Edith Clarke (10 Februarie 1883 – 29 Oktober 1959) was die eerste vroulike elektriese ingenieur en die eerste vroulike professor van elektriese ingenieurswese aan die Universiteit van Texas in Austin.[1] Sy het gespesialiseer in elektriese kragstelsel analise [2] en het Circuit Analysis of A-C Power Systems geskryf.[3]
Vroeë lewe en opvoeding
Edith Clarke is gebore 10 Februarie 1883, in Howard County, Maryland vir Johannes Ridgely Clarke en Susan Dorsey Owings as een van nege kinders.[4] Nadat sy wees gelaat is op die ouderdom van 12, was sy grootgemaak deur haar ouer suster. Sy het haar erfdeel gebruik om wiskunde en sterrekunde by Vassar Kollege te sudeer, waar sy in 1908 gradueer het.
Na die kollege, het Clarke wiskunde en fisika aangebied by 'n private skool in San Francisco en by Marshall Kollege. Sy het 'n tyd spandeer aan die bestudering van siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Wisconsin–Madison, maar het dit gelos om 'n "rekenaar" by AT&T te word in 1912. Sy het bereken vir George Campbell, wat wiskundige metodes toegpas het op die probleme van lang-afstand elektriese transmissie. Terwyl sy by AT&T was het sy elektriese ingenieurswese aan die Columbia Universiteit in die nag studeer.
In 1918 het Clarke ingeskryf by die Massachusetts Instituut van Tegnologie, en die volgende jaar het sy die eerste vrou geword om 'n M. S. in elektriese ingenieurswese van MIT te verwerf.[5]
Professionele loopbaan
Sy was nie in staat om werk te kry as 'n ingenieur nie en het vir General Electric gewerk as 'n promotor van rekenaars in die Turbine Ingenieurswese Departement. In haar vrye tyd, het sy die Clarke rekenaar ontwikkel, 'n eenvoudige grafiese toestel wat vergelykings in verband met elektriese stroom, spanning en weerstand in die elektriese transmissie lyne oplos. Die toestel kon lyn vergelykings met hiperboliese funksies tien keer vinniger as die vorige metodes oplos. Sy het aansoek gedoen vir 'n patent vir die rekenaar in 1921 en dit is toegestaan in 1925.[6]
In 1921, nog steeds nie in staat om 'n posisie as 'n ingenieur te kry nie, het sy General Electric verlaat om fisika te leer by die Constantinople Women's College in Turkye. Die volgende jaar, was sy weer aangestel deur GE as 'n elektriese ingenieur in die Sentrale Stasie Ingenieurswese Departement. Clarke het afgetree uit General Electric in 1945.
Haar agtergrond in wiskunde het haar gehelp om roem te bereik in haar veld. Op 8 Februarie 1926, as die eerste vrou om 'n referaat lewer aan die Amerikaanse Instituut van Elektriese Ingenieurs se jaarlikse vergadering, het sy die gebruik van hiperboliese funksies vir die berekening van die maksimum drywing wat 'n lyn kon dra sonder onstabiliteit gewys.[7] Twee van haar later artikels het toekennings van die AIEE ontvang: die Beste Plaaslike Artikel Prys in 1932 en die Beste Nasionale Artikel Prys in 1941.
In 1943 het Edith Clarke 'n invloedryke handboek in die veld van elektriese ingenieurswese geskryf, nl. Circuit Analysis of A-C Power Systems (Stroombaan-Analise van W-S Krag Stelsels), gebaseer op haar notas vir lesings aan GE-ingenieurs.
In 1947 het sy by die fakulteit van die Elektriese Ingenieurswese Departement by die Universiteit van Texas in Austin aangesluit. Dit het van haar die eerste vroulike professor van Elektriese Ingenieurswese in die land gemaak. Sy het vir tien jaar klasgegee en afgetree in 1957.
In 'n onderhoud met die Daily Texan op 14 Maart 1948, het Clarke waargeneem: "Daar is geen aanvraag vir vroue ingenieurs, as sodanig , soos daar is vir vroue dokters nie, maar daar is altyd 'n aanvraag vir iemand wat 'n goeie stuk werk kan doen."[8]
Eerbewyse
Edith Clarke was die eerste vroulike ingenieur om professionele stand te behaal in die Tau Beta Pi.
In 1948 was Clarke die eerste vroulike Genoot van die Amerikaanse Instituut van Elektriese Ingenieurs.
In 1954 het sy die Vereniging van Vroue Ingenieurs Prestasie-Toekenning ontvang.[9]
In 2015 is Clarke in postuum ingelyf in die Hall of Fame van nasionale uitvinders.[10]
Verwysings