Nantes

Nantes

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (Admin. gewes) Pays de la Loire
 Département Loire-Atlantique
 Koördinate 47°13′N 01°33′W / 47.217°N 1.550°W / 47.217; -1.550
 Stigting Omstreeks 70 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 65,19 vk km
 Hoogte bo seevlak 2–52 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 318 808
 - Bevolkingsdigtheid 4 900/vk km
 - Aire urbaine 650 081
 Tydsone UTC +1 (MEST)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester (2020–2026) Johanna Rolland (PS)
 Amptelike webwerf www.nantes.fr

Nantes (Frans: [nɑ̃t], ; Gallo: Naunnt of Nantt, [nɑ̃(ː)t]; Bretons: Naoned, [ˈnãunət]) is die hoofstad van die région (gewes) Pays de la Loire en die département Loire-Atlantique (Frankryk), aan die oewer van die Loire rivier, met 'n oppervlakte van 65,19 km² en 'n bevolking van 318 808 in 2019). Dit is op vyf na die grootste stad in Frankryk en van alle groot Franse stede dié wat die hoogste bevolkingsgroei ervaar. Die metropolitaanse gebied van Nantes (aire urbaine) het 'n bevolking van meer as 650 000.

Geografie

Nantes lê sowat 55 kilometer oos van die Atlantiese kus, teen die noordoewer van die Loirerivier. Naby die stad mond die Erdrerivier in die Loire uit.

Die klimaat van Nantes word hoofsaaklik deur die nabyheid van die Atlantiese Oseaan beïnvloed; sy hoofkenmerke is matige en vogtige winters en warm somers met 'n aantal reëndae. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 12 °C (5 °C in die winter en 18,5 °C in die somer).

Geskiedenis

Die oudste nedersettings aan die oewer van die Loire dateer uit die tydperk tussen 900 en 600 v.C. Vanaf 500 v.C. word die gebied deur Keltiese stamme verower. Teen die jaar 70 v.C. stig die Gallies-Keltiese volk van die Namnete hulle hoofstad in die gebied wat na die verowering deur Julius Caesar (56 v.C.) die Latynse naam Portus Namnetus kry en as Romeinse seehawe dien.

Die katedraal van Nantes

Na die verspreiding van die Christendom in die 3de eeu ly die gebied onder die aanslae van Saksiese (285), Frankiese (teen die jaar 500), Deense en Noorse (843) en Alemanniese invallers. In die 5de en 6de eeu steek die Bretonners die Kanaal oor en vestig hulle in die gebied van die huidige Nantes.

Na die onderwerping van die graaf van Nantes word die stad in 1066 by die Bretagne ingelyf. 1154 word Nantes aan die Engelse koning Hendrik I (Henri I) oorgehandig, en onder die bewind van Anna van Bretagne word die stad uiteindelik Frans en is tot 1941 die hoofstad van die Bretagne.

In 1598 word in die stad die sogenaamde Edik van Nantes uitgereik wat die godsdiensoorloë tussen Katolieke en Protestante in Frankryk voorlopig beëindig. Die edik is 'n eerste stap in die rigting van geloofsvryheid.

Die stad word in die 18de eeu die belangrikste hawe vir die Franse slawehandel; seevaarders van Nantes koop slawe aan die weskus van Afrika en verkoop hulle in die Karibiese Eilande waar hulle op die plantasies moet werk.

Jean-Baptiste-Camille Corot: Die katedraal van Nantes

Tydens die Oorloë van Vendée (1793 tot 1794) veg Republikeine en Monargiste naby Nantes teen mekaar. Die rewolusionêre politikus Jean Baptiste Carrier is verantwoordelik vir die berugte massaverdrinkings (die sogenaamde noyades) wat 1793 in Nantes plaasvind.

Die stad ervaar 'n ekonomiese bloeityd in die 19de eeu; Nantes is die eerste stad wêreldwyd wat in 1826 'n buslinie as openbare vervoer instel. Met die maatskappye Lefèvre-Utile en die Biscuiterie Nantaise word die stad 'n sentrum van die Franse beskuitnywerheid.

Na die wapenstilstand van 1940 word Nantes deur Duitse troepe beset. Tussen 27 Julie 1940 en 2 Augustus 1944 is daar 28 lugaanvalle. Die Amerikaanse lugaanvalle van 16 en 23 September 1943 verwoes die binnestad, en naastenby 1 500 inwoners sterf. Op 12 Augustus 1944 word die stad bevry.

Na die Tweede Wêreldoorlog raak die stad sy nywerheidsbasis geleidelik kwyt. Die hawe is na die monding van die Loirerivier in Saint-Nazaire verskuif. Gedurende die laaste vyftien jare van die 20ste eeu verander die ekonomiese basis danksy die snelle groei van die moderne dienstesektor.

Ekonomiese basis

Nantes is 'n belangrike seehawe en 'n sentrum van die yster-, glas-, tekstiel- en suikernywerheid. Die Universiteit van Nantes word in 1460 gestig.

Vervoer

Met die Aéroport Nantes Atlantique beskik Nantes oor 'n internasionale lughawe, wat in die dorp Bouguenais in die suidooste van die metropolitaanse gebied geleë is. Met jaarliks sowat twee miljoen passasiers is dit die tweede grootste provinsiale lughawe na Lyon, wat veral vakansievlugte handhaaf.

Tans word 'n nuwe lughawe in Notre-Dame-des-Landes beplan, wat die ekonomiese groei van die gebied tussen Nantes en Rennes sal bevorder. Die projek midde-in 'n digbevolkte gebied het reeds teenkanting van die plaaslike bevolking gekry.

Sport

Nantes beskik met die FC Nantes oor een van die vernaamste sokkerklubs in die Ligue 1. Nantes se Stade de la Beaujoire is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, die Rugbywêreldbeker 2007 en die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.

Besienswaardighede

Die Passage Pommeraye
  • Een van die bekendste boorlinge van Nantes is die skrywer van wetenskapsfiksie Jules Verne (8 Februarie 1828 – 24 Maart 1905); die Musée Jules Verne behandel sy werk. Die twee ander belangrike musea van Nantes is die Musée des Beaux-Arts en die Musée Dobrée.
  • Die Lieu Unique is 'n voormalige beskuitfabriek, wat vandag as 'n gewilde kultuursentrum dien.
  • Een van die bekendste passages (winkelsentra uit die 19de eeu met 'n oordekte wandellaan as middelpunt) in Frankryk is die Passage Pommeraye tussen die rue Santeuil en die rue de la Fosse wat deur die notaris Louis Pommeraye en die argitekte Jean-Baptiste Buron en Hippolyte Durand Gasselin as die moderne weergawe van 'n oosterse mark beplan en in Julie 1843 voltooi is. Die elegante gebou met drie verdiepings in die binnestad van Nantes is van glas, yster en marmer gemaak en van 'n oordaad versierings voorsien, onder meer skulpture in die styl van die renaissance. Dit huisves 66 elegante winkels, koffiekroeë en restourante waar onder meer outeurs, skilders en rolprentmakers gesels. Die passage is in 1976 tot historiese monument verklaar.
  • Die kasteel van die hertoë van die Bretagne (Château de Ducs de Bretagne) dien tussen die vroeë 13de en die 15de eeu as die setel van die Bretonse hertoë. Die kasteel is in 1862 tot historiese monument verklaar.

Eksterne skakels

Read other articles:

Jaime RibeiroJaime Ribeiro menerima Ordem de Timor-Leste dari Presiden Francisco Guterres pada tahun 2018 Informasi pribadiLahir(1959-04-15)15 April 1959Liquiçá, Timor PortugisMeninggal30 Juni 2019(2019-06-30) (umur 60)Dili, Timor LestePartai politikPartidu Libertasaun PopularKarier militerPihak Timor LesteDinas/cabang FalintilMasa dinas1975—2001Pertempuran/perangPendudukan Indonesia di Timor TimurSunting kotak info • L • B Perdana Menteri Taur Matan Ruak pada pema...

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Aziz Ali al-Misri – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR al-Fareq Aziz Ali al-Masri street sign, Cairo Aziz Ali al-Misri (1879-1959) ialah seorang perwira dan politikus Turki Utsmani. Ia lul...

 

Abandoned orchestral song by Jean Sibelius The RavenAbandoned song by Jean SibeliusThe composer (c. 1913)Native nameDer RabeCatalogueNoneTextThe Ravenby Edgar Allan PoeLanguageGermanComposed9 Nov. to mid-Dec. 1910[1](abandoned, material reused) The Raven (in German: Der Rabe)[2] was a projected song for soprano and orchestra that occupied the Finnish composer Jean Sibelius from 9 November to mid-December 1910,[1] at which point he abandoned the project....

Negara-negara yang disebutkan di dalam laporan Zhang Qian. Negara yang ia kunjungi berwarna biru. Kangju (Hanzi: 康居; Pinyin: Kangju; Wade–Giles: K'ang-chü) adalah nama Tionghoa untuk sebuah kerajaan kuno di Asia Tengah yang merupakan negara kuat di wilayah Transoxiana setelah Yuezhi.[1] Penduduknya yang disebut Kang (康) adalah penduduk semi-nomaden bangsa Indo-Eropa yang kemungkinan masih terkait dengan orang Sogdiana Iran. Nama Hill (2015) menulis bahwa makna dar...

 

Jeruk manis Buah jeruk manis di pasar Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae Divisi: Magnoliophyta Kelas: Magnoliopsida Subkelas: Rosidae Ordo: Sapindales Famili: Rutaceae Genus: Citrus Spesies: C. x sinensis Nama binomial Citrus × sinensis Jeruk Manis (Lat.; Citrus x sinensis) merupakan jenis jeruk yang diduga berasal dari daerah antara Assam, India, Tiongkok selatan atau Asia Tenggara.[1] Pohon jeruk ini memiliki daun bersayap, berbau harum, pada ketiak daun terdapat duri denga...

 

Insignes de l’ISAF et de la Task Force Lafayette sur des militaires français lors de la prise d'armes au Palais du Gouverneur militaire de Strasbourg, le 31 janvier 2013, en présence du chef d’état-major de l’armée de terre, le général Bertrand Ract-Madoux, à l’occasion du retour en France de la Task force Lafayette. Les forces de l'armée française interviennent dans la guerre d'Afghanistan à partir de la fin 2001 dans deux opérations internationales distinctes : la f...

Overview of the state of capital punishment in Brazil Capital punishment is a long unused form of punishment in Brazil. The last recorded instance of a death penalty convict being executed in the country was in 1876. Although virtually abolished, it is still legal during wartime, according to the Article 5, XLVII, a, of the Federal Constitution. Brazil is the most populous country in the world that does not retain the death penalty in practice (Mexico is the most populous to have abolished it...

 

Delicate Arch in Arches National Park, Utah, United States Pelengkung atau busur (Inggris: arch) adalah suatu bentuk lahan atau bentang alam berupa lengkungan dengan sebuah lubang di bawahnya. Bentukan pelengkung umumnya terdapat pada tebing daratan, tebing pantai, sirip, atau tumpukan yang disebabkan oleh erosi air laut, sungai, atau proses pelapukan oleh cuaca.[1][2][3][4][5][6][7] Referensi ^ Sunarto (2008). Hakikat Bencana Kepesi...

 

Gang TianGang Tian à Oberwolfach en 2005.FonctionMembre du comité national de la conférence consultative politique du peuple chinois13e comité national de la conférence consultative politique du peuple chinois (en)12e comité national de la conférence consultative politique du peuple chinois (en)11e comité national de la conférence consultative politique du peuple chinois (d)BiographieNaissance 24 novembre 1958 (65 ans)NankinNationalité chinoiseFormation Université de PékinUni...

Homosexual acts in Romania were decriminalized on September 6, 2001.[1] Middle Ages As with much of Europe during the time, the Romanian Middle Ages were largely characterized by hard labor and poverty brought about by classism; these issues played-into wider problems of societal regression, repression and oppression, with the exception of the elites. Due to the hard living of the time, morality was held in extremely high regard, with Christianization (by Saint Andrew in Dobruja) as ...

 

Chief lighting technician Gaffer Patrick Shellenberger in a production photograph on the set of Dim Sum: A Little Bit of Heart In film and television crews, the gaffer or chief lighting technician is the head electrician, responsible for the execution (and sometimes the design) of the lighting plan for a production. The gaffer's assistant is the best boy electric. Etymology There are several possible explanations for the history of the term gaffer. One possibility is that the term originally ...

 

Galactic Sculpture #2 by Ron Kowalke, 1981, Honolulu Museum of Art Ron Leory Kowalke (born 1936, died February 26, 2021[1]) was an American painter, printmaker, sculptor, and art educator born in Chicago. He attended the Art Institute of Chicago and the University of Chicago, but earned his BA from Rockford University in 1959. He received an MFA from Cranbrook Academy of Art in 1960. He taught at Northern Illinois University and the Swain School of Design before joining the faculty of...

NGC 3506 صورة NGC 3506 مراقبة البيانات (حقبة حقبة) الكوكبة كوكبة الأسد رمز الفهرس NGC 3506 (الفهرس العام الجديد)2MASX J11031294+1104363 (Two Micron All-Sky Survey, Extended source catalogue)UGC 6120 (فهرس أوبسالا العام)MCG+02-28-047 (فهرس المجرات الموروفولوجي)PGC 33379 (فهرس المجرات الرئيسية)Z 66-105 (فهرس المجرات وعناقيد المجرات)Z 1100.6+112...

 

German philosopher (1844–1900) Nietzsche redirects here. For other uses, see Nietzsche (disambiguation). Friedrich NietzscheNietzsche in Basel, Switzerland, c. 1875BornFriedrich Wilhelm Nietzsche(1844-10-15)15 October 1844Röcken, Province of Saxony, Prussia, German ConfederationDied25 August 1900(1900-08-25) (aged 55)Weimar, Saxe-Weimar-Eisenach, German EmpireResting placeRöcken ChurchyardAlma mater University of Bonn Leipzig University Era19th-century philosophyRegionWestern ph...

 

County in Virginia, United States County in VirginiaSurry CountyCounty SealLocation within the U.S. state of VirginiaVirginia's location within the U.S.Coordinates: 37°07′01″N 76°53′18″W / 37.11691°N 76.88831°W / 37.11691; -76.88831Country United StatesState VirginiaFounded1652Named forSurreySeatSurryLargest townClaremontArea • Total310 sq mi (800 km2) • Land279 sq mi (720 km2) • Wa...

Cet article est une ébauche concernant une personnalité française. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Pour les articles homonymes, voir Jean de Bueil. Jean IV de BueilTitre de noblesseComte de SancerreBiographieNaissance 1365Décès 25 octobre 1415ArrasActivité MilitaireFamille Famille de BueilPère Jean III de BueilMère Anne d'Avoir (d)Fratrie Hardouin de BueilConjoint Marguerite, Da...

 

Diagram Hertzsprung-Russell atau diagram H-R (sering kali disebut juga sebagai diagram warna-magnitudo) adalah diagram hubungan antara magnitudo mutlak/luminositas dan kelas spektrum bintang/indeks warna. Diagram ini dikembangkan secara terpisah oleh astronom Denmark, Eijnar Hertzsprung pada tahun 1911 dan astronom Amerika Serikat, Henry Norris Russell pada tahun 1913. Diagram ini sangat penting artinya dalam astrofisika terutama dalam bidang evolusi bintang. Sejarah Pada awal abad 20, astron...

 

Este artículo o sección necesita referencias que aparezcan en una publicación acreditada. Busca fuentes: «Acuario Inbursa» – noticias · libros · académico · imágenesEste aviso fue puesto el 19 de junio de 2017. Acuario Inbursa Túnel AcuarioEslogan Sumérgete en la diversiónUbicaciónPaís  MéxicoLocalidad Nuevo PolancoDirección Miguel de Cervantes Saavedra 386, Frente a Plaza Carso.Coordenadas 19°26′24″N 99°12′18″O / 19.440057...

2021 award ceremony 30th Seoul Music AwardsDateJanuary 31, 2021 (2021-01-31)VenueOlympic Gymnastics ArenaCountrySouth KoreaHosted byShin Dong-yupKim Hee-chulChoi Soo-youngMost awardsBTS (6 awards)Websiteseoulmusicawards.com ← 29th · Seoul Music Awards · 31st → The 30th Seoul Music Awards, organized by Sports Seoul and broadcast through KBS N and Niconico, on January 31, 2021.[1] The ceremony was held with no on-site audience due to the ...

 

A questa voce o sezione va aggiunto il template sinottico {{Scuderia motoristica}} Puoi aggiungere e riempire il template secondo le istruzioni e poi rimuovere questo avviso. Se non sei in grado di riempirlo in buona parte, non fare nulla; non inserire template vuoti. La TOM'S Co., Ltd (株式会社トムス?, Kabushiki-gaisha Tomusu) è un'azienda automobilistica giapponese che svolge la funzione di preparatore di vetture sportive per la Toyota e la Lexus. Il nome è un ...