Damian Willemse (gebore 7 Mei 1998 in Strand, Wes-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat tans vir die Stormers superrugby speel.[1] Sy gereelde posisie is op losskakel, maar hy kan ook op heelagter speel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023.
Rugbyloopbaan
2014–2016: Skolerugby
Willemse is in die Strand gebore. Hy het skool gegaan en rugby gespeel vir die Paul Roos Gimnasium in die nabygeleë Stellenbosch. In 2014, is hy gekies om die Westelike Provinsie te verteenwoordig by die onder-16 Grant Khomo Week gehou te Pretoria.
Hy begin al drie hul wedstryde, met drie oorwinnings, plus 'n drie in die eindstryd van die toernooi, 'n 26-11 oorwinning oor die gashere, die Blou Bulle.[2]
2017: Stormers
Slegs maande ná hy sy skoolloopbaan voltooi het, is Willemse ingesluit in die Stormersspan vir die 2017 Superrugbyseisoen.[3] Hy is gekies vir die span se Ronde Drie wedstryd teen die Southern Kings op 4 Maart,[4] en hy maak sy Superrugbydebuut – op die ouderdom van net 18 jaar en 302 dae – deur op te draf vir die laaste vier minute van die wedstryd.
Persoonlike lewe
Willemse is die jonger broer van Ramone Samuels, ook 'n professionele rugbyspeler.[5] Beide broers was lede van die WP-span wat die Curriebeker in 2017 verower het.
Verwysings