Schalk Brits (gebore in Empangeni, KwaZulu-Natal, 16 Mei 1981) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat voorheen vir die Stormers as haker in die Superrugbyreeks en Westelike Provinsie in die Curriebeker gespeel het. Van 2009 tot 2018 was hy verbonde aan Saracens in Engeland, en het hy in 216 wedstryde vir hulle uitgedraf.
Hy was ook 'n lid van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015 en die Rugbywêreldbeker 2019.
Springbokloopbaan
Brits het sy debuut vir die Springbokke op 21 Junie 2008 teen Italië in Kaapstad gemaak, met sy laaste toetswedstryd by die Rugbywêreldbeker in 2019, op ouderdom 38.
Eksterne skakels
Springbokspanne gehaal |
---|
Springbokke vir 2019-Rugbykampioenskapreeks |
---|
Voorspelers | |
---|
Agterspelers | |
---|
Afrigter | |
---|
|