Hierdie artikel beskryf kunsmatige satelliete. Vir natuurlike satelliete, meestal bekend as 'n voorwerp se maan, verwys na Natuurlike satelliet.
Die term satelliet (afgelei van Latynsatelles, "lyfwagter") verwys in die ruimtevaart na 'n mensgemaakte voorwerp wat vir wetenskaplike, kommersiële of militêre doeleindes in 'n elliptiese of ronde wentelbaan om 'n ander voorwerp soos byvoorbeeld die aarde of die maan geplaas word.
Gravitasie trek die satelliet nader aan die primêre voorwerp, maar die satelliet beweeg in 'n ander rigting sodat die satelliet heeltyd die primêre voorwerp vermy. Die woord word oor die algemeen gebruik om 'n kunsmatige satelliet te beskryf (in teenstelling met natuurlike satelliete). Alle voorwerpe wat deel vorm van die sonnestelsel, insluitend die aarde, is natuurlike satelliete van die son, of satelliete van daardie voorwerpe, soos byvoorbeeld die maan, en word in 'n aparte artikel behandel.
Die wêreld se eerste kunsmatige satelliet, Spoetnik 1 is in 1957 deur die Sowjetunie gelanseer. Sedertdien is duisende satelliete in wentelbane om die aarde geplaas. Sekere satelliete, soos groot ruimtestasies, is al gelanseer in dele en dan herbou in die ruimte. Kunsmatige satelliete is al ontwikkel deur meer as 40 lande en 10 lande is tans in staat om satelliete te lanseer. Omtrent 'n duisend van die satelliete wat tans om die aarde wentel, is steeds operasioneel terwyl duisende nie-operasionele satelliete en afgebreekte stukke om die aarde wentel as ruimterommel. Daar is al ook satelliete om ander hemelliggame geplaas, soos byvoorbeeld die Maan, Mercurius, Venus, Mars, Jupiter, Saturnus, Eros, Vesta, Ceres[1] en die Son.
Omtrent 6600 satelliete is al gelanseer. Daar is onlangs geskat dat omtrent 3600 steeds wentel[2] terwyl net 1000 van daardie satelliete steeds operasioneel is.[3][4]
Inleiding
Dieselfde wette wat vir die beweging van byvoorbeeld die maan om die aarde geld, geld ook vir die beweging van 'n satelliet. Wanneer 'n satelliet in 'n min of meer sirkelvormige baan om die aarde beweeg, is die middelpuntvliedende krag as gevolg van die beweging in ewewig met die aarde se swaartekrag. Satelliete word gewoonlik eers in 'n elliptiese baan geplaas en dan, indien nodig, in 'n sirkelvormige baan gebring.
Die punt in die baan wat die verste van die aarde af is, heet die apogeum en die naaste punt die perigeum. Die hoek wat die baanvlak met die ewenaarvlak maak, staan bekend as die inklinasie en dit bepaal oor watter geografiese breedtegraad die satelliet wentel. Namate die satelliet verder van die aarde af is, neem dit langer om ’n omwenteling te voltooi en op ’n hoogte van 36 000 km is die omlooptyd ongeveer 24 uur.
Aangesien die aarde binne 24 uur om sy eie as wentel, kan die satelliet nou relatief tot 'n bepaalde punt op aarde saam met hierdie punt sy wenteling uitvoer en dus stasionêr raak ten opsigte van die aardposisie (geostasionêre wentelbaan). 'n Satelliet wat ’n aantal omwentelings in 24 uur voltooi en op sekere tye presies weer op dieselfde plek is, volg ’n geosinchrone baan en staan bekend as 'n geostasionêre satelliet. 'n Satelliet se wentelbaan is nie presies ellips- of sirkelvormig nie aangesien die hemelliggaam (die aarde) waaromheen dit wentel, nie 'n reëlmatige vorm het nie.
Die wentelbaan word ook beïnvloed deur ander hemelliggame, die stralingsdruk van die son (sonwind) en die dampkring om die aarde. Die dampkring veroorsaak deur die wrywing wat dit bied, dat ’n satelliet geleidelik nader aan die aarde beweeg totdat dit uiteindelik daarop neerstort. Vanuit 'n hoogte van 100 km sal 'n satelliet byvoorbeeld na 10 uur neerstort, vanuit 300 km ongeveer na 15 dae, vanuit 450 km na 1 jaar en vanuit 650 km na 125 jaar.
By 'n snelheid van 11,2 km/s (40 320 km/ h) gaan 'n satelliet se elliptiese baan oor in 'n paraboliese baan en dit beland in 'n baan om die son. Teen 'n snelheid van 46 km/ s (165 600 km/h) sal 'n satelliet die sonnestelsel verlaat. Die tuig moet dan eerder 'n ruimtetuig as 'n satelliet genoem word.
Ontwikkeling
In 1948 het die VSA ’n satellietprogram aangekondig wat waarskynlik meer op militêre as wetenskaplike gebruik gerig was. In 1950 is daar besluit om 'n Internasionale Geofisiese Jaar (IGJ) vir die periode 1957–1959 in te stel. In 1955 het president Dwight Eisenhower aangekondig dat ’n vuurpyl, die Vanguard, gebruik sou word om 'n wetenskaplike satelliet te lanseer. Die Sowjetunie het die VSA egter voorgespring en op 4 Oktober1957 is die bolvormige Spoetnik 1 gelanseer.
Dit het 'n deursnee van 58 cm gehad en 83 kg geweeg. Na 92 dae het dit in die dampkring uitgebrand. Spoetnik 1 is opgevolg deur Spoetnik 2, met die hond Laika aan boord. Die satelliet het 508 kg geweeg. Die eerste Amerikaanse satelliet, Explorer 1, is in 1958 in 'n wentelbaan geplaas. Dit het slegs 14 kg geweeg, maar was toegerus met instrumente wat tot die ontdekking van die bekende Van Allen-gordel gelei het.
Die eerste bekende navorsing oor die moontlikheid van 'n kunsmatige satelliet is deur Isaac Newton voorgestel as 'n gedagte-eksperiment in sy A Treatise of the System of the World.
Die eerste bekende fiktiewe beskrywing van 'n satelliet was in die kortverhaal The Brick Moon, geskryf deur Edward Everett Hale. Hierdie storie is reeds in 1869 gepubliseer en die konsep van 'n satelliet is weer beskryf in Jules Verne se verhaal The Begum's Fortune(1879).
Die konsep van 'n satelliet is in 1903 amptelik ondersoek deur Konstantin Tsiolkofski in sy artikel Exploring Space Using Jet Propulsion Devices. Hierdie artikel het beskryf hoe 'n vuurpyl wat vloeibare waterstof en suurstof as brandstof gebruik, gebruik kan word om 'n minimale wentelspoed van 8 km/s te bereik.
In 1928 het Herman Potočnik die boek Die probleem van Ruimtevaart – Die Vuurpylmotor bekend gestel. Die boek het 'n plan beraam om ruimtevaart te vergemaklik en permanente hawens vir mense in die ruimte te bou. Die boek het die wentelbaan van 'n geostasionêre ruimtestasie bepaal sowel as die andere nodige besonderhede vir die stasie. Die boek het verder gegaan deur te beskryf hoe satelliete vir waarnemingsdoeleindes gebruik kan word en die spesiale toestande in die ruimte gebruik kan word vir 'n verskeidenheid wetenskaplike ondersoeke. Daar was ook kort beskrywings van kommunikasie, maar die boek het nie die moderne toepassings van satelliete vir massakommunikasie en uitsending voorspel nie.
Arthur C. Clarke het in 1945 in 'n artikel 'n wye beskrywing van die moontlike gebruike van kommunikasiesatelliete vir grootskaalse kommunikasie gegee. Clarke het uitgebrei oor lanseringsmetodiek, moontlike wentelbane en ander aspekte van die moontlikhede met 'n netwerk van satelliete. Een van sy groot argumente was oor die voordele van wêreldwye dekking, wat hy voorgestel het deur drie geostasionêre satelliete gelewer kan word.
Kunsmatige satelliete
Die eerste gelanseerde kunsmatige satelliet was Spoetnik 1, gelanseer deur die Sowjetunie op 4 Oktober 1957 as deel van die Sowjet Spoetnikprogram waarvan Sergei Korolef die hoofontwerper was. Daar is 'n krater op die duskant van die maan wat in sy eer vernoem is. Hierdie het die intensiteit van die ruimtewedloop tussen die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika verhoog en het 'n sogenaamde Spoetnikkrisis by die laasgenoemde veroorsaak. Hierdie was te danke aan die Amerikaanse bekendstelling dat hulle 'n satelliet in die lente van 1958 sal lanseer. Die Sowjetunie het twee dae na die bekendstelling aangekondig dat hulle 'n satelliet so vroeg soos die herfs van 1957 sal lanseer.
Spoetnik 1 het inligting oor die atmosferiese lae se digthede verkry deur sy eie wentelbaanveranderings te meet sowel as om data oor radioseindistribusie in die ionosfeer te verkry.
Spoetnik 2 is op 3 November 1957 gelanseer en het die eerste lewende wese in 'n wentelbaan geplaas, 'n hond genaamd Laika.
Die Amerikaners het daarna onder geweldige interne druk hul eie satelliet ontwikkel onder twee kompeterende ontwikkelingsprogramme. Alhoewel die eerste poging misluk het, het die Amerikaners wel op 31 Januarie1958 hul eerste satelliet Explorer 1 in 'n wentelbaan geplaas.
Slegs drie jaar en ses maande na die suksesvolle lansering van Spoetnik het die Amerikaners 115 kunsmatige satelliete aangeteken. Volgens gegewens van die Amerikaanse NASA was daar op 31 Mei1969 altesaam sowat 1 950 mensgemaakte voorwerpe in die ruimte, waarvan 1 889 op 'n ronde wentelbaan om die aarde, 17 in 'n ellips en 38 op 'n wentelbaan rondom die son. Van hierdie voorwerpe was 394 aardsatelliete en ruimtetuie, waarvan 289 deur die Verenigde State, 83 deur die Sowjetunie, vyf deur Frankryk, twee deur die Verenigde Koninkryk en drie deur die European Space Research Organisation gelanseer is.
In 2006 het die aantal bekende aktiewe satelliete meer as 800 beloop.[5] Daar is ook enkele duisend ander mensgemaakte voorwerpe soos uitgediende satelliete, dele van vuurpyle en ander ruimte-afval in 'n wentelbaan om die aarde – volgens ESA-gegewens het hul aantal in 1996 sowat 8 500 beloop.[6] Die United States Strategic Command se Joint Space Operations Center verwys na 18 500 mensgemaakte voorwerpe wat ons planeet in Februarie 2009 omsirkel het. Ongeag die groot aantal voorwerpe kom botsings nouliks voor. Die eerste bekende botsing van 'n aktiewe satelliet met 'n uitgediende voorwerp het vroeg in 2009 plaasgevind: 'n Russiese Cosmos-2251-satelliet, wat in 1993 gelanseer is en vanaf 1999 buite werking was, het met 'n kommunikasie-satelliet van die Amerikaanse maatskappy Iridium Satellite gebots. Die Amerikaanse satelliet is hiermee ernstig beskadig.
Die United States Space Surveillance Network (SSN) verkry data oor alle voorwerpe wat om die aarde wentel. Hierdie netwerk was reeds in 1957 ingestel met die lansering van Spoetnik en het sedertdien reeds meer as 26 000 voorwerpe gemonitor. Daar is tans meer as 8000 mensgemaakte voorwerpe wat steeds gemonitor word. Die ander voorwerpe sou die aarde se atmosfeer weereens binne gedring het en of uitgebrand het of die wrywing oorleef het en die aarde getref het.
Die SSN moniteer voorwerpe wat groter as 10 cm in deursnee is (dit is belangrik om te stel dat teen 8 km/s het selfs sulke klein voorwerp 'n geweldige hoeveelheid kinetiese energie en kan dus 'n bedreiging vir ander satelliete wees). Slegs omtrent 7% van die voorwerp is operasionele satelliete (rofweg 560 satelliete) terwyl die res ruimterommel is. Die SSN se hoofdoelwit is om die aktiwiteite van werkende satelliete te moniteer, maar hulle hou ook data oor ruimterommel wat andersins verkeerd geïdentifiseer kan word as missiele wanneer dit weer die atmosfeer binnedring.
Nie-militêre satellietdienste
Vaste satellietdienste
Vaste satellietdienste verskaf dataoordrag tussen verskeie lande en selfs kontinente. Dit kan data in die vorm van video, suiwer data of spraakdata insluit en word gedoen deur gebruik te maak van geosinkrone satelliete, soos byvoorbeeld DStv wat deur Intelsat 20 uitgesaai word.
Mobiele satellietdienste
Mobiele satellietstelsels laat kommunikasie toe tussen geïsoleerde landelike gebiede, skepe ter see, vliegtuie en die res van die wêreld. Hierdie satelliete sal nie geosinkroon wees nie weens die beperkte hoeveelheid plek in daardie wentelbaan en die gebrek aan aanvraag in die gebiede, maar sal wisselvallige dienste lewer. Partykeer kan effektief konstante dekking gelewer word deur van verskeie satelliete gebruik te maak. Die hoofdoel van hierdie dienste is om kommunikasie moontlik te maak en navigasiedata te verskaf.
Navorsingsatelliete
Navorsingsatelliete kan gebruik word om 'n wye verskeidenheid data te versamel. Hulle kan niekommersieel wees (gewoonlik deur Universiteite befonds) of kommersieel (meestal vir navigasie-inligting). Sulke satelliete, veral niekommersiële satelliete is gewoonlik heelwat kleiner met universiteite wat tans meestal net gebruik maak van CubeSat-tegnologie.
Satelliettipes
Astronomiese satelliete word gebruik vir die waarneming van planete en ander hemelliggame.
Biosatelliete is satellite wat ontwerp is om lewende organismes te kan dra (meestal bakterie). Hierdie word gedoen vir wetenskaplike navorsing.
Kommunikasiesatelliete word gebruik om kommunikasie toe te laat deur heruitsending of deur massaseine uit te saai. Meeste kommunikasiesatelliete gebruik geosinkrone of lae aardwentelbane.
Waarnemingsatelliete word gebruik vir niemilitêre waarneming, soos byvoorbeeld om die omgewing waar te neem en kaarte te maak.
Navigasiesatelliete is satelliete wat gebruikers op die grond toelaat om hul eie posisie te bepaal. Die gebrek aan obstruksies tussen die gebruiker en die satelliet, sowel as die verbetering van tegnologie het daartoe gelei dat die gebruiker sy posisie relatief akkuraat tot binne 'n paar meter kan bepaal.
Aanvalsatelliete is satelliete wat ontwerp is om ander satelliete, missiele en ruimte-eiendom te vernietig.
Ruimtestasies is groot kunsmatige strukture wat om die aarde wentel en ontwerp is sodat mense daarbinne kan bly. 'n Ruimtestasie word onderskei van 'n ruimtetuig deur dat dit geen grootskaalse aandrywingstelsel het nie.
Weersatelliete word gebruik om die aarde se weer- en klimaatpatrone waar te neem.
Wentelbane
Wentelbane kan op verskeie maniere geklassifiseer word en word gegroepeer soos nodig. Om die nut van verskillende wentelbane te verduidelik, moet 'n paar eienskappe van die wentelbane verduidelik word. Eerstens, die aarde is 'n satelliet van die son. Dis beteken dat teen alle tye is die aarde besig om te beweeg in 'n wentelbaan om die son. Tweedens, die aarde draai om sy eie as.
Dus as 'n satelliet om die aarde wentel in 'n rigting teenoor die draairigting sal dit vir 'n waarnemer op die grond lyk asof die satelliet teen 'n ver groter snelheid as wat hy wel beweeg weg van die waarnemer af beweeg. Vir 'n waarnemer om 'n satelliet te sien asof dit op 'n vaste posisie is, moet die satelliet se snelheid gelyk wees aan die aarde se draaisnelheid.
So 'n wentelbaan word 'n geosinkrone wentelbaan genoem en bestaan uit satelliete uit wat 35,786 km bo die aarde is. Enige ander wentelbaan het dan 'n beperkte kommunikasiegleuf met 'n waarnemer op die grond, wanneer sig moontlik is tussen die satelliet en die waarnemer.
Sentriese klassifiserings
'n Sentriese klassifisering beskryf 'n wentelbaan met betrekking tot die groter voorwerp waarom die satelliet wentel. Die algemeenste wentelbane deur mense gebruik is om die aarde, maar ander wentelbane is moontlik.
Geosentriese wentelbaan: 'n Wentelbaan om die aarde. Die maan en meeste kunsmatige satelliet val in hierdie kategorie.
Heliosentriese wentelbaan: 'n Wentelbaan om die son. Die aarde is 'n natuurlike satelliet van die son, en daar is kunsmatige son satelliet sowel as ruimterommel wat dit tans wentel.
Aerosentriese wentelbaan: 'n Wentelbaan om 'n ander hemelliggaam, soos byvoorbeeld Mars.
Hoogteklassifiserings
Die hoogte van die satelliet word gewoonlik gemeet as verskil tussen die afstand tussen die aarde se middelpunt en die satelliet en die afstand tussen die aardoppervlak en die satelliet. Omdat die atmosfeer se digtheid eksponensieel afneem, is daar geweldig minder wrywingskragte op hoër wentelbane as laeres. Dit het die gevolg dat groter satelliete gewoonlik hoër geplaas word as kleineres.
Lae Aarde Wentelbaan (LAW) – geosentriese wentelbane met 'n hoogte van laer as 350 km en tot omtrent 2000 km.
Medium Aarde Wentelbaan (MAW) – geosentriese wentelbaan tussen 2000 km en 35,786 km.
Geosinkrone Wentelbaan (GEO) – 'n belangrike wentelbaan teen 'n hoogte van 35786 km. Die satelliet sal hier nie relatief tot die punt onder hom op die grond beweeg nie (daar is 'n klein hoeveelheid beweging maar nie genoeg om meeste aannames te affekteer nie)
Hoë Aarde Wentelbaan (HAW) – enige wentelbaan bo 'n geosinkrone wentelbaan se 35786 km hoogte.
Helling klassifiserings
Die helling van 'n wentelbaan verwys na die hoek die helling en 'n plat vlak wat deur die ewenaar loop. 'n Satelliet met 'n helling van 0 grade sal dus altyd in lyn met die ewenaar bly.
Polêre wentelbaan: 'n Wentelbaan wat die satelliet min of meer bokant beide pole verby laat beweeg in 'n enkele omwenteling. So 'n wentelbaan sal 'n helling van min of meer 90 grade hê.
Polêre sonsinkrone wentelbaan: 'n Wentelbaan waar die satelliet die ewenaar teen dieselfde plaaslike tyd elke dag sal sny. Hierdie wentelbaan word gebruik deur satelliete wat beelde wil neem, aangesien die skaduwees baie soortgelyk sal wees vir elke omwenteling.
Spesiale klasifiserings
Sonsinkrone wentelbaan: 'n Wentelbaan wat se hoogte en helling so gekies is dat dit teen dieselfde plaaslike tyd oor enige punt van die aardoppervlak sal beweeg. Dit kan gebruik word om die satelliet in konstante sonlig te plaas en is nuttig vir spioenasie, weervoorspelling en beeldneming.
Satellietsubstelsels
Elke satelliet wat gelanseer word, word gekenmerk deur sy loonvraag. Vir 'n satelliet wat verskille in plantegroeistreke ondersoek, kan dit byvoorbeeld 'n kragtige beeldnemer wees. Eenvoudig gestel is die loonvraag dit wat die satelliet toelaat om sy primêre funksie te verrig. Verder moet alle satelliete 'n ADCS(Attittude Determination and Control System) stelsels hê, sowel as 'n drywingsbeheerstelsel en 'n kommunikasie loonvraag. Elke stelsel het 'n unieke doel wat bydrae tot die primêre funksie van die satelliet.
ADCS
Die ADCS van 'n satelliet beheer die beweging en oriëntasie van die satelliet. Wanneer 'n satelliet in 'n wentelbaan geplaas word is daar steeds baie onsekerheid oor sy spesifieke posisie. Die satelliet sal ook gewoonlik tuimel (dit wil sê in 'n onbeheerde manier draai om een van sy asse) totdat die ADCS dit kan beheer.
Die doel van die ADCS is om relatief akkurate inligting oor die satelliet se posisie te kry (dit word gewoonlik gedoen deur gebruik te maak van die sterre – twee beelde van sterre word geneem en bekende sterre word geïdentifiseer. Met informasie oor die satelliet se snelheid kan daar dan wiskundig 'n skatting van die satelliet se posisie gemaak word), sowel as om die oriëntasie van die satelliet te beheer. 'n Satelliet wat vry wentel (sonder enige menslike invloed) sal tuimel op so 'n manier om die meeste energie te behou. Dus moet daar aktief krag deur die ADCS op die satelliet toegepas word om die satelliet in 'n gewenste rigting te laat wys.
Drywingsbeheerstelsel
Enige satelliet het 'n beperkte hoeveelheid drywing beskikbaar. Satelliete het gewoonlik ook sonpanele wat gebruik kan word om hul batterye te herlaai. Dit is belangrik om by te voeg dat die satelliet 'n totale sonsverduistering sal ervaar weens die aarde wat tussen die son en die satelliet is. Die effektiewe bestuur van 'n satelliet se drywing laat dit toe om gewoonlik 'n effektiewe leeftyd te hê waartydens dit genoeg drywing sal hê om sy primêre funksie te vervul. Daarna sal die meerderheid van die satelliet se stelsels afgeskakel moet word of in 'n laedrywyingsmodus moet werk.
Kommunikasieloonvrag
Die kommunikasie bestaan uit die antennas en senders wat gebruik word om data te stuur en te ontvang. 'n Satelliet se kommunikasie word verdeel tussen bevele aan die satelliet en die aflaai van nuttige data wat deur die satelliet ingesamel is (byvoorbeeld beelde wat deur die satelliet geneem is).
Missiespesifieke loonvrag
Die missiespesifieke loongvrag sal spesifieke komponente behels wat uniek is tot elke satelliet en die satelliet toelaat om sy primêre funksie te verrig. Vir 'n kommunikasiesatelliet kan dit 'n kragtige uitsaaier wees, vir 'n verkenningsatelliet kan dit 'n beeldopnemer wees.[7]
Hoe bly satelliete in die lug?
Die wet van swaartekrag, wat vir die eerste keer in die 17de eeu deur Isaac Newton, geformuleer is, sê dat die aarde enige voorwerp in sy omgewing wat vry kan beweeg, aantrek. Wanneer mens ’n klip in die lug in gooi, trek dit nie onbepaald opwaarts nie; dit beweeg al hoe stadiger, stop en val dan terug na die aarde. Die rede hiervoor is dat die aarde die klip deur swaartekrag aantrek.
Hoe vinniger die klip beweeg, hoe verder sal dit trek voordat dit na die aarde terugkeer. As ons dus 'n klip vinnig genoeg van die aarde kan gooi, maar nie vinnig genoeg dat dit heeltemal wegskiet nie, dan kan dit in 'n area beland waar dit altyd val, maar nie vinnig genoeg om aan die aarde te raak nie, aangesien die aarde ook beweeg: dit beland in 'n baan om die aarde; die snelheid van die klip sodanig is dat die krag wat die klip van die aarde wil wegvoer, net so groot is soos die swaartekrag wat die klip afwaarts dwing. Dus beweeg die klip in 'n wentelbaan om die aarde.
Ons kan dit met ’n eenvoudige proef verduidelik: as mens 'n emmer half met water vul en dit vinnig in die rondte swaai, bly die water in die emmer, selfs al is die emmer onderstebo. As die emmer te stadig geswaai word, sal die water uitloop. As ons dus wil hê dat die water in die emmer moet bly, moet die emmer vinnig genoeg beweeg. In hierdie oefening stel die water die satelliet voor; die snelheid waarmee ons die emmer swaai, verteenwoordig die snelheid van die satelliet in sy wentelbaan om die aarde en ons arm verteenwoordig die swaartekrag van die aarde.
Om na die klip terug te keer: die klip sal nie naby die aarde se oppervlak in 'n wentelbaan kan beweeg nie, aangesien sy snelheid deur wrywing met die lugdeeltjies gou sou afneem en hy dus sy wentelsnelheid sou verloor. Maar op enige hoogte hoër as 150 km bo die aarde is die lug so dun dat wrywing nie meer ’n rol speel nie. Op so 'n hoogte sal die klip of ’n satelliet in 'n elliptiese (ovaalvormige) baan om die aarde beweeg indien dit 'n snelheid van sowat 29 000 km/h (of omtrent 8 km/s) kan handhaaf Indien dit nie hierdie snelheid kan handhaaf nie word dit teruggetrek in die aarde se atmosfeer en die geweldige wrywing veroorsaak dat dit uitbrand.
Einde van leeftyd
Satelliete het 'n beperkte tyd waarvoor hulle een of meer doele probeer verrig vir hul unieke missie. Nadat 'n sekere tyd verstryk het of die satelliet nie meer in staat is om sy missie te verrig nie, het die satelliet die einde van sy leeftyd bereik. Die satelliet kan dan uit sy wentelbaan verwyder word of geskuif word na 'n wentelbaan wat nie van belang is nie. (Sekere wentelbane is van baie meer nut met betrekking tot menslike belang as ander.)
Weens die geskiedenis van die ruimtewedloop en beperkings tot algemene begrotings is daar nie genoegsame beplanning gedoen met betrekking tot die verwydering van satelliete uit 'n wentelbaan nie. Dus is die meerderheid van ouer satelliete steeds in wentelbane om die aarde, en dra so by tot die probleem van ruimterommel. Indien 'n satelliet lank genoeg wentel sal hy egter van self vernietig word deur die toenemende kragte wat daarop uitgeoefen word.
Lande met lanseervermoë
Hierdie lys beskryf lande wat onafhanklik van ander lande satelliete binne wentelbane kan plaas. Let wel: Talle ander lande het die vermoë om satelliete volledig te ontwerp en te bou, maar is afhanklik van ander lande om die satelliete te lanseer. Hierdie lys dek nie daardie lande nie, maar lys slegs lande wat heeltemal op hul eie satelliete kan lanseer sowel as die datum van die eerste keer toe hulle suksesvol gelanseer het.
Die Verenigde State van Amerika het onsuksesvol probeer lanseer in 1957, voor hul sukses behaal het in 1958.
Republiek China het onsuksesvol in 1969 probeer lanseer voordat hulle suksesvol was teen 1970.
Indië het wel 'n satelliet met buitelandse hulp gelanseer in 1975, voor 'n onsuksesvolle onafhanklike poging in 1979 en het daarna in 1980 sukses behaal.
Brasilië het 'n satelliet met buitelandse hulp gelanseer in 1985, maar was onsuksesvol in al drie hul onafhanklike pogings in 1997, 1999 en 2003 onderskeidelik.
Noord-Korea het al verskeie kere voor hul suksesvolle lansering voorgegee dat hulle wel suksesvol gelanseer het, maar hierdie was bevraagteken deur die Verenigde State van Amerika, Japan en Suid-Korea, wat voorgestel het dat dit eerder toetse was vir missieloperasies.
Suid-Korea het in 1992 'n satelliet met buitelandse hulp gelanseer. Hulle was daarna onsuksesvol in hul ontwikkeling van hul eie lanseerder. Hulle het egter hul eerste lanseerder volledig ontwikkel met Russiese hulp in 2013 (Naro-3).
Lande se eerste satelliete
Lande se eerste satelliete insluitend die wat met buitelandse hulp gelanseer is[8]
Dit is in die moderne tyd moontlik om satelliete te kraak en hul data te steel of effektief hulle kommunikasies af te luister.[10] Dit het die gevolg dat sekuriteit in satellietkommunikasie ook ontwikkel moet word.
Om te wys dat hulle die vermoë het om satelliete uit hul wentelbane uit te verwyder, het Rusland, China en die Verenigde State satelliete in lae aardwentelbane vernietig met missiele. In 2007 het China 'n verouderde weersatelliet met 'n missiel vernietig, wat meer as 40 000 stukke ruimterommel geskep het.[11] Die Verenigde State het ook in 2008 'n ongebruikte spionasiesatelliet met missiele vernietig.[12]
Dienste deur satelliete gelewer
Data verkry oor oesskattings en ander landboutoepassings
Badan Antariksa Italia atau Italia Space Agency (Italia: Agenzia spaziale Italiana; ASI) adalah lembaga pemerintah yang didirikan pada tahun 1988 untuk mendanai, mengatur dan mengkoordinasikan kegiatan eksplorasi ruang angkasa di Italia. Beroperasi di bawah Departemen Pendidikan, Universitas dan Penelitian (MIUR), lembaga bekerja sama dengan berbagai lembaga nasional dan internasional yang aktif dalam penelitian kedirgantaraan dan teknologi, dan dengan Presiden Italia dari Dewan Menteri. Ref...
يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (نوفمبر 2019) دوري جزر فارو الممتاز 1955 تفاصيل الموسم دوري جزر فارو الممتاز البلد الدنمارك البطل هافنار بولتفيلا...
Vo'comune Vo' – VedutaVo' con il monte Lozzo sullo sfondo LocalizzazioneStato Italia Regione Veneto Provincia Padova AmministrazioneSindacoGiuliano Martini (lista civica) dal 27-5-2019 TerritorioCoordinate45°20′N 11°38′E / 45.333333°N 11.633333°E45.333333; 11.633333 (Vo')Coordinate: 45°20′N 11°38′E / 45.333333°N 11.633333°E45.333333; 11.633333 (Vo') Altitudine19 m s.l.m. Superficie20,37 km² Abitanti3...
La xénophobie est une « hostilité de principe envers les étrangers, ce qui vient de l'étranger »[1], plus précisément à l'égard d'un groupe de personnes ou d'un individu considéré comme étranger à son propre groupe (endogroupe)[2]. Principalement motivée par la peur de l’inconnu[3] et de perdre sa propre identité[4], elle se détermine selon la nationalité, l'origine géographique, l’ethnie, la race présumée (notamment en fonction de la couleur de peau ou du f...
Book by Vladimir Lenin The Development of Capitalism in Russia AuthorVladimir LeninOriginal titleРазвитие капитализма в РоссииCountryRussian EmpireLanguageRussianGenreSocial criticismPublished1899 The Development of Capitalism in Russia (Russian: Развитие капитализма в России, romanized: Razvitiye kapitalizma v Rossiy) was an early economic work by Lenin written whilst he was in exile in Siberia. It was published in 1899 under the ...
Second season of UK television series Season of television series The ApprenticeSeries 2Promo group shot of Alan Sugar standing before the candidates for series 2Starring Alan Sugar Nick Hewer Margaret Mountford No. of episodes12ReleaseOriginal networkBBC TwoOriginal release22 February (2006-02-22) –10 May 2006 (2006-05-10)Series chronology← PreviousSeries 1 Next →Series 3 The second series of British reality television series The Apprentice (UK) was broadcast i...
Henry Moore Henry Spencer Moore (30 Juli 1898 - 31 Agustus 1986) merupakan seorang seniman berkebangsaan Inggris. Henry Moore merupakan salah satu seniman patung paling terkenal pada abad ke-20. Moore memutuskan untuk menjadi pematung pada usia 11 tahun setelah ia mendengar cerita tentang seniman patung terkenal Italia, Michaelangelo. Dalam era Perang Dunia I, Moore bergabung dalam militer dan setelah itu ia mendapat beasiswa pada sekolah seni Royal College of Art di London. Awalnya, karya-ka...
Belarusian politician and scientist (1934–2022) Stanislav ShushkevichСтаніслаў ШушкевічСтанислав ШушкевичShushkevich in 2009Chairman of the Supreme Council of BelarusIn office25 August 1991 – 26 January 1994Acting to 18 September 1991Prime MinisterVyacheslav KebichPreceded byMikalay Dzyemyantsyey (as Chairman of the Supreme Soviet of the Byelorussian SSR)Succeeded byAlexander Lukashenko (as President of Belarus) Personal detailsBorn(1934-12-15)15...
Cadole en pierre sèche à Lugny, en Haut-Mâconnais (photo prise en 2004). « Cadole » est le nom donné aux anciennes cabanes, souvent en pierres sèches, des vignobles de l'Aube et de Bourgogne du Sud, et plus particulièrement du Beaujolais. Variantes du mot Le terme cadole, issu du patois lyonnais[1], s'écrit aussi cadolle. On trouve également la variante cadeule, ainsi à Martailly-lès-Brancion (Saône-et-Loire)[2]. Aire d'extension du mot Pris dans le sens de « caba...
ميّز عن فيلا وفيل. فيلة معلومات جغرافية الإحداثيات 24°01′18″N 32°53′20″E / 24.02174°N 32.88891°E / 24.02174; 32.88891 أعلى ارتفاع (م) 144 متر الحكومة البلد مصر التقسيم الإداري محافظة أسوان معلومات إضافية المنطقة الزمنية ت ع م+01:00 تعديل مصدري - تعديل جزيرة ...
AwardMedal For Impeccable ServiceMedal For Impeccable Service 1st class (obverse)TypeLong service medalAwarded forLong service in the Soviet Armed ForcesPresented by Soviet UnionEligibilityCitizens of the Soviet UnionStatusNo longer awardedEstablishedJanuary 25, 19581st class2nd class3rd classRibbons of the Medal For Impeccable Service Obverse of the KGB 2nd variant Medal For Impeccable Service 1st class The Medal For Impeccable Service (Russian: Медаль «За безупречну�...
Standing headquarters for NATO land forces Allied Land CommandCoat of armsFounded1 December 2012TypeOperational level commandRoleCommand and control of land forcesPart ofAllied Command OperationsHeadquartersGeneral Vecihi Akın Garrison, Şirinyer, İzmir, TurkeyWebsitelc.nato.intCommandersCommanderGeneral Darryl A. Williams (United States Army)Deputy CommanderLieutenant General Nicola Zanelli (Italian Army)Chief of StaffLieutenant General Mustafa Oğuz [tr] (Turkish Land Fo...
1948 detective novel by Georges Simenon Maigret's First Case First editionAuthorGeorges SimenonOriginal titleLa première enquête de MaigretTranslatorRobert BrainLanguageFrenchSeriesInspector Jules MaigretGenreDetective fictionPublisherPresses de la CitéPublication date1948Published in English1958Media typePrintPreceded byMaigret's Dead Man Followed byMy Friend Maigret Maigret's First Case (French: La Première enquête de Maigret, 1913) is a 1948 detecti...
1997 Hong Kong filmHappy TogetherChinese nameTraditional Chinese春光乍洩Simplified Chinese春光乍泄Literal meaningspring light at first glanceTranscriptionsStandard MandarinHanyu PinyinChūnguāng zhàxièYue: CantoneseJyutpingCeon1 gwong1 zaa3 sit3 Directed byWong Kar-waiWritten byWong Kar-waiProduced byWong Kar-waiStarring Leslie Cheung Tony Leung Chang Chen CinematographyChristopher DoyleEdited by William Chang Wong Ming-lam Music byDanny ChungProductioncompanies Jet Tone...
Traditional gesture in which a female lowers her knees Queen Mary of Denmark (then Crown Princess of Denmark), curtsies to King Charles III, 5 May 2023. Carrie Johnson, wife of former British PM Boris Johnson, curtsies to Charles, Prince of Wales, 2022. Michelle Obama and a girl curtsying – one leg ahead of the other with both legs bent. The heel is up for the back leg. The back leg crosses the front leg. A young girl presenting flowers to Queen Elizabeth II outside Brisbane City Hall in Ma...
كأس إيطاليا 1966–67 تفاصيل الموسم كأس إيطاليا النسخة 20 البلد إيطاليا التاريخ بداية:3 سبتمبر 1966 نهاية:14 يونيو 1967 البطل إيه سي ميلان مباريات ملعوبة 37 عدد المشاركين 38 كأس إيطاليا 1965–66 كأس إيطاليا 1967–68 تعديل مصدري - تعديل كأس إيطاليا 1966–67 (ب�...
Vous lisez un « bon article » labellisé en 2021. Michel VI Bringas Empereur byzantin Règne 31 août 1056 - 30 août 1057 (11 mois et 30 jours) Précédé par Théodora Porphyrogénète Suivi de Isaac Ier Comnène Biographie Naissance Inconnue Décès vers 1059 Descendance Aucun modifier Michel VI Bringas (parfois surnommé le Stratiotique ou Stratiotikos — signifiant le belliqueux, allusion possible à son titre de logothète des armées) (grec : Μιχα...
Particolare del presepio della Chiesa di San Marco di Milano, l'opera più singolare e rilevante tra quelle eseguite da Francesco Londonio Francesco Londonio (Milano, 1723 – Milano, 1783) è stato un pittore italiano. Indice 1 Biografia 2 Note 3 Bibliografia 4 Altri progetti 5 Collegamenti esterni Biografia Francesco Londonio nacque nel 1723 a Milano. Fu allievo di Ferdinando Porta e Giovanni Battista Sassi, assimilando dai propri maestri il tratto elegante nella pittura, viaggiando in segu...
Public university in Kazan, Russia Kazan (Volga region) Federal UniversityКазанский (Приволжский) федеральный университетLatin: Universitas Casanensis[1]Former namesVladimir Ulyanov-Lenin Kazan State University, Imperial Kazan UniversityTypePublic/Federal universityEstablishedNovember 17, 1804; 219 years ago (1804-11-17)[2]RectorLenar SafinAcademic staff~ 4400Students~ 50200Address18 Ulitsa Kremlevskaya, Kazan, Tatars...