Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

'n Wetgewende Verkiesing is in Suid-Afrika gehou op Woensdag, 14 April 2004. Die African National Congress (ANC) van President Thabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.

Thabo Mbeki, tweede President van Suid-Afrika

Hierdie was die derde vrye verkiesing sedert die einde van die apartheidsera. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede is vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika is deur die Nasionale Vergadering verkies ná die verkiesing.

Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 69,7% van stemme in die nasionale stemming verkry, wat hulle teoreties sou toelaat om die grondwet, of enige ander wet, te verander sonder die opposisie se steun. Slegs sowat 56% van die stemgeregtiges het aan die verkiesing deelgeneem, met die ANC wat ondersteuning van sowat 38% van die geregistreerde kiesers geniet.

Die hoofopposisieparty, die Demokratiese Alliansie, het 'n vergrote persentasie op die nasionale stembrief verkry, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party, en het moontlik sommige ondersteuners na Patricia de Lille se nuwe Onafhanklike Demokrate verloor. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999, na 1,7% in die 2004 verkiesing geval; dit kan grootliks toegeskryf word aan hul ondersteuners se ongelukkigheid met die alliansie met die ANC. Die OD het baie dophouers verras deur meer stemme as die NNP te kry, en het sodoende die vyfde-grootste party geword. Die Inkatha-Vryheidsparty het steun verloor, insluitend die grotere meerderheid van hul bastionsprovinsie, KwaZulu-Natal, terwyl die United Democratic Movement ook ondersteuning verloor het — hulle is skaars nog die opposisie in hulle tuiste, die Oos-Kaap.

Uitslag

Setels in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika na die 2004-verkiesing

   African National Congress: 279 setels

   Demokratiese Alliansie: 50 setels

   Inkatha-Vryheidsparty: 28 setels

   United Democratic Movement: 9 setels

   Onafhanklike Demokrate: 7 setels

   Nuwe Nasionale Party: 7 setels

   Afrika Christen Demokratiese Party: 7 setels

   Vryheidsfront Plus: 4 setels

   United Christian Democratic Party: 3 setels

   African People’s Convention: 3 setels

   Minority Front: 2 setels

   Azanian People's Organisation: 1 setel

Die hoeveelheid setels aan elke party toegeken is verander nadat die amptelike uitslae aangekondig is; sien betwiste setel ondertoe.

Party (afkorting) Leier Stemme % Verandering Setels Verandering
African National Congress (ANC) Thabo Mbeki 10 878 251 69,7 +3,3 279 +13
Demokratiese Alliansie (DA) Tony Leon 1 931 201 12,4 +2,8 50 +12
Inkatha-Vryheidsparty (IFP) Mangosuthu Buthelezi 1 088 664 7,0 -1,6 28 -6
United Democratic Movement (UDM) Bantu Holomisa 355 717 2,3 -1,1 9 -5
Onafhanklike Demokrate (OD) Patricia de Lille 269 765 1,7 +1,7 7 +7
Nuwe Nasionale Party (NNP) Marthinus van Schalkwyk 257 824 1,7 -5,2 7 -21
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) Kenneth Meshoe 250 272 1,6 +0,2 *6 -
Vryheidsfront Plus (VF+) Pieter Mulder 139 465 0,89 +0,09 4 +1
United Christian Democratic Party (UCDP) Lucas Mangope 117 792 0,75 -0,03 3 -
Pan Africanist Congress (PAC) Motsoko Pheko 113 512 0,73 +0,01 3 -
Minority Front (MF) Amichand Rajbansi 55 267 0,35 +0,04 2 +1
Azanian People's Organisation (AZAPO) Mosiblidi Mangena 41 776 0,27 +0,1 *2 +1
ander 113 161 0,72 -0,29 0 -3
Totaal 15 612 667 100,0 - 400 -

Betwiste setel

Die amptelike uitslae was suksesvol deur die ACDP betwis, wat gelei het daartoe dat hulle een setel verkry het wat voorheen aan AZAPO toegeken was [1][dooie skakel].

Korrupsie-aantygings

Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, het aan die Suid-Afrikaanse Parlementêre ad-hoc komitee oor veiligheid en beskerming rapporteer dat die polisie 'n groep mense gearresteer het met vermeende skakels na Al-Kaïda vyf dae voor die verkiesings, wat vermoedelik van plan was om die verkiesings te ontwrig. Werk wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedoen is, het gelei tot die inhegtenisname van mense in Jordanië, Sirië en die Verenigde Koninkryk. Hoeveelhede Suid-Afrikaanse paspoorte is in Londen gevind, wat die Departement van Binnelandse Sake aan korrupsie sou verbind het.[1]

Provinsiale Verkiesings

Wes-Kaapse uitslae

Party Leier Stemme % Verandering Setels Verandering
African National Congress (ANC) Thabo Mbeki 709 052 45,25% 19
Demokratiese Alliansie (DA) Tony Leon 424 832 27,11% 12
Nuwe Nasionale Party (NNP) Marthinus van Schalkwyk 170 469 10,88% 5
Onafhanklike Demokrate (ID) Patricia de Lille 122 867 7,84% 3
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) Kenneth Meshoe 53 934 3,44% 2
United Democratic Movement (UDM) Bantu Holomisa 27 489 1,75% 1
Africa Muslim Party (AMP) 11 019 0,70% 0
New Labour Party (NLP) Pieter Marais 10 526 0,67% 0
Vryheidsfront Plus (VF+) Pieter Mulder 9 705 0,62% 0
Pan Africanist Congress (PAC) Motsoko Pheko 6 254 0,42% 0
United Christian Democratic Party (UCDP) Lucas Mangope 3 575 0,23% 0
Green Party of South Africa (GPSA) Judy Sole 3 317 0,21% 0
Peace and Justice Congress (PJC) Muhammed Rashad Khan 3 278 0,21% 0
Nasionale Aksie (NA) 2 248 0,14% 0
Inkatha-Vryheidsparty (IFP) Mangosuthu Buthelezi 2 222 0,14% 0
Cape People's Congress (CPC) 1 960 0,13% 0
Azanian People's Organisation (AZAPO) Mosibudi Mangena 1 455 0,09% 0
Moderate Independent Party (MIP) 953 0,06% 0
Peace and Development Party (PDP) 789 0,05% 0
Universal Party (UP) 735 0,05% 0
Totaal 1 566 949 100     0

Sien ook

Verwysings

  1. "SABC Nuus". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Junie 2006. Besoek op 1 Maart 2005.

Eksterne skakels