1 Februarie
1 Februarie is die 32ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 333 dae in die res van die jaar (334 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1550 – John Napier, Skotse wiskundige († 1617).
- 1659 – Jacob Roggeveen, Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind († 1729).
- 1712 – Konrad Ernst Ackermann, Duitse bestuurder-akteur († 1771).
- 1761 – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse botanikus en mikoloog († 1836).
- 1811 – Philip Eduard Faure, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1882).
- 1873 – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus († 1942).
- 1884 – Jewgeni Zamjatin, Russiese skrywer († 1937).
- 1888 – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en natuurskilder († 1931).
- 1896 – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer († 1976).
- 1901 – Clark Gable, Amerikaanse akteur († 1960).
- 1931 – Boris Jeltsin, Russiese staatsman, president van die Russiese Federasie († 2007).
- 1952 – Jenő Jandó, Hongaarse pianis en professor († 2023).
- 1962 – Zanele kaMagwaza-Msibi, SA politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty († 2021).
- 1963 – Wayne Thring, politikus en adjunkpresident van die Afrika Christen Demokratiese Party.
- 1965 – Brandon Lee, Amerikaanse akteur († 1993).
- 1968 – Pauly Shore, Amerikaanse akteur.
- 1978 – Martijn van Dam, Nederlandse PvdA-politikus.
- 1981 – Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein.
- 1987 – Ronda Rousey, Amerikaanse professionele stoeier, aktrise en skryfster.
- 1990 – Moseline Daniels, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1994 – Harry Styles, Engelse sanger en akteur.
- 1995 – Paula Beer, Duitse aktrise.
Sterftes
- 1691 – Pous Alexander VIII, die 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1610).
- 1733 – Koning August II van Pole (* 1670).
- 1738 – Philippe van Dievoet, Belgiese goudsmid van koning Lodewyk XIV (* 1654).
- 1897 – Constantin von Ettingshausen, Oostenrykse geoloog en plantkundige (* 1826).
- 1944 – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder (* 1872).
- 1964 – Mabel Malherbe, 'n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) (* 1879).
- 1966 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis (* 1885).
- 1997 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger (* 1909).
- 2012 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1996 (* 1923).
- 2013 – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse sakeman, sportadministrateur (* 1932).
- 2013 – Carol Brewster, Amerikaanse aktrise (* 1927).
- 2014 – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur en regisseur (* 1930).
Gepubliseer
- 1884 – Die eerste bundel van die Oxford English Dictionary.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 February. |
|
|