Pous Johannes XII is gebore as Octavianus van Spoleto in ongeveer 937 die seun van Alberic II, prins van Rome en Alda van Vienne. Op 16 Desember955 volg hy Pous Agapetus II op en regeer tot hy afgeset word op 4 Desember963. Hy word opgevolg deur Pous Leo VIII.
Die naam ‘Johannes' beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat
Pous Johannes XII was 'n skande, sowel sy verkiesing as sy gedrag na sy verkiesing. Hy het hom oorgegee aan wellus, sodanig dat die Lateraanse paleis as 'n bordeel beskryf is. Hy het die beskerming van koning Otto I van Duitsland nodig gehad om homself te handhaaf en as dank het hy Otto as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon op 2 Februarie962. Otto het ook die Pouslike Staat aansienlik vergroot en versterk (deur die Diploma Ottonianum). Otto het Alberic II aangeval en Pous Johannes het agter sy rug gekonkel met die keiser in Konstantinopel. Keiser Otto was woedend en het Johannes laat afset en vervang met Pous Leo VIII op 4 Desember963. Nadat Otto Rome verlaat het, het Johannes egter teruggekom en Leo laat afset op 26 Februarie964 en vervang met Pous Benedictus V. Johannes sterf op 14 Mei964 aan verwondinge wat hom toegedien is deur 'n man van een van sy minnaresse.[1] Ander bronne onder andere Liutprand van Cremona beweer hy is dood as gevolg van 'n beroerte wat hy gekry het terwyl hy met een van sy minnaresse in die bed was.[2]
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.