Jackie Selebi (7 Maart 1950 – 23 Januarie 2015) was ’n voormalige Nasionale Polisiekommissaris (2000–2009), president van die ANC-jeugliga (1987–1991),[1] asook voormalige president van Interpol.[2]
In Januarie 2008 is Selebi op verpligte verlof geplaas en het hy as die president van Interpol bedank, waarna hy weens korrupsie aangekla is.[3] Hy is in Julie 2009 deur Bheki Cele as polisiekommissaris opgevolg.
Selebi is op 2 Julie 2010 aan korrupsie skuldig bevind.[4] Op 3 Augustus 2010 is hy vyftien jaar gevangenisstraf opgelê.[5] Sy aansoek om appèl is op 2 Desember 2011 afgekeur.[6] Desnieteenstaande is hy in Julie 2012 op mediese parool vrygelaat.[7]
Selebi is op 23 Januarie 2015 ná ‘n lang siekte in die ouderdom van 64 jaar oorlede.[8]
Verwysings