10 Februarie
10 Februarie is die 41de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 324 dae in die res van die jaar (325 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1853 – Leander Starr Jameson, gewilde Suid-Afrikaanse en Rhodesiese staatsman († 1917).
- 1872 – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording († 1940).
- 1881 – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet († 1960).
- 1883 – Edith Clarke, eerste vroulike elektriese ingenieur († 1959).
- 1898 – Bertolt Brecht, Duitser digter, dramaturg en regisseur († 1956).
- 1926 – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier († 2016).
- 1926 – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent († 1989).
- 1945 – Rosa Keet, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg.
- 1958 – Susan Smith, Afrikaanse digteres en akademikus.
- 1965 – Dana Winner, Belgiese sangeres.
- 1969 – Jan Kees de Jager, Nederlandse politikus.
- 1969 – James Small, Springbokrugbyspeler († 2019).
- 1994 – Justin Basson, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1997 – Chloë Grace Moretz, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1669 – Johann Heinrich Waser, Switserse burgemeester van Zurich (* 1600).
- 1722 – Bartholomew Roberts, Walliese seerower wat rooftogte uitgevoer het op skepe aan die kus van die Amerikas en Wes-Afrika (* 1682)
- 1755 – Charles Montesquieu, Franse skrywer en filosoof (* 1689).
- 1782 – Friedrich Christoph Oetinger, Duitse protestantse teoloog en leidende Piëtis (* 1702).
- 1829 – Pous Leo XII, die 252ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1760).
- 1837 – Aleksander Poesjkin, Russiese romantieke skrywer wat beskou word as die grootste Russiese digter en die vader van moderne Russies (* 1799).
- 1852 – Samuel Prout, Engelse waterverfskilder (* 1783).
- 1912 – Joseph Lister, Engelse chirurg (* 1827).
- 1920 – Erwin Gross, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1870).
- 1923 – Wilhelm Conrad Röntgen, fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901, (* 1845).
- 1932 – Edgar Wallace, Engelse skrywer (* 1875).
- 1939 – Pous Pius XI, die 259ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1857).
- 1999 – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 2005 – Arthur Miller, Amerikaanse skrywer (* 1915).
- 2014 – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise (* 1928).
- 2023 – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer (* 1988).
- 2024 – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1949).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
|
|