31 Augustus
31 Augustus is die 243ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (244ste in skrikkeljare). Daar volg nog 122 dae in die res van die jaar.
Gebeure
Geboortes
- 12 – Caligula, keiser van die Romeinse Ryk († 41).
- 161 – Commodus, Romeinse keiser († 192).
- 1863 – Johannes Egbertus Vixseboxse, Nederlands-gebore Suid-Afrikaanse argitek en bouaannemer († 1943).
- 1880 – Wilhelmina, koningin van Nederland († 1962).
- 1897 – Fredric March, Amerikaanse akteur († 1975).
- 1907 – Ramon Magsaysay, Filippynse politikus en president († 1957).
- 1928 – James Coburn, Amerikaanse akteur († 2002).
- 1934 – Raymond Buckland, Brits-gebore Amerikaanse skrywer († 2017).
- 1937 – Christo Viljoen, Suid-Afrikaanse ingenieur, akademikus en die "Vader van die Tegnopark" († 2023).
- 1957 – Rachelle Greeff, Afrikaanse joernalis en skrywer.
- 1960 – Hassan Nasrallah, Libanese geestelike en die sekretaris-generaal van Hezbollah († 2024).
- 1970 – Debbie Gibson, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1971 – Wadim Repin, Russiese violis.
- 1984 – Charl Schwartzel, Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler.
Sterftes
- 1056 – Theodora, keiser van die Bisantynse Ryk (* 980).
- 1422 – Hendrik V van Engeland, koning van Engeland (* 1387).
- 1739 – Petrus Kalden, die 13de predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sterf (* 1670).
- 1814 – Arthur Phillip, die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet (* 1738).
- 1929 – Lourens Geldenhuys, baanbreker van die Witwatersrand en 'n politikus van die Suid-Afrikaanse Party (* 1864).
- 1948 – Andrei Zhdanov, Sowjetleier en kulturele ideoloog (* 1896).
- 1977 – Sid Atkinson, Suid-Afrikaanse atleet (* 1901).
- 1979 – Sally Rand, Amerikaanse burleskdanser (* 1904).
- 1980 – Chris Burger, heelagter van die WP, sterf nadat hy sy nek die vorige dag in 'n rugbywedstryd teen die Vrystaat gebreek het (* 1952).
- 1993 – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur (* 1900).
- 1997 – Prinses Diana van Wallis (* 1961).
- 1998 – Gerhard Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1913).
- 2014 – Ollie Viljoen, Afrikaanse musikant, storieverteller, TV-regisseur en aanbieder van RSG se vastrap-program (* 1939).
- 2018 – Marinus Wiechers, Suid-Afrikaanse regskundige en grondwetkenner (* 1937).
- 2021 – Kebby Maphatsoe, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* onbekend).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 31 August. |
|
|