18 Januarie
18 Januarie is die agtiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 347 dae in die res van die jaar (348 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1689 – Charles Montesquieu, Franse skrywer en filosoof († 1755).
- 1838 – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement († 1903).
- 1854 – Thomas A. Watson, Amerikaanse uitvinder († 1934).
- 1904 – Cary Grant, Britse akteur († 1986).
- 1922 – Dr. F.I.J. van Rensburg, Afrikaanse akademikus en literêre kritikus († 2015).
- 1925 – Gilles Deleuze, Franse filosoof († 1995).
- 1937 – John Hume, Noord-Ierse politikus en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede (1998).
- 1944 – Paul Keating, Australiese staatsman, Eerste Minister van Australië.
- 1944 – Graham McIntosh, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1946 – Jakes Gerwel, Suid-Afrikaanse akademikus, politikus en sakeman († 2012).
- 1950 – Gilles Villeneuve, Kanadese Formule-1 renjaer († 1982).
- 1955 – Kevin Costner, Amerikaanse akteur.
- 1970 – Rocco de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis.
- 1983 – Caroline Wöstmann, Suid-Afrikaanse ultra-atleet.
Sterftes
- 474 – Leo I, keiser van Bisantium (* 401).
- 1677 – Jan van Riebeeck, Nederlandse seevaarder (* 1619).
- 1799 – Abraham Josias Sluysken, waarnemende kommissaris aan die Kaap voor die eerste Britse besetting (* 1736).
- 1862 – John Tyler, Amerikaanse staatsman, tiende President van die Verenigde State (* 1790).
- 1873 – Edward Bulwer-Lytton, Britse politikus en skrywer (* 1803).
- 1902 – Gideon Scheepers, Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1878).
- 1906 – William Forbes Gatacre, Britse generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1843).
- 1917 – Andrew Murray, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1828).
- 1936 – Rudyard Kipling, Britse skrywer (* 1865).
- 1943 – Johannes Egbertus Vixseboxse, Nederlands-gebore Suid-Afrikaanse argitek en bouaannemer (* 1863).
- 1945 – Violette Szabo, Britse geheime agent in Frankryk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1921).
- 1954 – Sydney Greenstreet, Britse akteur (* 1879).
- 1958 – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1880).
- 2003 – Richard Crenna, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 2006 – Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sakeleier en omgewingsbewaarder (* 1916).
- 2017 – Peter Henry Abrahams, Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, joernalis en politieke kommentator (* 1919).
- 2018 – Lucas Mangope, Suid-Afrikaanse politikus en president van Bophuthatswana (1977–1994) (* 1923).
- 2020 – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen (* 1952).
- 2022 – Peter Robbins, Amerikaanse kinderakteur en stemakteur (* 1956).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 January. |
|
|