Aarde se atmosfeer

Die Aarde se atmosfeer, met die volmaan op die agtergrond. Die foto is in 1999 deur ruimtevaarders aan boord van die pendeltuig Discovery geneem

Die Aarde se atmosfeer is die atmosfeer (gaslaag) wat om die Aarde voorkom. Die aantrekkingskrag van die Aarde hou die atmosfeer in posisie sodat dit saam met die Aarde om sy eie as en om die son roteer. Lewe op aarde sou sonder die atmosfeer nie moontlik wees nie; dit verskaf die lug wat ons asem, die water wat ons drink en vorm daarnaas 'n natuurlike beskerming teen gevaarlike sonstrale en selfs meteoriete.[1]

Samestelling van die atmosfeer

By seevlak is lug 'n mengsel van die volgende gasse[2]:

Bestanddele Persentasie volume Geskatte massa in miljard ton Molêre massa (kg/kmol)
Stikstof (N2) 78.08 % 3 870 000 28
Suurstof (O2) 20.95 % 1 158 000 32
Argon (Ar) 0.93 % 61 800 40
Waterdamp (H2O) 0.0075 (0 tot 4 %) 13 240 18
Koolstofdioksied (CO2) 0.03 % 2 160 44
Neon (Ne) 0.0018 % 69 20.2
Kripton (Kr) 0.0001 % 13 83.8
Helium (He) 0.0005 % 8 4
Osoon (O3) 0.00006 % 8 48
Waterstof (H2) 0.00005 % 0.129 2
Xenon (Xe) 0.000009 % 1.7 131.3
Totaal 100 % 1 000 000 28.95

Volgens die ideale gaswet is die digtheid van lug by standaard kondisies (101.325 kPa (seevlak) en 0 °C) die volgende:

Invloed van humiditeit

Lug se humiditeit bepaal die hoeveelheid waterdamp in die lug. By 30 °C en 100% lughumiditeit kan die persentasie waterdamp by seevlak (101.325 kPa) so hoog as 4.2 vol% wees.

Struktuur van die atmosfeer

Hierdie laser-gidsstraal agiteer natriumatome in die mesosfeer, en die gloeiende ligpunt fasiliteer beter astronomiese waarnemings.

Die atmosfeer bestaan uit vier verskillende lae of sfere, elk met sy eie funksie:

Die osoonlaag

Daar is 'n osoonlaag hoog bo die aarde wat skadelike sonstrale afskerm. Die osoonlaag bestaan uit gasse soos osoon, suurstof, stikstof, koolstofdioksied en edelgasse.

Osoon is 'n diepblou gas bestaande uit drie chemies-verbonde suurstofatome wat hoofsaaklik in die stratosfeer voorkom. Die osoonlaag is die aarde se natuurlike beskerming teen die son se skadelike ultravioletstrale.

Die gat in die osoonlaag is die eerste keer in 1985 ontdek. Hierdie gat het tot in 2000 gegroei tot 24 miljoen km2 (drie keer so groot soos Amerika).

Dikte van die atmosfeer

Die aarde se atmosfeer strek tot so hoog as 1 000 km en hoër. Dáárom is dit moontlik om atmosferiese wrywing op satelliete waar te neem.

  • 57,8% van die atmosfeer, volgens massa, is benede die hoogste piek van Berg Everest.
  • 72% van die atmosfeer, volgens massa, is benede die algemene hoogte waarop passasiersvliegtuie vlieg (10 km).
  • 99,99999% van die atmosfeer, volgens massa, is benede die hoogte van die Noord-Amerikaanse X-15-vliegtuig se hoogste vlug, wat op 'n hoogte van 108 km plaasgevind het. Daaruit kan ons aflei dat die meeste van die atmosfeer (99,9999%), volgens massa, benede 100 km lê. Daar is wel rare atmosferiese verskynsels, bv. Auroras, bo hierdie hoogte.
  • In 1 cm lug by seevlak is daar ongeveer 28 triljoen (28 x 10 18 of 28 000 000 000 000 000 000) molekules, wat met 'n snelheid van sowat 500 m/ s sisteemloos deurmekaar beweeg. Op 'n hoogte van 600 km is daar slegs ongeveer 300 000 tot 3 000 000 gasmolekules per cm 3 omdat die lug hier aansienlik dunner is.

Massa

Soos alle gasse het lug ook massa. ʼn Liter suiwer, droë lug by seevlak en by ʼn temperatuur van 0˚C het ʼn massa van sowat 1 293 g – dit wil sê 733 keer ligter as ʼn ewe groot volume water. Die totale massa van die lug wat die aarde omring – die atmosfeer, soos dit bekend staan – is sowat 5 000 biljoen t. Hierdie massa is gelyk aan die van ʼn laag water van 10 m diep wat die hele aardoppervlak bedek.

Lugdruk

Aangesien lug massa het, oefen dit druk uit; by seevlak is die lugdruk gelyk aan die van 760 mm (76 cm) kwik. Dit beteken dat die lug by seevlak op elke oppervlakte van 1 cm 2 'n druk uitoefen wat gelyk is aan die van 'n kolom kwik 76 cm hoog. Aangesien 1 cm 3 kwik 'n massa van omtrent 13,6 g het, sal hierdie druk aangedui word deur 76 x 13,6 = 1 033 g of 1,033 kg. Hoe hoër ons natuurlik gaan, hoe dunner word die lug, sodat dit nie soveel druk kan uitoefen nie. Die lugdruk neem dus af met hoogte. Hierdie afname kan bereken word met die barometriese formule.

Kleur

Lug is kleurloos. Die blou kleur van die lug word veroorsaak deurdat 'n deel van die ligstrale van die son meer verstrooi word as die ander. Vyf van die kleure van die son se spektrum gaan min of meer reguit deur die atmosfeer; maar die ander twee, blou en violet, word in groter mate in alle rigtings verstrooi, en dit veroorsaak dat die lug blou lyk.

Geleidingsvermoë

Lug is 'n swak geleier van elektrisiteit, en hoewel dit die vernaamste medium is waardeur klank ons ore bereik, word klank eintlik nie baie goed daarin voortgeplant nie: By seevlak beweeg klank met 'n snelheid van sowat 330 m/ s deur lug, vergeleke met sowat 1 500 m/ s in water en sowat 5 500 m/ s in yster. Soos alle gasse, is lug 'n swak geleier van hitte. Dit is die rede waarom vesels en pelse waarin groot volumes lug is, so ʼn goeie beskerming teen koue gee.

Die belangrikheid van lug

Lug is noodsaaklik vir die lewe van feitlik alle dier- en plantorganismes. Sonder lug sou daar geen reën wees nie, aangesien die lug die waterdamp, wat wolke vorm, “gevange" hou. Waterdamp en klein waterdruppeltjies het 'n laer digtheid as lug, daarom bly dit bo. Die suurstof in die lug is nodig vir verbranding; en soos ons reeds gesien het, is lug nodig vir die voortplanting van klank.

Die atmosfeer beskerm die aarde teen die grootste gedeelte van die gevaarlike strale wat deur die son uitgestraal word, en tree ook op as 'n isolator teen uiterstes in die temperatuur. Ten slotte tree die lug ook op soos 'n groot deursigtige skild en beskerm die aarde teen die miljoene meteore wat elke dag uit die buitenste ruimte na die aarde val. Wanneer hierdie rots – en metaalliggame die atmosfeer binnedring, brand hulle uit vanweë wrywing met die lug.

Lugbesoedeling

Hoofartikel: lugbesoedeling.

Oorsake van lugbesoedeling

Lugbesoedeling is die gevolg van sowel natuurlike prosesse as menslike aktiwiteite.

Natuurlike oorsake

  • Oseaniese soutdeeltjies: seewater is sout, en wanneer die soutwater verdamp, word die soutdeeltjies saam met die water na die atmosfeer verplaas
  • Vulkaniese uitbarstings: met die uitbarsting van Krakatoa in 1883 in Indonesië het 'n aswolk tot op 'n hoogte van 80 km opgestyg en die stof is verskeie kere om die aarde deur die wind versprei
  • Moerasgasse: dit is gasse wat in moerasse ontstaan wanneer plante ontbind
  • Organiese ontbinding: gasse wat vrygestel word wanneer organiese materiaal of lewende wesens soos plante en diere ontbind
  • Stof
  • Stuifmeel
  • Plantasie- en veldbrande (weens natuurlike oorsake)
  • Winderosie, byvoorbeeld sandstorms

Menslike oorsake

  • Voertuie: motors en ander voertuie se uitlaatgasse bevat giftige gasse wat 'n skadelike uitwerking het
  • Nywerhede: veral papier- en pulpfabrieke, yster- en staalwerke, olieraffinaderye, smelterye en chemiese fabrieke blaas rook en giftige gasse die lug in
  • Brandstofverbranding: bv. steenkool wat verbrand word om elektriese krag op te wek. Die verbranding van tien ton steenkool produseer een ton swaeldioksied. Groot hoeveelhede swaeldioksied kan dodelik wees.
  • Huishoudelike vure: baie mense het nog nie elektrisiteit nie en verbrand hout om hul voedsel gaar te kry
  • Afvalverbranding: vullishope word aan die brand gesteek om van die vullis ontslae te raak
  • Landbou-aktiwiteite: gevaarlike chemikalieë word gebruik om die grond en gewasse te bespuit, en hierdie gasse beland in die atmosfeer
  • Veldbrande (as gevolg van menslike oorsake)
  • Oorloë: wanneer bomme ontplof, word skadelike gasse in die atmosfeer vrygestel. Chemiese oorlogvoering kan ook vernietigende gevolge hê - vir mense sowel as die plant- en dierelewe

Termiese kragstasies verbrand miljoene tonne steenkool per jaar. Die meeste kragstasies in Suid-Afrika word in Mpumalanga aangetref, aangesien die meeste steenkool hier voorkom. Dit is een van die grootste bronne van lugbesoedeling in Suid-Afrika.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is gifgasse gebruik wat onskuldige mense en diere doodgemaak het. Die gevolge wat chemiese wapens vir die mens kan inhou, is in 'n koerantberig wat in Beeld van 11 Oktober 2001 verskyn het, uiteengesit:

Mosterdgas Sarin VX-gas
Gebruik In die Eerste Wêreldoorlog en deur Irak teen Iran Ontwikkel deur Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog, maar nie gebruik nie.
Irak gebruik dit teen Iran.
Die Aum Shinrikyo-sekte in Tokio gebruik dit in die moltreinaanval van 1995.
Verfynde weergawe van Sarin
Kenmerk Kleur- en reuklose vloeistof in sy suiwerste vorm, bruin gas met 'n knoffelreuk wanneer met ander chemikalieë gemeng word. Hoogs giftige gas wat die sentrale senuweestelsel aanval - 100 mg is dodelik. Dodelik giftige gas - 10 mg is 'n dodelike dosis.
Kleur- en reuklose vloeistof wat in gas verander wanneer dit met suurstof in aanraking kom.
Kan deur lug of water versprei word.
Simptome Vel jeuk, oë traan, longe brand.
Veroorsaak groot brandwonde, veral in die lies en onder die arms, en skroei die oë en longe.
Hoes, sweet, naarheid, diarree en asemhalingsprobleme. Hoes, hoofpyn, loopneus, naarheid en kwyling.
Uitwerking Veroorsaak pynlike blase regoor die liggaam wanneer ingeasem word, chroniese longskade, blindheid en kanker. Word deur die asemhalingskanaal en vel geabsorbeer. Kan lei tot dood weens versmoring. Deur vel geabsorbeer of ingeasem.
Sit die funksionering van die hart en longe stop.
Voorkoming Gasmasker. Gasmasker. Gasmasker en beskermende klere.

Kernkragstasies kan baie gevaarlik vir die mens wees as daar probleme ontstaan. Hier kan ons dink aan die ontploffing by Tsjernobil in USSR (hedendaagse Oekraïne).

Gevolge van lugbesoedeling

1. Gesondheid: longsiektes en ander siektes soos asbestose. In 2001 het 7 000 Suid-Afrikaanse eisers 'n Britse asbesmaatskappy vir £20 miljoen (R300 miljoen) gedagvaar as vergoeding vir asbesverwante siektes wat hulle gekry het terwyl hulle in die maatskappy se asbesmyne in Suid-Afrika gewerk het.

2. Suurreën Suurreën is een van die komplekse probleme van die moderne lewe. Sommige van die gasse in die rook van kragsentrales en fabrieke meng met die reëndruppels in die lug. Wanneer dit dan reën, maak die chemikalieë die reën suur. Wanneer dit oor riviere en mere reën, kan die suurreën die waterplante en -diere doodmaak. Dit beskadig ook woude, plantasies en landdiere, en vreet selfs aan geboue.

Hierdie neerslag van sure geskied ook deur sneeu, hael en mis en word dit nat neerslae genoem. Wanneer dit in 'n droë gasvorm geskied, word dit droë neerslag genoem.

Gevolge van suurreën:

  • Waterlewe in groot mere en riviere word vernietig
  • Plantasies en woude gaan dood
  • Die grond word besoedel
  • Oeste misluk en word vernietig
  • Mense se gesondheid lei daaronder
  • Piramides, standbeelde en historiese geboue verval. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die Parthenon in Griekeland, wat as gevolg van suurreën in die laaste kwart van hierdie eeu erger verweer het as in die vorige 24 eeue.

3. Rookmis (smog) Rookmis ontstaan oor stede waar die rook met die mis meng. In 1952 het dr. S.R. Craxford, die destydse minister van omgewingsake in Brittanje, die dood van 4 000 mense in Londen aan rookmis toegeskryf. Hierdie rookmis het twee weke lank voortgeduur. In 1956 het 'n drie dae lande rookmis oor Londen die dood van meer as 1 000 mense veroorsaak en gelei tot die instelling van die Skoonlugwet van 1956. In 1953 sterf 260 mense in New York en in 1970 word 8 000 mense in Japan siek as gevolg van rookmis.

4. Verandering in die temperatuur Verskeie faktore dra by om die temperatuur van plekke te bepaal. Hierdie faktore sluit in:

  • Breedtegraadligging. Hoe verder noord of suid van die ewenaar die plek geleë is, hoe kouer word dit.
  • Seestrome. Koue of warm seestrome verlaag of verhoog die temperatuur.
  • Koue of warm winde
  • Berge. Keer koue lug af.
  • Afstand van die see af. Hoe verder van die see, hoe groter is die verskil in temperatuur tussen dag en nag en tussen somer en winter - dit word kontinentale klimaat genoem; maritieme klimaat verwys na klein temperatuurspelings tussen dag en nag en tussen somer en winter - gebiede by die see ondervind maritieme klimaat.
  • Hoogte bo seevlak. Hoe hoër bo seevlak, hoe kouer word dit.

Kweekhuiseffek

Die son se strale kom in kort golwe na die aarde en verhit die aarde. Die hitte van die son word deur die grond en water geabsorbeer. Die aarde straal weer hierdie hitte in die vorm van lang golwe terug na die ruimte. Sekere gasse in die atmosfeer laat straling deur na die aarde maar verhoed dat teruggestraalde hitte in die ruimte verlore gaan. Hierdie verskynsel staan bekend as die kweekhuiseffek.

Sonder die kweekhuiseffek sou die atmosfeer 30 °C kouer gewees het. Die mens is besig om teen 'n geweldige tempo al hoe meer koolstofdioksied en chlorofluoorkoolstowwe in die atmosfeer vry te stel, wat veroorsaak dat die temperatuur van die atmosfeer met 0,4% per jaar styg.

Aardverwarming

Hoofartikel: aardverwarming.

Daar word geprojekteer dat die temperatuur gedurende die volgende eeu tussen 1,4 °C en 5,8 °C sal styg. Dit kan veroorsaak dat die ys by die pole begin smelt, wat tot 'n styging in die seevlak kan lei.

Wetenskaplikes voorspel 'n styging van tussen 1m en 6m. Hulle bespiegel ook dat die weer meer intens sal raak: warm lande sal hoër somertemperature hê, kouer lande sal kouer wintertemperature hê, daar sal meer vloede voorkom en droogtes sal langer duur.

Die gevolge hiervan sal 'n afname in oeste, 'n toename in tropiese siektes, die uitsterf van sekere spesies, verwoestyning en uiterste weerstoestande wees.

Kyk ook

Verwysings

  1. John Farndon: Kompaktwissen Geografie. Starnberg: Coventgarden bei Dorling Kindersley 2003, bl. 138
  2. Air - Composition and Molecular Weight (The engineering toolbox)

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

Charity Shield FA 1925TurnamenCharity Shield FA English Amateurs XI English Professionals XI 6 1 Tanggal5 Oktober 1925StadionWhite Hart Lane, London← 1924 1926 → Charity Shield FA 1925 adalah pertandingan sepak bola antara English Amateurs XI dan English Professionals XI yang diselenggarakan pada 5 Oktober 1925 di White Hart Lane, London. Pertandingan ini merupakan pertandingan ke-12 dari penyelenggaraan Charity Shield FA. Pertandingan ini dimenangkan oleh English Amateurs XI deng...

 

Bagian dari seri tentangGenosida Isu Genosida budaya Demosida Pembersihan etnis Hubungan etnis Etnosida Genosida Pemerkosaan genosidal Genosida utilitarian Genosida ganda Perdebatan keunikan Holokaus Genosida Rwanda Genosida pribumi Kolonisasi Amerika oleh bangsa Eropa Genosida Dzungar, 1750-an Manifest Destiny Relokasi Indian, 1830-an Genosida California, 1848–1873 Genosida Moriori (1835–k.1860) Genosida Sirkasia, 1860-an Genosida Selk'nam, 1890-an–1900-an Genosida Herero dan Namaqua, ...

 

Sebuah jaring-jaring makanan air tawar dan terestrial Jaring-jaring makanan adalah hubungan yang kompleks dari rantai-rantai makanan dalam sebuah komunitas ekologis, yang menunjukkan hubungan siapa yang mengonsumsi siapa. Nama lain untuk jaring-jaring makanan adalah sistem konsumen-sumber daya. Para ahli ekologi menggolongkan semua bentuk kehidupan dalam dua kelompok utama berdasarkan tingkat trofik mereka, yang menunjukkan posisinya dalam jaring-jaring makanan yaitu autotrof dan heterotrof. ...

Penampang melintang suatu bintil akar kedelai 'Essex'. Bakteri Bradyrhizobium japonicum menginfeksi akar dan bersimbiosis untuk mengikat nitrogen bebas. Tampak bagian sel dengan satu bakteroid dalam simbiosomnya. Tampak pula retikulum endoplasmik, diktiosom, dan dinding sel. Bintil akar merupakan tonjolan kecil di akar (kebanyakan adalah anggota Fabaceae) yang terbentuk akibat infeksi bakteri pengikat nitrogen yang bersimbiosis secara mutualistik dengan tumbuhan. Kerja sama ini memungkinkan t...

 

Israeli Foreign Minister Eli CohenCohen in 2017Ministerial roles2017–2020Minister of the Economy & Industry2020–2021Minister of Intelligence2022–2024Minister of Foreign AffairsFaction represented in the Knesset2015–2019Kulanu2019–2023Likud Personal detailsBorn (1972-10-03) 3 October 1972 (age 51)Holon, Israel[1] Cohen meeting with Abdel Fattah al-Burhan of Sudan, January 2021 Eli Cohen (Hebrew: אֵלִי כֹּהֵן, born 3 October 1972) is an Israeli politician. ...

 

1927 film This article is about the 1927 German film. For other uses, see The Last Waltz (disambiguation). The Last WaltzAmerican posterDirected byArthur RobisonWritten byOscar Straus (operetta)Julius Brammer (operetta)Alfred Grünwald (operetta)Alice MillerArthur RobisonProduced byCharles E. WhittakerStarringLiane HaidWilly FritschSuzy VernonFritz RaspCinematographyJoe RiveTheodor SparkuhlMusic byWerner R. HeymannProductioncompanyUFADistributed byUFA (Germany)Paramount Pictures (US)Release d...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2016. Potret Franz Joseph Emil Fischer, kimiawan dari Jerman. Frans Joseph Emil Fischer adalah seorang kimiawan berkebangsaan Jerman yang lahir di Freiburg pada tanggal 19 Maret 1877 dan meninggal di Munich pada tanggal 1 Desember 1947.[1] Dia adalah...

 

1998 studio album by Brooks & DunnIf You See HerStudio album by Brooks & DunnReleasedJune 2, 1998GenreCountryLength39:25LabelArista NashvilleProducerKix BrooksDon CookRonnie Dunn If You See Him/If You See Her produced by Tony Brown and Tim DuBois Brooks & Dunn chronology The Greatest Hits Collection(1997) If You See Her(1998) Super Hits(1999) Singles from If You See Her If You See Him/If You See HerReleased: April 27, 1998 How Long GoneReleased: June 24, 1998 Husbands and ...

 

Dasyuromorphia Dasyurus maculatus TaksonomiKerajaanAnimaliaFilumChordataKelasMammaliaSuperordoAustralidelphiaOrdoDasyuromorphia Gill, 1872 Famili †Thylacinidae Dasyuridae Myrmecobiidae lbs Ordo Dasyuromorphia (berarti ekor berambut[1]) yang berisi marsupial karnivora, termasuk gumbem, tikus-kantong, numbat, setan tasmania dan harimau tasmania yang baru punah. Satu-satunya hewan yang omnivora adalah bandicoot dan tikus mondok marsupial. Referensi ^ Mammalian Lexicon Groves, C.P. (200...

Piraeus-Perama light railwayOverviewNative nameΤραμ ΠεράματοςStatusclosedOwnerEISLocalePiraeus, GreeceTerminiPiraeusSalamis Naval BaseStations21ServiceTypesuburban light railwayServices2Route number3 & 4Rolling stockBredaHistoryCommenced1930 (1930)Opened20 July 1936 (1936-07-20)Completed1935 (1935)Suspended11 January 1944 (1944-01-11)ReopenedApril 1945 (1945-04)Closed23 March 1977 (1977-03-23)TechnicalLine leng...

 

Динамика численности населения Болгарии в 1961—2010-е годы Возрастно-половая пирамида населения Болгарии на 2020 год По состоянию на 31 декабря 2022 года численность населения Болгарии оценивается в 6 447 710 человек[1]. Согласно переписи населения по состоянию на 1 февраля 2011 г�...

 

Homer Jay SimpsonHomer Simpson UniversoI Simpson Lingua orig.Inglese AutoreMatt Groening 1ª app.19 aprile 1987 1ª app. inUn Natale da cani 1ª app. it.1º ottobre 1991 1ª app. it. inUn Natale da cani Voci orig.Dan Castellaneta Jeff Bergman (I Griffin ep. 06x02) Voci italianeTonino Accolla (st. 1-23 e I Griffin ep.6x02 e 7x09) Alberto Pagnotta (I Griffin ep. 11x02) Massimo Lopez (st.24+ e I Griffin ep.13x01, 18x14, 18x17) Caratteristiche immaginarieSessoMaschio Luogo d...

  此条目页的主題是香港九龍的渡船街。关于其他地方的同名街道,請見「渡船街」。 Ferry Street渡船街渡船街與西九龍走廊的交匯路段,此段連同渡船街天橋隸屬於5號幹線。命名緣由命名文件:1941年10月24日憲報第1260號政府公告、1947年5月23日憲報第431號政府公告、1975年3月14日憲報第585號政府公告、2020年10月16日憲報第5984號政府公告命名日期1941年10月24日[1]道路...

 

尼古拉·雷日科夫Николай Рыжков攝於2019年 俄羅斯聯邦委員會议员任期2003年9月17日—2023年9月25日选区别尔哥罗德州 俄羅斯国家杜马议员任期1995年12月17日—2003年9月17日选区别尔哥罗德州 苏联部長會議主席任期1985年9月27日—1991年1月14日总统米哈伊尔·谢尔盖耶维奇·戈尔巴乔夫前任尼古拉·亚历山德罗维奇·吉洪诺夫继任瓦连京·谢尔盖耶维奇·帕夫洛夫(总�...

 

Institutional corruption in the country Political corruption Forms and concepts Bribery Cronyism Economics of corruption Electoral fraud Elite capture Influence peddling Kleptocracy Mafia state Nepotism Pyrrhic defeat theory Slush fund Simony State capture State-corporate crime Throffer Anti-corruption International Anti-Corruption Court Group of States Against Corruption International Anti-Corruption Academy International Anti-Corruption Day United Nations Convention against Corruption Corru...

Dewan Perwakilan Rakyat Daerah Kabupaten Tanah DatarDewan Perwakilan Rakyat Kabupaten Tanah Datar 2019-2024JenisJenisUnikameral SejarahSesi baru dimulai14 Agustus 2019PimpinanKetuaH. Rony Mulyadi Datuak Bungsu, S.E. (Gerindra) sejak 21 Oktober 2019 Wakil Ketua ISaidani, S.P. (PKS) sejak 4 November 2019 Wakil Ketua IIAnton Yondra, S.E. (Golkar) sejak 21 Oktober 2019 KomposisiAnggota35Partai & kursi   PDI-P (2)   NasDem (3)   Hanura (3)   ...

 

Військово-музичне управління Збройних сил України Тип військове формуванняЗасновано 1992Країна  Україна Емблема управління Військово-музичне управління Збройних сил України — структурний підрозділ Генерального штабу Збройних сил України призначений для планува...

 

Ketul Ketul, Bidens pilosa var. minorDarmaga, Bogor Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae (tanpa takson): Tracheophyta (tanpa takson): Angiospermae (tanpa takson): Eudikotil (tanpa takson): Asterid Ordo: Asterales Famili: Asteraceae Genus: Bidens Spesies: B. pilosa Nama binomial Bidens pilosaL.[1] Sinonim Bidens sundaica Bl., 1826 B. leucorrhiza (Lour.) DC., 1836 Ketul atau ajeran (Bidens pilosa) adalah sejenis tumbuhan anggota suku Asteraceae. Terna ini umumnya ditemukan liar se...

River in the Eastern United States Tug ForkTug Fork seen southeast of Matewan, West VirginiaMap of the Big Sandy River watershed, with its Levisa Fork (left) and Tug Fork (right) tributaries shownLocationCountryUnited StatesStateKentucky, Virginia, West VirginiaCountiesMcDowell WV, Buchanan VA, Pike KY, Mingo WV, Martin KY, Lawrence KY, Wayne WVPhysical characteristicsSourceBig Stone Ridge • locationMcDowell County, West Virginia • coordinates37°16′38�...

 

Part of a series onOrganized labour Labour movement Conflict theoriesDecent workExploitation of labourTimelineNew unionismProletariatSocial movement unionismSocial democracyDemocratic socialismSocialismCommunismSyndicalismUnion bustingAnarcho-syndicalismNational-syndicalism Labour rights Annual leave Child labour Collective bargaining Diversity, equity, and inclusion Eight-hour day Employment discrimination Employment protection Equal pay Four-day week Freedom of association Legal working ag...