Droese

Droese

Droese in die Jordaanse dorpie Umm el-Quttein aan die grens met Sirië.
Totale bevolking: ca. 800 000[1][2][3]–2 miljoen[4]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Sirië Sirië 500 000[5]–800 000[6]

Vlag van Libanon Libanon 220 000[7]
Vlag van Israel Israel 140 000[8]
Vlag van Jordanië Jordanië 32 000[9]
Vlag van Venezuela Venezuela 125 000[10]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 43 000[11]
Vlag van Australië Australië 19 000[12]

Taal: Arabies (moedertaal)
Hebreeus (in Israel)[13]
Spaans (in Venezuela)
Engels (in die Verenigde State, Kanada en Australië)
Geloofsoortuiging: Droese
Verwante etniese groepe:
Die Droese se vlag
Die Droese se ster

Die Droese (Arabies: درزي derzī of durzī, meervoud: دروز durūz; Hebreeus: דרוזי‎ drūzī, meervoud: דרוזים druzim) is 'n etnies-godsdienstige groep wat in die tiende eeu in Egipte uit Sjiïtiese Islam weggebreek het en waarvan daar vandag tussen 800 000 en 2 miljoen volgelinge wêreldwyd is. Droese noem hulself muwahhidun, wat "monoteïste" beteken. Hoewel die Droese hulle beskou as die ware behouders van Islam, word hulle nie deur lede van die hoofstroom-Islamitiese groepe as Moslems erken nie.

Basiese leerstellings

Die Droese is 'n geheimsinnige godsdiensgroep wat geen nuwe lede uit ander godsdienste toelaat nie en ook nie toelaat dat hul lede na ander godsdienste oorloop nie. Die godsdienstige leer van die Droese word die hikma genoem, en die grootste deel daarvan is net aan 'n handjievol geestelike leiers van die groep bekend. Om hierdie redes is besonderhede oor die Droese se leer en praktyke skraps, en weerspreek die enkele beskikbare bronne mekaar dikwels oor belangrike punte.

Een "onbeskryfbare" God

Soos die Mosleme, Christene, Jode en Zoroastriste, glo Droese dat daar net Een Almagtige Skeppergod is wat alleen aanbid mag word. Hulle glo dat God, wat net een persoon is en nie 'n Drie-Eenheid soos wat Christene glo nie, ver verhewe is bo die mensdom en dat Hy daarom nie deur mense verstaan of beskryf kan word nie.

Inkarnasie van God

Waar Moslems glo dat God (Allah) Hom en Sy wil deur die eeue aan die mensdom geopenbaar het deur profete, wat gewone mense was, glo Droese dat God Hom as 'n mens geïnkarneer het in die persoon van el-Hakim, sesde kalief van die Fatimied-dinastie. Sommige bronne meen dat die Droese vir el-Hakim, wat bekend was as 'n wrede en genadelose kalief, as die eerste en enigste inkarnasie van God beskou. Ander meen dat hulle hom sien as die laaste en finale van verskeie goddelike inkarnasies, byna soos Moslems vir Mohammed as die laaste en finale profeet beskou. Hoe dit ook al sy, terwyl el-Hakim volgens geskiedkundige bronne in 1021 gesterf het, glo die Droese dat hy hom net van mense verberg en weer as God sal terugkeer om 'n "goue eeu" vir sy volgelinge in te lui. el-Hakim word daarom deur Droese as God aanbid, en sy wreedhede en eksentrisiteite as kalief (waarmee die Droese blykbaar goed bekend is), word deur hulle simbolies geïnterpreteer.

Sewe morele beginsels

Die "moets" en "moenies" van die Droese kan opgesom word in sewe belangrike beginsels waaraan elke Droes hom of haar onderwerp en so goed as moontlik probeer nakom. Dié beginsels is liefde vir die waarheid, hulp en beskerming aan mekaar, verwerping van alle ander godsdienste, vermyding van demone en mense wat sondig, geloof in die goddelike inkarnasie van el-Hakim, aanvaarding van God se wil en werke en onderwerping aan God se wil. Die gebruik van alkohol en tabak is ook streng verbode vir Droese.

Reïnkarnasie

Jethro heiligdom en tempel van die Droese in Hittin, Noord-Israel
Droese-hoogwaardigheidsbekleders vier die Nabi Sjoe'ajb-fees by die graf van die profeet in Hittin, Israel
Droese-krygers wat voorberei om in 1925 teen Sultan Pasja al-Atrasj te veg
Droese vier hul onafhanklikheid in 1925
Israeliese Droese-padvinder op pad na die graf van Jetro. Vandag behoort duisende Israeliese Droese aan sulke 'Droese-Sionistiese' bewegings[14]

Anders as die meeste ander monoteïstiese godsdienste, glo Droese soos Hindoes en Boeddhiste in die stelsel van reïnkarnasie. Volgens die Droese se siening hieroor word 'n mens se siel onmiddellik ná jou dood weer in 'n volgende liggaam gebore. Hierdie nuwe geboorte vind altyd weer in die vorm van 'n mens plaas, en 'n mens kan dus nie as 'n dier of selfs 'n insek gebore word soos sommige ander voorstanders van reïnkarnasie glo nie. Droese glo wel dat goeie mense in hul volgende lewe onder beter omstandighede gebore word as slegte mense.

Hemel en hel

Die Droese glo dat die hemel 'n geestelike toestand is waar die mens ophou om as mens gebore te word en 'n soort eenheid met God bereik. Sommige bronne meen dat die Droese nie glo in hierdie uiteindelike eenwording met God nie, maar dat die eindbestemming van die siel bloot 'n toestand is waar hy of sy heeltemal ophou bestaan. Die hel het volgens die Droese ook 'n geestelike betekenis, en verwys na die onvervulde begeerte van die mens (veral slegte mense wat voortdurend weer gereïnkarneer word) om op te hou om as mens te bestaan en met God verenig te word. Dit is dus die toestand "om weg te wees van God".

Profete

Die Droese glo dat God wel van profete gebruik gemaak het om Sy wil aan die mensdom bekend te maak voordat Hy self as el-Hakim na die aarde gekom het. Hulle erken sewe belangrike profete, waaronder Adam, Abraham en Jesus Christus. Elk van die belangrike profete het sewe minder belangrike profete onder hulle gehad en dié het elk twaalf dissipels onder hulle gehad, waaronder Plato en ander individue uit die Griekse geskiedenis. Die profete was spesiale mense wat nie sonde gedoen het of foute gemaak het nie. Hulle word nie deur die Droese aanbid nie, maar hul name kan wel uitgeroep word wanneer 'n Droes hom of haar in 'n moeilike situasie bevind.

Leiers en organisasie

Die Droese is baie lojaal teenoor mekaar en het 'n sterk gemeenskapsgevoel, selfs teenoor Droese wat in ander lande of gebiede woon. Die gemeenskap word regeer deur 'n uitgesoekte groep godsdienstige leiers bekend as die uqqal. Die uqqal word vir jare opgelei in die hikma (leer van die Droese) en is die enigstes in die gemeenskap wat werklik die besonderhede van hul godsdiens ken. Die uqqal beoefen as 't ware hul godsdiens namens die breë gemeenskap van Droese. Hulle voer 'n baie streng en nougesette asketiese leefwyse omdat hulle glo dat hul siele swaarder geoordeel word weens die feit dat hulle oor meer kennis van God se wil en wette beskik as die gewone Droese. Sowat een uit elke vyftig uqqal bereik 'n toestand van "volmaaktheid", waarna hulle tot ajawid ("edele") verklaar word. Die ajawids vorm saam die top-struktuur van die Droese se leierskap en is verantwoordelik vir die algemene bestuur en toesig van die gemeenskap.

Onkundiges

Die meeste Droese is net bekend met 'n baie klein deeltjie van hul godsdiens se leerstellinge en neem ook nie aan al die rituele en praktyke deel nie. Hulle word die juhhal ("onkundiges") genoem. Dit is nie verbode vir die juhhal om die heilige skrifte te lees of meer inligting te bekom nie, maar hulle verkies meestal om onkundig te bly weens die Droese se oortuiging dat 'n mens se siel geweeg word aan die mate waarin jy gehoorsaam is aan die goddelike waarhede wat jy ken. As iemand dus nie weet dat hy verkeerd doen nie, tel dit nie soveel teen hom as wanneer hy bewustelik sondig nie.

Inskakeling by ander groepe

'n Droese-vrou in die 1870's, Libanon
'n Droese-sjeik dra 'n godsdienstige rok

Om hulself te beskerm, is dit die aanvaarde beleid van Droese wat buite hul eie gemeenskappe woon om so ver moontlik in te skakel by die godsdienstige praktyke van die gemeenskappe waarin hulle hul bevind. Dit beteken dat 'n Droes wat tussen ortodokse Moslems woon, as 'n Moslem sal aanbid terwyl 'n Droes wat tussen Christene woon, as 'n Christen sal aanbid. 'n Lid van 'n ander godsdiens word egter nie toegelaat om hom tot die Droese te bekeer nie. Droese mag ook nie hul godsdiens verlaat nie en 'n Droes mag nie met iemand uit 'n ander godsdiensgroep trou nie. Sommige bronne meen dat die Droese tradisioneel poligamie (waar een man verskeie vroue mag hê) beoefen het, maar dit is nie seker of dit steeds toegelaat word nie.

Heilige skrifte

Die Droese verskil drasties van ander Islamitiese groepe sover dit hul siening van die Koran betref. Sommige bronne meen dat Droese die Koran heeltemal verwerp. Dit blyk egter dat hulle die Koran wel as 'n heilige skrif aanvaar, maar dat hulle die letterlike interpretasie daarvan verwerp. Hulle heg daarom meer waarde aan die innerlike, verborge betekenisse van die Koran wat net deur hul eie geleerdes (uqqal) verstaan kan word. Die Droese gebruik egter hoofsaaklik 'n versameling geskrifte bekend as die Kitab Al Hikma ("Die Boek van Wysheid") as heilige skrif en bron van hul godsdienstige leer.

Rituele en praktyke

Omdat dit meestal in afsondering geskied, is min bekend oor die rituele en praktyke van die Droese. Sommige waarnemers meen dat hulle die "Vyf pilare van Islam" (belydenis van geloof, gebed, bydrae tot liefdadigheid, vas en die pelgrimsreis na Mekka) heeltemal laat vaar het. Ander meen dat hulle net minder klem lê op sommige daarvan, soos die vas tydens Ramadan en die pelgrimstog. Droese aanbid nie in moskees of gesamentlik op Vrydae soos Moslems nie. Hulle kom op Donderdagaande in gewone geboutjies aan die buitekant van hul gemeenskappe of dorpies bymekaar om hul godsdienstige praktyke te beoefen. Die juhhal, of onkundiges, woon net die eerste deel van die byeenkoms by, waarna hulle die gebou verlaat en die uqqal voortgaan om namens die hele groep spesiale gebede en rituele uit te voer.

Geskiedenis

el-Hakim se aanspraak

Die ontstaan van die Droese kan teruggevoer word na die jaar 1016 toe el-Hakim, die sesde kalief van die Fatimied-dinastie, in Kaïro (Egipte) aan sy volgelinge verklaar het dat hy die menslike inkarnasie van God is. Die Fatimied-dinastie het in 909 tot stand gekom uit 'n groep Sjiïete wat daarop aanspraak gemaak het dat hul kaliefs (geestelike en politieke leiers) die direkte nasate was van Fatima, die dogter van die profeet Mohammed. Die kalifaat se hoofstad was eers in Tunisië, maar is in 969 na Kaïro verskuif, waar el-Hakim se aanspraak om die inkarnasie van God te wees, 'n groot opskudding onder die Moslems veroorsaak het.

Nuwe godsdiens gevestig

Terwyl ortodokse Soenni-Moslems sy aanspraak as godslasterlik beskou het, het baie van el-Hakim se volgelinge hom geglo. In 1017 het Hamzah ibn Ali ibn Ahmad, 'n Persiese mistikus wat uiteindelik daarvoor sou sorg dat 'n nuwe godsdiens uit el-Hakim se aanspraak tot stand sou kom, hom by die groep aangesluit. Hamzah het el-Hakim se "tweede-in-bevel" geword en hom daarvoor beywer dat el-Hakim se aanspraak wyer verkondig is en dat die groep se ledetal ook buite Kaïro toegeneem het. In samewerking met Mohammed d-Darazi, 'n priester wat intussen ook by hulle aangesluit het, het Hamzah die groep se basiese leerstellinge gedefinieer en só die grondslag gelê vir die godsdiens wat vandag algemeen as die Droese bekend staan. Mettertyd is Droese-gemeenskappe in verskeie gebiede in die Midde-Ooste en selfs Noord-Afrika gevestig. Die meeste van dié gemeenskappies was in afgeleë gebiede waar die Droese hul godsdiens sonder inmenging van buite kon beoefen terwyl hulle 'n eenvoudige landelike bestaan voer.

Na afvallige genoem

Dit is ironies dat daar kort ná die groep se ontstaan reeds na hulle verwys is as Droese en dat dié naam deur die eeue vasgesteek het. Mohammed d-Darazi, die priester na wie se naam "Droese" verwys, het wel in die begin 'n belangrike rol in die vestiging en uitbreiding van die godsdiens gespeel, maar is later deur die groep daarvan beskuldig dat hy el-Hakim se boodskap verdraai het en uit die groep verban. Droese verwys daarom na huleself as Muwahhidun (meervoud) of Muwahhid (enkelvoud), wat "monoteïsties" beteken.

Stryd om selfbeskikking

Die vlag van die Droese-staat

Omdat die groep byna fanaties lojaal is teenoor mekaar en amper alle buitestaanders as 'n bedreiging beskou, het hulle deur die eeue verskeie kere verwoed weerstand gebied teen invallers wat hul onafhanklikheid bedreig het. In die sestiende eeu het hulle byvoorbeeld daarin geslaag om hul selfbeskikking te handhaaf nadat die Ottomane groot dele van die Midde-Ooste ingeneem het. In die 1860's het gevegte oor grondgebied uitgebreek tussen die Droese van Libanon en die Maroniete, 'n groep Siriese Christene. Duisende Maroniete is in die gevegte doodgemaak, maar die Droese is uiteindelik onderwerp nadat Frankryk tot die stryd toegetree het om die Maroniete te help. Die Droese in Sirië was ook sporadies in konflik met die Turkse regeerders van die Ottomaanse Ryk. In Maart 1921 het Frankryk, wat Sirië as 'n mandaatgebied bestuur het, ingestem om selfbeskikking toe te staan aan die Droese van die Jabalu-d-Duruz-plato in Sirië. Volgens die Droese het Frankryk egter dié ooreenkoms verbreek en in 1925 het die leiers van die groep die sogenaamde "Droese-opstand" geloods om daarteen beswaar te maak. Die leiers is egter almal gevang en as politieke bannelinge uit die gebied gestuur.

Droese vandag

Die meeste Droese woon vandag steeds – soos hul voorouers – in klein gemeenskappies in veral die bergagtige dele van Libanon, Sirië, Turkye, die Golanhoogland en die noordelike deel van Israel. Daar is ook enkele klein Droese-groepies in Europa, Australië, Kanada en die Verenigde State.

Verwysings

  1. (en) Carl Skutsch (7 November 2013). Skutsch, Carl (red.). Encyclopedia of the World's Minorities. Routledge. p. 410. ISBN 978-1-135-19388-1.
  2. (en) Robert Brenton Betts (1 Januarie 1990). The Druze (illustrated, reprint, revised uitg.). Yale University Press. p. 55. ISBN 978-0-300-04810-0.
  3. (en) Donna Marsh (11 Mei 2015). Doing Business in the Middle East: A cultural and practical guide for all Business Professionals (revised uitg.). Hachette UK. ISBN 978-1-4721-3567-4.
  4. (en) Samy Swayd (10 Maart 2015). Historical Dictionary of the Druzes (2 uitg.). Rowman & Littlefield. p. 3. ISBN 978-1-4422-4617-1.
  5. (en) "Syria – International Religious Freedom Report 2006". U.S. Department of State. 2006. Besoek op 6 Junie 2016.
  6. (en) "The Economist". 390 (8618–24). 2014: 49. Besoek op 6 Junie 2016. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  7. (en) "Lebanon – International Religious Freedom Report 2008". U.S. Department of State. Besoek op 6 Junie 2016.
  8. "Palestinians say they number 12.1 million worldwide" (in Engels). Times of Israel. 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 6 Junie 2016.
  9. (en) International Religious Freedom Report, US State Department, 2005, http://www.state.gov/j/drl/rls/irf/2005/51602.htm, besoek op 6 Junie 2016 
  10. (ar) "Tariq Alaiseme [reportedly to be] vice-president of Venezuela". Aamama. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2019. Besoek op 6 Junie 2016.
  11. (en) Druze Traditions, Institute of Druze Studies, archived from the original on 6 Junie 2016, https://web.archive.org/web/20090114032929/http://www.druzestudies.org/Druzes.html 
  12. "Druze Population of Australia by Place of Usual Residence (2006)" (in Engels). Australian Bureau of Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 27 Julie 2010.
  13. (en) Berdichevsky, Norman. Nations, Language and Citizenship. McFarland. ISBN 0-7864-2700-0.
  14. Eli Ashkenazi (3 November 2005). "הרצל והתקווה בחגיגות 30 לתנועה הדרוזית הציונית". Haaretz (in Hebreeus). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 14 Oktober 2014.

Eksterne skakels

Read other articles:

Katedral AlèsKatedral Santo Yohanes PembaptisPrancis: Cathédrale Saint-Jean-Baptiste d'Alèscode: fr is deprecated Katedral AlèsLokasiAlèsNegara PrancisDenominasiGereja Katolik RomaArsitekturStatusKatedralStatus fungsionalAktifAdministrasiKeuskupanKeuskupan Nîmes Katedral Alès yang bernama resmi Katedral Santo Yohanes Pembaptis (Prancis: Cathédrale Saint-Jean-Baptiste d'Alèscode: fr is deprecated ) adalah sebuah gereja katedral Katolik yang terletak di kota Alès di departemen Ga...

 

Not to be confused with List of Mayors of Salt Lake County. This is a list of mayors of Salt Lake City, Utah, USA. Salt Lake City was incorporated on January 6, 1851. The mayor of Salt Lake City is a non-partisan position. No. Image Name Term began Term ended Party 1 Jedediah M. Grant 1851 1857 Independent 2 Abraham O. Smoot 1857 1866 Republican 3 Daniel H. Wells 1866 1876 People's Party of Utah 4 Feramorz Little 1876 1882 People's Party of Utah[1] 5 William Jennings 1882 1884 Indepe...

 

Bagian depan makam Shimon bar Yochai Shimon bar Yochai (Aram: רבי שמעון בר יוחאי, Rabbi Shimon bar Yoḥai), juga dikenal dengan akronim Rashbi,[1] adalah seorang pengahar tannaitik abad ke-2 di Yudea kuno, yang dikatakan aktif setelah penghancuran Bait Allah Kedua pada 70 M. Ia adalah salah satu murid paling menonjol dari Rabbi Akiva. Ia dianggap oleh banyak Yahudi Ortodoks sebagai pengarang Zohar, karya utama Kabbalah. Referensi ^ Rabbi Shimeon bar Yoḥai. Artikel in...

Religion in Tajikistan (2020)[1]   Islam (96.4%)  Christianity (1.8%)  Unaffiliated (1.5%)  Other Religions (0.3%) A mosque in Isfara Islam is the predominant religion in Tajikistan. Islam was brought to the region by the Arabs in the 7th century. Since that time, it has become an integral part of Tajik culture. Tajikistan is a secular country,[2] but the post-Soviet era has seen a marked increase in religious practice in the country.&#...

 

Type of storm occurring in southeastern Australia For other uses, see Nor'easter (disambiguation). The dark storm clouds associated with the Black nor'easter over Sydney CBD A black nor'easter is a persistent and potentially violent north-easterly storm that occurs on the east coast of Australia, particularly from southeastern Queensland to southern New South Wales, usually between late spring and early autumn, about two days a year (or more, depending on the intensity).[1] Developing...

 

Miss Earth 2019Parañaque, kota penyelenggaraan Miss Earth 2019?Tanggal26 Oktober 2019Tempat Okada Manila, Parañaque, Metro Manila, FilipinaPembawa acaraJames DeakinPengisi acaraShontellePenyiaranFox LifeABS-CBNGlobovisiónTelecaribeThe Filipino ChannelPeserta85Finalis/Semifinalis20DebutKepulauan Mariana UtaraPapua NuginiTidak tampilBahamasBelizeCuraçaoIrlandiaKubaMesirMoldovaRumaniaSamoaSiprusSri LankaSwediaTrinidad & TobagoYunaniTampil kembaliBotswanaFijiKanadaKaza...

Karl Joseph Simrock Karl Joseph Simrock (Bonn, 28 agosto 1802 – Bonn, 18 luglio 1876) è stato un poeta e scrittore tedesco. Indice 1 Biografia 2 Attività letteraria 2.1 Opere 3 Onorificenze 4 Bibliografia 5 Altri progetti 6 Collegamenti esterni Biografia Era nato a Bonn, dove suo padre era un editore musicale. Studiò diritto all'Università di Bonn e alla Humboldt-Universität di Berlino. Nel 1823 entrò nell'amministrazione civile prussiana, dalla quale fu però espulso nel 1830 per ave...

 

Сельское поселение России (МО 2-го уровня)Новотитаровское сельское поселение Флаг[d] Герб 45°14′09″ с. ш. 38°58′16″ в. д.HGЯO Страна  Россия Субъект РФ Краснодарский край Район Динской Включает 4 населённых пункта Адм. центр Новотитаровская Глава сельского пос�...

 

2009 United Football League seasonRegular seasonDurationOctober 8, 2009 – November 20, 20092009 UFL Championship GameDateNovember 27, 2009SiteSam Boyd Stadium, Whitney, NevadaChampionLas Vegas LocomotivesRunner-upFlorida Tuskers2010 → The 2009 United Football League season—referred to by the professional American football league as the UFL Premiere Season—was the inaugural season of the United Football League. The regular season featured 4 teams playing 6 games each (twice against eac...

Koninklijke Ahold Delhaize N.V.Kantor pusat Ahold Delhaize di Zaandam, BelandaJenisPerseroan terbatasKode emitenEuronext: ADIndustriRitelPendahuluAholdDelhaize GroupDidirikan24 Juli 2016; 7 tahun lalu (2016-07-24)KantorpusatZaandam, BelandaTokohkunciFrans Muller (Presiden dan CEO)Kevin Holt (CEO Ahold Delhaize USA)Wouter Kolk (CEO di Belanda dan Belgia)Jeff Carr (CFO)Pendapatan €62,3 milyarSitus webwww.aholddelhaize.com  Koninklijke Ahold Delhaize N.V., lebih dikenal sebagai ...

 

Railway station in Yatsushiro, Kumamoto Prefecture, Japan This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Shin-Yatsushiro Station – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2015) Shin-Yatsushiro Station新八代駅Entrance of Shin-Yatsushiro StationGeneral informationLocation4774-2 Kamihi...

 

جزء من سلسلة مقالات حولديانة قدماء المصريين مفاهيم الحياة الآخرة دوات ماعت الأساطير الأرقام الفلسفة الروح طقوس الجنائزية القرابين المعابد الأهرامات الآلهةثامون هيرموبوليس (أجدود) آمون أمونيت حح ححيت ككوي ككويت نوو نوونيت تاسوع هليوبوليس أتوم جب إيزيس نيفتيس نوت أوزيريس...

Lok Sabha Constituency in West Bengal For other uses, see Basirhat (disambiguation). Basirhat WB-18Lok Sabha constituencyInteractive Map Outlining Basirhat Lok Sabha ConstituencyConstituency detailsCountryIndiaRegionEast IndiaStateWest BengalAssembly constituenciesBaduriaHaroaMinakhanSandeshkhaliBasirhat DakshinBasirhat UttarHingalganjEstablished1951-presentTotal electors14,90,596[1]ReservationNoneMember of Parliament17th Lok SabhaIncumbent Nusrat Jahan PartyAll India Trinamool Congre...

 

Хмарний пейзаж Якова Ісаакшуна ван Руйсдаеля . У мистецтві хмарний пейзаж — зображення виду хмар або неба. Зазвичай, як і в прикладах, розглянутих тут, хмари зображуються у вигляді Землі, часто включаючи просто достатньо ландшафту, щоб запропонувати масштаб, орієнтацію, �...

 

Type of road junction A diagram of a Texas U-turn, also known as a Texas turnaround (this one with the local road over the limited-access highway) A Texas U-turn, or Texas turnaround, boomerang, or loop around,[citation needed] is a lane allowing cars traveling on one side of a one-way frontage road to U-turn onto the opposite frontage road (typically crossing over or under a freeway or expressway). Typically controlled by yield signs, these allow U-turning traffic to bypass two traff...

Sexual pleasure device Collection of sex toys, Germany, 2005 Vending machine selling a range of sex toys, England, 2005 A sex toy is an object or device that is primarily used to facilitate sexual pleasure, such as a dildo, artificial vagina or vibrator.[1] Many popular sex toys are designed to resemble human genitals, and may be vibrating or non-vibrating. The term sex toy can also include BDSM apparatus and sex furniture such as sex swings; however, it is not applied to items such a...

 

American naval vessel class This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Andromeda-class attack cargo ship – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2018) (Learn how and when to remove this message) USS Rolette – a typical Andromeda-class AKA Class overview Builders Federal Shipbuilding ...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Vincenzo Monti – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2009) (Learn how and when to remove this message) Vincenzo Monti by Andrea Appiani, 1809 Vincenzo Monti (19 February 1754 – 13 October 1828) was an Italian poet, playwright, translator, an...

然迪拉Jandira市镇然迪拉在巴西的位置坐标:23°31′40″S 46°54′10″W / 23.527777777778°S 46.902777777778°W / -23.527777777778; -46.902777777778国家巴西州圣保罗州面积 • 总计17.523 平方公里(6.766 平方英里)海拔720 公尺(2,360 英尺)人口(2006) • 總計113,323人 • 密度6,467人/平方公里(16,750人/平方英里) 然迪拉(葡萄牙语:Jandira)�...

 

The Dakota The Dakota Building am 12. Juli 2019 Standort auf interaktiver Karte Basisdaten Ort: New York City, Vereinigte Staaten Vereinigte Staaten Eröffnung: 1884 Sanierung: 2015 Status: Erbaut Baustil: Viktorianische Architektur, Neorenaissance Architekt: George Henry Griebel Nutzung/Rechtliches Nutzung: Wohngebäude Wohnungen: 103 Bauherr: Edward Clark Technische Daten Etagen: 10 Anschrift Anschrift: 1 West 72nd Street Postleitzahl: NY 10023 Stadt: New York City Land: Vereinigte St...