Pous Celestinus I
Celestinus I was die 43ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografieVan Pous Celestinus I word beweer dat hy familie was van keiser Valentinianus III. Sy vader se naam was Priscus. Daar is aanwysings dat hy 'n tydjie in Milaan gewoon het by Sint Ambrosius. Op 10 September 422 volg hy Pous Bonifatius I op en regeer tot sy dood op 6 April 432. Hy word opgevolg deur Pous Sixtus III. Die naam ‘Celestinus’ (Latyn: Coelestinus of Caelestinus) beteken ‘die verhewene’. PontifikaatPous Celestinus het die konsilie van Efese in 431, waar die Nestorianisme veroordeel is, byeengeroep. Hy verwerp ook die Pelagianisme, die Novatianisme en die Donatisme. Biskop (later Teenpous) Novatianus word deur hom geëkskommunikeer. Op 15 Maart 431 stuur Celestinus vier briewe aan die biskoppe van Illiricum, Narbonne, Afrika en Thessaloniki. Celestinus was baie aktief in die sending. Hy stuur Patricius (Sint Patrick) na Ierland, waar Paladius reeds aktief was. VereringCelestinus is begrawe op die kerkhof van die heilige Priscilla. Sy relike is later verplaas na die basiliek van Santa Prassede. Hy word heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 6 April. In die Oosters-Ortodokse Kerk is sy feesdag op 8 April. In die kuns word hy met 'n duif, 'n draak of vuur afgebeeld. Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
Information related to Pous Celestinus I |