Universiteit van Suid-Afrika

Universiteit van Suid-Afrika
Die Universiteit van Suid-Afrika

Leuse:Pro Gentibus Sapientia[1]
Leuse in Afrikaans:(Kennis) In diens van die mensdom
Gestig:26 Junie 1873
Tipe:Openbare universiteit met afstandsonderrig
Kanselier:Thabo Mbeki
Personeel:5 762 (2017) [2]
Studentetal:381 484 (2017)[3]
Ligging:Pretoria, Gauteng
25°46′02″S 28°11′58″O / 25.76722°S 28.19944°O / -25.76722; 28.19944
Kleure:               Oranje, rooi en blou
Webtuiste:unisa.ac.za


Die Universiteit van Suid-Afrika is 'n universiteit in Pretoria, Gauteng, wat deur afstandsonderrig opleiding aan studente binne en buite Suid-Afrika verskaf. Die universiteit staan ook bekend as Unisa (Universiteit van Suid-Afrika). Dit was die eerste universiteit ter wêreld wat opleiding deur middel van korrespondensie verskaf het. In Desember 2017 het die universiteit 381 484 ingeskrewe studente vanoor die hele wêreld gehad, wat beteken dat hy die grootste universiteit in Afrika is en ook een van die wêreld se mega-universiteite. Volgens 'n peiling in 2010, was Unisa die agtste beste universiteit in Suid-Afrika, en die 1290e in die wêreld.[4]


Geskiedenis

Die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop is in 1873 gestig. Na uniewording is dit in 1916 in die huidige Universiteit van Suid-Afrika omskep. In die 1940's het die behoefte aan afstandsonderrig ontstaan. In 1951 kom Unisa as 'n suiwer eksterne universiteit tot stand.

Ligging en geboue

Die Universiteit van Suid-Afrika se hoofkampus in Muckleneuk, Pretoria

Unisa se Muckleneuk-kampus is geleë in Pretoria en is 'n belangrike landmerk van die hoofstad. Dit was in 1972 dat Unisa na hul nuwe tuiste op Muckleneuk Rif verhuis het en die ou kwartier in Sentraal-Pretoria ontruim was. Die kompleks van geboue is ontwerp deur Bryan Sandrock Architects in die 1960's en spreek 'n internasionale styl uit wat gekenmerk word deur monumentale verhoudings en ingenieurswese soos die cantilevered strukture. Die mees opvallende kenmerk is die lang projeksie van die kop van die heuwel, ondersteun deur 'n reuse staaldraer wat op 'n massiewe kolom rus.

Ook in Pretoria is die Sunnyside-kampus, die hoofarea van studente-aktiwiteit. Die Florida-kampus in Johannesburg is Unisa se wetenskapskampus. Die Fakulteit Landbou en Omgewingswetenskappe en sommige departemente van die Fakulteit Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie word hier gehuisves. Die wetenskapkampus bevat 12 geboue, 'n biblioteek, twee ouditoriums en 'n groot leerarea. Dit sluit ook 'n tuinbou-sentrum en 'n veeldoelige navorsings- en opleidingsfasiliteit wat ontwerp is om die onderwys- en navorsingsbehoeftes van studente in 'n verskeidenheid programme, insluitende landbou, sierbou en natuurbewaring, te bevredig. [5]

Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) se embleem

Koning Edward VII het in 1903 'n heraldiese wapen aan die universiteit verleen. Dit is in 1904 by the College of Arms in Londen geregistreer : In goud, 'n anker met kabel dwarsbalksgewys geplaas en daaroorheen 'n oop boek waarop die woorde SPES IN ARDUIS, alles van natuurlike kleur; in die skildvoet 'n gekanteelde muur van natuurlike kleur belaai met 'n goue ring: op 'n rooi skildhoof 'n roos van silwer, geknop, gepunt en omgewe deur stralekrans, alles van natuurlike kleur en vergesel van twee goue ringe.[6]

Die wapen is in 1955 by die Departement van Binnelandse Sake en in 1983 by die Buro vir Heraldiek geregistreer. Nadat 'n paar wysigings aangebring is, is dit in 1986 weer by die Buro geregistreer. Die wysigings was (a) die woorde is van die boek na 'n krul onder die skild verskuif, (b) die goue stralekrans is verwyder, en (c) 'n helmteken bestaande uit 'n anker vergesel van 'n goue ring en 'n silwer roos is bygevoeg.[7]

Die Universiteit het deur 'n herposisionering proses gegaan in 2005 [8] waartydens 'n nuwe logo en leuse gekies is in lyn met nuwe doelwitte vir die Universiteit. Die nuwe logo (wat die wapen vervang) word voorgestel deur die universiteit kleure naamlik Oranje, Rooi en Blou en die leuse word verander van Spes in ardius na Pro Gentibus Sapientia wat vertaal na In diens van die mensdom.


Akademiese gemeenskap

As 'n ope-afstandonderrig-instansie, en een van die wêreld se mega-universiteite, het Unisa akademiese aanbiedinge wat verband hou met beide tegnologiese en tradisionele universiteite. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot, 'n kombinasie van loopbaangeoriënteerde kursusse wat gewoonlik geassosieer word met 'n universiteit van tegnologie en formatiewe akademiese programme wat tipies gekoppel is aan 'n tradisionele universiteit.

Die universiteit beskik oor 8 fakulteite (of kolleges) en 'n nagraadse bestuurskool, naamlik: [9]

  • Die Fakulteit Rekeningkundige Wetenskappe
  • Die Fakulteit Landbou en Omgewingswetenskappe
  • Die Fakulteit Onderwys
  • Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Die Fakulteit Nagraadse Studies
  • Die Fakulteit Menswetenskappe
  • Die Fakulteit Regte
  • Die Fakulteit Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie
  • Die Nagraadse Leierskap en Bestuurskool (oftewel Unisa SBL)

Benewens die agt fakulteite en nagraadse bestuurskool het Unisa talle buro's, sentrums, institute, museums en eenhede[10] wat akademiese ontwikkeling en navorsing ondersteun.

Rang

In 2018 is die Universiteit van Suid-Afrika deur die Times Higher Education as die 8ste beste universiteit in Suid-Afrika aangewys. Dit maak die universiteit die 11de beste universiteit in Afrika, uit 30. [11]

Visekanseliers van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop, vanaf 1873 tot 1918

Kanseliers van die Universiteit van Suid-Afrika vanaf 1918 tot hede

Visekanseliers van die Universiteit van Suid-Afrika, 1918 tot 1955

  • Prof. Willem Jacobus Viljoen, 1918 - 1922
  • Meneer. John Ernest Adamson, 1922 - 1926
  • Die Eerw. John Daniel Kestell, 1926 - 1928
  • Hugh Bryan, 1928 - 1930
  • Dr. Nicolaas Marais Hoogenhout, 1930 - 1932
  • Samuel Henri Pellissier, 1932 - 1934
  • Prof. Marthinus Christoffel Botha, 1934 -1936
  • François Daniël Hugo, 1936 - 1938
  • Senator François Stephanus Malan, 1938 - 1940
  • Prof. Ferdinand Postma, 1940 - 1944
  • Adv. Alfred Adrian Roberts, 1944 - 1946
  • Dr. Herman Heinrich Gerhard Kreft, 1946 - 1948
  • Dr. Albertus Johannes Roux van Rhijn, 1948 - 1952
  • Prof. Stephanus Petrus Erasmus Boshoff, 1952 - 1955

Hoofde en Visekanseliers van die Universiteit van Suid-Afrika, vanaf 1953 tot nou

  • Prof. Andries Jacobus Hendrik Johannes Van der Walt, Hoof, 1953 - 1955; Visekanselier, 1956
  • Prof. Samuel Pauw, Rektor en Visekanselier, 1956 - 1972
  • Prof. Theo van Wijk, Hoof- en Visekanselier, 1972 - 1988
  • Prof. Jan Casper Gerhardus Janse van Vuuren, Hoof- en Visekanselier, 1989 - 1993
  • Prof. Marinus Wiechers, Hoof- en Visekanselier, 1994 - 1997
  • Prof. Antony Patrick Melck, Hoof- en Visekanselier, 1998 (waarnemend) en 1999 - 2001
  • Prof. Nyameko Barney Pityana, Hoof- en Visekanselier, 2002 - 2010
  • Prof. Mandla Makhanya, Hoof- en Visekanselier, 2011-hede

Kenmerkende alumni

  • Jean-Bertrand Aristide, Haïtiaanse politikus, het in 2007 'n Doktorsgraad in Letterkunde en Filosofie (D. Litt et Phil.) in Afrikatale ontvang.
  • Walter Battiss, Suid-Afrikaanse abstrakte skilder, het in 1973 'n Eredoktorsgraad in Letterkunde en Filosofie (D. Litt et Phil. Honoris Causa) ontvang.
  • Edwin Cameron, regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, het in 1981 'n Baccalaureus in die Regte (LL.B. Cum Laude) ontvang.
  • Alan Clark, hoof- uitvoerende beampte van SABMiller, MA in Kliniese Sielkunde en 'n doktorsgraad in Letterkunde en Filosofie [12]
  • Johan Froneman, regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, het in 1977 'n Baccalaureus in die Regte (LL.B.) ontvang.
  • Koning George V, in 1899, 'n Eredoktorsgraad in Regte (LL.D. Honoris Causa)[13] twee jaar voor hy kanselier van UNISA geword het.
  • Denis Goldberg, anti-apartheidaktivis en skrywer.
  • Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse Minister van Openbare Ondernemings, het in 2007 'n Eredoktorsgraad (D.Com. Honoris Causa) ontvang.
  • Danny Jordaan, hoof- uitvoerende beampte van die 2010 FIFA Wêreldbeker, het in 2006 'n Eredoktorsgraad in Administrasie (D.Admin. Honoris Causa) ontvang.
  • Ahmed Kathrada, Suid-Afrikaanse politikus, het in 1968 'n Baccalaureus Artium (B.A.) in Kriminologie en Geskiedenis en 'n Baccalaureus Biblioteek (B.Bib.) in Afrikapolitiek en Biblioteekkunde in 1975.
  • F.W. de Klerk, voormalige Staatspresident van Suid-Afrika, het in 1995 'n eredoktorsgraad in die Regte (LL.D. Honoris Causa) ontvang.
  • Pius Langa, voormalige Hoofregter van Suid-Afrika, het in 1973 'n Baccalaureus in die Regsleer (B.Iuris) en 'n Baccalaureus in die Regte (LL.B.) in 1976 ontvang.
  • Nelson Mandela, voormalige president van die Republiek van Suid-Afrika, het in 1942 'n Baccalaureus Artium (BA) verwerf en 'n Baccalaureus in die Regte (LL.B.) in 1988.
  • Gwede Mantashe, Suid-Afrikaanse politikus, het in 1997 'n Baccalaureus Commercii (B.Com.) En 'n Baccalaureus Commercii Honneurs (B.Com. Hons) in 2002 ontvang.
  • Trevor Manuel, Suid-Afrikaanse politikus, het in 2002 'n eredoktorsgraad in tegnologie (D.Tech. Honoris Causa) ontvang.
  • Mogoeng Mogoeng, oud-Hoofregter van Suid-Afrika, het in 1989 'n Meestersgraad in die Regte (LL.M.) ontvang.
  • Dikgang Moseneke, oud-Adjunk Hoofregter van Suid-Afrika, het 'n Baccalaureus Artium (BA) in Engels en Politieke Wetenskap, Baccalaureus in die Regsleer (B.Iuris), 'n Baccalaureus in die Regte (LL.B.), en 'n Eredoktorsgraad in die Regte (LL.D. Honoris Causa) in 2011
  • Bulelani Ngcuka, eerste nasionale direkteur van openbare vervolging in Suid-Afrika, het in 1985 'n BA-graad (LL.B.) ontvang.
  • Cyril Ramaphosa, huidige president van Suid-Afrika, het in 1981 'n Baccalaureus Procurationis (B.Proc.) ontvang.
  • Mamphela Ramphele, Suid-Afrikaanse politikus, het in 1983 'n Baccalaureus Commercii (B.Com.) in administrasie ontvang.
  • Stan Schmidt, Suid-Afrikaanse meester van Shotokan karate, gekrediteer met stigtingskarate in Suid-Afrika, en hoogsgeplaaste westerling in die Japan Karate Association, het 'n meestersgraad in Kommunikasie ontvang.
  • Raymond Zondo, regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, het 3 Meestersgrade in die Regsgeleerdheid (LL.M.) in Handelsreg, Arbeidsreg en Patentreg.

Sien ook

Verwysings

  1. http://lsa.unisa.ac.za/news/archive/april/vol1/thenew.html
  2. https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/About/Facts-&-figures/Staff-statistics
  3. https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/About/Facts-&-figures/Student-enrolments
  4. "Top Africa". Ranking Web of World Universities. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012. Besoek op 26 Februarie 2010.
  5. http://www.techcentral.co.za/unisa-opens-r1bn-science-campus/42379/
  6. Boucher, M. (1973). Spes in Arduis.
  7. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
  8. http://lsa.unisa.ac.za/news/archive/april/vol1/thenew.html
  9. https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Colleges
  10. http://www.unisa.ac.za/cems
  11. http://www.webometrics.info/en/Africa
  12. https://www.bloomberg.com/research/stocks/people/person.asp?personId=8673765​​
  13. Boucher, Maurice. 1973. Spes in Arduis: 'n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria: UNISA. Bladsye 74 en 114.

Eksterne skakels

Read other articles:

Direktorat Jenderal Pembinaan Pengawasan Ketenagakerjaan dan Keselamatan dan Kesehatan Kerja Kementerian Ketenagakerjaan Republik IndonesiaSusunan organisasiDirektur JenderalDra. Haiyani Rumondang, MASekretaris Direktorat JenderalDr. Sunardi Manampiar Sinaga, S.STP, M.M. DirekturBina Sistem Pengawasan KetenagakerjaanIr. Siti Umi Salamah, MM, SIBina Kelembagaan Keselamatan dan Kesehatan KerjaHery Sutanto, S.T., M.MBina Pemeriksaan Norma KetenagakerjaanYuli Adiratna, S.H, M.HumBina Pengujian Ke...

 

American stand-up comedian For other people named Robert Klein, see Robert Klein (disambiguation). Robert KleinKlein in 2010Born (1942-02-08) February 8, 1942 (age 82)The Bronx, New York, U.S.MediumStand-up, television, film, theatreEducationAlfred University (BA)Yale University (MFA)Years active1965–presentGenresObservational comedy, improvisational comedy, satire/Political satire, musical comedySubject(s)Everyday life, American politicsSpouse Brenda Boozer ​ ​(m.&...

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) كأس المثابرة 2001التاريخ2001  الملعبملعب الشعب الدولي  وهي سادس بطولة كأس السوبر في العراق والتي تقام ب...

PartizanskayaПартизанскаяStasiun Metro MoskwaLokasiDistrik IzmaylovoOkrug Administratif TimurMoskwaRusiaKoordinat55°47′19″N 37°45′02″E / 55.7886°N 37.7506°E / 55.7886; 37.7506Koordinat: 55°47′19″N 37°45′02″E / 55.7886°N 37.7506°E / 55.7886; 37.7506PemilikMoskovsky MetropolitenJalur!B9989013877113  3  Jalur Arbatsko-Pokrovskaya Jumlah peron2 peron pulauJumlah jalur3KonstruksiKedalaman9 meter...

 

Map all coordinates using OpenStreetMap Download coordinates as: KML GPX (all coordinates) GPX (primary coordinates) GPX (secondary coordinates) The Honduras Cayos Cochinos Guanaja Isla del Tigre Isla Zacate Grande Little Swan Island This is a list of islands of Honduras. There are at least 99 islands in Honduras.[1] Islands The following islands are part of Honduras:[1] Caribbean islands Bobel Cay, 15°05′00″N 82°40′00″W / 15.08333°N 82.66667°W...

 

Origins and diversification of the organs of sight through geologic time Major stages in the evolution of the eye in vertebrates Many scientists have found the evolution of the eye attractive to study because the eye distinctively exemplifies an analogous organ found in many animal forms. Simple light detection is found in bacteria, single-celled organisms, plants and animals. Complex, image-forming eyes have evolved independently several times.[1] Diverse eyes are known from the Burg...

Class of artificial neural networks Part of a series onMachine learningand data mining Paradigms Supervised learning Unsupervised learning Online learning Batch learning Meta-learning Semi-supervised learning Self-supervised learning Reinforcement learning Curriculum learning Rule-based learning Quantum machine learning Problems Classification Generative modeling Regression Clustering Dimensionality reduction Density estimation Anomaly detection Data cleaning AutoML Association rules Semantic...

 

拉米兹·阿利雅Ramiz Alia第1任阿尔巴尼亚總統任期1991年4月30日—1992年4月9日继任萨利·贝里沙阿尔巴尼亚人民议会主席团主席任期1982年11月22日—1991年4月30日前任哈奇·列希继任转任总统阿尔巴尼亚劳动党第一书记任期1985年4月13日—1991年5月4日前任恩维尔·霍查继任无(政党解散) 个人资料出生(1925-10-18)1925年10月18日 阿尔巴尼亚斯库台逝世2011年10月17日(2011歲—10—17)(85�...

 

Pama–Nyungan language of Queensland Australia This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (August 2015) (Learn how and when to remove this message) Guugu YimithirrPronunciation[ˈkuːku ˈjɪmɪt̪ɪr]RegionHopevale, QueenslandEthnicityGuugu Yimithirr, Koko NjekodiNative speakers810 (2021 census)[1]Language familyPama–Nyungan Paman...

Scholarly publisher for Kentucky This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: University Press of Kentucky – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (November 2016) (Learn how and when to remove this message) University Press of KentuckyParent companyUniversity of Kentucky Office of the ProvostFounded...

 

This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article needs to be updated. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (October 2023) This article may be written from a fan's point of view, rather than a neutral point of view. Please clean it up to conform to a higher standard of quality, and to make it neutral in tone. (August 2022) (Le...

 

Meldolacomune Meldola – VedutaLa Rocca LocalizzazioneStato Italia Regione Emilia-Romagna Provincia Forlì-Cesena AmministrazioneSindacoRoberto Cavallucci (centro-sinistra) dal 27-5-2019 (2º mandato dal 10-6-2024) TerritorioCoordinate44°08′N 12°04′E44°08′N, 12°04′E (Meldola) Altitudine58 m s.l.m. Superficie79,08 km² Abitanti9 969[1] (31-12-2023) Densità126,06 ab./km² FrazioniPara, Piandispino-Valdinoce, Ricò-Gual...

بينيتو أرتشونديا معلومات شخصية الميلاد 21 مارس 1966 (العمر 58 سنة)تلانيبانتلا دي باز  مواطنة المكسيك  الحياة العملية المهنة اقتصادي،  وحكم كرة قدم،  ومحامٍ  اللغات اليابانية  الرياضة كرة القدم  تعديل مصدري - تعديل   بينيتو أركونديا (بالإسبانية: Armando Archundia)‏،...

 

مركز بيرلينجتون تعديل مصدري - تعديل   51°30′32″N 0°08′25″W / 51.5090°N 0.1403°W / 51.5090; -0.1403 المدخل الشمالي للمركز. مركز بيرلينجتون هو رواق معمد مغطى للتسوق في لندن يمر خلف شارع بوند من بيكاديللي عبر حدائق بيرلينجتون.[1][2] هو أحد أسلاف مراكز التسوق من منتصف القرن ال...

 

10th ArmyActiveSeptember 1914 – early 1918Country Russian EmpireBranchImperial Russian ArmyTypeField armyEngagementsWorld War ICommandersNotablecommandersAli-Agha ShikhlinskiMilitary unit The 10th Army (Russian: 10-я армия) was a field army of the Imperial Russian Army during the First World War. History A page from the army newspaper, Vestnik X Armii The 10th Army was formed on 5 September [O.S. 23 August] 1914 from reserve units of the Stavka of the Commander-...

أمازيغية سند (ب) الاسم الذاتي Tamaziɣt   الدول تونس المنطقة شمال أفريقيا الحقبة حتى القرن العشرين النسب أفريقية آسيوية لغات إفريقية آسيويةالأمازيغيةلغات أمازيغية شماليةالزناتيةلغات زناتية شرقيةلغة سند ترميز أيزو 639-1 لايوجد أيزو 639-2 ber أيزو 639-3 sds  تعديل مصدري - تعديل  ...

 

Theocratic political system described by Joseph Smith This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Theodemocracy – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2008) (Learn how and when to remove this message) Part of the Politics seriesDemocracy HistoryTheoryIndices Types Anticipatory Athenian C...

 

Claudia de Lorena Duquesa consorte de Lorena 17 de febrero de 1634-2 de agosto de 1648Predecesora Nicole de LorenaSucesora Beatriz de Cusance Información personalNombre en luxemburgués Claude Fransoise de Lorraine Nacimiento 6 de octubre de 1612 Palacio de los duques de Lorena, Nancy, Ducado de LorenaFallecimiento 2 de agosto de 1648 (35 años) Viena, Sacro Imperio Romano GermánicoCausa de muerte Fiebres puerperalesNacionalidad FrancesaFamiliaFamilia Casa de Lorena Padres Enrique II de Lor...

Università Universitas Mercatorum di Roma Sede dell'Universitas Mercatorum nel centro di Roma, presso Palazzo Costaguti in Piazza Mattei. UbicazioneStato Italia CittàRoma Dati generaliNome latinoUniversitas Mercatorum SoprannomeUniMercatorum MottoAteneo Digitale delle Camere di Commercio Italiane SloganL'università di tutte le aziende italiane - La prima startup university italiana Fondazione2006[1] FondatoreCamera di commercio, industria, artigianato e agricoltura Tipoun...

 

Part of a series on the History of Ireland Chronology Prehistory Protohistory 400–795 795–1169 1169–1536 1536–1691 1691–1800 1801–1923 Timeline of Irish history Peoples and polities Gaelic Ireland Lordship of Ireland Kingdom of Ireland United Kingdom ofGreat Britain and Ireland Irish Republic Irish Free State Republic of Ireland and Northern Ireland Topics Conflicts Clans Cuisine Kingdoms States Gaelic monarchs Judaism British monarchs Economic history History ...