Pous Stefanus VI (VII) is gebore in Rome die seun van Johannes. Hy is deur Pous Formosus aangestel as biskop van Anagni. Op 22 Mei896 volg hy Pous Bonifatius VI op as kandidaat van die hertog van Spoleto en regeer tot sy dood in Augustus 897. Hy word opgevolg deur Pous Romanus.
Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pontifikaat
Pous Stefanus VI (VII) is gehaat deur die Romeinse volk. Hy het die lyk van een van sy indirekte voorgangers, Pous Formosus laat opgrawe en tydens die "kadawersinode" (Latyn: Synodus Horrenda) in Januarie 897 plegtig laat veroordeel. Pous Formosus se lyk is vermink en in die Tiber-rivier gegooi.
Die Romeinse volk het die pous gearresteer, in die tronk gegooi en verwurg. In Augustus van 897 word hy opgevolg deur Pous Romanus wat in November van dieselfde jaar vergiftig word.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: