James Joyce

James Joyce
James Joyce om en by 1918
Gebore
James Augustine Aloysius Joyce

2 Februarie 1882
Sterf13 Januarie 1941 (op 58)
NasionaliteitFlag of Ireland Ierland
BeroepSkrywer en digter
Bekend virDubliners, 1914
A Portrait of the Artist as a Young Man, 1916
Ulysses, 1922
Finnegans Wake, 1939
Handtekening
Borsbeeld in St. Stephen's Green, Dublin.

James Augustine Aloysius Joyce (2 Februarie 188213 Januarie 1941) was 'n Ierse roman- en kortverhaalskrywer en digter. Danksy sy bydrae tot die modernistiese avant-garde-literatuur word hy as een van die invloedrykste en mees vooraanstaande romanskrywers van die 20ste eeu beskou. Hy het veral bekendheid verwerf met Ulysses (1922), 'n baanbrekende werk waarin verskeie episodes uit Homeros se Odussee langs mekaar in 'n verskeidenheid literêre style vertel word.

Ander bekende werke sluit die kortverhaalbundel Dubliners (1914), die romans A Portrait of the Artist as a Young Man (1916) en Finnegans Wake (1939) in; naas drie digbundels, 'n toneelstuk, sy gepubliseerde briewe en enkele artikels as deel van sy joernalistieke werk.

Hy het in Triëst, Parys en Zürich gewoon vir die grootste deel van sy lewe, maar al sy werke in sy geboortestad Dublin laat afspeel.

In sy werk word Simbolisme en Realisme verenig en kom elke denkbare stylfiguur en skryftegniek na vore. Die hoogtepunt in Joyce se ontwikkeling as skrywer is Finnegan's wake, waarin Joyce selfs die grense van taal oorskry.

James Augustine Aloysius Joyce is op 2 Februarie 1882 op Rathgar, digby Dublin gebore. Hy was een van 'n groot gesin wat al hoe dieper in die skuld geraak en uiteindelik in armoede verval het. Nadat Joyce hoofsaaklik in die Jesuïete-kosskool Clongowes Wood was en homself twee jaar lank onderrig het, het hy aan die Universiteitskollege in Dublin gaan studeer.

Daar het hy 'n groot bewondering vir die werk van Henrik Ibsen en Gerhart Hauptmann ontwikkel. In 1904 het hy Dublin vir goed saam met Nora Barnacle verlaat. Hulle is in 1931 getroud. Hy het in Triëst, Pola en Rome as Engelse onderwyser gewerk. Sy seun George en sy dogter Lucia is in die tyd gebore. In 1913 het Joyce met Ezra Pound kontak gemaak, wat een van sy gedigte in sy bloemlesing Des imagistes opgeneem het. Hy het ook vir Harriet Shaw Weaver ontmoet, wat hom finansieel gesteun het.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het Joyce in Zürich gewoon. Na die oorlog het die gesin na Parys verhuis, waar Joyce Ulysses voltooi het en ook gewerk het aan Work in progress, wat in 1939 as Finnegan's wake verskyn het. Die jong lerse skrywer Samuel Beckett het in die Paryse tydperk as sy sekretaris gewerk omdat Joyce weens 'n ernstige oogkwaal geleidelik blind geword het.

In 1940, nadat die Duitsers beheer oor Frankryk verkry het, is Joyce na Zürich, waar hy op 13 Januarie 1941 oorlede is. In 1959 het Richard Ellmann se biografie van hom verskyn. Onder Joyce se eerste werke was 'n artikel wat hy in 1899 vir die Fortnightly Review oor Ibsen geskryf het en die essay The day of the rabblement (1901), 'n aanval op die lerse letterkundige teater.

In 1907 het die digbundel Chamber music en in 1927 die bundel Pomes Penyeach verskyn. Van 1904 af het hy aan 'n outobiografie gewerk wat in 1916 as A portrait of the artist as a young man gepubliseer is. In dié tyd het hy ook aan die kortverhale wat in 1914 as Dubliners gepubliseer is en aan 'n versameling sogenaamde "epiphanies" gewerk. Laasgenoemde is fragmente waarin die wese van 'n situasie of karakter onthul word.

Dubliners is vyftien verhale wat saam 'n geheel vorm en in verskeie fases (jeug, puberteit, volwassenheid) 'n beeld van Dublin se bekrompenheid en geestelike verlamming gee. "The dead", die laaste verhaal in die bundel, word as een van die beste verhale in die Engelse letterkunde beskou.

In A portrait of the artist as a young man breek Stephen Dedalus, wat deels 'n ironiese portret van die skrywer self is, weg van die verlamming en wy homself in selfopgelegde ballingskap aan sy kunstenaarskap. Hy maak hom geleidelik los van kerk, staat en familie. Die roman is in 1914/15 in aflewerings in die tydskrif The Egoist gepubliseer. Joyce het die roman onder die titel Stephen Hero begin, maar dit gedeeltelik vernietig en die herwonne teks van Stephen Hero is eers in 1944 gepubliseer, nadat A portrait as 'n selfstandige boek reeds lank bekend was.

In 1918 het sy toneelstuk Exiles verskyn. Die stuk, wat duidelik deur Ibsen beïnvloed is, handel oor ʼn skrywer, Richard Rowan, wat uit Parys na Dublin terugkeer.

Van 1918 af het daar in The Egoist en in die Little Review aflewerings van Joyce se belangrikste roman, Ulysses, verskyn. Die roman is in Trieste begin en in Parys voltooi. Die voltooide roman is in 1922 deur Sylvia Beach van die boekhandel en uitgewery Shakespeare & Co in Parys gepubliseer nadat verskeie uitgewers dit geweier het omdat seksualiteit so openlik in die boek beskryf word. Meer as tien jaar later kon dit eers in Amerika en Engeland verkoop word.

In agttien episodes, wat elk 'n parallel in Homerus se Odysseus het en elk sy eie styl en woordgebruik het, word die lotgevalle en gedagtes van die hoofkarakters Stephen Dedalus, Leopold en Molly Bloom op 16 Junie 1904 ("Bloomsday") in die fynste besonderhede weergegee. Hy het die dag gekies omdat dit die dag was waarop hy en Nora verlief geraak het. Die karakterisering word deur middel van die sogenaamde bewussynstroomtegniek gedoen, waardeur 'n karakter deur sy gedagtes uitgebeeld word.

Joyce se laaste roman Finnegan's wake (1939) het van 1929 af in aflewerings as Work in progress verskyn. Die werk, waaraan hy vyftien jaar lank gewerk het, speel geheel en al in die droomwêreld van die hoofkarakter, Earwicker, af. Joyce eksperimenteer hierin op ongekende wyse met woorde, klanke en konstruksies en breek letterlik deur die grense van taal deur elemente uit allerlei tale te vermeng. Joyce se bydra tot die moderne romankuns, saam met onder andere Virginia Woolf en William Faulkner, was buitengewoon groot en die skryf van talle 20ste eeuse romans is ondenkbaar sonder die invloed van sy baanbrekerswerk.

Lewe

1882-1904: Dublin

James Joyce is gebore in 'n Rooms-Katolieke middelklasgesin in 41 Brighton Square, Rathgar, Dublin. Hy was die oudste van tien oorlewende kinders; twee het aan ingewandskoors beswyk. Sy vader se familie kom oorspronklik uit Cork en was welgestelde handelsmanne.

Hoofwerke

Dubliners, 1914
  • Dubliners
  • A Portrait of the Artist as a Young Man
  • Exiles and poetry
  • Ulysses
  • Finnegans Wake

Bibliografie

  • Stephen Hero (geskryf 1904-6: voorganger vir die Portrait, gepubliseer in 1944)
  • Chamber Music (1907, gedigte)
  • Dubliners (1914)
  • Exiles (1915, toneelstuk)
  • A Portrait of the Artist as a Young Man (1916)
  • Ulysses (1922)
  • Pomes Penyeach (1927, gedigte)
  • Finnegans Wake (1939)

Verwysings

Bronne

Read other articles:

artikel ini perlu dirapikan agar memenuhi standar Wikipedia. Tidak ada alasan yang diberikan. Silakan kembangkan artikel ini semampu Anda. Merapikan artikel dapat dilakukan dengan wikifikasi atau membagi artikel ke paragraf-paragraf. Jika sudah dirapikan, silakan hapus templat ini. (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) Agama di Myanmar   Buddhisme (88.8%)  Kristen (6.2%)  Agama Islam (4.2%)  Hindu (0.5%)  Agama Su...

 

JatirotoKecamatanPeta lokasi Kecamatan JatirotoNegara IndonesiaProvinsiJawa TengahKabupatenWonogiriPemerintahan • Camat'-Populasi • Total39,121 (2.003) jiwaKode Kemendagri33.12.15 Kode BPS3312170 Luas62,77 km²Desa/kelurahan13 desa2 kelurahan Jatiroto (Jawa: ꦗꦠꦶꦫꦺꦴꦠꦺꦴ) adalah sebuah kecamatan di Kabupaten Wonogiri, Jawa Tengah, Indonesia. Kecamatan ini berjarak sekitar 31 Km dari ibu kota Kabupaten Wonogiri ke arah timur. Pusat pemerintahanny...

 

BisztynekGerbang Lidzbark (Brama Lidzbarska) BenderaLambang kebesaranKoordinat: 54°4′N 20°54′E / 54.067°N 20.900°E / 54.067; 20.900Negara PolandiaVoivodeshipWarmia-MazuryPowiatBartoszyceGminaBisztynekDidirikanAbad ke-14Luas • Total2,16 km2 (83 sq mi)Populasi (2016) • Total2.418 • Kepadatan11/km2 (29/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos11-230Situs webBisz...

العلاقات الأوكرانية الباكستانية أوكرانيا باكستان   أوكرانيا   باكستان تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الأوكرانية الباكستانية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين أوكرانيا وباكستان.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدول�...

 

Pour les articles homonymes, voir Al-Mansur. Al-MansurStatue d'al-Mansour à Bagdad.FonctionCalife abbasside10 juin 754 - 6 octobre 775As-SaffahAl-MahdiBiographieNaissance 714Al-Humaymah (Bilad el-Cham, Califat arabe (en))Décès 7 octobre 775 ou 18 octobre 775Bagdad (califat abbasside)Sépulture Al Muallaa Cemetery (en)Nom dans la langue maternelle أبو جعفر عبدالله بن محمد المنصورPseudonyme Al-MansurActivité CalifeFamille AbbassidesPère Muhammad ibn Ali al-Abbas...

 

Antonio Roi (in alto al centro) assieme ai calciatori del Vicenza Calcio negli anni trenta Antonio Roi (Vicenza, 21 agosto 1906 – Lugano, 26 novembre 1960) è stato un nobile, mecenate, marchese e dirigente sportivo italiano, noto soprattutto per essere stato più volte presidente del Vicenza Calcio negli anni venti, trenta e quaranta. Indice 1 Biografia 2 Note 3 Bibliografia 4 Voci correlate 5 Collegamenti esterni Biografia Lo stesso argomento in dettaglio: Storia del Vicenza Calcio. Appar...

Me and My Guitar Chanson de Tom Dice auConcours Eurovision de la chanson 2010 Sortie 2010 Langue Anglais Genre Pop acoustique Auteur-compositeur Jeroen Swinnen, Tom Dice, Ashley Hickli Classement Demi-finale : 1re (167 points)Finale : 6e (143 points) Chansons représentant la Belgique au Concours Eurovision de la chanson Copycat(2009) With Love Baby(2011)modifier Me and My Guitar Single de Tom Diceextrait de l'album Teardrops Face B Forbidden Love Sortie 12 mars 2010 Dur�...

 

Malayalam cinema Before 1960 1960s 1960 1961 1962 1963 19641965 1966 1967 1968 1969 1970s 1970 1971 1972 1973 19741975 1976 1977 1978 1979 1980s 1980 1981 1982 1983 19841985 1986 1987 1988 1989 1990s 1990 1991 1992 1993 19941995 1996 1997 1998 1999 2000s 2000 2001 2002 2003 20042005 2006 2007 2008 2009 2010s 2010 2011 2012 2013 20142015 2016 2017 2018 2019 2020s 2020 2021 2022 2023 2024 vte The following is a list of Malayalam films released in the year 1982. Opening Sl.No. Film Cast Directo...

 

Questa voce sull'argomento calciatori danesi è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Kasper Junker Nazionalità  Danimarca Altezza 186 cm Peso 73 kg Calcio Ruolo Attaccante Squadra  Nagoya Grampus CarrieraSquadre di club1 2013-2016 Randers17 (0)2015→  Fredericia? (?)2016-2018 Aarhus61 (7)2018-2019 Horsens25 (3)2019→  Stabæk12 (6)2020 Bodø/Glimt25 (2...

Salju Sampul edisi IndonesiaPengarangOrhan PamukJudul asliKarPenerjemahMaureen FreelyNegaraTurkeyBahasaTurkishPenerbitİletişimTanggal terbit2002Tgl. terbit (bhs. Inggris)2004, Faber and FaberJenis mediaCetak (Sampul keras & Sampul kertas)Halaman426 pp.ISBNISBN 0-375-70686-0 (edisi Amerika Serikat)OCLC61119056 Salju (Turki: Kar) adalah sebuah novel karya penulis Turki Orhan Pamuk. Diterbitkan dalam bahasa Turki pada 2002, karya tersebut diterjemahkan ke ...

 

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Zhongsha Islands – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2023) Town in Hainan, People's Republic of ChinaZhongsha Islands 中沙岛礁镇TownZhongsha Daojiao TownCountryPeople's Republic of ChinaProvinceHainanPrefecture-level citySansh...

 

この項目には、一部のコンピュータや閲覧ソフトで表示できない文字が含まれています(詳細)。 数字の大字(だいじ)は、漢数字の一種。通常用いる単純な字形の漢数字(小字)の代わりに同じ音の別の漢字を用いるものである。 概要 壱万円日本銀行券(「壱」が大字) 弐千円日本銀行券(「弐」が大字) 漢数字には「一」「二」「三」と続く小字と、「壱」「�...

Данио-рерио Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеГруппа:Костные рыбыКласс:Лучепёрые рыбыПодкласс:Новопёрые рыбыИн�...

 

Angkatan Bersenjata Britania RayaBritish Armed ForcesLambang Angkatan Bersenjata Britania RayaBendera Kementerian Pertahanan Britania RayaAngkatan Angkatan Laut Britania Raya ∟ Marinir Kerajaan Angkatan Darat Britania Raya Angkatan Udara Britania RayaMarkas besarKementerian Pertahanan, LondonKepemimpinanPanglima Besar Raja Charles III[1]Menteri Pertahanan Sir Ben WallaceKepala Staf Pertahanan Laksamana Sir Tony RadakinKekuatan personelUsia penerimaan17Wajib militerTid...

 

Town in Powys, Wales and Shropshire, England Human settlement in WalesKnightonWelsh: Tref-y-clawddBroad StreetKnightonLocation within PowysPopulation3,033 (2020)[1] [2]- in Powys:2,909- in Shropshire:124OS grid referenceSO286723Civil parishStoweCommunityKnightonPrincipal areaPowysUnitary authorityShropshirePreserved countyPowysCeremonial countyShropshireRegionWest MidlandsCountryWalesEnglandSovereign stateUnited KingdomPost townKnightonP...

Ця стаття потребує додаткових посилань на джерела для поліпшення її перевірності. Будь ласка, допоможіть удосконалити цю статтю, додавши посилання на надійні (авторитетні) джерела. Зверніться на сторінку обговорення за поясненнями та допоможіть виправити недоліки. Мат...

 

Coordinate: 38°58′29.5″N 117°42′43.8″E / 38.974861°N 117.712167°E38.974861; 117.712167 Questa voce sull'argomento storia della Cina è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Interno dell'angolo del Forte Nord subito dopo la cattura , 21 agosto 1860. Foto di Felice Beato. I forti di Taku (cinese: 大沽炮台; pinyin: Dàgū Pàotái; letteralmente, “Taku batteria”), chiamati anche forti di Peiho (cinese:白河碉�...

 

British politician (born 1963) The subject of this article is standing for re-election to the House of Commons of the United Kingdom on 4 July, and has not been an incumbent MP since Parliament was dissolved on 30 May. Some parts of this article may be out of date during this period. Please feel free to improve this article (but note that updates without valid and reliable references will be removed) or discuss changes on the talk page. The Right HonourableSimon HartMPOfficial portr...

Ball HillBall Hill seen from Folly where the Wessex Ridgeway crosses the road between Plush and MappowderHighest pointElevation251 m (823 ft)[1]Prominence74 m (243 ft)[1]Parent peakLewesdon Hill[1]ListingHills of DorsetCoordinates50°49′48″N 2°23′49″W / 50.830°N 2.397°W / 50.830; -2.397GeographyBall HillDorset, EnglandShow map of DorsetBall HillBall Hill (England)Show map of England Parent rangeDorset DownsOS...

 

This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help improve this article by introducing more precise citations. (April 2015) (Learn how and when to remove this message) The Yukawa Institute for Theoretical Physics (基礎物理学研究所, kiso butsurigaku kenkyūsho) is a research institute in the field of theoretical physics, attached to Kyoto University in Japan. It was inaugurated in...