26 Oktober is die 299ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (300ste in skrikkeljare). Daar volg nog 66 dae in die res van die jaar.
Gebeure
362 – Die tempel van Apollo in Daphne brand neer. Die Romeinse keiser Julian beskuldig die Christene van brandstigting en laat `n groot aantal kerke sluit.
1377 – Tvrtko I kroon homself tot eerste "koning van die Serwiërs, Bosnië, die Kusland en die westelike Lande".
1474 – ’n Verdrag tussen Koning Lodewyk XI van Frankryk en die Switserse Bondgenootskap word gesluit, wat verseker dat die state mekaar sal ondersteun sou ’n oorlog met Boergondië uitbreek.
1979 – PresidentPark Chung-hee van Suid-Korea sterf in ’n sluipmoordaanval wat deur die direkteur van die Koreaanse Sentrale Intelligensie Agentskap en jarelange vriend Kim Jaekyu uitgevoer is.
2001 – Die Amerikaanse PresidentGeorge W. Bush onderteken die USA PATRIOT-wet, die akroniem staan vir Uniting and Strengthening America by Providing Appropriate Tools Required to Intercept and Obstruct Terrorism.