13 Januarie
13 Januarie is die dertiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender . Daar volg nog 352 dae in die res van die jaar (353 in skrikkeljare ).
Schalk Burger is op die dag in 1983 gebore.
Gebeure
1435 – Pous Eugenius IV publiseer die bul Sicut Dudum teen die slawerny op die Kanariese Eilande .
1473 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II ) word biskop van Catania.
1653 – Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan dat op hierdie dag die eerste koring in die Nederlandse Kaapkolonie gedors is.
1672 – Pous Clemens X reguleer die hantering van relikwieë.
1716 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII ) word camerlengo van die kollege van kardinale.
1870 – Die eerste van Samuel Zwaartman (H.W.A. Cooper ) se 25 Boerebrieven uit Fraserburg verskyn in Het Volksblad .
1898 – Émile Zola publiseer J'Accuse om die Dreyfus -aangeleentheid bloot te lê en beskuldig die Franse regering van anti-Semitisme.
1914 – ’n Kommissie van openbare veiligheid word in Kaapstad aangestel weens landwye nywerheidsonrus.
1915 – Eerste Wêreldoorlog : Suid-Afrikaanse troepe beset Swakopmund in Duits-Suidwes-Afrika .
1942 – Te midde van oorlogswoelinge stel dr. D.F. Malan , leier van die opposisie, in die Volksraad die omskepping van Suid-Afrika in ’n republiek voor.
1949 – Durbanonluste : die Indiese gemeenskap word geteiken deur Zoeloe -skares. Tydens die brutale veldtog word huise en besighede afgebrand, Indiërvroue en -meisies verkrag en Indiërmans en -vroue van enige ouderdom vermoor. 142 sterf, meer as 'n duisend word beseer en 40 000 word vlugtelinge.
1956 – Frankryk stig 'n permanent bemande navorsingsbasis, die Dumont d'Urville-stasie, in Adélieland in Antarktika .
1986 – 'n Maand lange gewelddadige stryd begin in Aden , Suid-Jemen , tussen ondersteuners van Ali Nasir Muhammad en Abdul Fattah Ismail, wat duisende sterftes tot gevolg het.
1957 – Die speelgoedmaatskappy Wham-O vervaardig hulle eerste vlieënde skyf, wat later herdoop is tot die Frisbee .
Geboortes
1883 – Prins Arthur van Connaught , Britse politikus en derde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1920–1924) († 1938 ).
1887 – Albert van der Sandt Centlivres , Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1966 ).
1910 – Tryna du Toit , Afrikaanse skrywer († 2005 ).
1926 – Carl von Hirschberg , Suid-Afrikaanse diplomaat († 2017 ).
1927 – Sydney Brenner , Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog († 2019 ).
1950 – Peter Louw , Afrikaanse digter en 'n regsgeleerde.
1953 – Derek Hanekom , Suid-Afrikaanse oud-kabinetsminister en lid van die African National Congress .
1961 – Julia Louis-Dreyfus , Amerikaanse aktrise.
1963 – Andrew Roberts , Britse geskiedkundige en joernalis.
1967 – Annie Jones , Australiese aktrise.
1972 – Denver Vraagom , Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur, getroud met Vanessa , aktrise in 7de Laan .
1977 − Orlando Bloom , Engelse akteur en vervaardiger.
1983 – Schalk Burger , Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
1988 – Daniela Dodean , Roemeense professionele tafeltennisspeler en Europese kampioen.
Sterftes
1691 – George Fox , Engelse Dissenter (religieus-andersdenkende) en stigter van die Genootskap van Vriende (* 1624 ).
1717 – Maria Sibylla Merian , Switserse natuurwetenskaplike en kunstenaar (* 1647 ).
1852 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen . As bevelvoerder van die tweede Russiese om-die-wêreldvaart was hy een van drie mense wat Antarktika vir die eerste keer waargeneem het (* 1778 ).
1882 – Wilhelm Mauser, Duitse wapenontwerper (* 1834 ).
1919 – Hans Bielenstein, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863 ).
1922 – C.P. Hoogenhout , een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners (* 1843 ).
1941 – James Joyce , Ierse skrywer en digter (* 1882 ).
1983 – Arthur Space , Amerikaanse akteur (* 1909 ).
1992 – Yvonne Bryceland , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1925 ).
2017 – Mark Fisher , 'n Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent (* 1968 ).
2021 – Sinikka Nopola , Finse skrywer van kinderstories (* 1953 ).
2021 – Hannes Viljoen , Springbok -vleuel (* 1943 ).
2021 – Siegfried Fischbacher , Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1939 ).
2023 – Christo Viljoen , Suid-Afrikaanse ingenieur en akademikus (* 1937 ).
2024 – Joyce Randolph , Amerikaanse aktrise (* 1924 ).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 January .