Ernest Frederick Watermeyer (12 Oktober, 1880 – 18 Januarie, 1958) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is in 1880 op Graaff-Reinet gebore. Hy ontvang opleiding op Stellenbosch, in Bath, Engeland, en Cambridge en in 1905 begin in Kaapstad met sy praktyk. In 1920 word hy voorsitter van die spesiale Inkomstebelastinghof en in 1922 lid van die regsbank van die Kaapse Provinsiale Afdeling. In 1937 word hy aangestel as Appélregter en in 1943 as Hoofregter. Hy is oorlede in 1958.
Sien ook
Bron