24 Februarie
24 Februarie is die 55ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 310 dae in die res van die jaar (311 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1103 – Toba, 74ste Tennō van Japan.
- 1304 – Ibn Battuta, Arabiese ontdekkingsreisiger.
- 1500 – Karel V, Keiser van die Heilige Romeinse ryk.
- 1536 – Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII), die 231ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1605).
- 1547 – Juan de Austria, bevelvoerder van die Spaanse vloot, en die Goewerneur van die Habsburgse Nederland, die seun van Karel V.
- 1557 – Matthias, die Heilige Romeinse keiser, aartshertog van Oostenryk.
- 1704 – Johann Hieronymus Kniphof, Duitse geneesheer en plantkundige († 1763).
- 1815 – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie († 1898).
- 1879 – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer.
- 1885 – Chester W. Nimitz, vlootadmiraal in die Amerikaanse Vloot († 1966).
- 1890 – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise († 1975).
- 1919 – S.J.A. de Villiers, skrywer van die bekendste kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet († 2010).
- 1948 – Dennis Waterman, Engelse akteur († 2022).
- 1955 – Steve Jobs, Amerikaanse sakeman en medestigter van Apple Inc. († 2011).
- 1971 – Pedro de la Rosa, Spaanse Formule Een-renjaer.
- 1976 – Yuval Noah Harari Israeli geskiedkundige en skrywer.
- 1980 – Janko de Beer Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, advokaat en natuurbewaarder.
- 1981 – Jean de Villiers, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 1994 – Kang Seul-gi, Koreaanse popsangeres.
Sterftes
- 1815 – Robert Fulton, Amerikaanse skilder, ingenieur en uitvinder (* 1765).
- 1944 – Paul Charles Édouard Bertrand, Franse paleobotanis (* 1879).
- 1953 – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1875).
- 1990 – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 1994 – Dinah Shore, Amerikaanse sangeres (* 1916).
- 2001 – Claude Shannon, Amerikaanse wiskundige en kriptograaf (* 1916).
- 2016 – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en uitgewer (* 1931).
- 2018 – Sridevi, Indiese aktrise (* 1963).
- 2020 – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganika-kenner by NASA (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 24 February. |
|
|