Andries Bekker (5 Desember 1983, Goodwood) is 'n Springbokrugbyspeler wat tot 2012 vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker en die Stormers in Superrugby gespeel het.
Bekker speel sy eerste toetswedstryd vir Suid-Afrika in 2008 teen Wallis tydens 'n 43–17 oorwinning in Bloemfontein.
Sy lengte van 6'11" maak hom een van die langste internasionale rugbyspelers, maar hy haal eers die Springbokspan op 'n gereelde basis na die voormalige slotpaar Bakkies Botha en Victor Matfield uittree. Hy is die seun van oud-Springbok Hennie Bekker, wie ook op slot gespeel het.
As rekordhouer van die langste Springbok in die geskiedenis, was Andries Bekker 'n indrukwekkende gestalte in die DHL Stormers lynstaan. Tenspyte van sy reuse liggaamsbou is hy bedeeld met spoed en goeie beweeglikheid; aspekte wat van hom 'n integrale deel in sy span maak. Sy ondervinding en spelvlak verhoog die sukses van enige span vir wie hy uitdraf, plaaslik of internasionaal. Bekker was 'n Vodacom Super 14 "Rugbyspeler van die Jaar" benoeming in 2008.
Vanaf die 2013-seisoen draf hy vir die Kobelco Steelers van Japan uit.[1]
Hy het sy aftreding in Januarie 2018 aangekondig.[2]
Verwysings
Eksterne skakels