Toulouse

Toulouse

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (Admin. gewes) Oksitanië
 Département Haute-Garonne
 Koördinate 43°36′N 1°26′O / 43.600°N 1.433°O / 43.600; 1.433
 Stigting Voor 2de eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 118,3 vk km
 Hoogte bo seevlak 141 (115-263) m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 493 465
 - Bevolkingsdigtheid 4 200/vk km
 - Agglomerasie 1 035 280
 - Aire urbaine 1 454 158
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Jean-Luc Moudenc (LR)
 Amptelike webwerf www.toulouse.fr

Toulouse (Oksitaans: Tolosa) is 'n stad in die suidweste van Frankryk, aan die oewer van die Garonnerivier en halfpad tussen die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See. Die metropolitaanse gebied van Toulouse is met 1,1 miljoen inwoners die tweede grootste in Suid-Frankryk en een van die vinnigsgroeiende in Europa. Die stad is die hoofkwartier van die grootste ondernemings in die Europese lug- en ruimtevaartnywerheid, soos byvoorbeeld Alcatel Espace, EADS Space en Airbus S.A.S. en 'n belangrike onderwyssentrum met meer as 100 000 studente.

Toulouse is die voormalige hoofstad van die historiese provinsie Languedoc, wat tot by die Franse Rewolusie bestaan. Vandag dien Toulouse as die hoofstad van die région (gewes) Languedoc-Roussillon-Midi-Pyrénées en die prefektuur van die département Haute-Garonne. As die setel van die Académie des Jeux Floraux, die eweknie van die Franse Akademie in die Oksitaanstalige gebiede van Suid-Frankryk, het die stad ook 'n belangrike sentrum van die Oksitaanse kultuur geword. Die tradisionele Oksitaanse kruis dien as die simbool van die stad.

Geskiedenis

Die Romeine verower die Galliese stad Tolose in die jaar 106 v.C.; onder die nuwe naam Tolosa dien dit as 'n belangrike administratiewe en militêre sentrum van die provinsie Gallia Narbonensis. Baie strate in die ou stadskern laat nog steeds die Romeinse roosterpatroon herken. Sedert die 4de eeu is Toulouse die setel van 'n biskop.

Tussen 418 en 507 n.C. was Toulouse die hoofstad van die Tolosaanse Ryk, wat die Wes-Gote na Alaric I se Italiaanse veldtog stig. Die ryk strek tot by die Pireneë-gebergte en sluit groot dele van Spanje in. Dit word uiteindelik deur Clovis I vernietig.

In die tydperk tussen 781 en 843 was Toulouse die hoofstad van die Koninkryk van Akwitanië.

Die Koninkryk van die Wes-Gote of Tolosaanse Ryk
'n Tipiese straat in die ou stadskern

Tydens die Middeleeue bly Toulouse oor 'n lang tydperk onafhanklik. Die grawe van Toulouse brei hulle magsgebied oor 'n groot deel van Suid-Frankryk uit, wat uiteindelik die provinsie Languedoc vorm. Toulouse word 'n sentrum van die Oksitaanse kultuur. As gevolg van die kruistog teen die Kathare word die provinsie in 1271 by Frankryk ingelyf. Toulouse self word deur Noord-Franse troepe geplunder.

Toulouse is in die middeleeue ook een van die rykste stede in Frankryk. Die kalkgrond van sy omgewing is uiters geskik vir die wede-plant, wat destyds die enigste duursame blou verfstof lewer. Toulouse raak sy monopolie kwyt met die invoer van indigo uit die Portugese kolonies.

Selfs onder die heerskappy van die Franse kroon bly die stad tot die jaar 1790 min of meer onafhanklik. Tydens die reformasie is die stad die tuiste van 'n groot aantal protestante, tog bly Toulouse in die godsdienstige oorloë steeds 'n bondgenoot van die Rooms-Katolieke partye. In 1562 word sowat 4 000 Hugenote in die stad vermoor.

Teen die middel van die 19de eeu neem die hedendaagse ekonomiese bloei van Toulouse 'n aanvang met die oprigting van die eerste nywerhede.

Tussen 1942 en 1944 word Toulouse deur Duitse soldate beset. Die stad is in die Tweede Wêreldoorlog nie die skouplek van militêre gevegte nie, tog is dit 'n belangrike sentrum van die Résistance, die Franse weerstandsbeweging. Die Duitse besettingstroepe ontruim die stad kort na die geallieerde landing in Normandië.

Aan die begin van die sestigerjare vestig 'n groot aantal Franse setlaars, wat uit Algerië verdryf is, hulle in die stad. In die sewentigerjare kom 'n groot aantal Noord-Afrikaanse immigrante na Toulouse. Danksy die ekonomiese groei styg die inwonertal vinnig van 269 000 in 1954 tot 380 000 in 1968. In 2011 het Toulouse reeds meer as 892 000 inwoners.

Ekonomie

Uitsig oor die dakke van Toulouse vanuit die rue Boulbonne
Cathédrale Saint-Etienne

Ná sy bloeitydperk as verskaffer van die beroemde blou pastelkleure en die industrialisering tydens die 19de eeu bly Toulouse in sy onlangse geskiedenis 'n tyd lank 'n tweederangse stad wat nie tred kan hou met ander Franse metropole nie.

Die stad het egter 'n lang tradisie as 'n lugvaartsentrum, en reeds in 1919 is daar lugposverbindings met Afrika en Noord- en Suid-Amerika. Die lughawe van Toulouse is ook die basis van die bekende skrywer en vlieënier Antoine de Saint-Exupéry.

In die sestigerjare besluit die Franse regering om die lugvaartnywerheid se aktiwiteite in Toulouse te konsentreer. Die groot Europese vliegtuigvervaardiger Airbus Industrie het een van sy twee hoofkwartiere naby Toulouse se lughawe (die ander is in die Duitse hawestad Hamburg). Airbus is tans die grootste plaaslike werkgewer en monteer hier die reuse Airbus A380 passasierstraler.

Sedert die tagtigerjare is Toulouse een van die belangrikste sentrums van die ruimte- en lugvaartnywerheid ter wêreld, wat met die Concorde, Airbus en Ariane vereenselwig word. Die plaaslike bedrywe verskaf werk aan meer as 35 000 mense. Ander belangrike nywerhede is masjienbou, yster en tekstiel. Danksy die welvarende nywerhede het Toulouse sy skuldlas binne tien jaar ten volle afbetaal.

Toulouse is daarnaas 'n handel- en vervoersentrum en die tweede grootste tersiêre onderwyssentrum van Frankryk. Blomteelt is 'n tradisionele ambag in Toulouse. Veral die plaaslike viooltjies word bemark, onder meer ook as reukwater en bestanddeel van likeur.

Onderwys

Toulouse het drie universiteite (Toulouse Capitole, Toulouse Jean Jaurès, Toulouse III Paul Sabatier) byeengebring binne die Universiteit van Toulouse. Die stad het ook drie groot lugvaartkundige ingenieurskole (ENAC, IPSA, SUPAERO), algemene ingenieurskole (EPITA, INPT, INSA), 'n rekenaarwetenskapskool (EPITECH), 'n ekonomiese skool (Toulouse School of Economics), 'n ontwerpskool (e-artsup), 'n kommunikasieskool (ISEG), drie groot sakeskole (TBS, TSM, ISG), 'n meteorologieskool, 'n veeartsenykundige skool en 'n politieke wetenskappe.

Besienswaardighede

Die Raadsaal van Toulouse
  • Toulouse staan vir sy pragtige sandsteengeboue geboue bekend en dra weens die kenmerkende rooi en rooskleurige argitektuur die bynaam la ville rose. Die groot verskeidenheid kleure, wat as gevolg van verwering ontwikkel, word veral in die aandson sigbaar. Die plaaslike chansonnier Claude Nougaro het die rooi kleur in sy liedere besing.
  • Die romaanse basiliek Saint-Sernin uit die 11de en 12de eeu is een van die mooiste in Suid-Frankryk.
  • Die gotiese katedraal Saint-Etienne dateer uit die 12de eeu.
  • Die Musée des Augustins is 'n voormalige Augustynse klooster, wat vandag 'n kunsmuseum huisves.
  • Die universiteit van Toulouse is in 1229 gestig en die tweede oudste in Europa.
  • Toulouse beskik oor 'n groot aantal patrisiërhuise in die renaissance-boustyl, soos die Hôtel d’Assézat en die Hôtel de Bernuy.
  • Die Musée Georges Labit vertoon Romeinse, Egiptiese, Koptiese, Chinese en Japanse kuns.
  • Die Musée Saint-Raymond naby die basiliek Saint-Sernin spog met 'n grafkelder uit die Romeinse en vroeë christelike tydperk. Die boonste verdiepings huisves argeologiese uitgrawings uit die stad en sy omgewing.
  • Die Cité de l’espace (Ruimtestad) behandel onder meer die geskiedenis van die ruimtevaart.

Kultuur

'n Tipiese sandsteenfasade in Toulouse teen sononder

Baie ou nywerheidsgeboue is herskep tot kulturele sentrums. Die ou slagpale dien sedert die negentigerjare as die setel van die Museum vir Moderne Kuns. Die ou watertoring huisves nou 'n fotogalery.

Die stad bestee sowat vyftien persent van sy jaarlikse begroting aan "Kultuur sonder grense", 'n ambisieuse kulturele fees. Alternatiewe feeste soos die musiekfees in die oewerpark van die Garonne geniet dieselfde aandag.

Toulouse het 'n museum gewy aan lugvaartkunde, Aeroscopia, 'n museum gewy aan lugvaart, die L'Envol des pionniers, en nog een gewy aan die verowering van die ruimte, Cité de l'Espace.

Kookkuns

Tipiese plaaslike geregte is die Cassoulet, 'n bredie van wit boontjies en verskillende soorte vleis, wat met Confit d'oie – ingemaakte ganslewer en lamworsies – bedien word, Terrine de foie gras ('n ganslewergereg) en Magret de canard (eendborsies met groen boontjies).

Violettes de Toulouse is gesuikerde viooltjies, wat ter versiering van plaaslike nageregte gebruik word. Viooltjieslikeur uit Toulouse is 'n drankspesialiteit.

Die Marché Victor Hugo is die sentrum van die plaaslike chocolatiers en kaaswinkels.

Sport

Die Stadium Municipal met 'n kapasiteit van sowat 33 150 word vir beide rugby en sokker ingespan

Stade Toulousain wat in die Top 14 speel is die suksesvolste rugbyklub in die hele Europa, aangesien hulle die Europese kampioenskap vyf keer en die Franse kampioenskap 21-keer gewen het. Hulle speel kleiner tuiswedstryde op die Stade Ernest-Wallon wat ook tydens die Rugbywêreldbeker 1991 ingespan is. Vir belangrike wedstryde word egter van die groter Stadium Municipal gebruik gemaak, wat ook wedstryde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2007, Europese Sokkerkampioenskap 2016 en Rugbywêreldbeker 2023 gehuisves het.

Die stad beskik ook oor 'n sokkerspan, Toulouse FC, wat in die Ligue 2 speel. Hulle het in 1957 die Franse beker gewen. Dié klub speel sy tuiswedstryde op die Stadium Municipal.

Eksterne skakels

Read other articles:

This article is about the chemical element. For other uses, see Silver (disambiguation). Chemical element, symbol Ag and atomic number 47Silver, 47AgSilverAppearancelustrous white metalStandard atomic weight Ar°(Ag)107.8682±0.0002[1]107.87±0.01 (abridged)[2] Silver in the periodic table Hydrogen Helium Lithium Beryllium Boron Carbon Nitrogen Oxygen Fluorine Neon Sodium Magnesium Aluminium Silicon Phosphorus Sulfur Chlorine Argon Potassium Calcium Scandium Tita...

 

Election for the governorship of the U.S. state of Kansas 1924 Kansas gubernatorial election ← 1922 November 4, 1924 1926 →   Nominee Benjamin S. Paulen Jonathan M. Davis William Allen White Party Republican Democratic Independent Popular vote 323,403 182,861 149,811 Percentage 49.02% 27.72% 22.71% County resultsPaulen:      30–40%      40–50%      50–60%     &#...

 

فرنسوا يفبفر (بالفرنسية: François-Joseph Lefebvre)‏    معلومات شخصية الميلاد 25 أكتوبر 1755 [1]  الوفاة 14 سبتمبر 1820 (64 سنة) [2][1]  باريس  مكان الدفن مقبرة بير لاشيز  مواطنة فرنسا  مناصب الحياة العملية المهنة سياسي،  وعسكري  اللغة الأم الفرنسية  اللغات ال�...

جزء من سلسلة مقالات حولعلم النفس تاريخ فروع خطوط عريضة المواضيع الرئيسية اللاقياسي السلوكي علم الوراثة السلوكي الحيوي المعرفي/معرفية المقارن عبر الثقافة الثقافي التنموي التمايزي التطوري التجريبي الحسابي العصبي الشخصية الإيجابي النفسي الديناميكي القياس النفسي الكمي ال...

 

Pour les articles homonymes, voir Hamilton. Ne doit pas être confondu avec Gawen Hamilton. Cet article est une ébauche concernant un peintre britannique. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Gavin HamiltonVénus accordant, à Pâris, Hélène pour épouse par Gavin Hamilton (1782-84)Naissance 1723LanarkshireDécès 4 janvier 1798RomeNationalité britanniqueActivités Anthropologue, archéologue, his...

 

This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help improve this article by introducing more precise citations. (February 2013) (Learn how and when to remove this template message) Squadron 107Knights of the Orange TailActiveJanuary 1953-1954, 1960s-presentCountry IsraelBranch Israeli Air ForceRoleAir DefenceGarrison/HQHatzerim AirbaseMotto(s)Knights of the Orange TailAircraft f...

2007 film by Mary Stuart Masterson The Cake EatersTheatrical release posterDirected byMary Stuart MastersonWritten byJayce BartokProduced byAllen BainElisa PuglieseStarringKristen StewartAaron StanfordJayce BartokBruce DernElizabeth Ashley Miriam ShorCinematographyPeter MastersonEdited byJoe LandauerColleen SharpMusic byDuncan SheikProductioncompaniesVinyl Foote ProductionsThe 7th FloorDistributed by7-57 ReleasingRelease dates April 29, 2007 (2007-04-29) (Tribeca Film Festi...

 

Japanese anime television series For other uses, see East of Eden (disambiguation). Eden of the EastCover art of the first Japanese DVD volume featuring Saki Morimi (left) and Akira Takizawa (right).東のエデン(Higashi no Eden)GenreMystery[1]Political thriller[2]Psychological[3]Created byKenji Kamiyama Anime television seriesDirected byKenji KamiyamaProduced byKoji YamamotoTomohiko IshiiWritten byKenji KamiyamaMusic byKenji KawaiStudioProdu...

 

2008 opera by Péter Eötvös This article is about the opera. For the novel by Gabriel García Márquez, see Of Love and Other Demons. Love and Other DemonsOpera by Péter EötvösEötvös in 2018LibrettistKornél HamvaiLanguage English Latin Spanish Yoruba Based onOf Love and Other Demonsby Gabriel García MárquezPremiere10 August 2008 (2008-08-10)Glyndebourne Festival Love and Other Demons is an opera in two acts by Hungarian composer Péter Eötvös to a libretto by the Hu...

John Wall Wall con la maglia dei Washington Wizards nel 2019 Nazionalità  Stati Uniti Altezza 193[1] cm Peso 95[1] kg Pallacanestro Ruolo Playmaker Squadra Free agent CarrieraGiovanili Word of God Christian Academy2009-2010 Kentucky Wildcats37 (616)Squadre di club 2010-2020 Wash. Wizards573 (10.879)2020-2022 Houston Rockets40 (823)2022-2023 L.A. Clippers34 (386) Il simbolo → indica un trasferimento in prestito. Statistiche aggiornate al 9 febbr...

 

Utah-based software company Fishbowl InventoryCompany typePrivateIndustrySoftwareFounded2001; 23 years ago (2001)HeadquartersOrem, Utah, United StatesProductsInventory Management SoftwareNumber of employees150 (January 2018)Websitefishbowlinventory.com Fishbowl (formerly ExpressTech Holdings) is an Orem, Utah-based software company that develops and publishes inventory management software and related software.[1] History Fishbowl was formed in 2001 by Chuck and Bever...

 

Family of languages Not to be confused with Angan languages. EnganEnga – Southern HighlandsGeographicdistributionNew GuineaLinguistic classificationNortheast New Guinea and/or Trans–New Guinea?EnganSubdivisions North (Engan) South (Kewa–Huli) Glottologenga1254Map: The Engan languages of New Guinea   The Engan languages   Trans–New Guinea languages   Other Papuan languages   Austronesian languages   Uninhabited The Engan, or more precis...

Dr. No PengarangIan FlemingPerancang sampulPat MarriottNegara United KingdomBahasaInggrisSeriJames BondGenreSpy novelPenerbitJonathan CapeTanggal terbit31 Maret 1958Jenis mediaPrintISBNISBN NA Invalid ISBNDidahului olehFrom Russia, with Love Diikuti olehGoldfinger  Dr. No (disebut juga Dr No atau Doctor No) merupakan novel resmi James Bond keenam yang ditulis oleh Ian Fleming. Novel ini diterbitkan pada 31 Maret 1958. Novel ini Fleming buat setelah...

 

Озеро Малое Аральское мореказ. Солтүстік Арал теңізі Нижний снимок — Малый Арал до возведения Кокаральской плотины (2005 год), верхний снимок — после её возведения (2006 год). Морфометрия Абсолютная высота42,2 м Площадь3300 км² Объём27 км³ Наибольшая глубина18 (по...

 

Hospital chain in India and Bangladesh Hospital in West Bengal, IndiaAMRI HospitalsAMRI Hospitals LtdThe Advanced Medical Research Institute, Dhakuria, KolkataGeographyLocationKolkata, West Bengal, IndiaOrganisationCare systemPrivate hospitalFundingFor-profit hospitalTypeGeneralPatronManipal HospitalsEmami GroupServicesStandardsNABHEmergency departmentYes (Trauma center)Beds1,200HistoryOpened1996; 28 years ago (1996)at Kolkata, IndiaLinksWebsiteOfficial website AMRI Hospital...

Species of flowering plant in the buttercup family Ranunculaceae Clematis ligusticifolia Conservation status Secure  (NatureServe)[1] Scientific classification Kingdom: Plantae Clade: Tracheophytes Clade: Angiosperms Clade: Eudicots Order: Ranunculales Family: Ranunculaceae Genus: Clematis Species: C. ligusticifolia Binomial name Clematis ligusticifoliaNutt. Clematis ligusticifolia is a climbing, spreading vine with showy flowers. It is also known as old-man's beard, yerba d...

 

2008 UK local government election Map of the results of the 2008 Hastings council election. Conservatives in blue, Labour in red and Liberal Democrats in yellow. The 2008 Hastings Borough Council election took place on 1 May 2008 to elect members of Hastings Borough Council in East Sussex, England. Half of the council was up for election and the council stayed under no overall control.[1] After the election, the composition of the council was: Conservative 15 Labour 13 Liberal Democra...

 

Constituency of Bangladesh's Jatiya Sangsad Bogra-4Constituencyfor the Jatiya SangsadDistrictBogra DistrictDivisionRajshahi DivisionElectorate312,081 (2018)Current constituencyCreated1973PartyJatiya Samajtantrik DalMember(s)A. K. M. Rezaul Karim Tansen← Seat no. 38Seat no. 39Seat no.40 → Bogra-4 is a constituency represented in the Jatiya Sangsad (National Parliament) of Bangladesh since 2023 by AKM Rezaul Karim Tansen of the Jatiya Samajtantrik Dal. Boundaries The constituency encompasse...

Church in Kansas, United StatesCathedral of St. PeterCathedral viewed from the southLocation in Kansas39°06′37″N 94°38′42″W / 39.1102°N 94.6451°W / 39.1102; -94.6451Location409 N. 15th St.Kansas City, KansasCountryUnited StatesDenominationRoman CatholicWebsitewww.cathedralkck.orgHistoryStatusCathedral/ParishFounded1907DedicationSt. Peter the ApostleDedicatedSeptember 5, 1927Consecrated1948 (as a cathedral)ArchitectureStyleGothic RevivalGroundbreaking1925Com...

 

Annual race in the United Arab Emirates since 2018 Abu Dhabi MarathonThe tower at ADNOC Headquarters (right), near the start and finish areaDateDecember[1]LocationAbu Dhabi, United Arab EmiratesEvent typeRoadDistanceMarathon, 10K, 5K, 2.5KEstablished2018 (6 years ago) (2018)[2]Course records2:04:40 (2019) (men) Reuben Kipyego[3][4]2:19:15 (2023) (women) Brigid KosgeiOfficial sitehttps://www.adnocabudhabimarathon.com The Abu Dhabi Marathon (also kn...