik uit yster bestaan met 'n koolstof-inhoud tussen 0.2 en 2.04% op 'n massabasis (C:1000–10,8.67Fe), afhangende van die graad. Koolstof is die mees kostedoeltreffende legeringselement vir yster. Verskeie ander legeringselemente word egter ook gebruik soos mangaan, chroom, vanadium en wolfram.[1] Koolstof en ander elemente dien as verhardingsmiddels en verhoed dat die dislokasies van die ysteratoom kristalstruktuur oormekaar gly. Deur die hoeveelhede en die vorm waarin die legeringselemente in die staal voorkom kan eienskappe soos die hardheid, smeebaarheid en treksterkte van die staal beheer word.

Die staalkabel van 'n koolmyn se skag.

Staal met 'n verhoogde koolstofinhoud kan harder en sterker gemaak word as yster, maar word dan ook meer bros. Die maksimum oplosbaarheid van koolstof in yster (in die oustenitiese gebied) is 2.14% op 'n massabasis en kom voor by 1149 °C; hoër konsentrasies van koolstof of laer temperature sal sementiet tot gevolg hê. Legerings met 'n hoër koolstofinhoud as hierdie staan bekend as gietyster as gevolg van hulle laer smeltpunt en gietvermoë. Staal kan ook van smeeyster onderskei word wat slegs 'n klein hoeveelheid vreemde elemente bevat, maar soveel as 1% tot 3% op 'n massabasis slak in die vorm van verlengde partikels wat in een rigting voorkom wat 'n kenmerkende grein in die yster veroorsaak. Smeeyster is meer roesbestand as staal en kan makliker gesweis word.

Ten spyte daarvan dat staal lank voor die Renaissance met behulp van verskeie ondoeltreffende metodes vervaardig is, het die gebruik daarvan eers algemeen geword nadat meer doeltreffende vervaardigingsmetodes in die 17de eeu ontwikkel is. Met die ontdekking van die Bessemer-proses in die middel 19de eeu het staal 'n betreklik goedkoop, massavervaardigde materiaal geword. Verdere verfynings van die proses, soos die Linz-Donawitz verwerkingstegniek oftewel die basiese suurstofproses, het die vervaardigingskoste verder verlaag en ook die kwaliteit van die metaal verhoog. Vandag is staal 'n algemene boumateriaal in die wêreld en is 'n belangrike komponent in geboue, gereedskap, voertuie en huishoudelike- en ander toebehore.

Moderne staal word geïdentifiseer deur verskeie grade wat deur verskillende standaarde-organisasies daargestel word.

Materiaaleienskappe

Yster word soos die meeste ander metale gewoonlik nie as 'n onverbonde element in die aardkors aangetref nie.[2] Yster word slegs in verbinding met suurstof of swael in die aarde se kors gevind. Tipiese ysterbevattende minerale sluit Fe2O3-die vorm waarin ysteroksied in die mineraal hematiet voorkom en FeS2piriet.[3] Yster word ontgin vanuit erts deur die suurstof te verwyder deur dit met 'n ander chemiese element te verbind soos koolstof. Die smeltproses is eers toegepas op metale met laer smeltpunte. Koper smelt net bokant 1000 °C, terwyl tin rondom 250 °C. Daarteenoor smelt gietyster wat meer as 1.7% koolstof in legering bevat by ongeveer 1 370 °C. Al hierdie temperature kon bereik word met antieke metodes wat vir ten minste 6000 jaar lank in gebruik was (sedert die bronstydperk). Aangesien die oksidasietempo baie vinnig toeneem bo 800 °C, is dit belangrik dat die smeltproses in 'n omgewing plaasvind waar daar min suurstof teenwoordig is.

Anders as koper en tin los koolstof geredelik op in vloeibare yster, wat meebring dat die smeltproses 'n legering tot gevolg het wat te veel koolstof bevat om staal genoem te word.[4] Selfs in die nouer konsentrasiebestek van staal, kan die mengsels van koolstof en staal 'n verskeidenheid strukture vorm waarvan die eienskappe merkbaar verskil. Dit is baie belangrik dat 'n mens hierdie verskille verstaan om goeie kwaliteit staal te kan vervaardig. By kamertemperatuur is die mees stabiele vorm van yster die liggaamsgesentreerde kubiese struktuur ferriet of α-yster, wat 'n betreklik sagte metaal is wat slegs 'n klein hoeveelheid koolstof kan oplos (nie meer as 0.021 % op 'n massabasis teen 910 °C). Bo 910 °C ondergaan ferriet 'n fase-oorgang vanaf die liggaamsgesentreerde kubiese struktuur na 'n vlakgesentreerde kubiese struktuur wat oustenitiese of γ-yster genoem word, wat ook 'n sagte metaal is maar beduidend meer koolstof kan oplos (soveel as 2.03 % op 'n massabasis teen 1154 °C)[5]

Aangesien koolstofryke ousteniet verkoel, poog die mengsel om terug te keer na die ferrietfase wat 'n oormaat koolstof tot gevolg het. Een manier waarop die koolstof die oustenietfase kan verlaat is vir die sementiet om uit die mengsel te presipiteer wat yster agterlaat wat suiwer genoeg is om ferriet te vorm en 'n gevolglike sementiet-ferrietmengsel tot gevolg het. Sementiet is 'n stoigiometriese fase met die chemiese formule Fe3C. Sementiet vorm in gebiede waar die koolstofinhoud hoër is terwyl ander gebiede daar rondom na die ferrietfase terugkeer. Sodoende word herhalende patrone gevorm wat aanleiding gee tot lae wat as perliet (Fe3C:6.33Fe) bekend staan vanweë die pêrelagtige voorkoms of die soortgelyke maar minder aantreklike bainietfase.

'n Yster-koolstof fase-diagram, toon die toestande wat nodig is vir die verskillende fases om te vorm.

Die belangrikste polimorfiese vorm is waarskynlik martensiet, 'n chemies metastabiele stof wat ongeveer vier keer sterker is as ferriet. 'n Minimum van 0.4 massapersent koolstof (C:50Fe) word benodig om martensiet te vorm. Wanneer ousteniet geblus word om martensiet te vorm, word die koolstof op die plek "vasgevang" wanneer die selstruktuur oorskakel vanaf 'n vlakgesentreerde kubiese tot 'n liggaamsgesentreerde kubiese struktuur. Die koolstofatome is veels te groot om in die interstellêre ruimtes te pas en verwring die selstruktuur na 'n liggaamsgesentreerde tetragonale struktuur. Martensiet en ousteniet het 'n identiese chemiese samestelling. Daarom vereis dit uiters min termiese aktiveringsenergie om te vorm.

Die hittebehandelingsproses vir die meeste soorte staal behels die verhitting van die legering totdat ousteniet vorm en die daaropvolgende blus van die warm metaal in water of olie, wat dit so vinnig afkoel dat die omskakeling na ferriet of perliet nie genoegsame tyd het om plaas te vind nie. Die omskakeling na martensiet in teenstelling gebeur bykans onmiddellik vanweë die laer aktiveringsenergie.

Martensiet het 'n laer digtheid as ousteniet, dus het die omskakeling tussen die twee fases 'n verandering in volume tot gevolg, wat in hierdie geval 'n uitsetting tot gevolg het. Interne spanning van hierdie uitsetting veroorsaak dat die martensietkristalle saamgepers word en trekspanning word op die oorblywende ferriet uitgeoefen met 'n beduidende hoeveelheid skuifspanning op beide fases. As die blus nie behoorlik gedoen word nie kan die spannings veroorsaak dat die onderdeel uitmekaarspat wanneer dit afkoel; en indien nie kan dit werksverharding en ander mikroskopiese gebreke tot gevolg hê. Dit is algemeen dat bluskrake vorm wanneer staal met water geblus word, al is dit nie altyd sigbaar nie.[6]

Korrels ystererts gereed vir die vervaardiging van staal.

Op hierdie stadium is die koolstofinhoud hoog genoeg om 'n beduidende hoeveelheid konsentrasie martensiet te vorm, wat 'n uiters harde dog bros materiaal lewer. Dikwels word staal aan 'n verdere lae-temperatuurproses blootgestel om van die martensiet te vernietig (deur genoeg tyd toe te laat vir sementiet om te vorm) en help ook om die interne spannings en gebreke te verminder. Dit maak die staal sagter en lewer 'n meer smeebare en breukbestande metaal. Hierdie stap waarin tyd so 'n belangrike rol speel word tempering genoem en lewer getemperde staal.[7]

Ander materiale word dikwels by die yster-koolstofmengsel gevoeg om die uiteindelike eienskappe te beheer. Nikkel en mangaan in staal verleen daaraan 'n hoër treksterkte en maak ousteniet chemies meer stabiel, chroom verhoog die hardheid en smeltpunt en vanadium verhoog ook die hardheid terwyl dit metaalvermoeiïng verminder. Groot hoeveelhede chroom en nikkel (dikwels 18% en 8% respektiewelik) word bygevoeg om vlekvrye staal te lewer wat 'n harde oksied op die metaaloppervlak vorm en korrosie inhibeer. Wolfram vertraag die vorming van sementiet wat meer martensiet laat vorm teen laer blustempos en lewer snelstaal. Aan die ander kant maak swael, stikstof en fosfor staal brosser en daarom moet hierdie elemente vanuit die erts verwyder word tydens verwerking.[8]

Bibliografie

  • In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.

Verwysings

  1. Ashby, Michael F.; Jones, David R. H. (1992) [1986]. Engineering Materials 2 (in English) (with corrections uitg.). Oxford: Pergamon Press. ISBN 0-08-032532-7.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  2. Winter, Mark. "Periodic Table: Iron" (in Engels). The University of Sheffield. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2008. Besoek op 28 Februarie 2007.
  3. F. Brookins, Theo. (November 1899). "Common Minerals and Valuable Ores". Birds and All Nature. A. W. Mumford. 6 (4). Besoek op 28 Februarie 2007.
  4. "Smelting". Britannica. (2007). Encyclopedia Britannica. URL besoek op 2007-02-28. 
  5. Mittemeijer, E. J.; =Slycke, J. T. "Chemical potentials and activities of nitrogen and carbon imposed by gaseous nitriding and carburising atmospheres" (PDF). Surface Engineering 1996 Vol. 12 No. 2 (in Engels). p. 156. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 September 2016. Besoek op 10 Augustus 2006.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)
  6. "Quench hardening of steel" (in Duits). INI International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2008. Besoek op 28 Februarie 2007.
  7. Pye, David. "Steel Heat Treating" (in Engels). Gardner Publications, Inc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2010. Besoek op 28 Februarie 2007.
  8. "Alloying of Steels" (in Engels). Metallurgical Consultants. 28 Junie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 28 Februarie 2007.

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Biskuit mentega Biskuit mentega (Inggris: butter cookiescode: en is deprecated ) adalah adalah kue yang dibuat tanpa menggunakan ragi atau pengembang, dengan bahan-bahan mentega, tepung terigu dan gula. Biskuit mentega dikategorikan sebagai biskuit re...

 

 

Al-Andalus, JeddahLingkunganNegaraArab SaudiProvinsiProvinsi MakkahPemerintahan • Wali kotaHani Abu Ras[1] • Gubernur kotaMish'al Al-SaudKetinggian12 m (39 ft)Zona waktuUTC+3 (AST) • Musim panas (DST)ASTKode pos(5 kode digit dimulai dari 23; e.g. 23434)Kode area telepon+966-12Situs webwww.jeddah.gov.sa/english/index.php Al-Andalus, Jeddah adalah sebuah permukiman padat penduduk di kota Jeddah di Provinsi Makkah, tepatnya di sebelah barat A...

 

 

Form of surveillance An electronic ankle tag Electronic tagging is a form of surveillance that uses an electronic device affixed to a person. In some jurisdictions, an electronic tag fitted above the ankle is used for people as part of their bail or probation conditions. It is also used in healthcare settings and in immigration contexts. Electronic tagging can be used in combination with the global positioning system (GPS), but for short-range monitoring of a person that wears an electronic t...

British-bred Thoroughbred racehorse Black JesterSirePolymelusGrandsireCylleneDamAbsurdityDamsireMeltonSexStallionFoaled1911CountryUnited KingdomColourBrownBreederJack Barnato JoelOwnerJack Barnato JoelTrainerCharles MortonRecord23: 9–6–1Earnings£15,000[1]Major winsMolecomb Stakes (1913)Richmond Stakes (1913)Sussex Stakes (1914)St Leger Stakes (1914)City and Suburban Handicap (1915)June Stakes (1915) Black Jester (1911–1928) was a British Thoroughbred racehorse and s...

 

 

2006 resolution on resolving the 2006 Lebanon War United Nations resolution adopted in 2006 UN Security CouncilResolution 1701UNIFIL forcesDate11 August 2006Meeting no.5,511CodeS/RES/1701 (Document)SubjectThe situation in the Middle EastVoting summary15 voted forNone voted againstNone abstainedResultAdoptedSecurity Council compositionPermanent members China France Russia United Kingdom United StatesNon-permanent members Argentina Rep. of the Congo ...

 

 

Morrocan footballer (born 1993) Hakim Ziyech Ziyech with Chelsea in 2021Personal informationFull name Hakim Ziyech[1]Date of birth (1993-03-19) 19 March 1993 (age 31)[2]Place of birth Dronten, NetherlandsHeight 1.80 m (5 ft 11 in)[2]Position(s) Right winger, attacking midfielderTeam informationCurrent team Galatasaray(on loan from Chelsea)Number 22Youth career2001–2004 Reaal Dronten2004–2007 ASV Dronten2007–2012 HeerenveenSenior career*Years T...

Pour les articles homonymes, voir Osaka (homonymie). Ōsaka-shi 大阪市 Le château d'Osaka et le quartier d'affaires. Drapeau Administration Pays Japon Région Kansai Préfecture Osaka Maire Hideyuki Yokoyama Code postal 〒530-8201 Démographie Population 2 773 544 hab. (mars 2024) Densité 12 315 hab./km2 Géographie Coordonnées 34° 41′ 37″ nord, 135° 30′ 07″ est Superficie 22 521 ha = 225,21 km2 ...

 

 

Halaman ini berisi artikel tentang revolusi di Negara Baltik di akhir 1980an. Untuk film tahun 2006 tentang revolusi di Estonia Estonia, lihat The Singing Revolution. Revolusi Bernyanyi adalah nama yang sering kali digunakan pada tahun 1987 hingga 1991 yang mengakibatkan kembalinya kemerdekaan Estonia, Latvia, dan Lituania.[1][2] Frasa tersebut diperkenalkan oleh artis dan aktivis Estonia, Heinz Valk, pada sebuah artikel yang dipublikasikan pada tanggal 10-11 Juni 1988, dengan...

 

 

Sejarah Kota Bandung secara resmi dimulai pada masa pemerintahan Kolonial portugis, pada abad ke-7. Kota Bandung didirikan oleh dan atas kehendak (kebijakan) Bupati Bandung ke-9 R.A. Wiranatakusumah (1794-1829).[1] Akan tetapi proses pendiriannya dipercepat oleh perintah Gubernur Jenderal Hindia Belanda ke-36, Herman Willem Daendels (1808-1811) dengan surat keputusan (besluit) pada tanggal 25 September 1810, sehingga tanggal 25 September dianggap sebagai hari jadi Kota Bandung.[1&...

这是马来族人名,“莫哈末·雅辛”是父名,不是姓氏,提及此人时应以其自身的名“慕尤丁”为主。 尊敬的丹斯里拿督哈芝慕尤丁·莫哈末雅辛馬來語:Muhyiddin Mohd YassinMahiaddin bin Md Yasin(注册名)国会议员PSM; SPMJ; SHMS; SPSA; SPMP; SUNS; SPDK; DP; PNBS; SMJ; BSI (I); PIS (I)2021年的慕尤丁 第8任马来西亚首相任期2020年3月1日—2021年8月20日君主國家元首蘇丹阿都拉副职依斯迈沙比里前任马...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Comté de Knox. Cet article est une ébauche concernant le Kentucky. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Comté de KnoxKnox County Palais de justice du comté de Knox à Barbourville Administration Pays États-Unis État Kentucky Chef-lieu Barbourville Fondation 1800 Démographie Population 31 883 hab. (2010) Densité 32 hab./km2 Géographie Coordonné...

 

 

Questa voce o sezione sull'argomento aziende di telecomunicazioni non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. AT&T Inc.Logo Il quartier generale di AT&T a Dallas, Texas Stato Stati Uniti Forma societariaPublic company Borse valoriNYSE: T ISINUS00206R1023 Fondazione1893 Fondata daAlexander Graham Bell Sede principaleDallas ControllateDire...

国民阵线Barisan NasionalNational Frontباريسن ناسيونلபாரிசான் நேசனல்国民阵线标志简称国阵,BN主席阿末扎希总秘书赞比里署理主席莫哈末哈山总财政希山慕丁副主席魏家祥维纳斯瓦兰佐瑟古律创始人阿都拉萨成立1973年1月1日 (1973-01-01)[1]设立1974年7月1日 (1974-07-01)前身 联盟总部 马来西亚  吉隆坡 50480 秋傑区敦依斯迈路太子世贸中心(英�...

 

 

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

 

 

صوت الموسيقىThe Sound of Music (بالإنجليزية) ملصق الفيلممعلومات عامةالصنف الفني موسيقي دراماالمواضيع أنشلوس — الألب — موسيقى تاريخ الصدور 2 مارس 1965مدة العرض 174 دقيقةاللغة الأصلية الإنجليزيةمأخوذ عن The Story of the Trapp Family Singers (en) — صوت الموسيقى البلد الولايات المتحدةموقع التصوير النم�...

Prefecture and commune in Occitanie, France Prefecture and commune in Occitania, FranceRodezPrefecture and communeA general view of Rodez Coat of armsLocation of Rodez RodezShow map of FranceRodezShow map of OccitanieCoordinates: 44°21′02″N 2°34′30″E / 44.3506°N 2.5750°E / 44.3506; 2.5750CountryFranceRegionOccitaniaDepartmentAveyronArrondissementRodezCantonRodez-1, Rodez-2 and Rodez-OnetIntercommunalityRodez AgglomérationGovernment • Mayor (202...

 

 

Converting information into digital form Digitizer redirects here. For other uses, see Digitizer (disambiguation). For transforming business and education, see Digital transformation. For the shift from mechanical and analog electronic technology to digital electronics technology, see Digital Revolution. Internet Archive book scanner Digitization[1] is the process of converting information into a digital (i.e. computer-readable) format.[2] The result is the representation of a...

 

 

  关于同名的运载火箭,请见「联合系列运载火箭」。 联盟号联盟号(TMA)宇宙飞船製造科罗廖夫能源火箭航天集团國家苏联,俄罗斯營運苏联太空计划(1967–1991)俄罗斯国家航天集团(1992-现在)應用载人航天(原为苏联登月计划(英语:Soviet crewed lunar programs)而设计,后参与了礼炮计划和和平号空间站计划) 技术指标设计寿命当停泊国际空间站时六个月軌道近...

American judge (1920–2017) Edward J. McManusMcManus's court portraitSenior Judge of the United States District Court for the Northern District of IowaIn officeFebruary 9, 1985 – March 20, 2017Chief Judge of the United States District Court for the Northern District of IowaIn office1962–1985Preceded byHenry Norman GravenSucceeded byDonald E. O'BrienJudge of the United States District Court for the Northern District of IowaIn officeJuly 16, 1962 – February 9, 1985Appoi...

 

 

Strada statale 147di AssisiLocalizzazioneStato Italia Regioni Umbria DatiClassificazioneStrada statale InizioSS 75 presso Collestrada FineSS 75 presso Passaggio di Assisi Lunghezza17,314[1] km Provvedimento di istituzioneD.P.R. 5 agosto 1951, n. 1094[2] GestoreTratte ANAS: nessuna (dal 2001 la gestione è passata alla Regione Umbria, che ha poi ulteriormente devoluto le competenze alla Provincia di Perugia) Manuale La ex strada statale 147 di Assisi (SS 147), ora str...