Sisilië is die grootste eiland in die Middellandse See. Sisilië het 'n bevolking van 5 029 675 in 2017 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 25 711 km². Die hoofstad en grootste stad is Palermo. Die amptelike tale is Sisiliaans en Italiaans.
Geografie
Die vulkaanEtna is 'n bekende vuurspuwende landmerk op Sisilië. Die Egadi-eilande is net wes van Sisilië.
Vervoer
Daar is sowel treinverbindings as motorweë tussen Sisilië en die punt van Italië. Hoewel 'n reuse vervoerbrug al sedert 1865 beplan word, word treine en motors steeds op veerbote gelaai om die water na en van die vasteland oor te steek.
Padvervoer
In die jongste vier dekades is motorweë dwarsoor die eiland gebou en uitgebrei. Die bekendste van die Sisiliaanse paaie is die autostrada wat langs die noordelike deel van die eiland loop. Groot dele van die motorweg is op pilare gebou, as gevolg van die bergagtige terrein van die eiland.[1][2][3][4] Ander hoofweë in Sisilië is die SS.113 Strade Statali wat Trapani met Messina (via Palermo) verbind, die SS.114 Messina-Sirakuse (via Catania) en die SS.115 Sirakuse-Trapani (via Ragusa, Gela en Agrigento).
Spoorvervoer
Die eerste spoorlyn in Sisilië is in 1863 tussen Palermo en Bagheria geopen. Vandag word al die Sisiliaanse provinsies tussen meeste dorpe en stede, deur 'n netwerk spoorverbindings bedien deur Trenitalia. In Catania is daar sedert 1999 'n Metrotrein wat op 'n deel van die FCE-spoorlyn loop.
Lugvervoer en hawens
Daar is lughawens in Catania, Palermo en Trapani.
Ter see word Sisilië deur verskeie veerbootroetes en vraghawens bedien, en in alle groot stede dok lynskepe op 'n gereelde basis.
Fotogalery
Die A20 Messina-Palermo motorweg.
Twee treine binne die Punta Raisi spoorwegstasie in Palermo Internasionale Lughawe.