Pous Leo IX is gebore as Bruno von Egisheim-Dagsburg op 21 Junie1002 in Eguisheim, Elsas, die seun van graaf Hugo von Egisheim en sy vrou Heilwig von Dagsburg.[1] Hy het sy loopbaan begin as soldaat en offisier in die keiserlike leër. Voor sy verkiesing as pous was hy biskop van Toul vanaf 1026. Op 12 Februarie1049 volg hy Pous Damasus II op en regeer tot sy dood op 19 April1054. Hy word opgevolg deur Pous Victor II. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pontifikaat
Pous Leo IX was 'n neef van keiser Hendrik III en deur sy toedoen verkies as pous. Hy is bekend vir die deurvoering van die hervormings van Cluny. Hy stig die kollege van kardinale en vestig die top-bestuur van die kerk. In die Paas-sinode van 1049 word die selibaat vir die klerus weer bevestig en is simonie weer veroordeel. Op 29 April1050 hou hy 'n verdere Paas-sinode oor die leer van Alberic (of Berengar) van Tours.
Die pous het probeer om die Normandiërs in Suid-Italië te bestry, maar hy is verslaan in die slag by Civitate op 18 Junie1053. Hy is gevang en in Benevento aangehou tot Maart 1054. Daarna is hy terug na Rome waar hy sterf op 19 April1054.
Leo IX het die kardinaal Humbert van Mourmoutiers, kardinaal-biskop van Silva Candida, na Konstantinopel gestuur om die patriarg Michael I Cerularius te ekskommunikeer oor sy gedrag in Suid-Italië. Die patriarg het toe op sy beurt vir Humbert en die pous ge-ekskommunikeer en sodoende het die groot Westerse Skisma op 16 Julie1054 ontstaan. Hoewel dit oënskynlik oor ekskommunikasie en Suid-Italië gegaan het, was dit in werklikheid oor die oppergesag van die pous van Rome oor die Oosters-Ortodokse Kerk van die patriarg.
Verering
Pous Leo IX word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 19 April. Hy is die patroonheilige van musikante en orreliste.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Gresser, Georg. (2006) Die Synoden und Konzilien zur Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123. Paderborn.