2 Februarie
2 Februarie is die 33ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 332 dae in die res van die jaar (333 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1455 – Hans, koning van Denemarke († 1513).
- 1517 – Gotthard von Kettler, laaste Landmeester van die Duitse orde in Lyfland en vanaf 1561 die eerste hertog van Koerland en Semgale († 1587).
- 1649 – Pietro Francesco Orsini (later Pous Benedictus XIII), 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1730).
- 1805 – Frans Rens, Vlaamse skrywer († 1874).
- 1818 – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer († 1901).
- 1857 – Johann Rissik, landmeter en die eerste Administrateur van Transvaal († 1925).
- 1882 – James Joyce, Ierse skrywer en digter († 1941).
- 1882 – Friedrich Dollmann, Duitse generaal († 1944).
- 1905 – Ayn Rand, Russies-Amerikaanse skryfster en filosoof († 1982).
- 1924 – Tine Balder, Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika († 2021).
- 1941 – Gerald Morkel, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad († 2018).
- 1942 – Bo Hopkins, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2022).
- 1944 – Andrew Davis, Engelse dirigent († 2024).
- 1947 – Farrah Fawcett, Amerikaanse aktrise († 2009).
- 1950 – Barbara Sukowa, Duitse aktrise.
- 1955 – Kim Zimmer, Amerikaanse aktrise.
- 1970 – Busisiwe Mkhwebane, voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 1977 – Shakira, Colombiaanse sangeres en aktrise.
- 1981 – Marlene van Staden, Suid-Afrikaanse politikus en die eerste burgemeester van die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit († 2023).
- 2001 – Connor Gibbs, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 1594 – Giovanni Pierluigi da Palestrina, komponis (* c. 1525).
- 1769 – Pous Clemens XIII, die 248ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1693).
- 1812 – Isaac Titsingh, Nederlandse snydokter en handelsreisiger (* 1745).
- 1875 – Carl Jakob Sundevall, 'n Sweedse dierkundige (* 1801).
- 1907 – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus (* 1834).
- 1970 – Bertrand Russell, Britse wiskundige en filosoof (* 1872).
- 1974 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof (* 1922).
- 1979 – Sid Vicious, Britse musikant (* 1957).
- 1982 – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk (* 1905).
- 1987 – Alistair Stuart MacLean, Skotse skrywer van populêre rillers en avontuurverhale (* 1922).
- 1994 – Marija Gimbutas, Litaus-Amerikaanse argeoloog (* 1921).
- 2020 – Kolonel 'Mad Mike' Hoare, geslepe huursoldaatleier (* 1919).
- 2024 – Don Murray, Amerikaanse akteur (* 1929).
Gepubliseer
Teologie
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 February. |
|
|