Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1960 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om vír of téén republiekwording te stem. Die stemming het op 5 Oktober1960 plaasgevind. Die uitkoms was 'n rakelingse oorwinning vir die republikeine. Op 31 Mei1961 het die Unie van Suid-Afrika tot 'n einde en die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Die dag is as republiekdag gedenk tot die vakansiedag in 1994 afgeskaf is.
Resultate
Vraag:
Is u ten gunste van 'n Republiek vir die Unie? (Afrikaans) Are you in favour of a Republic for the Union? (Engels)[1]