Pous Valentinus is gebore in Rome, waarskynlik in die Via Lata distrik, die seun van Leonzio. Waarskynlik op 1 September827 volg hy Pous Eugenius II op en regeer tot sy dood op 16 September827. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius IV.
Die naam ‘Valentinus’ beteken 'die moedige'.
Pontifikaat
Pous Valentinus is as deken gewy deur Pous Paschalis I.
In sy kort pontifikaat het die pous niks besonders verrig nie.
Vanaf sy tyd is die inskrywings in die "Liber Pontificalis" gemaak net na die dood van elke pous. Hoewel dit steeds die vooroordeel van die skrywers reflekteer, is dit baie meer akkuraat as vorige inskrywings.
Bibliografie
Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0-500-01798-0.
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: