Côtes-d'Armor

Côtes-d'Armor (22)
Ligging van Côtes-d'Armor in Frankryk
Gewes Bretagne
Prefektuur Saint-Brieuc
Onderprefekture Dinan
Guingamp
Lannion
Bevolking 569 500 inw.
(2006)
Bevolkingsdigtheid 82 inw./vk km
Oppervlakte 6 878 vk km
Arrondissemente 4
Kantonne 52
Munisipaliteite 373
President van die
Conseil général
Alain Cadec
(Les Républicains)

Die Côtes-d'Armor is 'n département in die région Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6 878 km² en sowat 569 500 inwoners (2006). Die naam van die département is afgelei van die Bretonse Arvot - "kusland", maar ook "land in die see" as 'n verwysing na die talle eilande langs die kus, in teenstelling met Argoad, die binneland – en sy vroeëre naam, Côtes-du-Nord (Bretons: Aodoù-an-Arvor).

Côtes-d'Armor: Die vuurtoring van Paon

Die Côtes-d'Armor het 'n kuslyn van 350 kilometer langs die suidelike Engelse Kanaal, met die bekende rotswande van Plouha, die strande van Saint-Michel en die Kus van die Pienk Graniet (Frans: Côte de Granit Rose). Die tradisies en rykdom van die streek is nou met die see verbind, en daar is baie visserhawens met 'n kleurryke geskiedenis.

Die fynproewers vergader in die najaar en lente in die baai van Saint-Brieuc, om van die Sint-Jakobsmossels te proe wat vars gevang is. Die département met sy talle jaghawens is ook 'n paradys vir watersport-entoesiaste.

Die hartland van die Côtes-d'Armor is 'n gebied van pragtige natuurskoon, rustigheid en stilte. Sy kulturele erfenis sluit landelike kastele, ou dorpies, kapelle en megaliete in.

Geskiedenis

Die Amoco Cadiz aan die sink in 1978

Die département word op 4 Maart 1790 geskep en beslaan feitlik die gebied van die vroeëre hertogdom Saint-Brieuc. Vir tweehonderd jaar word die naam Côtes-du-Nord gebruik, wat deur baie inwoners as ongeskik geag word. In 1990 is die naam verander na Côtes-d'Armor.

Die gebied van Côtes-d'Armor was eeue lank 'n belangrike sentrum van die Bretonse laken- en linnedoeknywerheid, en stede soos Moncontour met sy indrukwekkende stadsmuur en Dinan met sy graniet- en vakwerkhuise is pragtige voorbeelde van hierdie ryke verlede.

Op 16 Maart 1978 is die kuslyn van Côtes-d'Armor deur een van die grootste olie-seerampe in die geskiedenis van die moderne seevaart getref, toe die tenker Amoco Cadiz naby Portsall voor die Bretonse kus vergaan het. Sowat 220 000 ton ru-olie het binne 'n kort tyd uitgeloop en meer as 400 kilometer kuslyn in Bretagne besmet.

Duisende seevoëls het as gevolg van die ramp gesterf, wat 'n skade van 750 miljoen VSA-dollar vir die Bretonse ekonomie berokken en veral die vissery en die toerisme getref het. Die sensitiewe ekostelsel van die Bretonse kuslyn het eers jare ná die ramp volledig herstel.

Die Côte de Granit Rose

Die Côte de Granit Rose (Bretons: Aod ar Vein Ruz) is 'n kusstreek en gewilde toeristebestemming in die noorde van die départemment, geleë tussen Paimpol en Trébeurden, wat vir sy kenmerkende rooskleurige granietrotse bekend staan. Die graniet het sy opvallende kleur aan veldspaat te danke.

Die meul van Birlot op die eiland Bréhat

Die rotsformasies het sowat ses miljoen jaar gelede ontstaan, toe magma in 'n diepte van ses kilometer afkoel en geleidelik lae van graniet begin vorm het. Ingevolge van erosie en hoër seevlakke ná die einde van die ystydperk, waardeur die boonste lae van die graniet deur water afgeslyp is, word die druk op die laer vlakke van die gesteente verlig. Die graniet is mettertyd gespleet en kry sy huidige vorm.

Baie van die rotse het tradisionele name soos "Die olifant", "Die doodshoof" of "Die heks". Die bekendste granietrots lê digby Perros-Guirec en voor die hawe van Ploumanac'h en het die naam "Napoléon se hoed" gekry. Hy verwerf bekendheid danksy die Britse uitsaaidiens BBC, wat op 3 April 1943 om ses uur saans met sy vraag "Is Napoléon se hoed nog steeds in Perros-Guire?" die sinjaal vir die begin van die gewapende weerstand teen die Duitse besetters gegee het.

Vroeër is 'n aantal groot villas tussen die rotse opgerig, maar die kusgebied is lankal tot bewaringsgebied verklaar, sodat boubedrywighede nie meer toegelaat word nie.

Tussen Ploumanac'h en Perros-Guirec lê ook een van die bekendste bedevaartsoorde in Bretagne, die kerk Notre-Dame-de-Clarté. Die kerk, wat uit die graniet van die omgewing gebou is, dateer uit die 15de eeu en is veral gewild onder Bretonse seevaarders, wat dit met modelskepe en ander vissersimbole versier het.

Ekonomie

Landbou, veeteelt en voedselverwerking vorm die belangrikste ekonomiese basis van Côtes-d'Armor, en die gebied is een van die vernaamste verskaffers van varkvleis in Europa.

Danksy die lang kuslyn beskik die département oor sewe handels- en sewentien visseryhawens met 'n hoogs ontwikkelde visserybedryf. Die gebied staan veral bekend vir sy Sint-Jakobsmossels, 'n gewilde seekos in Frankryk.

Lannion het tot 'n belangrike Franse sentrum van die telekommunikasie- en hoëtegnologiebedryf ontwikkel. Die Museum van die Telekommunikasie van France Télécom in Pleumeur-Bodou behandel die geskiedenis van die bedryf.

Die départements van Frankryk (Départements français)
Metropolitaanse Frankryk (France métropolitaine

01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône| 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements (Départements d’outre-mer
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion | 976 Mayotte  
Andere oorsese gebiede:  
Oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer
Saint-Martin (collectivité territoriale) | 975 Sint Pierre en Miquelon (collectivité territoriale) | Sint Bartholomeus‎ (collectivité territoriale) | 986 Wallis en Futuna (territoire) | 987 Frans-Polinesië (pays d’outre-mer)  
Spesiaal statuut (Statut spécifique
Nieu-Kaledonië  
Onbewoonde gebiede (Territoires inhabités
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | Clipperton

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes

Read other articles:

CiccianoKomuneComune di CiccianoLokasi Cicciano di Provinsi NapoliNegara ItaliaWilayah CampaniaProvinsiNapoli (NA)Luas[1] • Total7,33 km2 (2,83 sq mi)Ketinggian[2]52 m (171 ft)Populasi (2016)[3] • Total12.698 • Kepadatan1,700/km2 (4,500/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos80033Kode area telepon081Situs webhttp://www.comune.cicciano.na.it Cicciano adala...

 

1944 film by William Wyler This article is about the 1944 documentary film. For the 1990 film, see Memphis Belle (film). For the aircraft itself, see Memphis Belle (aircraft). The Memphis Belle: A Story of a Flying FortressTheatrical posterDirected byWilliam WylerWritten byJerome ChodorovLester KoenigWilliam WylerStarringThe crew of the Memphis BelleNarrated byEugene KernCinematographyWilliam H. ClothierWilliam V. SkallHarold J. TannenbaumWilliam WylerEdited byLynn Harrison[1]Music by...

 

Cet article est une ébauche concernant la chronologie du cinéma. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Chronologies Données clés 1947 1948 1949  1950  1951 1952 1953Décennies :1920 1930 1940  1950  1960 1970 1980Siècles :XVIIIe XIXe  XXe  XXIe XXIIeMillénaires :-Ier Ier  IIe  IIIe Chronologies géographiques Afrique Afrique du Sud, Algérie,...

У этого термина существуют и другие значения, см. Измаил (значения). Измаилישמעאל Пол мужской Период жизни по иудейской традиции:1726—1589 до н. э. по православной традиции:2029—1892 до н. э. Толкование имени Слышит Бог Имя на других языках греч. Ισμαήλлат. Ismael Упоминания Быт. ...

 

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Tokugawa Ieyasu – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Tokugawa Ieyasu徳川家康 Tokugawa Shogun 1Masa jabatan1603–1605Penguasa monarkiGo-Yōzei PendahuluZaman SengokuPenggantiShogun...

 

Strada statale 290di AlimenaLocalizzazioneStato Italia Regioni Sicilia Province Palermo Enna DatiClassificazioneStrada statale InizioSS 120 presso bivio Madonnuzza FineSS 121 presso stazione di Enna Lunghezza47,520[1] km Provvedimento di istituzioneD.M. 16/11/1959 - G.U. 41 del 18/02/1960[2] GestoreANAS Manuale La strada statale 290 di Alimena (SS 290) è una strada statale italiana della Sicilia che prende il nome dall'omonimo comune. Indice 1 Percorso 1.1 Tabe...

Final Piala Raja Spanyol 1991TurnamenPiala Raja Spanyol 1990–1991 Atlético Madrid Mallorca 1 0 Tanggal29 Juni 1991StadionStadion Santiago Bernabéu, MadridWasitJoaquín Ramos MarcoPenonton60.000← 1990 1992 → Final Piala Raja Spanyol 1991 adalah pertandingan final ke-87 dari turnamen sepak bola Piala Raja Spanyol untuk menentukan juara musim 1990–1991. Pertandingan ini diikuti oleh Atlético Madrid dan Mallorca dan diselenggarakan pada 29 Juni 1991 di Stadion Santiago Bernabé...

 

Jungius redirects here. For the Royal Navy officer, see James Jungius. Joachim Jungius (1587–1657) Joachim Jungius (born Joachim Junge; 22 October 1587 – 23 September 1657) was a German mathematician, logician and philosopher of science. Life Jungius was a native of Lübeck. He studied metaphysics at the Universities of Rostock and Giessen, where in 1608 he earned his degree. Beginning in 1609, he was a professor of mathematics at the University of Giessen, and in 1614–15, w...

 

追晉陸軍二級上將趙家驤將軍个人资料出生1910年 大清河南省衛輝府汲縣逝世1958年8月23日(1958歲—08—23)(47—48歲) † 中華民國福建省金門縣国籍 中華民國政党 中國國民黨获奖 青天白日勳章(追贈)军事背景效忠 中華民國服役 國民革命軍 中華民國陸軍服役时间1924年-1958年军衔 二級上將 (追晉)部队四十七師指挥東北剿匪總司令部參謀長陸軍�...

Magical Pokémon Journeyポケットモンスター PiPiPi★アドベンチャー(Poketto Monsutā PiPiPi★Adobenchā) MangaPengarangYumi TsukirinoPenerbitShogakukanPenerbit bahasa InggrisNA Viz MediaSG Chuang YiMajalahCiaoDemografiShōjoTerbitJuli 1997 – Februari 2003Volume10  Portal anime dan manga Magical Pokémon Journey, aslinya diterbitkan di Jepang sebagai Pocket Monsters PiPiPi Adventures (ポケットモンスター PiPiPi★アドベンチャーcode: ja is deprecated , ...

 

この項目には、一部のコンピュータや閲覧ソフトで表示できない文字が含まれています(詳細)。 数字の大字(だいじ)は、漢数字の一種。通常用いる単純な字形の漢数字(小字)の代わりに同じ音の別の漢字を用いるものである。 概要 壱万円日本銀行券(「壱」が大字) 弐千円日本銀行券(「弐」が大字) 漢数字には「一」「二」「三」と続く小字と、「壱」「�...

 

This article needs to be updated. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (April 2020) BridesMarch 2009 cover of BridesEditorGabriella Rello Duffy(Editorial Director)Corinne Pierre-Louis(Senior Fashion Editor)Jessica Chassin(Senior Social Media Editor)FrequencyQuarterlyPublisherDotdash MeredithTotal circulation(2013)330,605[1]Founded1934CompanyIACCountryUSLanguageEnglishWebsitewww.brides.com Brides (stylized in all caps) is an American ...

Questa voce o sezione sull'argomento matematica non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Curve trasverse sulla superficie di una sfera Curve non trasverse sulla superficie di una sfera In matematica, e più precisamente in topologia differenziale, la trasversalità è una proprietà opposta alla ta...

 

For first-language speakers only, see List of languages by number of native speakers. Principal language families of the world (and in some cases geographic groups of families). For greater detail, see Distribution of languages in the world. This is a list of languages by total number of speakers. It is difficult to define what constitutes a language as opposed to a dialect. For example, Chinese and Arabic are sometimes considered single languages, but each includes several mutually unintell...

 

33°46′22″N 84°21′58″W / 33.7728°N 84.3661°W / 33.7728; -84.3661 Mixed-use development in Georgia, United StatesPonce City MarketPonce City Market under renovation in May 2012Former namesSears, Roebuck and Co. Mail-Order Warehouse and Retail Store; City Hall EastGeneral informationTypeMixed-use developmentArchitectural styleLate 19th and 20th Century RevivalsAddress675 Ponce de Leon Ave. NETown or cityAtlanta, GeorgiaCountryUnited StatesInaugurated1926Renov...

Local government district in Northern Ireland Borough in Northern Ireland, United KingdomCauseway Coast and Glens Irish: Cósta an Chlocháin agus na GleanntaUlster Scots: Causey Coast an GlensBoroughSovereign stateUnited KingdomConstituent countryNorthern IrelandStatusDistrictAdmin HQColeraineIncorporated1 April 2015Government • TypeBorough council • BodyCauseway Coast and Glens District CouncilArea • Total760 sq mi (1,980 km2)Population...

 

Questa voce sull'argomento lingua olandese è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Fiammingo orientaleOost-VlaamsParlato inBelgioPaesi Bassi LocutoriTotale1,1 milioni TassonomiaFilogenesiLingue indoeuropee Germaniche  Occidentali   Olandese    Dialetti fiamminghi     fiammingo orientale Codici di classificazioneLinguist Listvls-oos (EN) Glottologoost1241 (EN) Linguasphe...

 

Undergraduate academic degree This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Bachelor of Education – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (November 2014) (Learn how and when to remove this message) A Bachelor of Education (B.Ed. or BEd) is an undergraduate academic degree which prepares students for ...

نهر السند     المنطقة البلد باكستان الصين الهند  الخصائص الطول 3180 كيلومتر  المنبع الرئيسي هضبة التبت (4255 متر)  المصب بحر العرب  مساحة الحوض 1165000 كيلومتر مربع  الروافد نهر شيوك  [لغات أخرى]‏،  ونهر سرو  [لغات أخرى]‏،  ونهر سوان  [لغات أ...

 

Pour les articles homonymes, voir Mars. Mars Mars, extrait des Très Riches Heures du duc de Berry (vers 1410-1416 puis années 1440). Éphémérides 1er 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31         février avril modifier Mars est le troisième mois de l’année dans les calendriers julien et grégorien. C’est aussi le premier mois du printemps dans l’hémisphère nord (l’équinoxe a lieu le 19, le 20 ou le 21 mars). Et...